WANORDE IS AFRIKA SE ORDE
MOORD IN SUID-AFRIKA Voorblad van die A V P Kongresblad van 2 0 1 2
AFRIKANER VOLKSPARTY, 3de JAARVERSLAG
Moorde in Suid-Afrika het nou letterlik en figuurlik die simboliese getal van 666 000 bereik. Figuurlik omdat 666 die merk van die Satan is en letterlik omdat daar gemiddeld 37 000 moorde jaarliks in die “nuwe” Suid-Afrika gepleeg word. Volgens baie bronne die hoogste in die wêreld. Hoewel die polisie se amptelike statistiek nie hierdie syfers weerspieël nie, is daar genoeg bewys dat die syfer veel hoër is.
In sy boek “Murder in South Africa: a Comparison of Past and Present” skryf Rob McCafferty dat INTERPOL se amptelike syfers amper dubbel dié van die SAPS wys en die Mediese Navorsingsraad sê dat daar ’n derde by die amptelike statistiek getel kan word. Dit plaas groot druk op die integriteit van die amptelike syfers. Sedert die bewindsoorname van die ANC in 1994 is al meer as 3000 blanke boere op hul plase vermoor.
A V P K o n g r e s 2 0 1 2
AFRIKANER VOLKSPARTY
3de JAARVERSLAG
VIR VOORLEGGING AAN DIE KONGRES OP 19 MEI 2012
Inleiding:
Met drie jaar agter die rug sedert die AVP se ontstaan en 18 jaar se blootstelling aan die “nuwe” Suid Afrika, is die verwagtinge van die liberale integrasie-yweraars maar baie gedemp en in sommige gevalle selfs krities oor die vooruitsigte, gemeet aan die gebrekkige prestasies van die Swart Meerderheidsregime.
Toenemende onbeheerste gewelddadigheid in aanvalle op blankes, verhoogde vlakke van korrupsie, verbrokkeling van infrastruktuur en ʼn tanende ekonomie wat beleggers afskrik en die wat wel belê het teen ‘n ongekende tempo laat onttrek, reflekteer negatief op die aanvanklike vreugde en uitbundigheid wat in liberale geledere aan die orde was met die wegdoen van die apartheidsbeleid in Suid Afrika.
Wêreldgebeure versterk al hoe meer die korrektheid van die beginsel om eiesoortigheid te handhaaf en die toestroming van volksvreemdes te beperk in belang van selfhandhawing en vreedsame naasbestaan.
Die tafel word gedek vir groter samehorigheid onder Afrikaners wat in die lig van die afgelope 18 jaar se plaaslike en internasionale gebeure, met groter vertroue kan terugkeer na wat suksesvol was en onder andere gedien het as maatreël vir die beskerming van identiteit en eie waardes. (Aldus die kongresverslag van 2012)
Dat die meerderheid van ons Afrikaners nog maar langtand byt aan die “negatiewe” beriggewing van die AVP en selfs van behoudende en sogenaamde “regse” Afrikaners en/of Boere soos sommige verkies om genoem te word, ons verkwalik wanneer ons kritiek lewer oor praktyke wat ons as kontraproduktief vir ons vryheidstryd beskou, is ons deeglik bewus van.
Vir die meeste gewone kiesers het seshonderdduisend moorde sedert 1994, n bietjie dik vir n daalder geklink. Nou verskyn daar egter nogal in “The Star” van Woensdag 20 Maart 2013 op die voorblad, ‘n berig wat lui: CRIME STATS SHOCK, 1000 MURDERS NOT REPORTED. MOST RAPE VICTIMS KEPT QUIET. ONLY 48% OF CASES REPORTED. Hierdie berig het sy oorsprong in n verslag wat saamgestel is deur die SA Instituut vir Rasseverhoudinge.
Press Release: For immediate release
SOUTH AFRICAN INSTITUTE OF RACE RELATIONS
South Africa’s Leading Research and Policy Organisation
19 March 2013
www.sairr.org.za
Media Contact: Kerwin Lebone Tel: 011-482-7221 E-mail: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Over half of crimes go unreported
Over 3.3 million crimes occur every year but half of them go unreported, according to the latest
South Africa Survey, published by the South African Institute of Race Relations in Johannesburg.
