Media

ZILLE: 'DA SAL NIE APARTHEID TERUGBRING'

alt'n DA wat aan bewind kom, sal Suid Afrika nie 'n snars baat anders as ʼn pigmentverkleuring nie.

2013-01-26 15:00

Johannesburg – Mense moenie bang wees dat die Demokratiese Alliansie apartheid sal terugbring as die party aan bewind sou kom nie, het Helen Zille, die party se leier, Saterdag gesê.

“Ons sal nooit apartheid terugbring nie. Inteendeel, mense wat dink die lewe was beter onder apartheid behoort nie in die DA nie. Ons sal nooit jul toelaes en huise wegneem nie,” het sy gesê.

“Ons sal net werk om geleenthede uit te brei, die ekonomie te laat groei om werke vir meer mense te skep, skole reg te maak... beter basiese dienste lewer en die korrupsie stopsit wat geld direk uit die sakke van die armste mense steel.”

So lui die berig wat in Media24 verskyn het. Wat Zille egter in gebreke bly om te sê, is dat dit die DA en al sy voorgangers was wat hulle beywer het vir die dekadente gemors waarin Suid Afrika hom vandag bevind. Om bloot te sê “Ons sal nooit apartheid terug bring nie” , verswyg wat daardeur impliseer word, nl. Dat dit ook beteken dat “ons” (van die DA) ook nooit weer moraliteit, wet en orde, dissipline of elk van die ander ellendes wat Suid Afrika getref het sedert daar begin is met die gelykstellingsbeleid, sal kan terugbring onder die integrasiebenadering waarmee sy dink Suid Afrika regeer kan word nie.

Integrasie, oftewel die politieke gelykstelling van rasse beteken onafwendbaar meerderheidsregering. Daarvan is nie te ontkom nie en meer so met die gebrek aan grensbeheer en gebrek aan ‘n behoorlike immigrasie beleid wat deur die swartes gebruik word om hulle getalle te sterk, wat op sy beurt weer die misdaadsindikate versterk.

Die opmerking dat mense wat dink die lewe was beter onder apartheid nie in die DA behoort nie, se omtrent alles van Hellen Zille se politieke insig, haar bereidheid tot ontkenning ter wille van stemme en haar algemene beskouing van beskaafde norme.

Hoewel selfs net haar versugting van n DA wat aan bewind kom lagwekkend naïef is, sal Suid Afrika nie n snars baat anders as ʼn pigmentverkleuring nie.