GOUD EN DIAMANTE
Die ANC se planne om die land se mineralerykdom te “nasionaliseer” is so oud soos die Freedom Charter. Voor die ANC se bewindsaanvaarding het hierdie voornemens verder beslag gekry in beleidsdokumente van die organisasie.
Gunter Schickelgruber skryf in Dokument X (p. 109) vooraanstaande ANC’s was reeds voor 1994 by die smokkel van sogenaamde rou goud (amalgaam) betrokke. Hy noem Ramaphosa, Tokyo Sexwale en Thabo Mbeki se name in dié verband. Ramaphosa sou volgens Schickelgruber as die hoofsekretaris van die COSATU-vakbond NUM, Swart mynwerkers aangemoedig het om amalgaam van die myne te steel. “Hierdie operasies het selfs na 1994 voortgegaan. In Sexwale se premierstyd is die goud glo in voertuie van die sogenaamde Gautengse wetgewer vervoer en in die ANC-hoofkantoor Shell-Huis in Johannesburg opgegaar.
Dan, opsienbarend, onthul die skrywer (p. 109): “Willem Lotter, ʼn boer van Lotterkrans, distrik Perdekop, het die amalgaam verwerk.
Lotter is gesien waar hy met Niel Barnard, die vorige hoof van NIS, by Die Werf , ʼn ontmoeting gehad het...
“Lotter is by Lanseria deur die polisie gearresteer met ongeveer 117 kg. goud. Deon Kruger, hul vlieënier, het die semi-geraffineerde goud uit Suid-Afrika gevlieg. In ʼn verslag van die Spesiale Projekte-Eenheid, wat onder Mbeki ressorteer, word gerapporteer dat sowat 200 ton goud jaarliks gesteel word... Volgens ʼn gekonfiskeerde dokument was die finale bestemming Lugana, Italië (Is hier dalk ʼn Mafia-konneksie?)...
“Paul Econ is die seun van Dimitri Econ en hy is nog steeds ʼn goeie vriend van Thabo Mbeki...
“Volgens ʼn NIA-verslag was die volgende persone by hierdie operasie betrokke: brig. Doppies Minnaar (hanteerder van die vrou van Shai Avushar, vorige hoof van die Israelse Mafia), brig. Goosen, Jesse Durate (nie dalk Jesse Duarte nie? skrywer) Louis John Stevensen, Wessel Kemp, genl. Wouter Grové, Judy Sexwale, brig. Modise en Charles Prebach.
“In die diamantsaak , het Hazel Crane wat met Shai Avishar getroud was, as polisie-informant vir die Goud- en Diamanttak gewerk...
Volgens een van die skrywer se bronne het Jacques Joubert (Paul Econ was ook betrokke) saam met Pik Botha en Magnus Malan deur ʼn frontmaatskappy, Jackhold, en Namib Gems, as deel van ʼn MI-projek gewerk. Deel van hierdie besigheid was..., Unita-diamante wat deur Jackhold en Namib Gems na De Beers oorgeplaas is. De Beers het in Die Burger van 15 Julie 2001 berigte van die Angolese regering ontken dat hulle met Unita-diamante handel dryf... Die skrywer is deur ʼn bron genooi om op ʼn spesifieke tyd by sy hek stil te hou om te sien wie ʼn vergadering oor Unita-diamante sou bywoon, (Ene)...Lipman...het in sy Rolls Royce aangekom en uitgeklim, saam met Anton Rupert...
“ʼn Ander bron het ʼn volle uitleg van die diamantnetwerk aan die skrywer gegee en bevestig dat Pik Botha en Magnus Malan persoonlik betrokke was... Hul hoofkontak was Johan Erikson. Hulle het ook van die DAI-groep gebruik gemaak (leiers is glo ene Matoran Smulug en Patagio. Laasgenoemde is glo soos ʼn broer vir Shai Avishar, hoof van die Israelse Mafia in Suid-Afrika: skrywer)
KINDERSMOKKELARY
Schickelgruber skryf daar is min feite oor dié bedrywighede beskikbaar maar (p.111) dat hy ʼn offisier in die Veiligheidstak ontmoet het wat ʼn informant in die Gert van Rooyen-kring gehad het. Van Rooyen was ʼn beweerde pedofiel van Pretoria wat die polisie lank ontglip het. Sy naam is genoem in verband met die verdwyning van minstens vier jong Afrikanermeisies. Hy het in raaiselagtige omstandighede gesterf.
