Media

MANDELA SE BESTEMMING

altIs Mandela op pad na Stilfontein?

In reaksie in kommentaarkolomme van 'n koerant oor Nelson Mandela se jongste (laaste?) draai in die hospitaal skryf iemand:

Mandela is “op pad” na Stilfontein.

Laat daar gewaag en verklaar word: Mandela is nie “op pad” Stilfontein toe nie – hierdie slag stuur hulle hom. Dit lyk of Mac Maharaj, die tjaaina wat na bewering die aap oor Operasie Vula aan PW uit die mou gelaat het, vir die bomplanter Stilfontein toe stÚÚr. Nogal 'n verskil as net “op pad”. Met ander woorde, Mandela word nie tuis “behandel”

waar te veel mense kan sien hoe die “behandeling” verloop nie, maar glo in 'n onbekende hospitaal. Nou kan daar geraai word hoe hierdie “behandeling” lyk: Dié slag word die masjiene afgeskakel? Sal dit “genadedood” genoem word?

Wat ons as behoudende Afrikaners deeglik moet besef is dat die dood van Mandela om talle redes nie vir ons 'n verleentheid kan en mag wees nie.

Die belangrikste rede is uiteraard dat Mandela in 'n ope geregshof en met 'n Jood as aanklaer tronk toe gestuur is vir sy aandeel in die beplanning van moord en doodslag van onskuldige mense.

Die heel belangrikste egter is dat Mandela se siekte niks anders as 'n fopmyn vir sy ondersteuners, dis nou liberaal en kommunis, geword het nie. Die ontstekingsmeganisme van hierdie fopmyn is klaarblyklik sy gevaarlike longtoestand. Hoewel hy enige tyd binne die volgende drie maande die tydelike met die ewige kan verwissel (laat daar maar aan Mandela self oorgelaat word waar hy gaan vertoef), het die oomblik dat hy sal heengaan, klaarblyklik 'n groot verleentheid vir die kommuniste en liberaliste geword, 'n veel groter verleentheid as vir die behoudende en anti-kommunstiese Blanke in die land wat weet daar is 'n wesenlike moontlikheid dat daar populistiese geweld op sy dood kan volg.

Die vraag is egter: Is hierdie moontlikheid van Swart populistiese geweld welkom vir die ANC-regime?

Die Zuma-regime steier reeds van korrupsie na korrupsie, maandeliks van petrolprysstyging na 'n volgende, van militêre verleentheid na militêre verleentheid (een nogal 'n militêre vliegtuig wat neergestort het toe 'n mediese span na Mandela onderweg was!).

Sou Jacob Zuma waag om so 'n tier van onbeheerste populistiese geweld se rug te bestyg, as't ware die golf te ry ten einde die sogenaamde Tweede Oorgang van die Nasionale Demokratiese Rewolusie afgehandel te kry?

En die waagstuk aangaan om in die proses die regeringsleisels te verloor? Dit klink nie of dit die benadering kan wees vir iemand wat “tot die wederkoms” wil regeer nie.

Dan is daar ook die versugtinge van die (hoofsaaklik) Blanke liberaliste soos verteenwoordig deur die Rooi Vrydag-toespraakmaker FW de Klerk, wat nie kan voorbly met verklarings en konferensies oor hoe hulle die land se grondwet wil “maak werk” nie.

Want De Klerk en sy volgelinge weet sulke Swart populistiese geweld sal die seël plaas op die mislukking van die 1996-grondwet, dis hulle wat met behulp van die 1996-grondwet die Blankes na so 'n anargistiese dag gelei het. Dus: Sulke anargisme sal 'n afgryslikheid vir De Klerk wees, of word die vermoë van De Klerk se gewete in so 'n uitgangspunt oorskat?

Dus, volksgenote, as daar 'n dag van lang messe of oehoeroe kom, dis nie u verleentheid nie, dis De Klerk en sy soort s'n.

Dis wel u plig om u oë wawyd oop te hou vir moontlike geweld en anargie.