Rooi ligte flikker oor argiefversoek
deur Dr. I.L. Jansen van Vuuren van Nylstroom skryf: 2012-11-21 21:22
Historici, navorsers, studente en ander het seker met skok ’n kort artikel in die Sunday Times van 18 deser gelees.
Die Nasionle Argiefkommissie het onlangs glo ’n versoek aan die kabinet gerig om die 1998-moratorium op die vernietiging van staatsdokumente te skrap!
Lebohang Mokoena van die argiefdiens het die versekering gegee dat geen “vital information” vernietig sal word nie. By wie sal dié belangrike besluit berus?
Nee, sê hy, dit raak glo slegs dokumente “that had outgrown their administrative purposes”!
Rooi ligte flikker ten opsigte van dokumente wat verlore kan gaan rakende alle regeringsdepartemente, onder meer die weermag, Nasionale Intelligensie en die SA Geheime Diens, om net ’n paar te noem
Die AVP waarsku weer dat dit onvermydelik is dat daar verstellings aan die inhoud van die argief en nog verskeie ander instellings sal geskied as in aanmerking geneem word dat die Afrikaner se regsgeldige besit van Suid Afrika uitgewis moet word. Die vraag kom net telkens by ‘n mens op, wat het die liberaliste verwag om te kry met die swaksinnige, indien nie waansinnige politieke besluite sedert die sluipmoord op dr. Verwoerd, waartoe hulle ook ‘n menigte Afrikaners oorreed het?
Binne die kriptiese stellings van “vital information” en information “that had outgrown their administrative purposes”, kan jy met 'n wa en span osse draai!