“Dit is alombekend dat Van Rooyen saam met Pik Botha by sanksie-omseiling betrokke was. Mossad was ook deur Moss Estar en Ronald Tanur (by dié sanksie-omseiling? skrywer) betrokke. Albei het skakeling met Van Rooyen gehad. Beide is uit Mossad geskop weens hul pedofiel-aktiwiteite. Neem ook in ag dat een van Pik se grootste vriende, Les Lebanon van Kadett Investments, ook ʼn bekende pedofiel is.”
Schickelgruber maak dan melding van die Doma-kerk van Van Rooyen. Die naam (Rudi?) Toerien duik dan as ʼn prediker van die kerk op. As lede (van die kerk?) word Jacques Joubert en Charles Newman genoem.
“Maar,” vervolg Schickelgruber, “die groot vraag bly steeds of die BSB-bordeel in Zürich met die verdwyning van kinders verbind kan word...”
MAFIAS
Tydens die vorige politieke bedeling het die regering van verskillende Mafia-organisasies gebruik gemaak om sanksies te omseil.
Schickelgruber skryf (p.113) dat hierdie Mafia-organisasies hulle gou op hul eintlike spesialiteit, dit is misdaad, toegelê het.
ITALIAANSE MAFIA
ʼn Hooffiguur in die Italiaanse Mafia, Victor Palazzolo, klou soos ‘n neet aan Suid-Afrika. “‘n Mens hoef seker nie te vra wat die rede is waarom Palazzolo in Suid-Afrika geakkommodeer is deur die NP, en Pik Botha persoonlik, wat direk met die Afrikanerbond verbind word nie,”
suggereer Schickelgruber in die boek (p.113). En, wag, Schickelgruber voer aan dat die voormalige spioen en NP-Presidentsraadlid Craig Williamson, “ook nou met ‘n ander Italianer, Mario Ricci van die maatskappyt GMR, saamgewerk het”. In dié se maatskappyverslag bestempel Ricci hom glo self as die “Ambassadeur en Plenipotensiare Minister van die Koptiese Ridders van Malta”. Dié orde is volgens die skrywer gewild by Italiaanse misdadigers. Dit is glo een van sowat 25 vals ordes in Italië.
Portugese Mafia
‘n Hoofrolspeler in die Portugese Mafia is glo ‘n Hilbrow se hoteleienaar Nellio Deise. Schickelgruber voer aan hy is betrokke by dwelms, prostitusie en vragmotorkapings (60 ps. van alle kapings! voer hy aan).
Genl. Basie Smit (gewese hoof van SANAB) word ook deur Schickelgruber by kapings geïmpliseer (p.115). Ene Tony Texeira is volgens die skrywer glo ook by hierdie aktiwiteite betrokke.
Griekse Mafia
Ene Alex Kouvaris is glo die hoofrolspeler in hierdie mafia, met die Safari-Hotel in Hillbrow sy basis. Nigeriërs is glo sy hardlopers met dwelms en prostitusie.
Russiese Mafia
Hierdie misdaadgroep word glo deur die Rus Victor Boet met Magnus Malan verbind. Prostitusie, wapens, dobbel en hokgevegte is húl spesialiteit.
Die Triad (China ) en Jakuza (Japan)
Albei is volgens Schickelgruber betrokke by die smokkel van renosterhoring, prostitusie en seevisserymisdade.
Israelse Mafia
Shai Avishar (oorlede in 1999) was glo die leier. Hierdie Mafia word volgens Schickelgruber as “front” deur die Mossad gebruik. Ashivar het foto’s van hom (Avishar), Mandela en Mbeki op sy Hillbrowse woonstelmuur gehad.
Die Verligte Aksiegroep (VAG)
Die lyfblad van die HNP, Die Afrikaner, (onderskeidelik 7 tot 13 Februarie 1997, 13 tot 19 Februarie 1998 en 20 tot 26 Februarie 1998) en ook The Star (5 Februarie 1997), het die bestaan van ‘n beweerde AB-verwante groep, bekend as die Verligte Aksiegroep (VAG), rugbaar gemaak.
