Media

WAAR IS DIE OORLOGSBUIT HEEN??

altWAAR IS 2 000 MILJOEN METRIEKE TON MUNTMETAAL EN 16 TRILJOEN AMERIKAANSE DOLLAR, VAG, BROEDERBOND??(Eerste van vier aflewerings)

As daar nog AFRIKANERS in Suid Afrika, of enige humanis, liberalis en modernis is wat dink dat ons ons land verloor het as gevolg van apartheid, weet verseker dat die AVP sal aanhou grawe om die waarheid op te diep, al het hulle dit hoe diep onder apartheid begrawe!

OORLOGSBUIT

Die rolprent Verraaiers oor die Tweede Vryheidsoorlog laat liberaliste in hul gewetes ronddelf, een so 'n delwer 'n Blink Stefaans van Naspes, Neels Jackson.

Laat dadelik geskryf word dat hierdie waarnemer nie Jackson se verbeeldingsvrug gelees het nie, hy het 'n ander saak op die hart: Oorlogsbuit.

Dus, of Jackson, en diegene wat op sy spoor nou hartsondersoek gaan doen oor Verraaiers, hulle in die eerste of tweede fase van Dante se vaevuur bevind of hulle regstreeks in die helse inferno gaan dompel, dit moet wag vir 'n ander dag, want dit gaan hier oor oorlogsbuit. Of in die idioom van die 20ste en 21ste eeu, ook buit wat daar te make is uit die ondergang van 'n volk, ryk of moondheid.

In 'n vorige berig op hierdie webwerf is aandag gegee aan “Project Hammer”, 'n beweerde projek wat weer in die kollig beland het na sekere bewerings in die beëdigde verklaring van kapt. Deon Loots, die voormalige ondersoekbeampte in die sogenaamde Boeremagsaak. Loots voer aan hy is in sy ondersoek gestuit nadat hy aandag gegee het aan die Verligte Aksiegroep (VAG), 'n beweerde elitegroep binne die Afrikaner-Broederbond. Hierdie projek (Hamer) en berigte en beëdigde verklarings daaroor is deel van 'n misterie waarby die Geldmag en internasionale banke betrokke is waarin prominente leidende politieke en finansiële persoonlikhede in Suid-Afrika genoem word, ook lede van die VAG.

Dit was reeds Napoleon wat opgemerk het hoe die Franse Rewolusie en die neerlaag van die Franse adel aanleiding gegee het tot die ontstaan van stinkryk Joodse spekulante in Frankryk. Dis uiteraard maar net 'n ander vorm van oorlogsbuit en die situasie in Suid-Afrika waar eiendomspekulante as miljardêrs na die 1994-oorgawe na vore getree het, dwing hom hier ook op. Om in die oorweging van hierdie verskynsel nie die rol (of gebrekkige rol) van die SA Raad op Eiendomsagente te onderbeklemtoon nie. (Onthou u die foto in 'n Sondagkoerant van nog 'n nuwe Swart kader wat ingeroep is om hierdie Raad se sake op te ruim in hierdie raad se kantoor; jy sien net leggers en wanorde? En die Mechanik-skandaal? Dis maar onder andere? Daar is vele vingers in die deurmekaar post-1994-eiendomspaai in die land, dit sluit landbou- en veral myngrond in.) Dis dalk ook in hierdie stadium gepas om weer na die Tweede Vryheidsoorlog en daardie konflik se oorlogsbuit terug te keer.

OORLOGSBUIT VAN DIE TWEEDE VRYHEIDSOORLOG.

Oorlogsbuit was daar volop in daardie konflik te maak. Dit was immmers in die eerste plek die Goudkewers of sogenaamde Rand Lords wat die oorlogsvure met behulp van die Uitlander-vraagstuk aan die brand gekry het.

Dat daar gereeld gehoor en verneem word van die romantiese deel van die oorlogsbuit van daardie konflik is te wagte. In daardie geval word na die Krugermiljoene verwys. Soos met die Tweede Vryheidsoorlog se verraaiers was die Krugermiljoene al dikwels 'n tema vir boeke en rolprente. Daar is selfs 'n rolprent gemaak met dié titel. Daar het al meer as een boek verskyn met die Krugermiljoene as tema en die oortuigendste werk vir hierdie waarnemer, is “ Vreemde verbond op Ravensklip”, van Sebastiaan Basson (uitgewer: Oranjewerkers).

(Sebastiaan Basson (of Steve soos hy in die wandel bekend gestaan het) was 'n behoudende Afrikaner en moes, anders as die Blink Stefaanse en Blink Marties van Naspes 'n opdraande finansiële stryd voer. Vreemde Verbond op Ravensklip het, oppervlakkig gesien, skynbaar gebreke. Die verhaal se tydspronge skep probleme en daarby het Steve dit in Louis L'Amour-styl geskryf, waarskynlik om dit vir lekker lees geskik te maak. Feit van die saak is dat daar tot op ons dag gegis word oor wat van die Krugermiljoene geword het. As ons vir Basson, wat ook 'n navorser was – by die RGN? - mag glo: Dit lê êrens naby Mica langs die Selati-spoorlyn begrawe!

