
So belangrik is Belhar vir Beeld en die bevrydingsteoloë dat vandeesweek 'n hoofartikel in Beeld daaraan afgestaan is.
Daar laat die linkse koerant Beeld die onderrok uithang wat betref die Belhar-belydenis.
Beeld, en linkse kommentators soos Anton van Niekerk (van die Universiteit van Stellenbosch), voer die afgelope weke 'n pers-veldtog in 'n laaste poging om die Belhar-belydenis, 'n sleuteldokument in die Suid-Afrikaanse weergawe van die sogenaamde bevrydingsteologie en bebloede konfetti wat grusaam pas in die ANC se Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR), aan onwillige Blanke maar ook Swart lidmate verkwansel te kry.
In die linkse veldtog het ook Beeld se super-liberale Neels Jackson 'n artikel aan Belhar afgestaan. So belangrik is Belhar vir Beeld en die bevrydingsteoloë dat vandeesweek 'n hoofartikel in Beeld daaraan afgestaan is. Dis in hierdie hoofartikel dat die onderrok vir, asseblief, 'n toegeeflike gebaar van die kant van die Belhar-afkeriges so flagrant uithang: “Dan (as die afkeriges hul valse 'versoening' pleeg en nie Belhar behandel vir die dokument van rewolusie wat hy is nie), kan dit in die NG Kerkfamilie uiteindelik lei tot die eenheid wat in Belhar bely word.
“En dit kan nie net vir die NG Kerkfamilie nie, maar vir die hele land veel beteken. “Want wat die kerke betref, is dié familie steeds ’n groot groep. “As hulle kan hande vat, kan hulle ’n getuienis lewer wat baie geloofwaardiger is as wanneer dit van rasverdeelde kerke kom. “Boonop sal hulle saam – soos op plekke reeds gebeur – baie meer kan doen om verskynsels soos armoede te bestry as elkeen op hul eie. “Daarom behoort dié geleentheid aangegryp te word.
“Wat is die alternatief? ’n Kerkfamilie wat so teen homself verdeeld is dat niemand hom ernstig sal opneem nie?” Nou, kan enige verantwoordelike en denkende Afrikaner-lidmaat sulke bitter stroop vir soetgoed afsluk? Die NG Kerk-leiding is al lankal besig met voetwerk wat die geweld en rewolusie, en dan ook Belhar in besonder, betref. Wat Belhar as dokument van die rewolusie as sulks betref, bied die NG Kerk-leiding se hantering van getuienis van die oud-polisiekommissaris genl. Johan van der Merwe, 'n besondere aanskouingsles. 'n Skrywe van genl. Van der Merwe lê êrens in 'n doofpot, net so 'n vae belofte dat reaksie en nie dadels nie daarvan sal kom.
Die NG Kerk-leiding reik ook van tyd tot tyd versigtige verklarings uit oor die geweld en moorde op Blankes, die slagoffers sekerlik ook sy lidmate. Maar oor die feit dat dit deel is van die ANC-regime se NDR, 'n waarheid wat onteenseglik uit genl. Van der Merwe se ontleding spreek, soek jy verniet vermelding in daardie reaksies. Hier volg 'n berig oor genl. Van der Merwe se skrywe, 'n belofte van 'n reaksie, en ook NG Kerk-verklarings waarin kennis geneem word van die geweld, onder andere die moord op mnr. Eugene Terre'Blanche van die Afrikanerweerstandsbeweging, AWB:
1 Februarie 2008, VERKLARING VAN DAGBESTUUR VAN MODERAMEN NGK
1. Die Dagbestuur van die Moderamen neem kennis van die memorandum en sal mettertyd volledig daarop antwoord. Die proses rondom die besluite van die AS beteken dat ons graag gesprek met mekaar voer en daarom sal die Moderamen Genl. van der Merwe en van sy kollegas oor die saak wil ontmoet.
2. Die memorandum sal ook die aandag kry van die taakspan van die Moderamen wat ons help met die studie van en prosesse tov die Belydenis van Belhar.
3. Ons wys intussen vir Genl van der Merwe op die Algemene Sinode se besluit oor die beoogde hantering van die Belydenis van Belhar binne die belydenisgrondslag van die NG Kerk en is oortuig dat die besluit van die AS van sy versoeke sal kan ondervang.
4. Die Dagbestuur van die Moderamen is bewus dat daar lidmate is wat die historiese perspektiewe in die memorandum deel . Ons vertrou dat 'n proses van onderskeiding en soeke na die wil van die Here ons saam tot 'n bevredigende antwoord sal bring.
