Dis omdat hy sy voet, so gedurig in dié akademiese onafhanklike dinges wat hy aan die Universiteit van Johannesburg verkondig, darem moet afvee ook... Nee, dis nie dat hy familie van Speedy Conzales of dalk die legendariese Fernando is wat die Amerikaners so op hul plek gesit het toe hulle die Meksikane uit Kalifornië verdryf het nie. En gewis ook nie van Zorro. En as daar gedurig 'n sweep in dr. Croucamp se hand is wat hy laat klap, dan is net net ter wille van die feit dat hy sy akademiese onafhanklikheid van die Azaniese staat met nou wel nie 'n “z” wil illustreer nie. Want dr. Croucamp se klap van die sweep is 'n spreekwoordelike een. Niks meer nie.
En, o ja, daardie kopdoek...
Dis omdat hy sy voet, so gedurig in dié akademiese onafhanklike dinges wat hy aan die Universiteit van Johannesburg verkondig, darem moet afvee ook, julle het nog nooit daardie kopdoek se binnekant gesien nie, pure wollerige dubbellaagsnesie en gewaarborg deur die SA Buro vir Standaarde en die Merinoraad. Wel, pleks dat meer van hierdie Wit, Afrikaanse akademici aan universiteite soos Johannesburg en Stellenbosch dr. Croucamp se voorbeeld volg. Nee, nie 'n sweep kry nie. Kry vir julle kopdoeke. Byvoorbeeld daardie Anton van Niekerk, ANC-kommissar vir sedelessies op Stalinbos en voorstander van Belhar-bedingensgeit vir elke Wit NG lidmaat. Dan kan Van Niekerk nie net sy voet wat so in die dinges beland daarmee afvee nie, hy kan ook die bloed van sy mond vee ná baie vriendelike onderhoude met mense soos Abel Malan.
Dr. Croucamp moes maar seker uit ordentlikheid iets laat val oor die Swarte se baie vreedsame handelsingesteldheid in die toespraak waaroor Sakebeeld hier verslag doen, dit was immers gemaak voor 'n sakegehoor. Bedink maar gerus hierdie een: Swart taxibestuurders- en eienaars is so min of meer vryemarkers. Dr. Croucamp het dit volgens die berig so gestel: Croucamp meen wit Suid-Afrikaners en sakelui se vrees vir ’n nasionaliseringsideologie is ook ongegrond. “Swart mense vind sterk aanklank by kapitalisme. Die onbeskermde swart taxibedryf is ’n uitstekende voorbeeld.”
Die Swart taxibedryf onbeskermd, dr. Croucamp? Seker as jy die honderde lyke, die AK47's en vandag ook SAW-uitreiking aanvalsgewere, die nommer-een in 'n taxi se gereedskapkis vergeet, dr. Croucamp? Of is dit juis bewyse dat “beskererming” in die bedryf volop is? Nou ja, dis uiteraard 'n geheim, dié soort kapitalisme waarna dr. Croucamp in sy toespraak verwys het, en ook wat alles in die fyndruk van 'n taxi-bestuurder se werkkontrak staan, 'n kontrak met sweerlik meer mondelingse fyndruk as die mondelingse versekeringspolis wat Al Capone destyds met Chicago Insurers beding het. Oor al die vermoedens wat ontstaan as die berig in Sake-Beeld-berig gelees word, kan ongelukkig nie te veel uitgewei word nie. Een baie ernstige vermoede wat die AVP egter wil uitlig is dat dr. Croucamp die AVP se webwerf lees, daar het mos onlangs 'n berig oor Afrikanervrese en Swart aspirasies verskyn.
Pleks dat hy sy hoofsaaklik Afrikaner-gehoor meer oor wat hy dink van Swart aspirasies ingelig het. Of sal die hoop daaroor beskaam en die gehoor maar na lang sitasies oor Thabo Mbeki se “African Renaissance”, iets oor Martin Luther-King se “I have a dream”-toespraak moes verneem, nie 'n enkele bloedige gedagte geopper deur Julias Malema in “Kill a Boer” en Jacob Zuma se “Bring my machine gun” haatgesange nie.
