AGRI SA SE OPLOSSING VIR DE DOORNS
Dit verstom ‘n mens dat liberale organisasies deur hulle optrede en uitsprake die indruk bly wek dat die gewone blanke landsburger se intelligensie en hulle s’n op dieselfde vlak lê, terwyl die verloop van die politiek in Suid Afrika sedert die sluipmoord op dr. Verwoerd nou al by herhaling bewys het dat hulle intelligensie met dié van die res van Afrika vergelyk kan word as dit by politieke oplossings kom.
Probeer sin maak uit Agri SA se stelling dat: Boere in die Wes-Kaap wie se werkers onwettig staak moet toegelaat word om self te besluit wat die mees geskikte optrede teen hulle sal wees, het Agri SA Vrydag gesê.
"Wetteloosheid en kriminele aktiwiteite kan nie geduld word nie en die skuldiges moet deur die gewone vervolgingsproses tot verantwoording geroep word," het Anton Rabe, hoof van Agri SA se arbeidskomitee, gesê. Werkgewers moet besluit hoe om teen stakende werkers op te tree, omdat die staking onwettig is, het Rabe gesê. Hierdie berig het in die Rapportkoerant verskyn en sê tegelyk dat die Boere moet self kan besluit en dat die skuldiges deur die gewone vervolgingsproses tot verantwoording geroep moet word.
Verder verklaar hulle dat, "Ons is toegewy aan konstruktiewe besluite wat die winsgewendheid en die volhoubaarheid van kommersiële boerdery oor die langtermyn kan verseker," en trek dan ‘n streep daardeur met “partye moet saamwerk om sakevertroue en gemoedsrus te herstel sodat die land se beeld herstel kan word”.
Dit sou werklik verwelkom kon word as hulle glad nie uitsprake maak nie aangesien hierdie soort dubbelsprakigheid dieselfde effek het as Malema wat verklaar dat as hy sê skiet die Boer, beteken dit nie skiet die Boer nie!
Boere moet self teen werkers optree – Agri SA
2012-11-16 16:44
Situasie in wyngebiede 'plofbaar'
Johannesburg – Boere in die Wes-Kaap wie se werkers onwettig staak moet toegelaat word om self te besluit wat die mees geskikte optrede teen hulle sal wees, het Agri SA Vrydag gesê.
"Wetteloosheid en kriminele aktiwiteite kan nie geduld word nie en die skuldiges moet deur die gewone vervolgingsproses tot verantwoording geroep word," het Anton Rabe, hoof van Agri SA se arbeidskomitee, gesê. Werkgewers moet besluit hoe om teen stakende werkers op te tree, omdat die staking onwettig is, het Rabe gesê.
Rabe het gesê Agri SA verwelkom besprekings wat daarop gemik is om 'n einde aan die staking te bring.
"Ons is toegewy aan konstruktiewe besluite wat die winsgewendheid en die volhoubaarheid van kommersiële boerdery oor die langtermyn kan verseker."
Rabe het verder gesê partye moet saamwerk om sakevertroue en gemoedsrus te herstel sodat die land se beeld herstel kan word. Plaaswerkers in De Doorns staak sedert verlede week en eis 'n daaglikse loon van R150 en beter werkstoestande. Dié staking het vandeesweek na ander dorpe uitgekring