Laat ons egter waak dat die aandag nie te veel afgelei word van die vraag: Wat het van 1994 se “Krugermiljoene” geword? Want volgens alle aanduiding hét 1994, die oorhandiging van die Suid-Afrikaanse goudryk se nie miljarde nie maar triljoene! - sy “Krugermiljoene” gelewer.

Hierdie is 'n allesdeurdringende vraag en het veel groter diepte as die oppervlakkige moralisme wat die rolprent Verraaiers by Neels Jackson en ander Blink Stefaanse van Naspes kan wek.

Die vergelyking van die wroeginge van die hensoppers en verraaiers van die Tweede Vryheidsoorlog met die wroeginge van Jackson en kie is in elk bisar, dit is nou as die twee sake op sedelike grond vergelyk word. Laat dit reguit geskryf word, Neels Jackson en kie kan nie die ou skoene van 'n Piet de Wet en 'n Piet Cronjé volstaan nie, hoe laakbaar die Bittereidenders ook al De Wet en Cronje se optrede beskou het. Daardie hensoppers, joiners en verraaiers het 'n deeglike prys vir hulle verraad betaal, hulle is as uitgeworpenes deur die Bittereinders behandel, nog dekades na die beëindiging van die oorlog. So lank het die smet van verraad aan hierdie mense gekleef dat hierdie verslaggewer nog in die 1990's in die Parlement 'n NP-Volksraadslid in aksie gesien het wat weens sy ouers se beweerde verraad in 'n NG kerk se konsistorie gedoop is.

Die hart van hierdie allesdeurdringende vraag is vir hoeveel en nog wat FW de Klerk en sy bende die Afrikaner se land verkwansel het.

Reeds kort nadat FW de Klerk en sy bende die bewind by PW Botha gegryp het, was daar al in ieder geval by sommige 'n helder antwoord op die vraag. Want op 'n dag het 'n lektor in die ekonomie (hy kón dus die prys van oorgawe in rand en sent bereken), en ook een van die bevelvoerders van seker dié elite-eenheid wat gespesialiseer het in terroristejag (hy het dus geweet wat De Klerk se oorgawe in militêre terme kos), dertig silwerstukke uit 'n swart sakkie op die Volksraad se vloer uitgegooi.

Dis des te meer 'n allesderdringende tema, hierdie Krugermiljoene van 1994, weens die bewerings van mnr. P.W. Botha sélf dat Die Geldmag hóm probeer omkoop het. Mnr. Botha het hierdie bewerings herhaal in 'n onderhoud met die oud-SAUK-verslaggewer Chris Saunders, 'n onderhoud wat die SAUK en ander TV-stasies (deur Die Geldmag besit) geweier het om uit te saai. In daardie onderhoud wei mnr. Botha glo verder uit oor hierdie gepoogde omkopery en hoe De Klerk en sy bende uiteindelik vir hierdie baie duur grappie geval het.

Dis egter nog nie genoeg agtergrond-inligting om volledige prentjie oor oorlogsbuit te kry nie...

Oorlogsbuit is nie net 'n hedendaagse verskynsel nie. Dit is so oud, jy wil byna skryf soos die Sondeval. Toe Juda in ballingskap weggevoer is na Babel is die Tempelgoud- en silwer en ander buit deur Nebukadresar saam; 70 nC is Jerusalem se Tempelskatte weer gebuit. Napoleon het in sy Egiptiese veldtog Egipte en ander verowerde ryke se skatte gebuit en na Parys gevoer (soos die Rosetta-steen), die Grieke kreun dat die Engelse die sogenaamde Elgin-beelde gesteel het, die Spaanse veroweraars en plunderaars is met die Inka-, Asteekse en en Maja-skatte vort.

Daarom des te meer die allesdeurdringende vraag: Wie het almal met oorlogsbuit weggekom toe Nelson Mandela en sy bende in 1994 die Uniegebou in Pretoria finaal beset het? Net die Geldmag? Net die ANC en die kommuniste? Of kon 'n groepie NP-binnekringers, ons dink maar aan die Verligte Aksiegroep (VAG), die Geldmag se poppe in die voormalige NP-regering, ook baat?

Daar is nog 'n rede vir die vraag...

Daar is uitstekende eietydse voorbeelde oor hoe sulke buit nie net ingepalm word nie maar ook weggedra word, weggedra word terwyl die kanonne nog bulder en liters bloed vergiet word...