Media

'N INGRYPENDE INTERNASIONALE HERSKIKKING VAN MAGTE

altDie “Nuwe Amerikaanse Eeu” deur die neo-konserwatiewe geproklameer, het tot 'n plotselinge einde gekom op 6 September 2013 by die G20-beraad in Rusland.

Daar is 'n ingrypende internasionale herskikking van magte aan die gang, verlede week se sogenaamde G20-beraad wat die trekke van hierdie herskikking in 'n belangrike mate in 'n nuwe vorm gegiet het. Die belangrikste kenmerk van die herskikking is dat die wêreld so te sê amptelik 'n nuwe afknouer gekry het in die vorm van die Obama-administrasie van Amerika. Voordat daar oorgegaan word na 'n ontleding van die wêreldorde deur Paul Craig Robert s is dit egter van belang vir die behoudende Afrikaner en Blanke om 'n paar vrae te stel, die eerste van dié vrae: Waar moet die behoudende Blankes van ons land hulle ingrawe sou hulle die onbekende wat voorlê op 'n sedelik verantwoordelike grondslag tegemoet wil gaan? Om maar slegs drie redes te noem waarom die antwoorde nie so voor die hand liggend is nie:

 

• Die Afrikanervolk se doodsvyand in ons land, die kommunistiese ANC, het hom op amptelik-politieke vlak as deel van die sogenaamde Brics-lande aan die kant van Rusland ingegrawe (hoewel die elite van die SA kommunistiese regime se persoonlike belange, dit is hulle geld en beleggings, steeds by die Anglo-Amerikaanse magsblok te vinde is);

 

• Sou die Afrikanervolk hom as deel die Bricsmagsblok ingrawe staan die Afrikanervolk voor 'n nuwe etos en bevind hy hom tussen mense en instansies wat nie veel dink van die Christelik-Protestantse lewens- en wêreldsbeskouing nie. Die Brics-lande is mengsel van Russies-Ortodokse, Roomse, kommunistiese en Hindoe georiënteerde as daar na die lande gekyk word waaruit Brics bestaan.

• Die Anglo-Amerikaanse wêreld, met sy Joodse instigeerders al iewers in die skaduwees, se morele bankrotskap skreeu ten hemele. Roberts haal nie om dowe neute 'n Chinees, Gjan Foe, in dié verband aan nie: “Die Europese rasse het die afgelope 300 jaar in 'n ewolusionêre voortgang verander tot niks meer as maar vier woorde nie: selfsug, slagting, skaamteloosheid en verwording.

 

Roberts skryf: Dit het 300 jaar geduur voordat die res van die wêreld besef het dis boosheid wat maskereer as “Westerse beskawing”, of was dit bloot die opkoms van nuwe magte wat die moed gehad het om die klaarblyklike aan te toon. Iedereen twyfelend oor Amerika se verantwoordelikheid vir die boosheid hoort The untold story of the United States, deur Oliver Stone en Peter Kuznick te lees.

 

Die “Nuwe Amerikaanse Eeu” deur die neo-konserwatiewe geproklameer, het tot 'n plotselinge einde gekom op 6 September 2013 by die G20-beraad in Rusland. Die leiers van die meeste volke het aan Barack Obama gesê hulle glo hom nie en dat dit die minagting van internasionale reg is as Amerika Sirië sonder VN-toestemming aanval.

 

Poetin het die vergaderde wêreldleiers vertel dat die chemiese wapen-aanval “uittarting was ten behoewe van gewapende invallers in die hoop op hulp van buite deur lande wat hulle tot dag en datum steun”. Met ander woorde, Israel, Saoedi-Arabië en die Washington-spil waarom die boosheid draai, sit agter die ding.