In 2011 South African households and individuals experienced at least 3.3 million crimes,
according to the data obtained from Statistics South Africa (Stats SA). Some 1.7 million, or 52%
of total crimes experienced, were not reported to the police in that year.
These figures include 82 000 unreported cases of house robbery and 8 000 unreported car
hijackings.
One thousand murder cases went unreported in that year, which is three every day.
‘Expenditure on private security rose from R2bn in the 1990s to an estimated R50 billion in 2011, and incidents of vigilantism continue to occur in South Africa’s less affluent areas. All these facts taken together signify a lack of confidence in the police by some sections of the population,’ said Kerwin Lebone of the Institute’s research department.
Unlike information from the South African Police Service (SAPS), which is based on actual cases
reported, the Stats SA data is a sample survey of 31 000 private households (including workers’
hostels) in all provinces. Mr Lebone said, however, that the victim survey was an important
document that complemented the annual SAPS statistics as it captures the extent to which
people do not report crime.
Ends (AVP se beklemtoning)
EN OOR PLAASMOORDE
Frans Cronjé
Jammer boere, julle ís in gevaar
2012-10-13 23:13
Boere voer ’n gevaarlike bestaan, maar daar was nog nooit sekerheid oor hóé gevaarlik nie. Navorsing deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge bied nou antwoorde.
Die navorsing het aanvanklik voorgestel boere is nie noodwendig blootgestel aan ’n groter risiko vir misdaadaanvalle nie. Dié navorsing is egter gegrond op onvoldoende data van TLU SA wat die getal plaasaanvalle tot sewe keer onderskat het. Ons het die navorsing dus weer gedoen en nuwe gevolgtrekkings gemaak.
Ten einde te bepaal hoe gevaarlik dit is om ’n boer te wees, is dit nodig om die aantal plaasaanvalle per 100 000 boere en gesinslede te vergelyk met die aantal misdaadaanvalle per 100 000 mense in die breër bevolking.
Ons navorsing dui nou daarop dat daar in 2011 tot 422 plaasaanvalle per 100 000 boere en hul gesinslede was. Hierdie syfer moet dus vergelyk word met die aantal misdaadaanvalle op ander landsburgers. Ons het eerstens die koers van gewapende huisrooftogte met plaasaanvalle vergelyk. In 2011 was daar 33 huisrooftogte vir elke 100 000 mense in die breër bevolking.
Teen hierdie maatstaf was boere se kanse om aangeval te word dus 13 keer groter as ander landsburgers s’n.
Tweedens het ons die voorvalle van gewapende rooftogte oor die algemeen met plaasaanvalle vergelyk. Dié koers meet álle gewapende rooftogte in die land en nie net huisrooftogte nie. In 2011 was daar 200 gewapende rooftogte vir elke 100 000 mense in die land. Teen dié maatstaf was dit dus twee keer meer waarskynlik dat ’n boer aangeval sou word. Selfs toe ons die syfers vir moord en poging tot moord by dié van die gewapende rooftogte oor die algemeen gevoeg het, was dit steeds 1,6 keer meer waarskynlik dat boere aangeval sou word.
Die syfer van 422 plaasaanvalle per 100 000 boere en hul gesinslede sluit wel aanvalle op kleinhoewes in. Maar selfs toe ons aanvalle op kleinhoewes uitgesluit het, was boere steeds meer kwesbaar vir plaasaanvalle as wat gewone landsburgers vir huisrooftogte en ander rooftogte is. Ons het ook vergelykings tussen die moordkoers op boere en dié op ander landsburgers getref. Die navorsing dui daarop dat daar in 2011 tot 68 uit elke 100 000 boere in die land vermoor is. Die moordsyfer in die breër bevolking was 31 per 100 000.
’n Boer se kanse om vermoor te word was dus twee keer meer waarskynlik as ’n gewone landsburger se kans om vermoor te word. ’n Mens kan net een gevolgtrekking maak. Dit is dat boere aan ’n hoër vlak van geweldmisdaad blootgestel is as ander landsburgers. Lesers moet ook in ag neem dat ons nasionale moordkoers 500% hoër is as dié van die VSA en tot 3?000% hoër as dié van lande soos Duitsland en Australië. Ons boere word dus deur ’n geweldige aanslag in die gesig gestaar. Ons vra om verskoning aan die boeregemeenskap dat ons oorspronklike navorsing – wat op onvolledige data gegrond was – ’n ander indruk gewek het.