Gunter Schickelgruber skryf in die boek Dokument X (2002) heelwat oor sy vermoedens wat die VAG betref. Schickelgruber maak daarop aanspraak dat hy ‘n spioen vir die NP-regering en dié van die ANC-regering is/was en dat sy opsienbarende onthullings bevestig sal word, sou daar hofgedinge daaroor kom. Schickelgruber was glo lid van die SA Polisiediens se Binnelandse Veiligheid.
Volgens Schickelgruber is die artikels in Die Afrikaner waarskynlik deur die Suid-Afrikaanse Geheimediens (SAGD), die buitelandse afdeling van die land se spioenasiedienste, gelek , ‘n afleiding na aanleiding van sekere berekende feitefoute wat ter identifikasie in die artikels gedoen is.
Schickelgruber bestempel die VAG as ‘n Broederbond-binnekring. Hy sou ‘n illustrasie oor die werkinge van die “binnekring” aan ‘n beweerde binnekringlid, genl. Tienie Groenewald, getoon het. Genl. Groenewald sou slegs oor die naam “binnekring” met hom verskil het.
Ander lede van die “binnekring”, wat tydens geheime byeenkomste sou vergader, is glo Pik Botha, Rusty Evans (voormalige Direkteur-generaal van Buitelandse Sake), Magnus Malan, Roelf Meyer, dr. Corné Mulder (ja, van die Vryheidsfront), Sean Cleary, ene Quinten Coetzee, F. du Randt, George (The Butcher) Darmanovitch, Johan Smit en Johan Lehman.
Bantu Holomisa sou ook by ‘n vergadering teenwoordig gewees het.
Schickelgruber redeneer in breë trekke soos volg oor die Broederbond en dié organisasie se posisionering in die landspolitiek:
* dat die Broederbond hom lank reeds vereenselwig het met regeringsoorgawe aan die ANC maar nie gesagsoorgawe nie; dat die Broederbond “80 persent” van die beheer oor die land deur middel van die ekonomie probeer behou het ;
* dat die AB steeds die mag agter die Suid-Afrikaanse troon probeer bly het deur infiltrasie van die ANC deur middel van die besoedeling/ indiensstelling van hooggeplaaste ANC’s deur hulle te werf as spioene van die voormalige spioenasiedienste van die land.
(P. 16, Dokument X:) “Die plan het verskeie dimensies en sluit in:
“a) Identifikasie van ANC-leiers, sowel as ANC-alliansieleiers vir werwing, en/of besoedeling vir manipulasiedoeleindes deur die Afrikanerbond...
“b) Beheer oor die ekonomie te bekom. As jy die ekonomie beheer, beheer jy die regering...
“c) Manipiulasie van Intelligensie....
“d) Destabilisasie-aksies deur toename in misdaad en die skep van chaos in openbare werke. Maar terselfdertyd moet die Blanke Afrikaner gesus, en gekeer word dat hy gefrustreerd raak en hom tot oorlogsgeweld wend. Hierdie doel word bereik deur die skepping van skynpolitieke partye, rade, komitees, verenigings en selfs ‘aksiegroepe’, wat oënskynlik ten doel het om die Blanke (maar veral die Afrikaner) se belange te beskerm...
“e) Die verkryging van internasionale vennote om die plan uit te voer; die destabilisasie van Afrika-lande tesame met hul internasionale vennote met die doel om sogenaamde Globalisasie tot stand te bring.
“Die metodologie van die Afrikanerbond is ingewikkeld omdat hulle van afhokking gebruik maak. Byvoorbeeld, hulle het verskeie projekte, soos Sunrock en Odesa (onder meer vir die finansiering van die Heropbou- en Ontwikkelingsplan, intussen geword GEAR en NEPAD: skrywer). Daar is dus baie name binne die groep, en selfs diegene in hierdie groepe het geen benul van die groter prentjie nie...”
Schickelgruber (baie moontlik ʼn skuilnaam, Adolf Hitler se ma se nooiensvan was Schickelgruber) se boek word grotendeels aan ʼn intrige oor jare, maar wat veral sedert die 1980's gespin is, gewei.