 

China, Indië, Suid-Afrika, Brasilië, Indonesië en Argentinië het Wladimir Poetin gesteun in sy standpunt dat 'n leier wat militêre aggressie pleeg sonder die goedkeuring van die VN se Veiligheidsraad, hom “buite die reg” plaas. Met ander woorde: Obama, as jy die wêreldstandpunt veronagsaam, is jy 'n oorlogsmisdadiger.

 

Die hele wêreld wag nou om te sien of die Israel-steunmakelaars Obama so ver sal kry om oorlogsmisdaad te pleeg. Vele is seker Israel sal die powere Amerikaanse president knak, Obama 'n verskynsel ontdaan aan enige beginsel. 'n Paar dekades gelede, voor die verskyning van die Amerikaanse slaprug, het een van die laaste hardgebakte Amerikaners adm. Tom Moorer, hoof van vlootoperasies en die voorsitter van die gesamentlike staf, verklaar geen Amerikaanse president kan hom teen Israel handhaaf nie. Dit was toe Amerika se heel hoogste offisier nie 'n eerbare ondersoek ná Israel se aanval op die USS Liberty kon afdwing nie. Of vir wat dit werd is, 'n kongres met daardie vermoë. Of die nuusmedia.

 

Die Obama-administrasie het sy vernedering by die G20-beraad probeer omkeer deur sy poppe-state 'n gesamentlike verklaring te laat teken waarin Sirië veroordeel word. Die popstate het egter hul onderskeie standpunte verduidelik deur te verklaar hulle is teen 'n inval en wag nog op die VN-verslag.

 

Die in-die-sak Obama-ondersteuners self is impotent, magteloos. Hy tel byvoorbeeld Brittanje as 'n bondgenoot weens die persoonlike steun van die gediskrediteerde premier David Cameron, ondanks die Britse parlement se veto van Britse deelname aan nog 'n Washingtonse oorlogsmisdaad.

 

Dus, hoewel Cameron nie die Engelse volk of parlement agter hom het nie, tel Obama Brittanje as ondersteuner vir 'n aanval op Sirië.

 

Die Turkse poppe-regime wat vreedsame betogers op Turkse strate afmaai sonder veroordeling deur die hoogheilige Amerika en Israel, “hou Sirië verantwoordelik”, dog nie hul self, of, uiteraard, vir Washington nie.

 

Die popstate van Kanada en Australië, magtelose lande wat albei nie oor 'n greintjie wêreldinvloed beskik nie, het agter die bod van hul meester in Washington ingeval.

 

Die Obama-administrasie maak ook staat op Japan en Suid-Korea, nog twee lande sonder diplomatieke invloed en mag hoegenaamd. Die hulpelose Japan is op die rand van vernietig te word deur die Foekisjiema-kernramp – daar is net geen oplossing nie. Dié gevolglike kernkragbesoedeling is vir Tokio en omliggende gebiede bestem en sal Japan voor die keuse stel dat hy 40 miljoen mense moet hervestig.

 

Saoedi-Arabië, betrek by die Al-Noesra-opstandelinge wat chemiese wapens gebruik het in veelbesproke gewraakte aanval, steun Washington, wetend dat indien nie, sy kierang sal braai. Ja, selfs Obama se skel Nasionale Veiligheidsadviseur Susan Rice, het haar mes in vir daardie Arabiere.

 

Obama beweer hy het ook die steun van Frankryk en Duitsland terwyl Merkel en Hollande onomwonde verklaar het hulle steun 'n diplomatieke oplossing, nie oorlog nie, as hul eerste keuse en dat daardie beslissing berus op 'n besluit deur die VN.

 

Wat Italië en Spanje se steun betref, hoop albei dat hulle beloon sal word deur die druk van genoeg dollars deur die Amerikaanse Federale Reserwe om hul skuldvoos ekonomieë tegemoet te snel en dat daardie regerings nie in die lande se strate afgesit word weens hul aandadigheid aan die plundering van hul lande deur rowerbanke nie. Soos vele Westerse lande steun Italië en Spanje, en uiteraard ook Griekeland, die internasionale rowerbanke en nie hul eie burgers nie.

