Media

AFSKEIDING IN DIE KAAP?

altDit is interessant dat daar nou oral bespiegelings uitslaan oor moontlike afskeiding van veral die Kaapprovinsie onder Zille. Ons plaas van die uitlatings sodat u op hoogte kan bly van hoe die politieke manipuleerders se koppe werk om beheer te probeer behou. Moontlikhede en die gevolge daarvan wat aanvanklik as vergesog beskou is. Net om egter weer die bespiegelaars wat nou spoke van afskeiding waarneem, se Rip van Winkelsindroom in perspektief te plaas, vestig die AVP hulle aandag op ‘n artikel wat ons reeds in 2009 daaroor op die tafel geplaas het.

20 APRIL 2009, AVP-WEBBLAD. DIE OPSKRIF: GAAN WES-KAAP 'N MOSLEMSTAAT WORD?

Die groot vraag is of die Kemptonpark-grondwet van die land nog vyf jaar en tot ‘n volgende verkiesing gaan hou. Trouens, die vraag is of die grondwet tot die volgende munisipale verkiesing gaan hou.

Dit is juis op derde regeringsvlak dat die grondwet se grootste tekortkominge, soos om die derde wêreldse regeerders en hul amptenary van korrupsie te weerhou, waar die grootste druk op die skyn van ordelike regering verwag moet word. Dit is ook juis op derde regeringsvlak dat die bydrae van die Afrikaner en Witman van die land om Christelik-Westerse waardes en standaarde te handhaaf, reeds totaal in ‘n woeste oseaan van Afrika-onbekwaamheid verswelg word.

 

Ons glo die ontleders in diens van die magte agter die Suid-Afrikaanse troon, of dan nou hulle wat hulle verbeel hulle is die magte agter die Suid-Afrikaanse troon, is wel deeglik bewus daarvan dat dit net ‘n kwessie van tyd is voor hul Kemptonpark-kaartehuis heeltemal voor ‘n afrikanistiese aanslag, met die Zoeloe Jacob Zuma aan die spits, in duie gaan stort. Ons neem dit waar uit die benoude verklaring van een van die hoofargitekte van die Kemptonpark-grondwet, F.W. de Klerk, dat die grondwet en sy sogenaamde waardes (een daarvan die sogenaamde oppergesag van die reg) tog asseblief in stand gehou moet word.

De Klerk het dit ook nodig gevind om in hierdie verklaring te verwys na die ANC se sogenaamde Nasionale Demokratiese Rewolusie. Dié rewolusie is verlede jaar deur ʼn spannetjie navorsers onder aanvoering van die Broederbond ontdek, so al asof die kommuniste hul rewolusie sedert die ANC die land oorgeneem verslap het.

Ons meen om die volgende waar te neem, alles deel van die gebeurlikheidsbeplanning van dié koelbloedige magte agter die huidige politieke bestel:

Daar is ‘n byna dolle koorsagtigheid wat betref die sogenaamde Wes-Kaapse provinsie, reeds al van twee jaar gelede en selfs verder die verlede in toe allerhande “navorsing” gedoen is met die oog daarop om allerhande “verklarings” en “verslae” bekend te stel in die kritieke maande voor die verkiesing.

In dié verslae is die demografie van die provinsie tot op ʼn haar bereken, hoeveel Swartes, Kleurlinge, Blankes, Afrikaners. Een van die vreemde “bevindings” in dié “verslae” was die sogenaamde onwilligheid van sake-ondernemings op die Kaapse Skiereiland om jong en opkomende Swart beroepslui in diens te neem.

Daar was die intensiewe Helen Zille-beeldbouery. Sy was ʼn pennetjie wat tot op die naaste aks rond gemaak moes word vir ʼn ronde gaatjie. Ons het gemerk hoe sy “nasionale statuur” kry, hierdie UDF-aktivis, lid van die Joodsgedrewe Black Sash en uit ʼn Joodse voorgeslag – dié kampanje ook en veral in Die Burger en Rapport gevoer.

Daar was die patologiese fiksasie van rubriekskrywers en ontleders in hierdie koerante oor die kanse van die verskillende partye in dié ANC-provinsie, met die kollig maar gedurig en “positief” op Zille en haar party se doen en late.

In die lig hiervan, dis nou die in duie stort van die bestel in die land in sy geheel, die feit dat die ANC ‘n nuwe leierskap-elite gekry het met Jacob Zuma en sy bende, en die naarstigtelike inruim van ‘n spesifieke politieke verhoog vir die Wes-Kaap, moet die volgende vraag noodwendig gestel word:

Is daar magte, instellings en organisasies besig om die sogenaamde Wes-Kaap vir ‘n UDI voor te berei? Speel hierdie magte, instellings en organisasies met die gedagte van ‘n eensydige onafhanklikheidsverklaring vir die Wes-Kaap met Zille of wie ook al die eerste minister?

