Media

OUD-POLISIEKAPTEIN DEON LOOTS HET HOË OUD-NP-POLITICI EN OUD-VEILIGHEIDSMAG-OFFISIERE AAN DIE SKARREL.

altToe ek dit in verslae rapporteer, is ek ingeroep deur Roos, wat my opdrag gegee het om dadelik die ondersoek van “VAG” te staak

Die verwagtinge is dat die bewerings in Loots se verklaring van beslissende betekenis in die sogenaamde Boeremag-verhoor sal wees. Loots se verklaring, waarvolgens die Boeremag-aangeklaagdes die slagoffers van polisielokvinke was en dat suggesties dat die optrede van hierdie lokvinke deurslaggewend sou wees in die besluite van die aangeklaagdes om tot beweerde onwettighede soos sabotasie oor te gaan, sal na verwagting die grootste toets nog wees sedert 'n nuwe politieke bedeling vir die land in 1994 aangebreek het. Ook luide stemme dat die ANC-regime 'n handperd van die land se regstelsel gemaak het en die land van 'n sogenaamde regstaat in 'n ANC-magstaat in diens van sy Nasionale Demokratiese Rewolusie verander het, sal harder gehoor word.

Wat Loots se bewerings oor die sogenaamde Verligte Aksiegroep (VAG) betref wat 'n inisiërende rol in die polisie se lokvinkbedrywighede sou gespeel het: dit is hoog tyd dat daar deeglik na hierdie groep se doen en late gekyk word. Dit lyk al meer of die VAG deur internasionale elite-instellings, bekend vir hul manipulasie van rewolusies en regerinsgveranderings in die wêreld, as 'n baie gewillige handperd ingespan word. Ook die verwysing na ene Niemoller is van belang. Daar is destyds, onder aanvoering van mnr. Jaap Marais, duidelike vermanings laat hoor dat daar 'n yslike slang in die gras is so ver dit die beweerde berywighede van hierdie persoon betref.

Loots verklaar:

25.Ek het saam met Superintendent Alfons Theron navrae begin doen, en alles het meer en meer daarop gedui dat die aktiwiteite van Niemöller-hulle georkestreer is deur ‘n groep met die skuilnaam, Verligte Aksie Groep (“VAG”).

26. “VAG” was oud-Weermag- en Polisie-generaals en sekere gewese kabinetsministers wat die bogemelde gebeurlikheidsplan opgestel het. Toe ek dit in verslae rapporteer, is ek ingeroep deur Roos, wat my opdrag gegee het om dadelik die ondersoek van “VAG” te staak, en net op my beriggewer se doen en late te fokus en hom te lei.

27. Sedert 1999 het die inligting al hoe intenser begin raak. Die Hoofkantoor (Mdi, SAPD) het hierop begin werkswinkels reël, waar al die landswye lede wat op regses gewerk het, byeen gekom het om die nuwe regse aksie te bespreek en te beplan hoe dit gedryf en bestuur sou word. Ek moet meld dat alle groot regse aktiwiteite deur die owerhede, hetsy Veiligheid (SAPD), Nasionale Intelligensie Agentskap (“NIA”)...” Tot sover oud-kaptein Loots.

 

Die sogenaamde VAG is redelik bekend by die behoudende Afrikaner en is veral sedert die vroeë 1980's aktief. Ook adv. Piet Pretorius maak in sy boek, Volksverraad, gewag van die VAG. Ook Gunther Schikelgruber (die skuilnaam van 'n beweerde oud-veiligheidspolisieman) maak in ongunstige verband van die VAG melding in sy boek Dokument X. Die VAG vind moontlik aansluiting by 'n uitgelese groep Afrikaner-Broederbonders, wat volgens Schilkelgruber deur middel van allerhande onortodokse houvasse op ANC-leiers het. Hierdie groep probeer dan saam met groepe wat Schickelgruber bestempel as die Wyse Manne (senior Swart leiers) en Moslem Ekstremiste, die ANC-regime se beleidsrigtings voorskryf.

 

In adv. Pretorius se boek skryf hy onder die opskrif, DIE GELDMAG WORD INGETREK BY DIE LAND SE EKONOMIESE ONTWIKKELINGSPLAN:

Uit die aard van die strategie wat deur (genl. Tienie) Groenewald geformuleer was en deur die Departement van Buitelandse Sake en Inligting aan die publiek vrygestel is, was dit wesenlik om die plaaslike Geldmag in te trek by die land se ekonomiese ontwikkelingsplan. Pik Botha het ook hier 'n belangrike rol gespeel.

