Dit is dr. Izak Burger van die Apostoliese Geloofsending (AGS) aan die woord. Dr. Burger het 'n paar jaar gelede die Nuwe Suid-Afrika eerstehands ervaar nadat sy seun by die dood omgedraai het omdat hy in 'n hospitaal van die Nuwe Suid-Afrika beland het en nadat sy seun in een of ander voorval verrinneweer is. Die waarnemer kan uiteraard dr. Burger daarvan verdink dat hy 'n artikel van so 'n maand gelede op hierdie webwerf gelees het waarin, na aanleiding van God se ontmoeting met Gideon en 'n mededeling aan daardie vegtende rigter, verklaar is dat die Drieënige God lankal nie meer die enigste is wat in die land gevrees en aanbid word nie. Daar moet nietemin waardering vir dr. Burger se standpunte wees, standpunte wat in 'n ander gees gestel word as die dié gees wat veral vaardig geword het tydens die inter-godsdienstige gebedsopening destyds (1990's) met die oorgawe-beraadslaginge aan die ANC deur die NP-regering, bekend as Kodesa. Tydens daardie openinge het godsdienstige leiers van elke kleur en geur en geloof 'n versie te spreek gehad, boonop was dit baie oulik met die sogenaamde New Age wat toe woes in die weer was, George Bush die oue wat destyds mos gepraat het van 'n sogenaamde nuwe wêreldorde en in 'n toespraak verwys het na 'n “thousand points of light”.
Een van die groot verdedigers van hierdie multi-godsdienstige gebedsopeninge, dr. Piet Meiring van die NG Kerk (toe woordvoerder oor leer en aktuele sake), was verlede week juis ook in die nuus toe hy allerhande mooi broodjies te bak gehad het oor Beyers Naudé, daardie NG Kerk-teoloog met die Bybel onder die een blad en iets wat soos Marx se Das Kapital gelyk het, onder die ander. Het Meiring te vertelle was dit nie vir Naudé nie was die NG Kerk en ander Afrikaanse kerke nie terug in organisasies soos die antichristelike wegbereider en kommunistiese meeloper, die Wêreldraad van Kerke nie. Of lidmaatskap van sulke veragtelike organisasies (ja, ook die SA Raad van Kerke), iets aan die saligheid van die Afrikaner kan doen.
As dr. Burger verwys na “garslande” wat teen die “Filistyne” in ons land beskerm word, wie kan kwalik geneem word as hy sou verstaan dat dié Filistyne niemand anders as die ANC-regime is nie, die “garslande” uiteraard die Afrikanervolk se land. Verset dr. Burger hom teen die ANC-regime se grondgrypery? Hy kon dit duideliker gestel het. Dit lyk nietemin of dr. Burger se uitsprake van nou af deeglik dopgehou moet word, hy was juis een van die teoloë wat in die 1990's baie tegemoetkomende standpunte oor Nelson Mandela die wêreld ingestuur het. Sou dr. Burger hom dalk weer 'n slag op die pad na Damaskus bevind het?
Dit lyk hoe dit ookal sy na 'n baie billike voorstel as iemand hom sou aanraai om dalk weer 'n reis na die Ooste te beplan, hy gebruik so waarlik waar die afgode-dienaar Hashim Amla, die Indiër wat weier om soos die res van die Protea-krieketspan met bierproppies van die SA Brouery op hul klere krieket te speel as voorbeeld vir Christen-mense. Wat die waarnemer dadelik sal laat wonder: As AB de Villiers en die res van die Wit politieke poppe in die krieketsspan ook hul bierproppies sou afhaal, of dr. Burger hulle van onversoenlikheid sou beskuldig. By verdere nalees van artikels op die AVP se webblad sal dr. Burger feitelik daarvan oortuig raak dat oor die waardes wat prysgegee word, die oorsprong daarvan soos feitlik elke ander soorte van verval, alles met die politieke verandering in Suid Afrika te make het.
Dit is onder andere ook juis aan politieke korrektheid te danke dat verkondigers van die Woord, lidmate nie opgevorder kry om die “garslande” te beskerm nie.
Só rapporteer 'n koerant vanoggend oor dr. Burger se toespraak:
Suid-Afrika kan hom al geruime tyd nie meer ’n Christelike land noem nie. Mense het hul vrees vir God verloor. Dr. Isak Burger, president van die Apostoliese Geloofsending, het die naweek in Pretoria op die NG gemeente Moreletapark se Daniëlkonferensie gesê daar is net te veel goed wat ten hemele skrei. Dit gaan volgens hom nie oor die politieke verandering in die land nie, maar oor waardes wat prysgegee word. ’n Mens sien nou dinge gebeur wat jy nie ’n geslag gelede sou gedink moontlik is nie, het Burger gesê. Hulle moet sê: ‘Here, ek gaan nie my garsland vir die Filistyne gee nie. Ek gaan terug na my vrou toe’
Verdraagsaamheid en politieke korrektheid het die belangrikste woorde geword.
Burger het verwys na Openbaring 2, waarin gelowiges geprys word omdat hulle nie slegte mense kan verdra nie, en bygevoeg daar word vandag van mense verwag om aanhoudend tegemoetkomend en verdraagsaam te wees. In ’n mate moet dit so wees, maar daar kom ook ’n punt waar ’n mens moet vasstaan en moet verdedig wat God vir jou gee. Hy het gesê die land is besig om te beweeg in ’n rigting waarop konflik tussen die staat en die kerk, tussen die Grondwet en die Bybel, onvermydelik is. Hy het egter nie daaroor uitgewei nie. Hy het die byna 3 000 mans wat die konferensie bygewoon het onder meer gemaan teen hebsug, geldgierigheid en verbruikersdruk, wat mense laat wegdryf van God af.
Hy het gesê dit gaan sleg met huwelike. In die huidige era is dit makliker om iets te vervang as om dit reg te maak. Mense doen dit met hul huwelike ook. Hy het die mans na aanleiding van die voorbeeld van Eleasar, wat volgens 1 Kronieke 11 manalleen ’n garsland teen die Filistyne verdedig het, aangemoedig om hul garslande ook te verdedig. “Hulle moet sê: ‘Here, ek gaan nie my garsland vir die Filistyne gee nie. Ek gaan terug na my vrou toe’.” Burger het mense aangemoedig om vas te staan by hul beginsels. Hy het die hamergooier Chris Harmse, wat nie op Sondae aan kompetisies deelneem nie, en die krieketspeler Hashim Amla, wat nie bieradvertensies op sy klere dra nie, voorgehou as voorbeelde van mense wat by hul beginsels bly.
Honderde mans het vorentoe gegaan om hulle tot die stryd vir goddelike waardes te verbind.
