Media

WÊRELDVREDE IN DIE LIG VAN DIE SKRIF (Derde aflewering)

altVrede word beskryf as ‘n toestand waar daar ‘n afwesigheid van stoornis, twis en oorlog is. Dit is n toestand van kalmte en ongestoordheid. In die Bybel was dit dan ook ‘n vorm van groet. “Vrede vir julle” God praat bv. met Joshua in DEUTERONÓMIUM 20:10-15 As jy naby ’n stad kom om daarteen te veg, moet jy dit vrede aanbied. En as dit jou ’n antwoord van vrede gee en vir jou oopmaak, moet die hele volk wat daarin gevind word, aan jou dienspligtig wees en jou dien. Maar as dit geen vrede met jou sluit nie, maar oorlog teen jou wil voer, moet jy dit beleër. Jy mag hulle vrede en hulle geluk solank as jy lewe, vir ewig nie soek nie. En Josua het met hulle vrede gemaak en met hulle ’n verbond gesluit, dat hy hulle sou laat lewe; en die owerstes van die vergadering het hulle dit met ’n eed beloof.

Tot die ontnugtering van beide Gorbachev en Ronald Reagan se raadgewers, is in samesprekings op 11 Oktober 1986 in Ysland oor die kwessie van vermindering van kernmissiele in Europa, ooreengekom. Hulle het verder ook ooreengekom om alle kernwapens by 1996, in tien jaar, uitfaseer te hê in teenstelling met Gorbachev se aanvanklike teikendatum van 2000.

Met Gorbachev se aankondiging in 1988 dat die Sowjet sy troepe uit Afganistan gaan onttrek het dit nie net ‘n einde gebring aan die nagenoeg 28,000 Russe wat gesneuwel het tussen 1979 en 1989 as gevolg van die oorlog daar nie, maar het die verwagting van ‘n lang gekoesterde wêreldvrede na werklikheid begin lyk.

Dit was ook die geval met die Afrikanervolk na die sluiting van vrede met die Engelse na die Anglo Boereoorlog in 1902 , wat bekend staan as die vrede van Vereeniging. Die totstandkoming van die Unie van Suid Afrika in 1910 wat in ʼn politieke stryd gewikkel was om selfbestuur en soewereine onafhanklikheid met ʼn groot deurbraak in 1948 toe die Nasionale Party van dr. D.F. Malan die verkiesing gewen het. Daarna was dit afdraande na 1961 met Republiekwording onder dr. H.F. Verwoerd en die Afrikanervolk se “groot” vredestydperk het aangebreek en is alle wapens geleidelik laat sak. Helaas ook die geestelike en sedelike wapens!

Intussen het daar op die wêreldfront steeds veranderings ingetree wat die indruk en vooruitsig van blywende wêreldvrede gewek het . Gorbachev wyk af van Brezhnev se beleid wat bekend gestaan het as die Brezhnev doktrine en in 1988 begin hy toelaat dat die Oosblok lande hulle eie binnelandse sake beheer. Hierdie beleid van Gorbachev van nie-inmeng in die binnelandse aangeleenthede van state binne die Warsaw-verdrag, sou blyk die mees monumentale van sy hervormingsbenaderings te wees wat ook die mees ingrypende verandering van die ge-ykte Kommunistiese beleid van beheer en bestuur van verowerde lidstate was.

 

As “change Agent” het dit gelyk asof Gorbachef nie n gelyke gehad het nie. Hy verklaar bv. op 6 Julie 1989 in ‘n toespraak voor die Europese Raad in Strassburg, Frankryk dat die sosiale en politieke orde in verskeie lande het in die verlede verander en dit kan in die toekoms ook verander. Dit is egter elke volk se eie keuse. Enige ingryping in die binnelandse aangeleentheid of pogings om die soewereiniteit van ‘n ander staat aan bande te le, hetsy vriend, vyand of enigiemand anders, sal ontoelaatbaar wees.Gorbachev in one-on-one discussions with Reagan

Reeds ‘n maand voor hierdie toespraak is die Kommunistiese regering in Pole afgesit nadat n demokratiese verkiesing daar plaasgevind het. Hierdie beleidsverandering van Moskou het ‘n reeks veranderings in veral Oos Europa tot gevolg gehad waar feitlik elke staat die Kommunistiese juk afgegooi het en die koue oorlog ten einde geloop het. Hiervoor ontvang Gorbachev die Otto Hahn Vredesmedalje in Goud in 1989 en die Nobel Vredesprys op 15 October 1990.