Kom ons gee dit dadelik toe: ʼn “UDI” is maar ʼn growwe omlyning wat ons vir die saak probeer gee in hierdie niks meer as verkennende artikel nie. So ʼn moontlike roete kan ook anders verloop; een of ander variasie van partisie of sesessie.

Om meer agtergrond tot dié scenario te verstrek: Nog ʼn UDF-aktivis, een wat aanklank vind by die Kleurling-massas van die Kaapse Skiereiland, kan hand bysit in so ‘n aanslag, al is dit net om alliansievorming met die DA glad te laat verloop: Allan Boesak, Cope se leier in die Wes-Kaap. Hoe Patricia de Lille en die Onafhanklike Demokrate by so ‘n scenario kan inval? Ons sal nooit weet nie.

Kleurling-politiek is trekvoël-politiek.

DIE NASIONALE KOERANTE/GELDMAG/BROEDERBOND/ NG KERK-ALLIANSIE In Sondag (19 April 09) se Rapport is die Anglikaanse kerklike Desmond Tutu se beeld weer so deeglik blink gevryf, mens dag wat het sondige aardse wesens soos PW Botha en FW de Klerk dan hier op aarde kom maak.

Dis net “Arch” hier en ander bowe-aardse benamings daar, Nasionale Koerante sal ver moet soek om die hiperboliese meesterskap van die rubriekskryfster Martie Retief te troef.

Tutu van die Klub van Rome...

Die Klub van Rome van Geldmag Eiendoms Beperk-faam. Die Geldmag wat glo Zuma bedreig hul skatte en belange, nie net in die land nie maar in die hele sogenaamde Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgebied.

Die Klub van Rome met dalk groter sê in die gang van sake in Suid-Afrika as wat gesond is vir Jacob Zuma, want FW de Klerk is ook mos lid van dié skaduagtige lot.

Nou het die onlangse geskiedenis ons geleer jy kan die woord Tutu kwalik gebruik of jy sê daarmee saam NG Kerk en Broederbond. (Vir meer daaroor, sien die Broederbond se internet-webwerf en Tutu se preek in die NG kerk, Skuilkrans.) Dit was uiteraard Nasionale Koerante wat gesorg het dat Tutu se NG Kerk-verskyning wêreldkundig gemaak word. Ook Boesak se ontplooiing in Cope is in hierdie verband van belang.

Boesak is mos van die NG Kerk? Dan nie? Daardie NG Kerk wie se gemeentes op die Kaapse Skiereiland in seker die seldsaamste rasse-verbroederingsveldtog wat die land nog gesien het saamgesmelt word. Hier word geesdriftig “nasie gebou”, ʼn “Wes-Kaapse nasie”.

VOSLOO

ʼn Spesiale woord in hierdie verband oor die groot kokkedoor van Nasionale Koerante, Ton Vosloo, is nodig. Vosloo is ʼn rasegte South-African, as so iets moontlik sou wees. Hy is ‘n SAP. Ja, glo ons gerus. Hy het so hier en daar iets te sê oor “Afrikaanses”, maar dit beteken niks, jy sal in elk geval nie die Swart personeel van die South African Airways daarmee kan oortuig om jou nie van hulle Engelse vliegtuig af te sit as jy op Afrikaanse bediening aandring nie.

Vosloo het vroeër jare ‘n suigstokkie vir die naïewe Kaapse eienaars van Nasionale Koerante uitgehou om hulle te oortuig hy weet waar die land Kanaän is: ‘n sogenaamde raslose en godsdiens-neutrale Wes-Kaapse taalstaat.

Figureer hierdie hersenskim nie dalk in so ʼn moontlike scenario nie?

DIE MOSLEMS EN PAGAD

Die Moslems van die Kaapse Skiereiland het pak gekry toe Zuma met sy oorname van Mbeki-getroues ontslae geraak het. Skynbaar is die gewese Wes-Kaapse premier Ebrahim Rasool, een van dié wat ‘n plotselinge totsiens gekry het, steeds ʼn ANC-ondersteuner. Rasool het egter soos Boesak en Zille hul politieke spore verdien as UDF-aktiviste. ʼn Ontleder wat dít uit die oog verloor is onomsigtig.

Die Moslems vorm ʼn sterk politieke drukgroep en wel omdat hulle nie skroom om ‘n radikale element in die Skiereilandse politiek in te dra nie. So ‘n tien jaar gelede het die drukgroep Pagad, Kaapstad en sy voorstede in anargie gedompel. Ons praat hier van goed soos bomme plant in die Waterkant-eetplek Planet Hollywood in Kaapstad.

