Was Beyers Naude, Nico Smith en Willie Jonker dan nog altyd reg? Die Wêreldraad van Kerke, die SAKP, die ANC en die Kommunistiese Jode van Rivonia wat saam met die Helen Suzman’s, Helen Zille’s, Oppenheimers en Rothchilds apartheid verwerp het, se onheilige invloed het beslis “dissipels” vir hulle humanitêre denkrigtings gewerf wat steeds poog om diegene wat nie wou volg nie, te probeer beïnvloed. Die kaf sal hier maar van die koring geskei moet word deur verdigsel van die werklikheid te onderskei! Wat is Belhar werklik en wat is Apartheid en beide se uitwerking op die samelewing.
Belhar verwerp ‘terugkeer na verlede’
Vrydag 23 Augustus 2013
As die NG Kerk finaal sou nee sê vir die Belhar-belydenis, sal dit baie sleg wees vir lidmate vir wie dit reeds ’n belydenis is, het prof. Nelus Niemandt, moderator, gesê.
Op ’n vraag oor watter scenario oor die kerk se hantering van Belhar hom laat wakker lê, het Niemandt verwys na diegene wat ontuis kan voel in die NG Kerk as die kerk Belhar sou verwerp.
Hy dink aan die kerk as ’n tuin wat groei. Saad word gesaai, maar alles kom nie ewe gou op nie. Party kom glad nie op nie. Die Belhar-saad het in dele van die kerk, soos die Wes-Kaap, goeie, vrugbare grond gevind, maar op ander plekke nie.
Daar is mense wat voel hul omhelsing van eenheid, versoening en geregtigheid soos dit in Belhar verwoord word, bevry hulle van die verlede en maak ’n toekoms vir hulle oop. As die kerk Belhar nie aanvaar nie, kan hy voorsien dat daar gemeentes sal wees vir wie hul verhouding met ’n bruin buurgemeente wat Belhar onderskryf belangriker gaan wees as dié met ’n plattelandse gemeente ver weg wat Belhar verwerp.
Niemandt meen as die NG Kerk Belhar sou verwerp, sal dit wyd gesien word as ’n terugkeer na apartheid. Baie gemeentes en lidmate wat reeds positiewe besluite oor Belhar geneem het nie, sal moeilik daarmee kon saamleef.
Hy vra van lidmate ’n ruimhartigheid teenoor mense met ander sienings as hul eie. Daar is in die kerk genoeg wat mense wat hieroor verskil, steeds saambind, het hy gesê. – Neels Jackson