Internasionaal sluit dit die Joodse Sioniste se intriges in, maar ook die Amerikaanse (CIA), Britse (MI6), Franse, Duitse (ook die voormalige Oos-Duitse) spioenasiedienste. Die Russiese (KGB), Israelse
(Mossad) en Switserse spioenasiedienste en surrogate figureer ook.
Maar ook die georganiseerde misdaadwęreld (mafias en sindikate van elke denkbare soort). In kort: Volgens Schickelgruber het leidsliede in die Broederbond voorbedag en in koelen bloeden die landspolitiek besoedel en besmet met onwettighede soos geldwassery en dwelmhandel asook vigs (die ANC se sogenaamde Lusaka-groep die vernaamste teiken).
Volgens Schickelgruber is daar naas die VAG nog twee ander leidende politieke binnekringe in die land. Hulle is die sogenaamde Wyse Manne
(WM) en die Islamitiese Ekstremiste (IE). Die VAG oefen deur middel van sy besoedeldes glo beheer in elk van dié drie groepe uit.
Hoe die Broederbond se kop werk
Schickelgruber poog (p. 15) om te verduidelik hoe die AB se kop gewerk het. Die organisasie sou glo met Britse oorheersing in gedagte, in die 1980's ʼn plan geformuleer het om in beheer te bly. Niemand sou volgens die skrywer die Afrikaner na dié berugte Britse oorheersing weer mog oorheers nie.
Nie alle AB-lede is by die plan betrek nie maar dit sluit glo politici, ekonome, generaals (polisie en weermag) en intelligensie-operateurs in. Schickelgruber noem dan die volgende beweerde betrokkenes by die plan: Pik Botha, Neil van Heerden (Buitelandse Sake), Roelf Meyer, F.W. de Klerk, Rusty Evans, Barend du Plessis, Chris Stals, Chris Ball, Anton Rupert, Meyer Khan (Joodse sakeman), Danie Cronjé (Absa), Magnus Malan, Tienie Groenewald, Basie Smit (dwelmspeurder) en Mike Geldenhuys (polisie-kommissaris).
Volgens Schickelgruber is die AB-plan in pas met die Globalisasie/Nuwe Wêreldordeplan, waarvolgens die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADEK) tot ‘n Verenigde State van Suider-Afrika omskep sal word.
Leiers van die state wat nie saamwerk nie word glo summier geïsoleer, soos Robert Mugabe van Zimbabwe.
Die Broederbond in die post-apartheid ekonomie
Die belangrikste vraag van almal kan maklik wees wat die invloedryke geheime organisasie, die Broederbond (nou die Afrikanerbond), vir die post-apartheid ekonomiese tydvak beplan het. Dit is mos ondenkbaar dat hierdie groep begunstigdes, ook in die ekonomie, die leisels uit hul hande sal laat gaan sonder stryd.
Volgens ene Gunter Schickelgruber, wat ʼn aaneengerygde string opsienbarende gebeure in sy boek DokumentX, bevat en gewis nog die toets van die helder daglig sal moet slaag, het die AB wel ʼn ekonomiese plan waarvolgens hy werk. Schickelgruber verhaal dit in Hoofstuk 3 van die boek (p.49 en verder). Dit is ʼn verhaal wat vir die oningeligte vergesog sal klink. Die Geldmag, oorsese regerings, bankinstellings, oorsese spioene, mafias van alle lande en streke van die wêreld, die handel en nywerheid hier te lande en oorsee, word deur hom betrek. Die plan laat glo bloedspore en lyke agter. Die plan berus op die stelreël, hy wat ʼn land se ekonomie beheer, beheer na regte die politiek van die land.
Ek stel Schickerlgruber, uit stellings in sy boek af te lei, ‘n voormalige veiligheidspolisieman, aan die woord:
Die belangrike aspek van die ekonomiese plan was om ʼn manier te vind om in die binnekringe van die internasionale bankobligasie handeldryf te bekom. Die plan bestaan uit verskeie fases en begin deur enorme hoeveelhede goud en platina op te gaar. Die hoeveelheid goud en platina wat reeds onwettig land uit is, beloop ongeveer twee-duisend metrieke ton. Met soveel muntmetaal in buitelandse banke moes die verskillende sentrale en top honderd banke oortuig word dat die eienaars van hierdie muntmetaal tot die binnekringe toegelaat word.
