PERSEPSIE
Met die gebruik van die woord “massa” word ‘n groot menigte of aantal bedoel. Met massa vernietiging word dus die tot niet maak van ‘n groot aantal of groot menigte bedoel. Hierdie soort van woordspeling is deur die Amerikaners in gebruik geneem om die persepsie te skep van ‘n moondheid wat beplan om ‘n groot menigte mense uit te wis en daarvoor voorberei deur ‘n middel, middels of wapens te vervaardig of aan te skaf wat in staat sou wees om so ‘n aksie uit te voer. Só ‘n moondheid hou dan uiteraard ‘n gevaar vir die samelewing in en verdien om skadeloos gestel te word.
OORTUIG DIE WÊRELD
Indien die wêreld oortuig kan word van die bestaan van sulke wapens en/of middels, regverdig dit dan optrede teen so ‘n moondheid in belang van wêreldvrede en word ingryping in die interne sake van onafhanklike moondhede, met die goedkeuring van die wêreld uitgevoer. So is daar in Afghanistan in 2001 deur die VSA en sy geallieerde bondgenote ingeval na aanleiding van die Tweetoring debakel op 11 September 2001. Die Taliban regering van Afghanistan is deur die VSA beskuldig dat hulle Osama Bin Laden van die Al-Qaeda terroristebeweging huisves wat volgens Amerika die aanval geloods het. Die Taliban is gelas om Osama Bin Laden uit te lewer waarop hulle geweier het totdat bewys gelewer kon word dat hy betrokke was by die aanval. Die VSA het geweier om te onderhandel en saam met die Verenigde Koninkryk, en Italië, waarby later Rusland, Frankryk, Australië, Kanada, Poland, Duitsland en ander hoofsaaklik Westerse bondgenote betrek is, die Taliban en Al Qaeda magte aangeval.
ONDERWERPING OP VALSE GRONDE
Soos met Saddam Hussain, waar die aanklag van wapens vir massavernietiging nooit bewys kon word nie en die inval in Irak van 2003 tot 2011 geduur het en duisende lewens geëis en die land tot vandag in anargie en chaos gedompel het, is ook met Libië en Ghaddafi gehandel en word nou gereed gemaak om dieselfde met Sirië se Assad te doen. Moondhede word aangeval en onderwerp vir heeltemal ander redes as waarvoor die wêreld se goedkeuring gewerf is op valse gronde.
AANVAL OP SUID AFRIKA VEEL OMVANGRYKER
Dit is belangrik om in die beoordeling van die benadering om moondhede te “straf” wat wapens vir massa vernietiging het, wil bekom, of dit vervaardig, in gedagte te hou dat dit aanvanklik oor terroriste en hulle terroristiese motiewe gegaan het. Dit was immers die rede wat Amerika aangevoer het waarom dit nodig was om militêr in te gryp en soort van die vrye wêreld se goedkeuring verkry het om op enige plek en in enige land in te gryp omdat wêreldvrede dan nou daardeur bedreig sou word.
Hierdie valse voorwendsel sou in Suid Afrika nie afgaan nie, omdat Suid Afrika, uit vrees vir die Afrikaner se vermoë om homself onder die ergste bedreiging te handhaaf, ontman moes word voordat die mag aan die terroriste oorhandig is. Dit was na die vredesluiting van 13 Mei 1902, dat die Boerehater, Alfred Milner gesê het: “The South African struggle continues. It is no longer war with bullets, but it is war still”.
It is no longer war with bullets, maar dit is steeds oorlog, het Milner gesê. Die vraag wat ontstaan, as dit dan nie militêr is nie, waarmee word die oorlog dan teen ons gevoer? Die veldslag teen die Afrikanervolk is sedert die moord op dr. Verwoerd gewen. Ons landsregering het oorgegaan in die hande van Swart Kommunistiese Terroriste, ‘n uiterste teenstelling as Amerika geglo moes word dat sy stryd teen terrorisme is! Die aanval was egter veel omvangryker as ‘n blote militêre aanval. In dr. Verwoerd se bewindstyd is daar aan militêre kwekelinge geleer dat daar ‘n totale aanslag was. Dit het Godsdiens, kultuur, taal, moraliteit, geskiedenis, finansiële stand, kortom, haas elke lewensterrein ingesluit waarteen die Afrikaner hom moes verweer. Na sy dood, het eie instellings die handperde van ons vyande geword waarmee ons wapenrusting, fisieke en geestelike, geleidelik afgetakel is.
OPLEIDING IN ENGELAND
Terwyl die Willie Esterhuyse, Wimpie de Klerks, Niel Barnards en vele ander in die geheim met die Terroriste in London en Dakar vergader en die oorname fasiliteer het, is swart operateurs in Engeland opgelei, om na die oorgawe die leisels te kan neem en met die onderhandelde grondwet wat geskryf is om die Afrikaner finaal te vernietig as rugsteun, die vonnis oor die Afrikanervolk te voltrek.
WAPEN VAN MASSAVERNIETIGING
Terwyl die regime moorde op blankes deur die vingers sien, baie praat en niks doen om dit te bekamp nie, en dit reeds in massamoord ontaard het, is daar 'n ander tipe wapen vir maasavernietiging wat met groot sukses teen ons volk aangewend word.
As daar ooit in enige samelewing ‘n effektiewe wapen vir massavernietiging was, dan is dit enige benadering wat daarop gerig is om ‘n volk weg te lok van God en sy gebod af! Daar was ‘n tyd in ons volkslewe wat die hoof van ‘n huis nie sy huisgenote toegelaat het om ‘n dag te begin voordat daar “boeke gevat” is nie en nie vanaand sou gaan slaap voordat die hele gesin weer “boeke gevat” het nie. Die huisaltaar is getrou instand gehou. Sondagspreke was vertikaalgerig en bedienaars van die Woord self bekeerd, gelowig en voorbeeldig in hulle bediening.
Met die nuutste goedkeuring van OKOSA (Onafhanklike Kommunikasie Owerheid van Suid Afrika) van Top TV se drie pornografiekanale, is die tafel gedek vir die felste aanslag op die gees van elkeen wat daaraan blootgestel word. Die tragedie is dat daar al vir meer as ‘n dekade voorbereiding getref is deur beeldsendings, tydskrifte, internet met pornografiese inhoud as stimulant en verlokking van die gees.
Met sport en vermaaklikheid as brugbouers tussen rasse, het losbandigheid, dwelmgebruik, en algemene immoraliteit reeds ongekende hoogtes in Suid Afrika bereik, selfs op laerskoolvlak. Sonder georganiseerde verset teen hierdie meedoënlose aanslag op die gees van ons jeug en volwassenes, wat nie net die potensiaal het om liggaamlik te dood nie, maar helaas ook die ewige dood se kiem versprei wat massas mense se lewens gaan vernietig, is dit ‘n bevestiging van die vlak van aanvaarding wat al reeds bereik is.
Die Vyand mag ‘n veldslag teen die Afrikaner gewen het, die oorlog is egter nie gewen nie en sal ook nie teen ons slaag indien ons in geloof onsself en ons kinders beskerm deur die wapenrusting van God aan te trek en aan te hou nie. Laat ons ware Afrikaners steeds in verset bly en weerstand bied deur die krag van Christus wat Hy in Sy Woord vir ons beskikbaar stel. Jakobus 1-4: AG dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, 3 omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. 4 Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.
Lydsaamheid word hier bedoel as weerstandigheid. Laat ons as Afrikaners nie bevatlik wees vir die verleidelikheid van die wêreld nie. Keer terug na God en Hy sál ons beskerm!
