Media

STRYD, DIE KENMERK VAN ONS TYD!

altStryd, hoewel nie op die naam af genoem nie, het dié kwelling van die dag geword.

Dit is seker net die negrofilis of die onberoulike Blanke hensopper van die tyd, die hier en nou in ons land, wat met oorgawe kan verklaar daar is nie 'n bittere stryd om ons aan die gang nie.

Daar mag 'n derde soort Blanke en Afrikaner-“strydlose” wees. Daar mag diegene wees wat ingelig is oor al die uitkomste en vermeende uitkomste van die ANC se Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR), op een of ander wyse gekoöpteer is in die planne en uitsien dat die “positiewe” uitslag op die telbord verskyn. Hierdie verkenning betrek egter nie daardie salige siel nie.

Stryd, hoewel nie op die naam af genoem nie, het dié kwelling van die dag geword.

 

Teenoor stryd staan 'n onheilige verdraagsaamheid teenoor die magte wat jou ten gronde wil rig. Daardie soort verdraagsaamheid, 'n afwyking van die Christelike lydsaamheid, staan in ons land en in die Westerse wêreld ook bekend as die liberalisme.

Hierdie liberalisme beweeg saam, dan vooruit, dan agteruit, met wat al genoem is Westerse kapitulasie.

In 'n vorige verkenning van die liberalisme op hierdie webwerf is dit na aanleiding van 'n aansoek voor die owerhede in Amerika as 'n geestesafwyking bestempel.

In Die Abdikasie van die Witman skryf dr. T.E.W Schuman (die bron vermeld ongelukkig nie die uitgewer en publikasiejaar nie), oor hierdie kapitulasie dit het ná veral die Tweede Wêreldoorlog al die kenmerke van 'n onkeerbare epidemiese geestesversteuring. Wyle dr. Schumann, in lewe een van die land se voorste wetenskaplikes, voer aan dis moontlik dat in gekiedskrywing hierdie geestesversteuring een van die fundamendeelste kenmerke van die 20ste eeu sal wees.

Dr. Schuman het klaarblyklik nie rekening gehou nie met die voortgesette plundering, wat die Westerling, ook die Afrikaner, se lot in die volgende eeu sou wees nie, gepaardgaande met verskynsels soos die Stockholm-sindroom.

So erg woed hierdie storm, met die pan-Afrikanistiese ANC 'n doodsvyand van die Afrikaner-Westerling wat hom knus in die oog van hierdie storm tuisgemaak het, dat die wagter op die muur net nooit genoeg alarm kan maak nie.

Uiteraard op die gevaar af dat dit in 'n wolf- wolf-skreeuery kan ontaard.

Daar rus dus 'n tweede plig op daardie volksinstellings, ook hierdie politieke party, wat die volk tot verskerpte waaksaamheid maan: Om verantwoordelike inhoud te gee aan die vermaning.

As deel van die inhoudverskaffing probeer die party aan die hand van die openbare nuusnetwerk van die land inligting deurgee deur in die openbare gesprek die kaf van die koring te skei. Ons hoop is dat die volk hierdie menings en standpunte saam met die inligting van ander internet-webwerwe vir Afrikanerbehoudendes sal inspan om op verantwoordelike teen-rewolusionêre maar ook politiek volksvrymakende gedrag te besluit. Veel meer as die openbare nuusnetwerk vir allernoodsaaklike inligting is daar ongelukkig nie. En op die gevaar af dat die FW de Klerk-perd al holrug gery is tog weer dié onomstootlike waarheid: Dis vir FW de Klerk dat die Afrikanervolk moet bedank vir sy oorhandiging van die Afrikaner se veiligheidstrukture, die inligtingstrukture ingesluit, met sy verraderlike oorgawe aan 'n bende ANC-terroriste.

Benewens die inligtingspoging is dit nodig dat die Afrikanervolk en die ander Blankes wat hulle met die Afrikaner se oorlewings- en vryheidsideale vereenselwig, moet weet dat hul stryd edel en regverdig is. En dat stryd die adel in ons opwek, nie net die adel in ons self nie, maar ook die adel van ons volk.

Dit was met die getuienis van die adel, hulle wat oorwin maar ook hulle wat gesneuwel het, van twee vryheidsoorloë dat die Afrikanervolk die vorige eeu tegemoet kon gaan. Ons is weer in soortgelyke omstandighede gewikkel en hierdie stryd sál sy adel lewer.