Die muntmetaal is as kollateraal in hoë-opbrengsprogramme gebruik, wat ook as Kapitaalvermeerderingsprogramme en/of Rollende Programme bekend staan. Die totale som wat sodoende gegenereer is, is 16 triljoen VSA dollar, volgens ʼn vorige agent van die Direktoraat van Koverte Inligting (DKI).
“Al die belangrikste Eerstewêreldlande se regerings was aktief in die hoë-opbrengsprogramme betrokke, insluitende Allan Greenspan van Amerika se Federale Reserwebank, luidens (Rudi) Toerien, wat persoonlik met Greenspan geskakel het. Toerien is deur een van Switserland se topspioene, Jurg Jacomed, bygestaan. Ander sentrale banke wat blykbaar betrokke was, is die Bank van Engeland, die Bundesbank en die Koninklike Bank van Kanada. Ander hoofbanke wat blykbaar betrokke is sluit in: die Bank van Tokio, Deutsche Bank (onthou u die ANC-regering se geskarrel oor die vlug van valuta uit die land en dat Deutsche Bank pertinent in die ontknoping van die raaisel na vore getree het?
skrywer), Bank Pariba, Uniebank van Switserland, Credit Suiss, Natwest en City Bank...
“Die volgende inligtingstuk is deur Sunrock voorberei. Die bron is ‘n vorige (Militęre Intelligensie)-MI-operatief. Baie korrupsie het uit hierdie proses voortgevloei...
“Promeses, wisselbriewe, bankaksepte en kredietbriewe is reeds jare deel van daaglikse banksake. Kredietbriewe is die een waarmee die meeste geld onder die tafel gemaak kan word. Drie soorte kredietbriewe word daagliks uitgereik. Dit is dokumentêre kredietbriewe, bystandkredietbriewe en onvoorwaardelike kredietbriewe of sekerheidswaarborge.
“Die uitreiking van ’n kredietbrief vind gewoonlik plaas wanneer ʼn koper goedere of dienste van ʼn derde party (verkoper) wil bekom...
Die koper sal sy bank vra om ʼn kredietbrief uit te reik wat betaling waarborg...
“Hierdie tipe transaksies vind daagliks plaas. Die kredietbrief word op so ʼn manier uitgereik dat dit internasionaal erken word.
“Tydens die ewolusie van handelsverbonde kredietbriewe het ʼn aantal instansies begin om bystandskredietbriewe uit te reik. Hierdie briewe is ʼn waarborg dat die bank laste oorneem en die begunstigde (verkoper sal) betaal.
“Banke in Amerika word deur wetgewing verbied om formele waarborge te voorsien en bied in stede bystandskredietbriewe as funksionele ekwivalent van ʼn waarborg aan...
toe bystandskredietbriewe ontwerp en gebruik is het banke sowel as kliënte die voordele begin insien van die wanbalansstaat... Dit (die wanbalansstaat) is as versigtige en winsgewende metode gesien om binne regulasies te bly.
“Op versoek van die Goewerneur van die Sentrale Bank van die Groep van Tien Lande is ʼn studiegroep vroeg in 1985 gestig om nuwighede wat die bestuur van internasionale bankregering affekteer, te ondersoek...
“Bankiers hou van die wanbalansstate vanweë beperkings op gewone balansstate... Die banke het ook na maniere gesoek om die rentekoersrisiko te omseil sonder om balansstate te infleer...”
Onder die opskrif, Hoe word die geld gemaak? (p.52), verduidelik die skrywer (na aanleiding van die geskrif, Standby Letter of Credit: Does the risk outweigh the Benefits? van die Columbia Law Review, 1988, dat ʼn bank toegelaat word om tien maal ʼn bedrag teen normale sekuriteite soos eiendomme uit te leen. In die proses word ʼn sogenaamde sekondêre mark geskep. Dit is ʼn mark bestaande uit klein private beleggers, banke en trusts asook sekuriteit- en makelaarshuise.
Verdere agtergrond tot hierdie skema is die lae heersende rentekoers van tussen 3 en 4 ps. vir klein beleggers - beleggers in wie banke tog belangstel - en daarvoor is omrolprogramme geskep.