Belhar help terros Neels Jackson
Die Belydenis van Belhar het in die 1980’s gehelp “om die geweld en terreur, asook kerkleiers se betrokkenheid daarby, te regverdig”. Só voer genl. Johan van der Merwe, gewese polisiekommissaris, aan in ’n 15 bladsy lange memorandum wat hy aan die dagbestuur van die moderamen van die NG Kerk se algemene sinode gestuur het. Dit volg op die algemene sinode se besluit om Belhar deel van die NG Kerk se belydenisgrondslag te maak.
Van der Merwe voer aan dat geestelike leiers soos drs. Allan Boesak en Beyers Naudé nuttige werktuie in die ANC en SAKP se hande was. Die ANC se stryd het eintlik om politieke mag gegaan, maar “op slinkse wyse” is apartheid voorgehou as die euwel waarteen die stryd gerig was. Belhar was deel van die teologiese regverdiging van dié stryd. Volgens hom het Boesak met verborge agendas gewerk en kerklike vergaderings gemanipuleer om apartheid tot sonde te verklaar, waarna Belhar opgestel en aanvaar is. Hy meen Bybeltekste in Belhar is baie selektief gekies om die ANC en SAKP se revolusionêre boodskap te steun. Hy beskuldig Boesak en Naudé daarvan dat hulle hulp verleen het wat terroriste in staat gestel het om dood en verminking te saai. Boesak het dít gister verwerp.
Oor die geweld van die veiligheidsmagte het Van der Merwe gesê deur propaganda is daarin geslaag om voor te gee dat die polisie gewelddadig opgetree het sonder om die gemeenskap te beskerm. Die veiligheidsmagte se geweld is nooit met nyd, kwaadwilligheid of in eie belang gepleeg nie. Dit geld ook die bom wat by Khotso-huis, hoofkantoor van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, geplant is. Oor sy aandeel in dié aanval is hy glad nie spyt nie. Baie revolusionêre bedrywighede is volgens hom onder die dekmantel van die SARK gepleeg.
Oor apartheid sê Van der Merwe afsonderlike ontwikkeling is deur die propaganda vervlak tot apartheid en toe as euwel gebrandmerk. Hy meen aspekte van afsonderlike ontwikkeling het skeef- geloop, maar ontken dat die beleid in wese verkeerd was. Boesak sê dat Van der Merwe apartheid steeds verdedig, “is meer ’n probleem vir homself en vir die NG Kerk as vir ons”. Die dagbestuur van die NG Kerk se moderamen het gesê hulle wil Van der Merwe se memorandum met hom bespreek. Hulle wys ook op die besluit dat Belhar in die belydenisgrondslag opgeneem word sonder dat alle lidmate dit hoef te onderskryf.
NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK
11 Desember 2012
PLAASAANVALLE EN –MOORDE: GENOEG IS GENOEG!
Die NG Kerk is pynlik diep bewus van die opbouende spanning en polarisasie in Suid-Afrika. Ons sien met
kommer die uitkringende spiraal van swak dienslewering wat mense se menswaardigheid aantas, korrupsie, swak onderwys wat alles en almal verlam, onaanvaarbare vlakke van geweld, en skreiende
hebsug en magsug. Ons huil hieroor en is woedend hieroor.
Terwyl alle gemeenskappe ly, is ons egter gedwing om vir die soveelste keer aandag te vestig op die
aanhoudende vlaag van plaasaanvalle en plaasmoorde asook die brutale geweld waarmee dit geskied.
Die persberigte en navorsing hieroor spreek vanself. Ons evangeliese roeping is om onverskrokke te veg vir die regte en menswaardigheid van alle mense, en ons te verset teen enige vorm van onreg. Soos ons dit in die jongste verlede tov Marikana en die Wes-Kaap gedoen het, wil ons dit nou doen tov ons boere. Ons kan nie anders as om, na soveel jare van pleit oor hierdie saak, die regering weereens tot verantwoording te roep hieroor nie. Ons eis aksie.
Baie boere asook plaaswerkers gaan die Kerstyd met kommer en vrees tegemoet. Ons wil alle boere en
plaaswerkers van alle gemeenskappe verseker dat ons hulle aan die Here opdra en bid vir hulle veiligheid. Waar ons hulle vanuit ons gemeentes kan bystaan, sal ons dit ook graag doen.
