Die waarheid- en werklikheidsgetroue Afrikaner weet van 'n hele spul trogvreters wat die nuwe Suid-Afrika se kraamsaal voorberei het
Die Naspes-koerant Beeld sinspeel vanoggend in sy hoofartikel met behulp van die vraag wie die land aan die Indiër-familie Gupta verkoop het, dit kan die Geldmag se kommunistiese krismisvader Jacob Zuma wees. So wil dit in elk geval voorkom.
Dit is seker goed dat hierdie pulpkartel van 'n vroedvrou wat FW de Klerk en die Verligte Aksiegroep (VAG) getrou bygestaan het in die miskraam van 'n nuwe Suid-Afrika en dié basterbrak probeer grootmaak onder beskerming van 1996 se konstitusionele wonderwerk, se ogies na hoeffel jaar self nou begin oopgaan.
Maar nou wys die Naspes-liegfabriek net 'n bewerige vinger na Zuma. Wat van die res!
Die waarheid- en werklikheidsgetroue Afrikaner weet van 'n hele spul trogvreters wat die nuwe Suid-Afrika se kraamsaal voorberei het en, by wyse van spreke, reeds voor die gebroedsel finaal in 1996 die lewenslig aanskou het, hulle besondig het aan die erfgoed wat hierdie onnosel skepsel sou toekom.
Hierdie webwerf het in die afgelope weke sedert die opsienbarende verklaring van kapt. Deon Loots, voormalige ondersoekbeampte in die Boeremagsaak oor die beweerde betrokkenheid van die VAG by die uitlok van die Boeremagbeskuldigdes, ook die vraag wat van die land en sy bates geword het gestel. Dink die Naspes-liegfabriek hy kan by 'n soortgelyke oefening baat? Deur vrae te stel?
Dit gaan egter 'n mooi ronde bokkerol help as sy nuuskierigheid by Zuma en die Guptas eindig.
Om maar een voorbeeld te noem: Dis nie net Zuma wat by die wapenaankoopskandaal geïmpliseer is nie. Wat van FW de Klerk?
Daar is uiteraard baie meer as een wapensmousskandaal. Wat van die wapens wat aan die Afrika-staatjies verkwansel is waarin Pik Botha se Joodse vriend se naam genoem word? Wat het van Suid-Afrika se “afgetakelde” kernbomme geword? Wie of watter land was begunstigdes? Waar is die geld en bates wat in projek Hamer genoem word heen?
Daar word nie na sommer klein sommetjies geld verwys in hierdie sake nie, dis nie wat 17 triljoen Amerikaanse dollar en 2 000 metrieke ton muntmetaal (genoem in Gunther Schickelgruber se Dokument X) , is nie.
En nou, in hierdie laat uur van Suid-Afrika se garage-verkoping tree die Guptas na vore. Indiërs.
Die vraag is waarom het die verkwanseling van Yskor aan 'n ryk Indiër (Mittal) nie die Naspes-liegfabriek gekwel nie.
Zuma, en die Zoeloe-koninkryk wat hy van sy politieke organisasie (die ANC) gemaak het, se verknogtheid en ingeweefdheid by, in die eerste plek Indiërbelange en as 'n gevolg daarvan by die Brics-lande, is g'n nuus nie. Toegegee: Zuma het ook ingekoop by die Joodse geldmag, soos wat dit inderdaad in sy mislukte militêre ekspedisie op onkoste van die land se belastingbetaler, in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) aan die lig gekom het.
Moontlik moet Naspes se aanstoot wat Zuma betref gesoek word by die feit dat hy getrouer is aan Indiër (of dan Moslem-)belange as Joodse belange. Hier kan dus geldgierigheid en stamjaloesie ter sprake wees in Naspes se jag op Zuma.
Dis tog nie die eerste keer dat Zuma in sy stralejakker-bewind sy goedgeplaaste sakebelange een of ander voordeel laat toekom (of andersom) nie. Zuma het lekker rondgerits in die vliegtuig van Pik Botha se Joodse wapenkontak. Watter voordele het hierdie Joodse vriend van Botha (en Zuma) met sy vliegtuie op Suid-Afrikaanse vliegvelde geniet? Maar dié voorvalle was nie belangrik genoeg om die Naspes-liegfabriek se drukkersink te haal nie.
Om so 'n bietjie by Beeld se hoofartikel te leen: 'n Mens wil uitroep: Wat gaan hier aan!
Nietemin, laat daar kennis geneem word van Zuma se nuutste sonde soos waargeneem deur Naspes:
Wanneer die Gupta-gesin ’n troue hou, word die Waterkloof-lugmagbasis vir hul private gaste opgekommandeer.
Die rooi tapyt word letterlik op dié militêre basis vir hulle uitgerol.
Die private gaste snel onder loeiende polisie begeleiding – en wrintiewaar ook onder die wakende oog van ’n polisiehelikopter – na Sun City, waar die troue vandeesweek gehou word.
Mens wil uitroep: Wat gaan hier aan?
Kom ons klaar die feite eers op. Waterkloof is die eiendom van die weermag en word deur die weermag beskerm en in stand gehou.
Daar is ’n streng reël dat buiten in noodgevalle die enigste burgerlikes wat die lughawe mag gebruik besoekende staatshoofde is.
Hoe op aarde het dit gebeur dat ’n vliegtuig van die Guptas met 189 priváte gaste van die Guptas daar land? En hoe kan ons polisie gebruik word om dié priváte gaste van die stinkryk Guptas na hul duur troue te begelei?
Het iemand by wyse van spreke die land aan die Guptas verkoop?
Wie is dié mens? En wat het hy of sy in ruil daarvoor gekry?
Beeld verneem dat pres. Jacob Zuma die eregas is by die hoogtepunt van die troue vandag. Dit is baie insiggewend. Die bande tussen die Zuma- en die Gupta-familie is welbekend. ’n Minister het glo al vertel dat hy by ’n Gupta van sy bevordering gehoor het voordat hy deur die presidensie ingelig is.
Die ANC, SAKP en Cosatu het deur die bank skerp kritiek oor die gebruik van die basis en die polisie gelewer.
Onderliggend aan die drie partye se verklaring sien mens tussen die reëls ’n erge ongemak by hulle oor die bande tussen die Zumas en die Guptas.
In ’n goed funksionerende demokrasie sou ’n kommissie onder voorsitterskap van ’n regter die bande tussen die president en die Guptas ondersoek het.
Cosatu is korrek as hy sê die Gupta-spektakel is ’n “absolute belediging” vir alle Suid-Afrikaners, want daarmee bevestig hulle die miskraam en derhalwe die onvermoë van die vroedvrou en haar helpers!.
