Media

VERLOOP IN DIE "BOEREMAGVERHOOR"

alt1174ste dag in die hof.

Die korrektiewe beampte Dries Breytenbach het vandag in die saak getuig. HY is 'n GROOT man. Sy postuur het darem vir bietjie humor in die hof gesorg. Nadat die getuie reeds gesit het in die getuiebank, maak die regter die opmerking, soos hy vir ander getuies ook maak: "U mag maar sit."

 

Breytenbach het getuig dat hy op 17 Desember 2002 die aand aan diens was op die loopvlak te C-Maks gevangenis, Pretoria. Dit is sy gewoonte om die vensters oop te maak en af te kyk of alles in orde in die sel is.

Toe hy die sel kom waar dr. Lets Pretorius aangehou was, is die een venster toe en is moeilik om oop te maak. Hy het bietjie meer krag gebruik, vir die groot man was hy is, en het die venster oopgekry. Hy neem toe waar dat die venster met 'n spesiale gom vasgeplak was. Binne die venster is 'n telefoondraad om met gom vasgeplak. Hy het die draad begin trek en 'n plat stukkie plaat, ongeveer die grootte van 'n "beechie" (kougom) het op die vensterbank geval. Toe hy dit probeer in die hande kry het dit in die sel ingeval waar dr. Pretorius aangehou was. Dr. Pretorius het gesê dat hy dit vir sy regsverteenwoordiger gaan neem. Breytenbach het dit in die nagdiensjoernaal opgeteken en die voorval is ook in die seksie se voorvalleboek aangeteken deur 'n ene Gamble. Hy het die draad gevolg en gevind dat dit gaan tot in die pypskag, waar geen gevangene kan kom nie en die vensters is ook te hoog dat 'n aangehoudene daar kan bykom. Daar het geen ondersoek agv hierdie voorval plaasgevind nie. Hy is ook nie bewus dat meeluistering in die gevangenis normaal voorkom nie.

Berig Wilhelm Pretorius