Dr JJ Gerber: Algemene Sekretaris van die NG Kerk
Namens die Dagbestuur van die Moderamen van die NG Kerk
11 Desember 2012
NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK
5 April 2010
PERSVRYSTELLING NA AANLEIDING VAN DIE MOORD OP MNR EUGENE TERRE’BLANCHE
Die moord op die AWB-leier, mnr Eugene Terre’Blanche, het groot nuusgolwe binne en buite Suid-Afrika gemaak. Voor- en teenstanders van die standpunte van Terre’Blanche keur sy wrede, weersinwekkende moord af. Sulke optrede teen openbare figure, wat die motief ookal mag wees, lei nie tot oplossings nie. Dit verhoog die spanning tussen mense in Suid-Afrika en vergroot die kloof tussen verskillende radikale en minder radikale groepe. Die moord op Terre’Blanche beklemtoon andermaal die noodsaaklikheid dat: die reg, wet en orde in Suid-Afrika gehandhaaf word. Vreedsame skikkings en ‘n effektiewe staatsapparaat wat die Bybels-verantwoorde regte van mense beskerm, is onontbeerlik. Sulke regte is onder andere die reg op lewe, op ‘n verantwoordelike vryheid van spraak en die reg op ‘n gefundeerde, onderlinge meningsverskil; emosionele liedere en slagspreuke wat rassespanning verhoog nie deur die land bekostig kan word nie. President Zuma se beroep op kalmte en
wetsgehoorsaamheid word verswak deur sy skynbare onvermoë. of weiering om Julius Malema hieroor vas te vat. Sy belofte tydens die onlangse ete met Afrikanerkultuur- en kerkleiers om aan hierdie saak aandag te gee, het net mooi niks opgelewer nie; geweldsmisdaad, of dit nou polities gemotiveer word of nie, uitgeroei moet word. Dit is ironies dat ‘n menselewe soms so min werd is in ‘n land waarin die
doodstraf afgeskaf is; Suid-Afrikaners ‘n hartsverandering nodig het. ‘n Hartsverandering wat alleen
deur God en sy Woord bewerk kan word.
Prof Piet Strauss – Moderator NG Kerk ( 0825573414 )
Dr Kobus Gerber – Algemene Sekretaris NG Kerk ( 0828955680 )
June 13, 2008
The moderature of the Dutch Reformed Church at their recent meeting has expressed its deep concern over violence in South Africa, to which there seems to be no end. They have also taken cognizance of the growing levels of hopelessness, frustration and threats of counter violence. It is especially in light of this that the statement has been issued by us.
When the Dutch Reformed Church points out certain problems in its statement, it is prompted by a concern for the county and its people. We would like to stress this since declarations on violence have in the past been met with accusations of disloyalty to the country. Our Church in Southern Africa exists through the grace of God and will remain here as long as God wills. We have repeatedly committed ourselves not only to South Africa but the entire continent. Our aim is not to be overcritical or negative or to continually find fault. Since 1990 we have gone to great lengths to encourage a positive stance by our members towards the country and have encouraged our members to act constructively towards improving the wellbeing of our country and its entire population. Where ever possible we have cooperated with government and other organisations to the extent that the church leadership has been hauled over the coals a number of times by its members.
We are not unaware of the many problems facing our country and are pleased to say that literary hundreds of welfare projects have been instituted and are run by local Dutch Reformed congregations. However, our community has been shocked once more by the latest spate of violence to which there seems to be no end. Farmers and their workers are prime targets and feel increasingly vulnerable to attacks by hostile elements. In our cities and townships the lives of innocent people - both rich and poor, black and white - are willfully destroyed by mindless deeds of criminal violence. It is indeed possible to be robbed and even shot on the way to the shops.
People no longer feel safe and have lost all faith in the police services to protect them in dangerous and life threatening situations. What is more worrying is the air of negativity, defeatism and anger which is taking hold of our people. People are beginning to give up hope because they feel that the situation is out of control and that there is no real attempt or will to change the situation. More and more we are hearing about people threatening to take the law into their own hands. To us this is a matter of deep concern which needs to be addressed.
In our view there are certain underlying problems that need to be addressed. Firstly, in our opinion, the reluctance on the part of the government to commit itself unequivocally to combating the wave of violence and criminality in all its forms is cause for concern. The public are getting conflicting messages (the latest being the recent statement by the president) which frustrate and demoralize them. In addition a number of occurrences have undermined the public trust in the police. The apparent protection of a high ranking official in one of the metro councils and the special privileges afforded to certain ANC members who have been sentenced to prison, have cast doubts on the government’s ability to dispense justice fairly and equitably. There is also a laxity and ineffectiveness perceived in certain sectors of the police force which is unacceptable. We are aware that often lack of equipment plays a part and we are grateful to the many members of the police force who risk their lives daily and work tirelessly in the fight against violence and crime.
We are appealing to the government to act decisively with regards to violence and crime in order to make it possible for people to continue believing in the potential of the country, to continue investing and to help create a future for every child in this country.
When government starts to see it as their duty to set an example, condemns and brings to book any trace of corruption and immediately puts into place a credible and workable strategy to curb crime, confidence in the government will be restored and all sectors of the community will contribute willingly and eagerly to create a South Africa which is precious to all and where we all want to live in peace.
We feel that the time has come for the creation of a strong depoliticized alliance emanating from civil society to guide, advise and support the police in their task. We are praying, as is fitting for believers, without ceasing for the government and especially the police while assuring them that we are aware of the almost impossible task they are facing. At the same time we are duty bound to make our prophetic voice heard.