Daar was ook inderdaad skakeling tussen die Verligte Aksie-beweging en die Geldmag se SA Stigting. P. W. Botha het hierna saam met Pik Botha se pluralistiese idees beweeg toe hy op 22 November 1979 die hele kabinet na die Carltonhotel in Johannesburg geneem het vir sy beraadslaging met verteenwoordigers van die Geldmag oor die totstandkoming van 'n sogenaamde Konstellasie van Suider-Afrikaanse State. Ná Oppenheimer se samekoms op 22 November 1979 met P.W. Botha

het hy verklaar: "Die Nasionale Party, soos ek hom geken het, is besig om te verkrummel. Die Regering is op 'n koers geplaas waarop daar geen terugkeer meer sal wees nie. " Die Carltonberaad is ook later met die Goeie Hoopberaad opgevolg met die oog daarop om die Geldmag in te trek by die uitvoering van die regering se ekonomiese ontwikkelingsplan. Dit was Pik Botha wat gesorg het dat die Regering voortaan op 'n gereelde basis met die Geldmag sou skakel. Die Regering van P. W. Botha het sedertdien voortgegaan om op 'n gereelde grondslag met die Geldmag in die geheim kontak te maak. Derhalwe was die Geldmag een van die bronne van die Nasionale Party se beleid.

 

The Sunday Tribune van 22 Oktober 1983 het 'n berig oor geheime samekomste van die Regering en die Geldmag gehad onder die opskrif The Secret Business: " 'n Geheime twaalfjaar-oue bondgenootskap tussen groot sakeleiers en die Regering is dié week onthul. Die magtigste manne in die Regering en die handel werk tot hulle wedersydse voordeel saam in 'n bondgenootskap wat massiewe sake-en nywerheidsteun vir die Eerste Minister se konstitusionele voorstelle verseker het. " Die berig beskryf hoe daar in die geheim te werk gegaan word. Daar is onder die sakelui 'n corporate forum " wat gereeld byeenkom. Net hoofuitvoerende beamptes woon dit by en alle deelnemers stem in tot 'geheimhouding. "Die vergaderings ", lui die berig dan, "word bygewoon deur die Eerste Minister en drie of vier van sy senior ministers. " Daar word dan van albei kante standpunte gestel, maar   baie betekenisvol en belangrik    "die 'corporate forum' is gestig as 'n grootse poging van die groot sake-ondernemings om die Regering tot hulle voordeel te beïnvloed", lui die berig. Die berig meld dat P.W. Botha dit beskou het met die oog daarop om 'n magsbasis in die Engelstalige sakelewe te skep. Middagetes word gehou saam met die hele kabinet, sodat private gesprekke oor die etenstafel voortgesit kan word "tot albei kante se voordeel".

 

Adv. Pretorius gaan voort: Min was oor Niel Barnard, PW Botha se nuwe hoofspioen van destyds, bekend behalwe dat hy 'n briljante akademiese rekord gehad het en reeds op jeugdige ouderdom hoogleraar en later hoof van die departement van Staatsleer aan die Vrystaatse Universiteit geword het. Na wat berig word, het Niel Barnard saam met Mike Louw gedurende Mei 1976 lid van die Verligte Aksie-beweging geword. Dit was 'n formidabele taak wat aan hom opgedra is. Sonder

enige agtergrond van Inligtingswerk moes hy die leisels oorneem van 'n organisasie waarvan die omstrede genl. van den Bergh die hoof was.

 

PIK BOTHA MISBRUIK SY POSISIE BY DIE STAATS-VEILIGHEIDSRAAD OM SUID-AFRIKA TE BETREK BY ONDERHANDELINGSPOLITIEK OOR DIE ANGOLESE EN SUIDWES-KWESSIES

Pik Botha misbruik gedurende 1988 in die Staatsveiligheidsraad die Angolese Burgeroorlog om die Regering se detente-beleid voort te sit en die sogenaamde Suidwes-Afrika kwessie af te handel. Tienie Groenewald was die groot dryfveer agter die skerms. Dit was duidelik sigbaar dat die Verligte Aksie-beweging 'n agenda gevolg het om die oorsake/redes agterliggend tot die Totale Strategie te neutraliseer. Hulle het gevolglik hulle oog op 'n klimaat vir onderhandelingspolitiek gehad wat eers in Suidelike Afrika-verband moes realiseer wat uiteindelik sou lei tot onderhandelingspolitiek in Suid-Afrika. Gesprekke met die ANC was toe reeds aan die gang om onderhandelingspolitiek in Suid-Afrika in te lei. Dit sou fataal wees om onderhandelingspolitiek in Suid-Afrika te implimenteer, terwyl die Suidwes- en die Angola-kwessies nie besweer is nie. In 'n onderhandelingsproses sou die twee kwessies vir die ANC sterk hefbome gegee het, indien dit nie besweer sou gewees het nie. Jonas Savimbi van Unita het op die stadium meer gereeld in Suid-Afrika besoek kom aflê, die Suid-Afrikaanse Weermag het ook 'n pro-Savimbi/Unita-agenda gevolg ooreenkomstig die Totale Strategie.

