Media

‘n Bewussyn oor die onwettigheid van die ANC Regime is besig om gaandeweg onder Afrikaners pos te vat

altAl gaan die leuen hoe so snel, die waarheid agterhaal hom wel!

‘n Berig in Maroela Media dat oud-Minister Pik Botha gesê het die ANC het die grondwetlike onderhandelde ooreenkoms oor regstellende aksie verbreek, en dat die NP nooit sou instem tot die bepaling nie sou daar ʼn bewustheid gewees het dat die ANC so sou kierang, het ʼn stroom kommentare ontlok – byna voor die voet sommer erg veroordelend. Binne enkele ure is die hoeveelheid kommentare wat ʼn bydrae van dr. Dan Roodt in reaksie op ʼn omstrede bydrae van dr. Piet Croukamp, ontvang het loshande oortref. News 24 het sy kommentaargerief by die berig gesluit.

Hier is verskeie kontekste, maar die een wat stellig die meeste krap is dat Croukamp ʼn onderskeid tussen konserwatief en regs getref het, en toe meer as net ʼn suggestie oor regses se IK gemaak het. Nou gee Pik in wese toe dat die ANC die “verligte” onderhandelaars van die NP ore aangesit het, en impliseer onbedoeld dat die “regses” wat destyds wolf – wolf geskree het, reg was.

 

‘n Groot deel van die probleem bly dat die sluier steeds dig getrek word oor wat van die beloofde tweede referendum geword het. Deurdat hierdie referendum soos mis voor die son verdwyn het, is die mat onder talle ja-stemmers van die eerste referendum uitgeruk wat wel ten gunste van voortgesette onderhandelings was (waaroor die eerste referendum gehandel het) maar beslis sou walgooi in die tweede toe dit wat onderhandel was, aan die kiesers voorgelê sou word.

 

Die verbandhoudende misterie is hoe die onderhandelaars so drasties van hul mandaat, gelaai met terminologie uit ‘n verslag van die Staatkundige Komitee van die Presidentsraad oor staatkundige modelle, kon afwyk sonder dat die mandaatgewers wolf – wolf begin skree het. Die Burger het selfs in ‘n hoofartikel ruimte aan die konsep van korporatiewe selfbeskikking geskenk, en mense genooi om voorleggings hieroor te doen. Een van die bekendes wat later ‘n voorlegging hieroor aan die Volkstaatraad gedoen het, was prof. Willie Breytenbach.

 

Moontlik is gereken dat die uiteindelike grondwet, wat dikwels as “die beste grondwet ter wêreld” opgehemel word, soveel tevredenheid sou veroorsaak dat die kiesers geheueverlies oor destydse verwagtinge en opofferings sou beleef. Dit het klaarblyklik nie gebeur nie. Die ANC spreek gereeld sy ontevredenheid uit oor die mate waartoe die grondwet meerderheidswil ondermyn, daar is gereeld sprake en beskuldigings – onder meer vanuit die FW de Klerkstigting – dat die ANC die ooreenkomste van die Nasionale Vredesakkoord begin opsê, en leemtes word al hoe meer uitgewys soos die president se aanstellingsregte van die hoofregter, die omseilbaarheid van die grondwet deur gereeld van waarnemende direkteure van Nasionale Vervolging gebruik te maak (waartydens onder meer die hofsaak teen pres. Jacob Zuma self geskrap is), die kwessie van wat toelaatbaar en nie toelaatbaar in terme van rasbegunstigde aanstellings (affirmative action wat verkeerdelik met “regstellende aksie” vertaal word), en vele meer.

ANC BROKE AA AGREEMENT, SAYS PIK BOTHA

Aug 16 2013 07:14 Fin24

Johannesburg - Affirmative action as it is currently implemented was not what was intended with the agreement reached in 1994 between specifically the then ruling party, the NP, and the ANC, according to former minister of foreign affairs Pik Botha.

 

He expressed this sentiment on Thursday during a debate on affirmative action in Pretoria.

 

Botha joined other experts on the subject of affirmative action in a debate regarding the place of affirmative action in South Africa. Rabelani Dagada of the Wits Business School in Johannesburg and Dirk Hermann, chief executive of the Solidarity Movement, were participants in the debate.

According to Botha, the ANC has broken the agreement that was reached in 1994. He also clearly expresses this view in Hermann's latest book, Affirmative tears: Why representivity does not equal equality (published by Kraal Uitgewers).

 

He reckons that a new constitutional dispensation would have been impossible in South Africa, had the ANC insisted at the time that the provisions of the Employment Equity Act and the manner in which they are enforced be made part of the Constitution.

 

He pointed out that the intention during the negotiations was to rectify the inequalities and injustices caused by apartheid.

"But we did not agree to remedying injustices in the past by creating injustices in the present," Botha explained.

 

'Discrimination against white young people, who had nothing to do with apartheid, was definitely not part of the agreement between the NP and the ANC. Neither, generally, was discrimination against whites, coloureds or Indians." The ANC's "quota obsession" amounts to a rejection of skilled people, who are able to contribute amply to train black people, in his opinion. "The boomerang effect of the Employment Equity Act is that masses of black people are still untrained and unemployed and that the country's economic progress is severely hampered by a shortage of skills. This affects millions more blacks than whites," Botha said.

 

"Spontaneous, informal yet fundamental talks among leaders of all races are needed in order to agree on the road ahead."

Comment on this story

Comments have been closed for this article.