Media

AFRIKANER, BESINNING AS ‘N MIDDEL TOT ‘N DOEL.

altDie Afrikanervolk se geestelike veiligheidsontleders is sy dominees, pastore, eerwaardes, kweekskooldosente en -professore. Die behoudende Afrikaner glo dat hierdie “sektor” van sy gemeenskapslewe hom in 'n belangrike mate in die steek gelaat het.

Dit sal dalk goed wees as die Afrikanervolk in hierdie tyd van wanorde hom net weer daaraan herinner dat sy oorgawe volgens 'n ontwerpte plan geskied het en dat sy voortgesette onderhorigheid gehandhaaf word volgens 'n voortsetting van daardie plan. So gedoen kan die Afrikaner hom vergewis oor waar hy hom nou in die proses van vernietiging as volk en Christelik- of Protestantse entiteit bevind en, wie weet, hom teen hierdie vernietigingsproses verset.  

Ontwerpte plan? Vir doeleindes van hierdie ontleding dalk net een voorbeeld uit 'n verskeidenheid: die sluipoorgawe (“reform by stealth”) van die Afrikanervolk aan die kommunistiese ANC wat volgens die Jood Samuel Huntington se program uitgevoer is, waarvolgens die Afrikanervolk stapsgewys tot 27 April 1994 se oorgaweverkiesing gevoer is. 'n Ander aspek van hierdie oorgawe-ontwerp was dat daar 'n vrees, of vrese, by die Afrikanervolk gewek word en dat hierdie wesenlike of gewaande of geskepte vrese so bestuur word dat dit die Afrikanervolk in die drukgang tot by politieke oorgawe sou bring en sou hou.

 

Nog 'n belangrike saak was dat die Afrikaner in sy worsteling met en teen hierdie wesenlike en gewaande vrese (gemanifesteer as bedreiging), nooit sy volksvryheid as einddoel moes nastreef nie. As doelwit is “veiligheid” as eindpunt vir die hantering van vrese aangebied. Meer as hierdie gewaande “veiligheid” mog die strewe nooit wees nie. Kenbaar van hierdie ingesteldheid ten opsigte van (die vyand se weergawe van) “veiligheid” as politieke alfa en omega, was die NP-slagkreet “vrede, veiligheid en voorspoed” in mnr. P.W. Botha se bewindstyd. Ook op die slagveld (dit was die lokasies en grensgebiede) is die Afrikaner- en Blanke soldaat met hierdie slagkreet gemotiveer.

 

SWART ASPIRASIES

As teenpool (antitese volgens kommunistiese denke), vir Afrikanervrese het die oorgawe-argitekte Swart aspirasies aangebied. Hierdie Afrikanervrese en Swart aspirasies is dan verder tuisgebring binne 'n sogenaamde konflikbestuursprogram. Vir daardie doel is mnr. P.W. Botha se sogenaamde sekurokrate aangewend. Hierdie sekurokrate was meestal militêr- en wet-en-orde-opgeleides. 'n Groot hoeveelheid van hierdie sekurokrate se trou uit 'n behoudende Afrikaner-oogpunt was/is gewis nie verdag nie, dis net dat hulle nooit deur die oorhoofse beplanners by die oorhoofse prentjie en uitgangspunt – Protestants-Afrikaneroorgawe aan sy doodsvyand – ingelaat is nie.

 

Dit is veral weens werk deur adv. Piet Pretorius dat die Afrikanervolk bewus geraak het van 'n aantal sekurokrate – sekurokrate veral sedert die bewind van John Vorster aan NP-regerings verbonde wat hul teenwoordigheid en invloed laat voel het. Hierdie sekurokrate, hoë weermag- en polisie-offisiere, se bande met die sogenaamde Verligte Aksiegroep (VAG), 'n elite binne die Afrikaner-Broederbond en die Nasionale Party, is gewoonlik 'n aanduiding van bedekte muitery om behoudende Protestants-Afrikaners op hul knieë te dwing.

 

 

 

VRESE, BEDREIGINGS EN KONFLIKBESTUUR

Dis nie die doel om na die bona fide-vrese van die Afrikaner te kyk nie, sulke vrese is daar wel, is dit nodig om tot hierdie waarheid te oortuig. Elke werker van die voormalige veiligheids- en inligtingsgemeenskap was van die bedreigings as uitvloeisel van die vrese van die Afrikanervolk bewus, sy dit nou fisieke of geestelike bedreigings. Waarom werklike en gewis ook gewaande vrese by die Afrikanervolk en die Blanke skep?

