Media

Afrika tref Potchefstroom Universiteit

altMaar hoe keelvol kan ʼn burger nog raak voordat hy genoeg gehad het?

Studente aan die Universiteit van Potchefstroom het op 28 Februarie 2013 ‘n kennisgewing ontvang dat die universiteit sluit tot verdere kennisgewing as gevolg van die feit dat daar geen water is nie en dit ʼn gesondheidsrisiko inhou! Koshuisinwoners moet eenvoudig hulle kamers ontruim en vir tyd en wyl ander blyplek soek. Vir sommige beteken dit astronomiese kostes om honderde kilometers af te lê en nou verdere verblyfkostes op die hals te haal.

Ja, dit is soos universiteite in die nuwe Suid-Afrika nou moet funksioneer onder die onbevoegde ANC-regering.

Hierdie situasie gaan die universiteit derduisende (en dalk miljoene) rande kos weens o.a. verlore dae aan klasse en eise van studente vir dienste waarvoor betaal is, maar nie ontvang is nie. Hopelik sal die universiteit die durf aan die dag lê om die munisipaliteit te dagvaar, alhoewel hierdie stadsraad, soos talle ander, waarskynlik nie sal kan betaal nie! As ʼn party nie eers water aan sy inwoners kan voorsien nie en nie basiese dienste in ʼn dorp kan lewer nie, watter aanspraak het dit om ʼn land te regeer? 

Die DA het gedink hulle kan sekere ANC-raadslede oortuig dat die DA Potchefstroom moet bestuur. Hulle is, soos dit ʼn liberalis betaam, wreed ontnugter toe hulle burgemeester pas deur ʼn mosie van wantroue deur dieselfde raadslede wat die DA se kandidaat aan bewind geplaas het, begroet is!

 

So ploeter die nuwe Suid-Afrika voort vanaf die een katastrofe na die ander, terwyl ons elke dag deur die media vertel word hoe wonderlik dit eintlik gaan. Theuns Eloff, die groot indoena van Potchefstroom Universiteit en berugte Dakar-ganger sal in al elf amptelike tale swyg oor die ANC se onbevoegdheid, want hy is mede-aanspreeklik vir dit wat ons nou in Potchefstroom ervaar en wat ons in hierdie land beleef.