Ter syde of dié artkel dr. Croucamp oortuig of bloot geprikkel het (en of hy dit wel gelees het), hy verklaar na aanleiding van hierdie vrese en gewaande vrese: Wit Suid-Afrikaners fokus te veel op dit waarvoor hulle bang is – “soos Zuma en Malema, wat ná Mandela se dood gaan gebeur, die instroming van onwettige immigrante, nasionalisering en regstellende aksie – ook dat wittes uitgesonder word vir moord en dat swart mense die wittes wil verdring en verdryf”. Maar wag, voor daar te diep gedelf word in die dinges wat dr. Croucamp so gereeld met sy kopdoek moet afvee, laat daar gehou word by sy aardskuddende waarnemings, deur Sake-Beeld op skrif gestel:
Dit (al die Afrikaner- en Blanke vrese) is wanpersepsies, sê dr. Piet Croucamp, politieke ontleder en dosent aan die Universiteit van Johannesburg (UJ). Hy was die naweek die hoofspreker op die kongres van die AHi se Gauteng-streek in Vanderbijlpark. “Suid-Afrika se swart mense is in die algemeen gematig en het gewone middelklasbehoeftes. Hulle ontwikkel weerstand teen swak landsbestuur. Aktivisme verloor momentum. Uit eie ervaring by die UJ blyk dit dat studente onpolitiseerbaar na links is. Die regse element onder wittes is waarskynlik veel groter as die linkse element onder swartes.”
Volgens statistieke is ’n vrou se kans om deur haar eie man vermoor te word, groter as om deur ’n swart mens vermoor te word, sê hy. Regstellende aksie berokken wittes ook min skade. Werkloosheid onder wit mense is slegs 5,7%, wat laer as in die meeste Westerse lande is. “In die breë konteks benadeel immigrante uit Afrika ook nie die ekonomie nie. Baie van hulle het entrepreneursvaardighede en dra by tot die verbruikersekonomie en werkskepping.” Croucamp meen wit Suid-Afrikaners en sakelui se vrees vir ’n nasionaliseringsideologie is ook ongegrond. “Swart mense vind sterk aanklank by kapitalisme. Die onbeskermde swart taxibedryf is ’n uitstekende voorbeeld.”
Hy glo die oordrag van sogenaamde “wit grond” na swart mense kan ’n hupstoot kry as swart mense toegelaat word om oordrag te kry van die stedelike grond waarop hulle reeds gevestig is en ondernemings daar kan begin. Sy raad aan sakelui en alle Suid-Afrikaners is om kopskuiwe te maak en nuut te dink. “Moenie vir die regering wag om dinge te laat gebeur nie. Maak byvoorbeeld self voorsiening vir jou kind se onderwys. Tegnologie gaan die verskil maak tussen arm en ryk. Ons land het tegniese mense met sakevaardighede nodig.”
Hy sê die filosofie agter swart ekonomiese bemagtiging, wat ekonomiese groei beperk, moet ook verdwyn. Die regering moet besef dat swart Suid-Afrikaners wat ekonomies bemagtig en goed opgelei is, die vermoë het om sonder bevoordeling in die arbeidsmag mee te ding. Die kleinsakesektor is die antwoord om werkloosheid te bekamp, meen hy, maar weens beperkings skep kleinsake nie soveel werk soos wat hy kan nie. “Die staat besef nou dat mense wat die ekonomie kan bevorder, in staat gestel moet word om meer werk te skep.”
Dié sektor behoort erkenning vir sy rol in werkskepping te kry met ’n voordeliger belasting-regime, meen Croucamp. Tans werk 64% van Suid-Afrikaners by klein ondernemings wat elk minder as 50 mense in diens het. Sy raad aan sakelui is om by soveel organisasies as moontlik betrokke te raak om ’n netwerk van belange te vorm en hul stem so hard as moontlik te laat hoor in beleidsbepaling.
