Media

IS ONS AFRIKANERMANS MOORDDADIG?

altMet die polemiek oor die moord op Mej. Reeva Steenkamp wat nou tot gevolg het dat sommige joernaliste en swart vroulike ministers alle Afrikanermans as gewelddadig tipeer, is dit miskien nodig dat ons met mekaar daaroor praat. Koelbloedige moord is in enige terme onaanvaarbaar en behoort gestraf te word. As ʼn jongman soos Oscar Pistorius hom in dié onbenydenswaardige posisie bevind dat hy daarvan verdink word dat hy sy meisie geskiet het, en die omstandigheidsgetuienis lyk en klink nie vir hom gunstig nie, dan raak dit weliswaar meer mense as net vir hom. 

As “ambassadeur” in die internasionale sportwêreld, reflekteer dit seer sekerlik heelwat wyer as sy familie. Die vraag wat by ʼn mens opkom is wat moet die internasionale wêreld van ons dink nadat nou ook hierdie onderstaande artikel aan die lig gekom het. ʼn Uittreksel uit die verklaring van Gen. Erle Cocke wat aan die hoof van Nugan Hand Bank se Washington kantoor gestaan het en in April 2000 dié verklaring van 67 bladsye afgelê het , betrek die voorste politieke ambassadeur van Suid Afrika. Gen. Erle het onder andere ook in hierdie verklaring sy persoonlike betrokkenheid in Projek Hammer geopenbaar. Tien dae later is hy dood aan kanker van die pankreas.

 

In hierdie verklaring word verwys na die voormalige Afrikaanssprekende president van Suid Afrika se buite-egtelike verhouding met die vrou van Georgiades, wat aanleiding gegee het tot sy egskeiding met Marike en die gevolglike klousule in die skeidingsdokument dat hy alles waaroor sy besluit om te skryf kan sensor. Die verklaring lui: “any books or articles Marike might decide to write” . Daar word nie verwys na privaat briewe of fakse nie, tog is sy volgens die verklaring enkele ure nadat sy ʼn ongeopenbaarde faks na Holland gestuur het , wreed vermoor!

 

Die uittreksel uit die verklaring lui so:” It was at this time that the whole Project Hammer was put at risk by FW de Klerk’s impulsiveness. German operators learned that De Klerk was having an affair with Georgiadis’s wife, Elita (Lanaras’s daughter). A memorandum was sent to the CIA, who decided to put a lid on the affair, until after the completion of Project Hammer. Knowledge of the affair would not only open a can of worms, but it was not clear what Georgiadis’s reaction to the affair would be.This only became public after another two years. There would be a twist – Marike de Klerk.. When FW de Klerk divorced Marike to marry Elita, a clause was written into the divorce agreement that De Klerk would be able to censor any books or article Marike might decide to write – which indeed he did when he prevented the publication of a chapter titled Grotgesprek (cave conversation) in the autobiography titled ‘n Plek waar die son weer skyn.

But Marike de Klerk was not done yet. Then, sadly, on 2 Dec. 2001, she was brutally murdered in her Dolphin Beach complex, Bloubergstrand apartment, hours after sending an undisclosed fax to Holland. Curiously – the European Union paid R30 000 into the account of the murder accused – Mboniswa, channeled by the Foundation for Human Rights, for DNA tests. Mboniswa stood trail in the Western Cape High Court and was found guilty of the murder, without taking the stand in his own defense.

 

What was to follow was the orchestrated and directed ‘political reform’ as was dictated to by foreigners of this country. The reform was steered by international banks/financiers as well as foreign intelligence agencies.

The subsequent buy-out of South African politicians and role players, culminated in the demise of a country….

 

De Klerk se aandeel in die verraad teen die Afrikanervolk, wat breedvoerig in Genl. Erle se verklaring behandel word, besorg hom die Nobelprys vir vrede, die moordenaar van Marike kry ʼn tjek van R30,000.00 van die Europese Unie en Marike word vermoor. Duidelik is tergende vrae nog onbeantwoord in hierdie bisarre verhaal. Die selektiewe wyse waarop die media met gebeure in en vanuit Suid Afrika omgaan, veral sedert 1994, laat meer vrae as antwoorde en verdiep die reeds bestaande kloof van wantroue. Onlangse verklarings soos bv. die van Kapt. Deon Loots en die voormelde van Genl. Erle wat nie die hoofstroom media haal nie, versterk die groeiende besef van sameswering teen die Afrikanervolk.

 

Oor Reeva Steenkamp se dood word vertrou dat die hof die spekulasie wat tans dreig om hande uit te ruk, uit die weg sal ruim terwyl die geskiedenis leer dat niks wat in die geheim gedoen word nie in die openbaar sal kom nie! Om dus alle Afrikanermans as gewelddadig te tipeer in die lig van enkele persone se ontugtige en moorddadige optredes, is nie net vergesog nie, maar bowendien verwerplik.

 

Die oorgrote meerderheid Afrikanermans, ja en veral sy godsdienstige en politieke leiers van weleer, was voorbeeldig. Na hulle kyk ons op en dien hulle voorbeeld tot verinniging en veredeling van ons eie karakter.

 

Ons weet uit watter vyandelike oorde die bekladding van die Afrikaner kom en ook hierdie laster teen ons volk maak ons net sterker.