Media

Wie kla die hardste oor die Nuwe Suid-Afrika (NSA) ?

alt Die ouens om die vleisbraaivure? Die regses? Die mense met 'n AWB-mentaliteit? Ondersteuners van die Afrikanervolksparty (AVP)? Dink weer en onderwerp so 'n aanklag aan ernstiger ondersoek.  

Voor daar so een en ander oor so 'n ondersoek geskryf word, iets oor die aandagafleiers, daardie weerligafleiers (wat van byvoorbeeld daardie mure wat in vroeër dae se goudmyne aan die Witwatersrand digby die skagtorings opgerig is, die doel was glo om die weerlig af te lei?): Die groot aandagafleiers van die NSA se onomkeerbare dodelike heengaan is deesdae Afrikaner-akademici; daar woed juis weer 'n debat oor moedswillige en/of onversigtige en/of onverantwoordelike uitlatings deur 'n dosent van die Universiteit van Johannesburg dr. Piet Crowcamp.  

Terug by die eintlike politieke tjankbalies in die land. Of, wag eers. Eers net gou 'n opmerking oor nog 'n groep: Daar is die sport- en veral die rugby-ondersteuners. Hierdie lot ontsnap skynbaar ook die lyding van die NSA, hoewel, gedagtig aan die kwynende toeskouergetalle Vrydag- en Saterdag-aande in die pawiljoene (dit lyk al of hulle in die sewende hemel, dis nou 'n plek reg langsaan Sewende Laan is) , daar 'n afvalligheid daar aan't ontwikkel is. Maar dalk het Jacob Zuma vir hulle raad, iets soos Vrydagaande en Saterdae tot godsdienstige vakansiedae te verklaar en daardie plaas wat hulle elke jaar op Loftus of Ellispark of Nuweland moet koop teen die prys van 'n rugbykaartjie, goedkoper te maak.

 

 

Hier dan nou die ernstiger diskoers van die skrywe: Die grootste tjankbalie van en oor die NSA is FW de Klerk, so erg kla hy en sy volgelinge oor die NSA op die FW de Klerk-stigting se webwerf dat, gedagtig ook aan die feit dat die stigting en die land se Jode onlangs bymekaar gekom het om saam te sanik oor die NSA, De Klerk net sowel 'n heeltydse klaagmuur kan oprig.

 

De Klerk is uiteraard al 'n ou bekende wanneer dit by klagtes oor die NSA kom, hy het al doerie jare, tydens die onderhandelinge met die Swart en Joodse kommuniste vir Roelf Meyer beskuldig dat hy die land weggegee het.

 

Maar nie sy les geleer nie. Want daar in 1996, kort na die aanvaarding van die grondwetlike kontrêpsie wat hy en die ANC uitgekraam het, het hy uit die Parlement en die Regering van sogenaamde Nasionale Eenheid gestap want, het hy aangevoer, hy leef nie in die skadu van die galg nie.

 

Nog 'n bekende tjankbalie is Pik Botha, Botha wat snik hy sou nooit die land vir die Swart en Joodse kommuniste gegee het as hy geweet het die kommuniste gaan die grond gryp en 'n Swart voortrekkery in die werksplek aanvoer nie.

 

Maar dan is daar 'n gesanik wat daagliks in ons land se lug opstyg. Maar hierdie spul is subtiel. Dog onmiskenbaar sanik en tjank dit.

 

As daar nou 'n hele ensiklopedie oor hierdie gesanik geskryf moet word, sommer 'n paar bande, dan is dit nie so moeilik nie, u kan net hul daaglikse gesanik in boekvorm uitgee.

 

Die moeilikheid vir sanik vir hierdie lot is dat nie te direk teen die regime of sê maar die grondwet losgetrek kan word nie, dis mos die nooit volprese en beste grondwet waaroor die son nog opgekom het waarmee die kommuniste die land in die grond regeer.

Hierdie instansie is Naspers, ook bekend as Naspes of nazipers. In die volgende klaagsang slaan hulle sommer twee brommers met een veeg van die toiletrol mis. Dit gaan hier naamlik oor Jacob Zuma en die land se krom, nee afstootlike geregtigheid onder 'n tereggestelde en kommunisties-bemagtigde swart regstelsel.

 

Ja, skryf Beeld van Naspes vanoggend in sy hoofartikel, die land het 'n “ totalitêre diktatuur” geword.

Dis mos swaar en gewigtige woorde, 'n dodelike bekentenis, Beeld! 'n Totalitêre diktatuur! Maar laat die geagte lesers van hierdie webwerf vervolgens met die hele gesanik soos dit vanoggend woord vir woord en in hoë noot én nood aan die koerant se leser uitgesnik word, getrakteer word: Daar is onder meer één fundamentele verskil tussen ’n demokrasie en ’n totalitêre diktatuur.

 

By eersgenoemde is die regsapparaat – die polisie, nasionale vervolgingsgesag en regters/landdroste – betreffende hul werk los en onafhanklik van die wetgewende en uitvoerende gesag. Die amptenare tree professioneel op deur die reg toe te pas ongeag politieke oorwegings en sonder om mense se politieke oortuigings of status in ag te neem. Totalitêre diktature is sonder uitsondering deurdrenk van ’n ideologie. En dus staan ook die regsapparaat in diens daarvan. Gevolglik berus die besluite wat amptenare neem sterk op ’n vermenging van die reg, partypolitieke oorwegings en ideologiese oortuigings.

 

As ’n mens die nuutste onthullings oor die terugtrek van die korrupsieklagte teen pres. Jacob Zuma in 2009 insake die wapenskandaal kan glo, was dié besluit tipies van ’n totalitêre diktatuur en nie van ’n demokrasie nie. Eerstens het adv. Mokotedi Mpshe, aldus die berigte, die klagte teen Zuma vertraag tot ná die ANC se Polokwane-kongres van Desember 2007. Toe is Zuma tot president van die ANC verkies, wat sy posisie nagenoeg onaantasbaar gemaak het.
’n President van die ANC, iemand wat binne ’n paar maande ongetwyfeld president van die land sou word, word eenvoudig nie aangekla nie, ongeag die vraag of daar oortuigende bewyse teen hom is of nie. Daar het Mpshe hom op ontoelaatbare wyse deur partypolitieke oortuigings laat lei.

 

Tweedens het gerespekteerde onafhanklike regsgeleerdes aanbeveel dat die vervolging voortgaan. Mpshe het weer ingegryp en die advies geïgnoreer. Dié onthullings moet alle demokratiese ligte laat flikker. Dit wys hoe diep die ANC sy kloue in die regterlike gesag ingeslaan het. Dit wys dat die vervolgingsgesag nie daar is om die reg in die land te dien nie, maar die ANC. Hoe kan ’n mens ná dese nog vertroue in die nasionale vervolgingsgesag hê?

En met hierdie skreiende vraag en snik eindig die kommentaar.

 

Daarom, geagte leser, as u in die toekoms deur u NG predikant of pastoor aangesê word om minder te kla en meer te doen (hulle sê gewoonlik u kan gaan stem, dan het u glo alles gedoen), sê vir hulle: Dominee, Pastoor, gaan preek vir die onbekeerdes. En vir die eintlike tjankbalies.