
USAID en die versekeringsgroep SANLAM, gestig met die slagspreuk Uit die (Afrikaner-!)volk vir die volk
Die Boliviese president Evo Marales het die voorbeeld van sy Russiese ampsgenoot Wladimir Poetin gevolg en Amerika se hulpagentskap USAID hierdie Suid-Amerikaanse land verbied.
Die verbod is ook in reaksie op Amerika se John Kerry se uitlating dat Latyns-Amerika Amerika se agterplaas is. Kerry het die uitlating verlede maand tydens 'n vergadering van Amerikaanse kongreslede gemaak toe hy wal probeer gooi het teen Amerikaanse besnoeiings aan die streek.
Morales voer aan USAID “manipuleer” Boliviese politieke groepe ten einde Bolivië te destabiliseer
Raar genoeg is hierdie bedenklike ondergrawende organisasie dalk beter bekend by kleuters in Suid-Afrika, wat die SABC TV-program Takalane Sesame kyk, as by volwassenes. USAID en die versekeringsgroep SANLAM, gestig met die slagspreuk Uit die (Afrikaner-!)volk vir die volk, borg hierdie program. Al voor die 1994-oorgawe aan die kommunistiese ANC sing en dans ook kinders van Afrikaners in USAID en Sanlam se deurmekaarwêreld van 'n sogenaamde “nuwe” nasie, die reënboog-een van FW de Klerk en Neslon Mandela.
USAID het sedert 1964 meer as 2 miljard Amerikaanse dollar in verskeie projekte in Bolivië gesteek. Volgens USAID is gesondheids- en omgewingsprojekte glo sy hoofteiken maar hy rep niks van sy agteraf teikens nie.
USAID se Boliviese terugslag volg enkele maande nadat Poetin aan die agentskap die trekpas gegee het. Poetin het ook inmenging in Russiese politiek as rede vir die stap aangevoer. USAID-fondse is na sogenaamde nie-regeringsorganisasies (NGO's) gekanaliseer, wat glo in die onlangse presidensiële en parlementêre verkiesing ingemeng het.