Landdroste en polisiemanne, veral Blankes, is in dié veldtog om die lewe gebring.

Dis geen geheim dat die Moslems droom van ʼn Moslem-staat in Wes-Kaapland nie. Hulle sal waarskynlik skik vir ʼn Moslemstaat wat die groter metropool tot anderkant Bellville insluit. Sou dié Moslems intussen met sekeres in dieselfde politieke bed geklim het? Wilde spekulasie?

MOSLEMS INTERNASIONAAL

‘n Fout wat deur ontleders begaan word is om te glo dat as daar vyandigheid tussen gewone Christen- en Moslem-bevolkings is, dié vyandigheid ook vir die Christen- en Moslem-leierskappe geld.

As ‘n vertrekpunt moet besef word dat al die grootste Westerse broederskappe en geheime organisasies hul “leerlingskap”-tye onder aanvoering van geheime Moslem- en Arabiese broederskappe deurloop het.

Dit het tydens die “Christelike” besetting van Jerusalem, wat gevolg het op die Kruistogte, gebeur. Die leerstellings van hierdie geheime en vertroulike broederskapordes van die Weste is in daardie tye gevorm. Die verbintenisse wat in daardie eeue gesmee is, is in die heel hoogste grade nooit verbreek nie.

Amerika is juis nou weer in ‘n behoorlike herrie gewikkel omdat sy “Christen”-president, Barack Ismail Obama, besluit het om die rol wat psigiaters en sielkundiges gespeel het in die ondervraging van Moslembetrokkenes by die beplanning van terreur in die Bush-bewind, te ondersoek. Obama is dan ‘n ‘Christen’, hoewel van die radikale Swart soort, maar hoe kan hy dan skielik nou so liefderyk wees met vermeende beplanners van Moslem-terreur, daardie “Ismail” in sy doopnaam, sy Moslem-skoolopleiding en die feit dat sy Keniaanse pa ‘n “Hoessein” in sy naam gehad het, was mos nooit belangrik nie.

Moslem-betrokkenheid by die nuwe wêreldorde durf nie onderskat word nie.

 

Kom ons stel die saak só: Hoeveel mense, dit is nou hooggeroemde politieke ontleders van die hoofstroomnuusmedia van die wêreld en Suid-Afrika, is daarvan bewus dat die FW de Klerk en Desmond Tutu se baas in die Klub van Rome ‘n Moslem is, of is dit beter om hom ‘n nominale Moslem te noem, soos wat Obama, vir die doeleindes van die politieke omgewing waarin hy ontplooi is, ‘n nominale Christen is.

Maak dan nou kennis met die grootbaas van die Klub van Rome: Hassan, uit die Jordaniese koningshuis, gebore in 1947 en jonger broer van wyle Hoessein, die vorige koning van Jordanië.

Hassan, ‘n mens wat weens sy opleiding aan Britse universiteite soos sy broer Hoessein (wat met ‘n Britse vrou getroud was) ‘n deeglike Britse konneksie het.

Hassan het ‘n stamboek wat dateer van die eerste kaliefs, daardie wrede en fanatieke godsdienstig-politieke leiers wat hul hordes plunderende en doodsaaiende bendes Wes-Europa ingestuur is en vir eeue die septer in die suide van Wes-Europa geswaai het.

Ons leer heelwat van hierdie Hassan uit ‘n DVD wat ‘n Amerikaanse evangelis dr. Joe van Koevering die lig laat sien het. Dat Hassan ‘n gewaardeerde medewerker van die VN se agentskappe is. Dat hy ‘n sleuterol in die intergeloofsbewegings van die wêreld speel en goed bevriend is met vooraanstaandes in die New Age-beweging.

Van Koevering is ‘n ernstige ondersoeker van die Heilige Skrif en wel van die profetiese gedeeltes, Ou en Nuwe Testament. En Van Koevering meen om in Hassan die Mens van die Sonde te herken, Hassan se spits Liewe Heksie-neus en al. En dan moet hy nou FW se baas in die Klub van Rome gaan staan en wees!

Van Koevering vertel dat Hassan besig is die Moslemwêreld deurslaggewend te herenig en dat Soenni en Sjiïet dit eens met sy leierskap is. Volgens die Amerikaanse evangelis kan daar binnekort ‘n verenigde Moslemstaat onder Hassan se heerskappy tot stand kom wat nie net die bestaande Moslemwêreld, ook Israel, insluit nie, maar ook die hele Griekeland en groot dele van die ou Macedonië.

SABOTASIE?