In omrolprogramme word beleggers deur middel van bystandkredietbriewe gelok. Beleggers kan dié briewe teen ʼn afslagkoers van 85 ps. van die sigwaarde bekom. Dié proses word “as baie dieselfde as oorbrugging” bestempel.
Hierdie sogenaamde omrolproses mag hom oor en oor herhaal en so word daar dan briewe oor en oor gekoop en verkoop (p.53), tot drie maal per week - met ʼn hoofvoordeel aan die aanvanklike belegger.
Dít, skryf Schickelgruber, is die rede vir die heersende vraag na obligasies. “Alle ander obligasies word op dieselfde basis ‘gerol’..,”verklaar hy.
Sy gevolgtrekking:
Sodoende word die ekonomie deur die rykes gemelk en uiteindelik is dit Jan Publiek wat al meer vir alles, van ʼn liter melk tot die finansiering van ʼn motor, moet opdok.
Twee vermeende skemas van die AB, Sunrock en Odesa, kom vervolgens in sy boek ter sprake...
P.54:”Rudi Toerien (onthou, hy was ʼn kennis van Gert van Rooyen, diepedofiel: skrywer) het persoonlik aan die skrywer (Schickelgruber) gesê dat hy Sunrock saamgestel het (op bogenoemde omrolprogram
gebaseer) en dat dit militêre projek was. Hy het ook gemeld dat hy vir MI gewerk het en Jurg Jacomed van die Switserse Intelligensiedienste hom met Sunrock gehelp het.. (Die SEIX(SIEX?)-organisasie en die SA Geheimediens word dan deur die Schickelgruber geïmpliseer: skrywer)...
Daar is ook bewyse dat Danie Cronjé (van ABSA: skrywer) en Barend du Plessis (gewese minister van finansies) persoonlik betrokke was en dat hulle Toerien by verskeie geleenthede persoonlik (oor bg.
aangeleenthede? skrywer) ontmoet het.
“Toerien was ook die persoon wat die struktuur in verband met Projek Odesa saamgestel het. Ander bronne vir Odesa was Dimtri Econ. Volgens Toerien is goud/platina in die meeste gevalle as kollateraal gebruik....
“Volgens Toerien, wat die dokumentasie van Jacomed ontvang het, het (dr. Ericson) Dominick (in wie se trust die geld beland het: skrywer) Pik Botha verteenwoordig. Sir Gustav Susse (‘n Jood? skrywer) (in Duitsland op 5 Januarie 1943 gebore) is die Europese kanselier van die Ridders van Malta en president van die Hamstead Trust, wat by Dominick oorgeneem het as bestuurder van Pik Botha se trust.
“Daar is ook bewyse dat goud in groot hoeveelhede uit die land gesmokkel word...” (Sien elders in boek.) In die illustrasies oor die verskaffing van sekuriteit (p.56) verskyn die Bank van Tokio bo aan die piramide. Ook Rothschildt en Rockelfeller se name is daar. Die sogenaamde handelaars gebruik die Kaaiman-eilande in die primêre mark. Toegang tot die sekondêre of Suid-Afrikaanse mark (illustrasie, p.57 van Dokument X), word bekom deur ʼn genommerde rekening in die Liechtenstein-Handelsbank.
Dié Suid-Afrikaanse mark rig hom dan op HOP-programme. Hier figureer onder meer Anglo, De Beers, Coca Cola, Colgate, Toyota, BMW, Shell, Murray & Roberts en BP, en as “trusts” onder meer Nedcor, Liberty Life, AECI en Standard-Bank.
Schickelgruber maak daarop aanspraak dat die skema 75 ps. akkuraat kan wees (hy bedoel waarskynlik sy voorstelling van die skema). Hy voeg ‘n soort verontskuldiging by - sou dit nie die waarheid wees nie? - deur te verklaar (p.59): “Die skrywer wil dit ook duidelik stel dat genoemde maatskappye in die Suid-Afrikaanse mark in hierdie illustrasie nie direk betrokke is nie. Dit is individue in die maatskappy”.