Ondervinding het reeds uitgewys dat die Republiek se Angola Strategie fataal is, naamlik om toe te sien dat Unita die regering van Angola moes oorneem. Unita het nie oor die vermoë beskik om die Angolese hoofstad, Luanda oor te neem nie. Dit het Pik Botha van die Departement van Buitelandse Sake en dr. Niel Barnard van die Nasionale Intelligensiediens geweet. Die Suid-Afrikaanse Weermag het met die goedkeuring van die Staatsveiligheidsraad vir oulaas 'n intensiewe poging geloods om te kyk of hulle met geweld die Angola-kwessie kon bylê. Die Weermag het met Krygkor se mees moderne wapentuie in Angola ingetrek en die staat se burgeroorlog is as toetsveld gebruik. Die prestasie van die wapentuie tydens die gebruik daarvan in die vermelde oorlog is as bemarkingsmateriaal aangewend in die buiteland. Dit het geskied met Groenewald en Pik Botha se medewete en die besef dat indien dit sou realiseer, sal: die Sowjetblok terugantwoord met moderne wapentuie; die Kubaanse getalle verhoog word, en dit die nodige klimaat skep vir onderhandeling, wat sou lei tot die oorgawe van Suidwes-Afrika en sal eindig met die totale oorgawe van Suid-Afrika.

 

Die Suid-Afrikaanse Weermag het met die G5-kanonne in Angola ingetrek. Die Weermag behaal aanvanklik heelwat sukses. Die nuus word die wêreld ingestuur oor die ongelooflike vermoë van die G5-kannonne. Die uiteinde is dat Kuba spoedig versterkings na Angola stuur. Kuba verhoog sy bestaande soldategetal van 30 000 na 50 000. Daarby het die Kubane ook met hulle mees moderne wapentuie in Angola aangekom. Dit word toe 'n gesofistikeerde oorlog en het meegebring dat die militêre koste van die SA Weermag se oorgrensoptrede die uitvoerverdienste van Krygkor se wapentuie oorskry het. Die militêre koste van die SA Weermag het vanaf Rl miljoen per dag tot die buitensporige vlak van R10 miljoen per dag toeneem.

 

Dit baan finaal die weg vir die Republiek om te onderhandel met SWAPO, die MPLA-regering van Angola, Kuba en die Sowjet­ Unie oor die onafhanklikheid van Suidwes-Afrika en die buitelandse invloed in die Angolese burgeroorlog. Aan die Suid-Afrikaanse kant was Pik Botha ook een van die voorste orkestreerders in hierdie proses wat Suidwes -Afrika tot 'n onafhanklike Namibië sou lei.

In Mei 1988 het die Amerikaanse adjunk-minister vir Afrika-sake, Chester Crocker daarin geslaag om verteenwoordigers van Suid-Afrika, Angola en Kuba in Londen, Brittanje saam te trek om die Suidwes- en Angolese kwessie te bespreek. Crocker het druk op die partye geplaas om in beginsel tot 'n vergelyk te kom oor die onafhanklikheid van Suidwes-Afrika en die onttrekking van die Kubane uit Angola. Twee ooreenkomste is in Desember1988 gesluit:

"One, a bilateral treaty between Angola and Cuba, agreed that the 50 000 Cubansoldiers would be withdrawn from Angola in phases: 300 beforeApri11989 (the implementation date of Resolution 435); 25 000 before November 1989 (election day in South West Africa); and 50 000 beforeJuly 1991. It was also agreed that the Cubans in Angola would be moved northwards: to the 15th parallel of south latitude by August 1989, and the 13th parallel by November 1989. The other treaty was

trilateral, between South Africa, Angola and Cuba, in which the parties undertook to bring about South West African to independence by implementing Resolution 435 on 1 April 1989. " Op hierdie webwerf is by meer as een geleentheid gerapporteer oor die betrokkenheid van 'n uitgelese groep Afrikaners, wat by gebrek aan 'n beter beskrywing die “Potchefstroom-groep” genoem is.

 

Die vermoede is dat hierdie groep maar net 'n voortsetting, of dan 'n “sytak” is van die VAG. Die AVP hoop om in die nabye toekoms aan die hand van nuusberigte tydens die storm-en-drang-tyd van die 1990's die kollig te laat val op die bedrywighede van mense hoog op in die ou politieke bedeling, bedrywighede en gedrag wat daarop kan dui dat hulle tot die VAG-groep behoort wat die beginselgrondslag van die Afrikanervolk op bedenklike wyse in n ander rigting gekanaliseer het ten koste van ongelooflike lewensverlies! Die hele treurmare is dat groepe soos hierdie klaarblyklik nie oor die eintlike padkaart en bestemming van die internasionale elite beskik wanneer projekte soos die Boeremag-saak van stapel laat loop word nie, hulle speel maar net in 'n afgryslike komedie mee waarin niksvermoedende Afrikaners se lewens verongeluk word. Die kollig sal ook in die verkenning val op stellings en aannames van kapt. Loots.