Die president van die Europese Kommissie het verklaar dat die Europese Unie (EU), die oppermaghebber oor Brittanje, Frankryk, Duitsland, Italië en Spanje, nie 'n militêre oplossing vir die Siriese krisis steun nie. “Die Europese Unie wil hê kragte moet saamgesnoer word vir 'n politieke skikking,” het Jose Manuel Barroso by die G20-beraad verklaar. Die EU het die mag om lasbriewe uit te reik vir EU-staatshoofde wat deel het aan oorlogsmisdaad.

 

Dit alles toon dat die steun vir die leuenaar Obama broos en beperk is. Die vermoë van Westerse lande om die internasionale politiek te oorheers, het by verlede week se G20-beraad aan sy einde gekom. Die sedelike gesag van die Weste is geheel weg, verbrysel en weggekalwe deur tallose leuens en skaamtelose dade van aggressie gegrond op niks anders as leuens en selfbelang nie. Niks is oor van dié “sedelike gesag” nie.

 

Die Weste is deur sy eie regerings vernietig wat verantwoordelik was vir sovele selfbevoordelende leuens, en deur kapitalistiese korporasies wat die Weste se werksgeleenthede en tegnologie uitgevoer het na China, Indië, Indonesië en Brasilië en die Westerse regerings ontneem het van belastingskeppende inkomste en die steun van sy burgers.

 

Dis moeilik om te weet of burgers van die Weste hul bedorwe regerings enigsins minder haat as die Moslems wat 'n bestaan voer in lande wat platgeslaan is deur Westerse aggressie húlle regerings, of burgers van lande van die Derde Wêreld, wat verarm is weens die stroop van hul bates deur roofsugtige Eerste-Wêreld-finansiële instellings.

 

Die idiotiese Westerse regerings het hul mag teen die mure uitgemors. Daar is geen vooruitsig hoegenaamd vir die neo-konserwatiewe fantasie van Amerikaanse oorheersing oor Rusland, China, Indië, Brasilië, Suid-Afrika, Suid-Amerika, Iran.

 

Hierdie lande het hul eie stelsels opgerig vir internasionale vergoeding en finansiering en kan van die dollarstandaard afstap wanneer hulle goeddink. Die Amerikaanse dollar is op die randjie van waardeloosheid.

 

Die G20-beraad het dit duidelik gestel dat die wêreld nie bereid is om die Weste se leuens en moorddadigheid te volg nie. Die wêreld het die Weste ingehaal. Elke land begryp nou dat die hulppakkette aangebied deur die Weste bloot meganismes is vir die stroop van die bakhandlande en hul verarmde mense.

 

In die 21ste eeu het Washington sy eie burgers behandel soos burgers van die Derde Wêreld. Verbysterende triljoene het neergereën op 'n handjievol banke, terwyl die banke miljoene Amerikaners uit hul huise gesmyt en beslag gelê het op die oorblywende bates van gebroke gesinne. Amerikaanse sakekorporasies se belasting is tot so te sê niks verminder, met 'n klompie wat hoegenaamd nie belasting betaal nie terwyl die korporasies hul werk en loopbane verskaf het aan Chinese en Indiërs. Met daardie werksgeleenthede verlore het Amerika se gesonde BBP en belastingbasis in die slag gebly en Amerika sy ekonomiese mag verloor en Amerikaners gelaat met 'n massale begrotingstekort, 'n basislose betaalmiddel en bankrot stede soos Detroit, wat eens die vervaardigingspil van die wêreld was.

 

Hoe lank nog en Washington maai sy eie heenkomelose, honger en betogende burgers op straat af?

Washington verteenwoordig Israel en 'n handjievol magtige private belange. Washington verteenwoordig niemand anders nie. Washington is 'n plaag op die Amerikaanse volk en 'n plaag wat die wêreld getref het.