Daar was in die onlangse maande twee groot “brande” by drukkerrye en uitgewersgroepe in Wes-Kaapland, die eerste een enkele maande gelede ‘n duur rolpers van Nasionale Koerante (meer as R200 miljoen se skade?) wat in die slag gebly het, en die laaste dié een verlede week in die Paarl, toe ‘n drukkery heeltemal deur ‘n brand in puin gelê en werkers omgekom het. Die vraag is of die polisie in hierdie sake gemene spel, sabotasie, ondersoek. Ons is goed bewus van Nasionale Koerante se steun aan die DA en Zille. En van sy vyandskap teenoor die Zuma-regime. Wat die drukkery in die Paarl betref: Aan wie behoort die plek? Het die drukkerye enige anti-Zuma-propaganda gedruk? Ondersoek die polisie, of dalk beter nog, onafhanklike forensiese deskundiges, die twee voorvalle?

Word hier handskoene gewerp?

AMERIKAANSE BETROKKENHEID EN TWEEDE BATAAFSE TYD

Rapport het in sy jongste ikonifisering van Tutu ‘n foto geplaas van Tutu saam met Obama. Sou een of ander binnelandse mag besluit om die Kaap te ‘UDI’, sit daardie nuwe bewind met ‘n power verdedigingsmag maar wel met ‘n vloot- en ‘n lugmagbasis. Hulle sal gewis hulp van buite nodig hê.

‘n Amerikaanse oorlogskip het onlangs Tafelbaai aangedoen en so ‘n bietjie sabels gekletter.

Kry Amerika een van die dae sy 51ste staat? Die Kaap van Moslemhoop? Dalk nog met ‘n Afrikaanse koerant? Dié staat kan iets soos Monte Carlo of Liechtenstein wees.

ONTLEDINGS

Moet ons die politiek van ons land nog in Westerse terme ontleed, dit sluit sy verkiesings in?

Die eerste reaksie op so ‘n vraag is dat modelle vir ontleding waarskynlik noord van ons te vinde is; lande soos Zimbabwe en die sogenaamde Demokratiese Republiek van die Kongo.

Dit sal verkeerd wees vir hulle wat die Afrikanervolk se belange op die hart dra om die geykte modelle van die Suid-Afrikaanse nuusmedia te volg.

Daar lê harde Afrika-magspolitiek vir ons voor, met geweld onafwendbaar deel daarvan.

Zuma en sy nuwe leiers-elite is hier. Dit wat te aaklig vir die Geldmag was om te bedink, hét gebeur. Die mag het, hoewel binne een organisasie, dit is die ANC, tog en dramaties van een Afrikastam, dit is die Xhosas, na ‘n ander Afrika-stam, dit is die Zoeloes, verskuif.

‘n Dag, 27 April, is reeds opsy gesit, vir Zuma en die Zoeloes se heerskappy, die aanbreek daarvan. Op 9 Mei gaan dit skynbaar bekragtig word, met allerhande inhuldigingseremonies.

Ons ontleding oor Wes-Kaap kan dalk ‘n bietjie vergesog vir u klink.

Aan die ander kant mag u dink ons voorsien ‘n te ordelike oorgang van sake daar, ás daar so ‘n oorgang kom.

Feit is dat die skroewe en laste wat hierdie bestel aan mekaar hou onder geweldige druk verkeer, as u ons hierdie holruggeryde uitdrukking sal vergewe. Die hele spulletjie kan meegee.

 

 

Suidlanders: So ver ek (ene Coenie) kan onthou het Gustav (Muller) so paar weke gelede in ‘n artikel genoem dat die DA voor sekere (noodgedwonge) keuses staan. Een hiervan is die opsie om ‘n referendum in die Wes-Kaap uit te roep vir die ja-stem om van die nasionale regering weg te stap om sodoende ‘n onafhanklike staat te word. Die blote idee dat so-iets op die tafel mag kom was ongehoord. Hierdie onderwerp word nou skielik in die media en in “ander kringe” bespreek.

“Is it time that the Cape Province rethinks its attachment to the Republic of South Africa? With the ANC failing dismally to control it’s own, and cadre deployment being the cause for the entire bankruptcy of more and more government departments, from the very top all the way down to the lowest levels.

And now the call by it’s non-government alliance partners to nationalize and scrap the provinces. Especially now with members of the ANC Alliance now calling for the total abolishment of South Africa’s provinces is it not also the best opportunity for citizens of the provinces to rethink the union of the republic and call for self governance.”

Alhoewel so ‘n stap grootliks tot langtermyn stabiliteit sou bydra, hou dit ook groot bedreiging in vir onstabiele protesaksie wat deur die ANC self asook ander revolusionêres geloods kan word. Daar sal verseker deur partye ‘n grootskaalse mobilisasie uitgevoer word om sulke planne te dwarsboom. As die ligte hieroor vir die Kaap aangaan, sterkte, julle gaan dit nodig hê.