Hy voer verder aan:
* Die AB is in staat om die aandelemark te manipuleer. “Met die val van die rand in 1997 het die Minister van Finansies Trevor Manuel, gesê hy kan nie verstaan wat met die rand gebeur nie. Agttien maande voor die val van die rand in 2001 is die skrywer deur ʼn voormalige Oos-Duitse spioen (van dié te wagte val? skrywer) ingelig. Die skrywer het dit aan verskeie kontakte vermeld - wat uiters verbaas was. Die rede was dat dit die derde maal was dat dié voormalige Oos-Duitser die val van die rand tot op die presiese bedrag voorspel het.”
* Sommige van die Swart bemagtigingsgroepe kry hul aanvangskapitaal van die AB. Dikwels weet die Swartes nie waar die geld vandaan kom nie. As voorbeeld noem hy Nazala-beleggings.
* Geld wat aan Swart bemagtigingsgroepe gegee word word op groot skaal verduister. Tony Davenport is na sulke bewerings (Start Up Fund) Brittanje toe. Malcolm Christie, gewese direkeur van Future Bank, word in verband met die verdwyning van R14,5 miljoen genoem.
*Stals, Magnus Malan, Barend du Plessis en Danie Cronjé is na bewering direk betrokke by die AB se sogenaamde hoë-opbrengsprogramme.
P.63: “Intelligensie-operateurs het aan die skrywer gesê dat bevestiging bestaan dat enorme hoeveelhede geld die land voortdurend verlaat. Een persoon wat geïdentifiseer is, is Kosef van Ivestec saam met sy regslui. Die uitvloei van geld is by NIA met die Afrikanerbond verbind. In ʼn operasie het Kosef R14 miljoen die land uitgeneem - saam met Manny Juden van die DAI-groep”.
Slaag dié beweerde AB-plan daarin om gewone Piet Boer te beskerm?
Daar is verwikkelinge in georganiseerde Afrikaner-sakekringe wat die beweerde doelwit van die beweerde AB-plan loënstraf.
Eerstens kan na wat die erfgenaam van die Rupert-sigaretryk Remgro, Johan Rupert, in ‘n voorsittersverslag (gerapporteer op 31 Augustus 2003 in Rapport) verklaar het, verwys word: “As Afrikaner wil ek net by tye weet dat ons welkom is in hierdie land. Want as jy lees wat kabinetsministers sê as hulle in Zimbabwe kom en die lof van die Regering vir die buurstate soos dié van mnr. Mugabe, dan begin mens dink en jy begin soms wonder of jy nie idealisties is nie”.
Daar is die verskyning van volksvreemdes, Swart en Blank, Jood en Mohamedaan, in voorheen Afrikaner-organisasies soos Santam, Sanlam en Absa (wat Volkskas ingesluk het). Daar is die voortslepende ongedurigheid en maneuvers van Sanlam om op sy beurt weer Absa in te sluk.
Daar is die vernietiging van die identiteit van Afrikanerbanke en finansiële instellings deur hul kliëntebasis te verander. Daar is die keldering van Afrikaner finansiële instellings soos Saambou (te midde van gissing dat sekeres in die bank gegryp en gehardloop het).
Daar is die vreemde gedrag van staatsinstellings, veronderstel om sulke banke en finansiële instellings van hulp te wees.
Die Registrateur van Banke tydens die Saambou-krisis mnr. Christo Wiese, het die Reserwebank ronduit daarvan beskuldig dat hy Saambou kon red. Hy het bygevoeg dat die Saamboukrisis Tesourie se skuld is (Rapport, 20 Julie 2003).
Volgens hom sou Tesourie sonder oorleg opgetree het in die bankkrisis van 2002.
Kenmerkend van Saambou se ondergang was die vreespsigose wat deur middel van die nuusmedia aangeblaas is.
Wiese kla daar “was nie indringende samesprekings oor sekere aangeleenthede nie”. Tesourie se besluit dat Saambou in kuratorskap geplaas moes word, ondanks reddingstoue wat gereed gekry is deur die Reserwebank en finansiële instellings, is volgens hom een so ‘n aangeleentheid. Dit het tot wantroue gelei en die deposante het massiewe bedrae geld uit Saambou onttrek.
