Media

KAN N MENS WÊRELDGEBEURE BEOORDEEL SONDER DIE LIG VAN DIE SKRIF?

altWÊRELDVREDE IN DIE LIG VAN DIE SKRIF (Tweede aflewering)

Dit was in Februarie 1986 wat Gorbachev op die 27ste kongres van die Kommuniste Party van die Sowjet Unie (CPSU), Glasnost (deursigtigheid), Perestroika (herstrukturering), uskoreniye (versnelling van ekonomiese ontwikkeling) en demokratizatsiya (demokratisering) aan die kongres voorgestel het en wat tydens die kongress aanvaar is.

Hy het egter al in Mei van 1985 in Leniningrad (nou St. Petersburg) in ‘n toespraak, wydverspreide hervormings propageer. Sy hervormings het begin met personeelveranderings.

Radikale hervorming was reeds in 1988 sigbaar in spraakvryheid aan die Sowjet publiek deur die “glasnost” benadering in teenstelling met die streng beheer en onderdrukking van kritiek teen die regering wat altyd ‘n integrale deel van die Sowjet beleid was en ondenkbaar onder enige van sy voorgangers.

Selfs die streng beheer van die pers is verlig en politieke gevangenis is vrygelaat. Hierdie maatreëls van Gorbachev was daarop gerig om die publiek se steun vir sy ekonomiese herstrukturering te verkry en die konserwatiewes onder druk te plaas wat nie van sy hervormings gehou het nie, veral nie van sy ekonomiese hervormings nie. Wat interessant is, was sy erkenning dat sy liberale sienings te danke was aan Alexander Dubcek se benadering van “Socialism with a human face” Wat hier in gedagte gehou moet word dat dit steeds sosialisme is wat bly staan

Op 15 Maart 1990, is Gorbachev verkies as die eerste uitvoerende president van die Sowjet Unie.

In teenstelling met sy kontroversiële binnelandse hervormings, het die Weste hom geloof vir sy ‘nuwe denke’ in buitelandse aangeleenthede Hy het gepoog om verhoudings en handelsbetrekkinge met die Weste te verbeter deur die spanning van die “koue oorlog” te verlig. Om daarin te slaag het hy noue bande gesluit met onderskeie van die Westerse staatshoofde soos Wes-Duitsland se Kanselier Helmut Kohl, V.S.A President Ronald Reagan, en Britse Eerste Minister Margaret Thatcher—wat die belangrike opmerking, "I like Mr. Gorbachev; we can do business together." gemaak het

Gorbachev se begrip vir die bereiking van Internasionale gespreksvoering (détente) met die oog op binnelandse hervorming, het wedersydse kernontwapening ingesluit waarmee hy onverwyld op 8 April 1985 begin het toe hy aangekondig het dat hy die ontplooiing van die SS-20 missiele in Europa opskort. Later in dieselfde jaar stel hy voor dat Rusland en Amerika hulle hulle kernarsenale halveer.

Dit was onvermydelik dat toe Gorbachev in 1986 voorstel dat alle kernwapens in Europa in die ban gedoen moet word en dat hy be-oog om dit by die jaar 2000 af gehandel te hê, daar wêreldwyd ʼn gevoel van die uiteindelike bereiking van totale wêreldvrede in die lug was. Hy begin ook in Julie om troepe uit Afganistan en Mongolië te onttrek.

In Suid Afrika was hervorming toe reeds in volle swang na die sluipmoord op dr. H. F. Verwoerd. Eksklusiwiteit, nasionalisme, eiesoortigheid, etnisiteit en rasse onderskeid, was almal begrippe wat ten spyte van die feitlikheid daarvan, ongewens was en in die pad van “wêreldvrede” gestaan het.