Handelinge waarvoor de Klerk deur Afrikaners onthou sal word:
Optredes sonder mandaat.
Dat hy in 1990 die destydse Suidwes-Afrika, wat deel van Suid-Afrika was, weggegee het sonder ’n mandaat van die kiesers. Dit terwyl duisende Suid-Afrikaners met hulle lewens moes betaal in grensoorloë.
Dat hy sy belofte oor ’n tweede referendum nie nagekom het nie en ’n oorgawe aan die ANC beklink het sonder 'n mandaat van die kiesers. Want op 17 Maart 1992 is ’n referendum onder die kieserspubliek gehou oor die vraag of die regering moes voortgaan met onderhandelinge met die ANC al dan nie. Volgens De Klerk sou daar na afloop van die onderhandelinge ’n tweede referendum wees om die toekomstige staatsbestel goed/af te keur.
Dat hy Walvisbaai, wat deel was van Suid-Afrika, op 1 Maart 1994 aan Namibië afgestaan het sonder ’n mandaat van die kiesers.
Dat hy binne 5 jaar, na sy verkiesing as Staatspresident, die Afrikanervolk verraai het politieke en militêre beheer aan die ANC af te gee en daarna gee pad het.
Dat sy 'onderhandelinge' met die ANC niks anders as 'n 'oorgawe' (abdikasie) was nie.
Dat hy die Nasionale Party na sy ondergang gelei het, tot so ʼn mate dat die kiesers direk na die verkiesing van 1994 die party verwerp.
Dat hy die oorsaak daarvan is dat meer as ’n miljoen blankes die land permanent verlaat het en dat hy verantwoordelik is vir die politieke chaos en die hoë vlakke van kriminaliteit in die land.
Dat die rede vir die agteruitgang van Suid Afrika en die Afrikanervolk wat hom met hulle lewe vertrou het deur sy misleiding en openlike verraad veroorsaak is, en dit ter wille van internasionale eer.
Dat hy sy eertydse eerbare en voorbeeldige eggenote, Maryke, geb. Willemse na 38 jaar weggesmyt het vir sy wellustige affiniteit vir die Griekse magnaat , Georgiades se vrou Elita.
Dat slegs drie jaar later, op 4 Desember 2001 die moord op Marike de Klerk deur die sekuriteitswag Luyanda Mboniswa op 2 Desember 2001, aangekondig word met kontroversie rondom haar outobiografie wat sou verskyn..
Egskeiding en latere lewe [wysig]
De Klerk sal onthou word as die swakste Afrikanerleier wat in die ganse geskiedenis van die Afrikanervolk voorgekom het, met die onderskeiding dat hy in staat was om ʼn hele Afrikanerregering met hom saam te sleep.
Hy is daarom na die verkiesing van 1994 deur die kern van die Afrikanerdom verwerp en uit die politieke toneel verstoot.