 

Een rede is reeds genoem. Sonder beklemtoning daarvan maak 'n konflikbestuursprogram soos dié van die vyand nie eintlik sin nie, die konflikbestuursprogram moet darem verkoop word aan die teikenvolk of -gemeenskap. En let wel, dis 'n konflikbéstúúrsprogram, nie 'n konflikoplossingsprogram nie. Met ander woorde, die klem in die program is die bestuur van die konflik en nie die oplos daarvan nie want die omvormers van die Suid-Afrikaanse en wêreldsamelewing het hierdie konflik nodig, dit mag so nooit beëindig word nie, dis die brandstof wat die Mag van Chaos, dit is die satan, en sy onderhoriges nodig het om te seëvier.

 

GEWAANDE VRESE

Die Afrikanervolk is 'n baie bepaalde etniese gemeenskap (Westers). Hierdie etniese gemeenskap is gedryf en aangevuur deur geestelike beskouings, die hoofaandrywer van sy beskouings die Protestants-Christelike geloof. Daaruit lei die Afrikaner sy bestaans-, werks- en ontspanningsmotiewe af. Dus: Die Afrikanervolk se Protestants-Christelike geloof skryf aan hom voor (vele sou aanvoer, hét aan hom voorgeskryf), hoe hy sy bestaan moet voer, hoe hy moet werk (die benadering), en hoe hy ontspan (in georganiseerde verband sportbeoefening).

 

Die Afrikaner as enkeling of as volk se werklike vrese, daaruit afgelei dan bedreigings (die bedreigings deur veiligheidsontleders geweeg en teenvoeters voor aangebied), het gewoonlik te doen met wat bekend staan as werk-, voedsel-, verblyf -, geldelike sekuriteit en nog meer. Op landbougebied en met die ANC se grondgrypplanne deesdae in die weer, word daar dikwels van voedselveiligheid wat bedreig word gehoor (besluit maar self of TLU-SA of Agri SA se lawwe teenvoeters hond haar af kan maak).

 

GEESTELIKE VEILIGHEID SE ONTLEDERS

Die Afrikanervolk se geestelike veiligheidsontleders is sy dominees, pastore, eerwaardes, kweekskooldosente en -professore. Die behoudende Afrikaner glo dat hierdie “sektor” van sy gemeenskapslewe hom in 'n belangrike mate in die steek gelaat het. Die bedreigings op geestelike gebied, bedreigings wat maar meestal figureer in die vorm van ontkenning van geloofsdifferensiasie (vermenging van die ware geloof met die valse godsdienste), is nooit konsekwent aan die Afrikanervolk as geloofsgemeenskap oorgedra nie. Die wrange vrugte van hierdie pligsversuim, om welke rede ook al, het as gevolg nie net afgodery nie, maar ook goed soos fobies en angste op psigiese gebied. En dan eers volg die bedreigings wat ons op die gebiede soos voedsel- en werksekuriteit ervaar.

 

Dis nogal treffend om die rol van wat bestempel kan word as “Christelike motivering” in sport waar te neem. Ondersoek maar gerus die motiveringstelsels in sport wat selfs aan universiteite geld. In die meeste daarvan (sekerlik nie almal nie), is die feit van die sportdeelnemer se onwrikbare geloof in Christus as volleindiger van die geloof, bo aan die lys van die motiveerders. Waarom dink u doen Afrikaner-rugbyspanne (of dan deesdae rugbyspanne wat meestal uit Afrikaners bestaan), 'n gebed in die kleedkamer?

 

Die vraag wat die Afrikanervolk dringend moet stel is dan of hy die gode of nie- of non-gode van ander volke of geloofsgemeenskappe in die land vrees? Eers dan sal die fisieke bedreigings en hoe dit afgeslaan moet word, weer hul regmatige en effektiewe plek inneem.

 

Rigters 6 vers 10 (aan Gideon): En Ek het aan julle gesê: Ek is die HERE julle God; julle mag die gode van die Amoriete in wie se land julle woon, nie vrees nie. Maar julle het nie na my stem geluister nie.