As ʼn mens Noseweek (Maart 2005) lees sou jy Wiese van krasse onderbeklemtoning kan verdink. “Regeringspoke beweer amptelike samespanning en toesmeerderye,” skryf dié geelperstydskrif onder die opskrif Saambou leaks continue en suggereer dan ʼn stinkende blik wurms waarin die Joodse kommunis en adjunk-goewerneur van die Reserwebank Gill Marcus glo geen kleine klank sou afgee nie. Dié berig volg na ‘n soortgelyke berig in Noseweek waarin met groot stelligheid verklaar is die Reserwebank en Tesourie “trek ‘n doek van geheimsinnigheid oor ʼn spesiale verslag van die ouditeure KPMG wat die ineenstorting en gevolglike kuratorskap van die bank behandel”.
KPGM is glo vasbeslote om die alarmmaker oor die verslag vas te trek.
Die KPMG-verslag van 520 bladsye bevat glo getuienis van massale verkeerde optrede deur uitvoerende amptenare van die bank.
Die tydskrif sou ook nou oor ‘n geheime intelligensieverslag, wat vroeg in 2003 saamgestel is, beskik. Dié verslag vertel van ‘n verstommende toesmeerdery “geïnisieer deur Investec en sy ouditeure, KPMG, “geteken en verseël deur die toenmalige adjunk-goewerneur van die Reserwebank Gill Marcus”.
Marcus het die bank net ʼn jaar later verlaat, met as rede vir haar haastige vertrek haar “kontrak” is nie hernu nie.
“Partye tot die geheime reëling het ingesluit Investec - voorgehou in die intelligensieverslag dat hy ʼn paar moontlik bevraagtekenbare skuiwe gemaak het om sy R2 miljard blootstelling aan Saambou te bedek; FirstRand Bank (wat ʼn profyt van ʼn miljard of twee sou gemaak het); die Nasionale Tesourie (wat sy verliese en onbekwaamheid van die publiek moes hou); én, KPMG, wat albei Investec se mede-ouditeure was en, effektief - en gemaklik, vir Investec, doen die intelligensieverslag aan die hand - Saambou se kurators.
“Nog ʼn groot bevoordeelde van die toesmeerdery is PricewaterhouseCoopers (PWC): volgens die intelligensiedokument laat die KPMG-verslag ‘blyk daar moontlik beduidende herwinning van verliese gely (deur die Reserwebank as onderskrywer van die transaksie) van die aangestelde ouditeure, PrivewaterhouseCoopers’.
Die intelligensieverslag voorspel profeties:’ Die moontlikheid dat dié dokument (van KPMG) nooit volledig voorgelê, uitgevoer of verklaar sal word deur die Reserwebank, Tesourie of die Kurator nie.”
Noseweek skryf dat PricewaterhouseCoopers nog glad nie tot orde groep is weens sy ondertekening van Saambou se bedrieglike jaarstate nie Die intelligensie-ontleding maak in sy opsomming gewag van ʼn beweerde samespanning tussen die Reserwebank, Tesourie en kurator John Louw in FirstRand Bank “se komplekse transaksies”. Dié kompleksie transaksies sou effek gekry het deur die regstreekse deelname, intieme kennis en regstreekse mandate van die betrokkenes.
Die Skerpioene-ondersoekeenheid het glo al twee ondersoeke gedoen na die uitbring van die KPMG-verslag, voorspelbaar sonder enige beduidende resultate.
Die mense wat met binne-inigting oor die debakel sit is die Direkteur-generaal van Finansies Lesetja Kgamyago, ‘n Reserwebank-span onder aanvoering van die “spokesperson for the South African Communist Party Gill Marcus, en die hoofbestuur van FirstRand Bank onder aanvoering van Paul Harris.
Die netto-resultaat was dat ʼn Afrikanerbank vir ʼn skrale sent - en die Joods-beheerde nuusmedia het groot gewag daarvan gemaak - aan Eerste Nasionale Bank verkoop is. Eerste Nasionale Bank het onder leiding van Chris Ball in die 1980's met bravade aangekondig dat hy die ANC se bankier is. Maar diegene wat vir die wel en wee van Saambou verantwoordelik was, was so afgestomp en blasé oor dié bitter pil wat die Afrikaner moet sluk, hulle kon nie kik of kwaak nie.
In die naweë van die Saambou-krisis het Die Geldmag groot ge-oes.
Altesaam 20 kleiner banke het hul lisensies gekanselleer. Vier groot banke sit nou met die meeste geld wat aan dié kleiner banke onttrek is.