In hierdie wekwoord vir stryd is dit nodig om reeds vroeg te maan: Kwaadaardige strydlus is nie welkom nie. Ons wil by voorbaat sê: Ons het nie Nelson Mandelas, Thabo Mbekis, Jacob Zumas en Julias Malemas nodig nie.

Dit bied egter nie rede vir skadelike passifisme nie. Onthou die feit dat behalwe dat Hy die saligheid aan vredemakers belowe het, Christus ook met 'n vraag gemaan het: “Dink julle dat Ek gekom het om vrede op aarde te gee?”

Dus is daar saam met die evangelie van versoening 'n evangelie van stryd, verset en worsteling. Die evangelie van vrede roep ons op tot 'n stryd teen die magte van verderf en vernietiging. Tot 'n stryd teen dwaling, onreg, sedeloosheid en die uitbreiding van goddeloosheid en wêreldgesindheid. 'n Vredestryd is nie sit op die blaker nie maar 'n offensief.

In die verskerpte stryd wat reeds woed sal, as ons 'n oorwinning beskore is en daardie oorwinning lok, daar aanbiedinge van valse vrede wees, soos die 1994-vrede van Kempton Park, en ook die aanbiedinge wat die vegtende Boere in die Tweede Vryheidsoorlog by De Emigratie en Cyferfontein gekry het en tot die valse vredesluiting van Vereeniging in 1902 gelei het.

Valse vrede word gekenmerk deur 'n valse verheerliking.

U ken die hol lofsange wat uit die World Trade Centre van Kempton Park opgeklink het oor 'n reënboognasie. Kempton Park se valse messiase Mandela en De Klerk en Desmond Tutu, ja, dié Tutu wat voorverlede week voor die Kaapse Persklub geweeklaag het oor sy nuwe Suid-Afrika, daardie Tutu wat met sy sogenaamde waarheids- en versoeningskommissie valse waarheid en valse versoening in ons land laat botvier het.  

Verantwoordelike stryd het nog 'n vyand: 'n Oorversadigde toestand van vrees vir die rampspoedige gevolge van stryd. So 'n toestand is nie 'n Christelike vredesoorweging nie maar 'n papheid van die gees, word ons vermaan.

Dit geskryf, moet egter dadelik 'n ander vermaning volg: Niemand mag die Afrikanervolk in die drukgang van 'n noodwendige militêre botsing injaag nie. Die heersende toestand mag, as dit so deur die Allerhoogste beskik word, op 'n botsing tussen ander groepe as die Afrikanervolk as een van die strydende partye uitloop. Wat hierdie saak betref is 'n nugter besluit in oomblikke van beslissing deur koel maar gelowige Afrikanerkoppe nodig.

Maar, weer 'n vermaning óp twee voorafgaande vermanings! - om konflik tot elke prys te vermy deurdat dit vir ons liggaamlike bestaan te gewaag is, is om dit wat aanvuur tot die edele en dalk nog die God-beskikte, uit te skakel. Dit kan op ontrouheid teenoor die koninkryk van God neerkom, het iemand geskryf.

Hy vervolg dat as stryd nie die bestorming van ons eie lewenswyse, onveranderlike lewenswaarhede en sedelike maatstawwe is nie maar 'n stryd om jou eie te bewaar; 'n stryd teen jou onadel en die handhawing en uitbouing van van die goeie en die edele is; as dit verset is teen die inenting van die karaktervreemde en sedelik verwerplike, is stryd die aangewese.

Inderdaad beteken strydloosheid niks is meer kosbaar genoeg nie, ook wat die sedelike betref. Van groei, al sou net die stoflike van belang wees, is daar op die ou einde dan geen sprake nie.

Maar dalk die ergste van alles is dat al sou daar 'n volmaakte vrede buite die sedelike en die hoë moontlik wees, sou daardie vrede leër wees as 'n Krismiskous in Julie.

Gord die lendene, volksgenoot!      

Dit is in 'n tyd soos hierdie waar die land se mineralerykdom in die sentrum van 'n moontlike burgeroorlog staan, nodig om die die optrede van die mynbase fyn dop te hou.

Sigbaar is die mark- en beursbewegings. Wat dit betref word opgemerk dat die prys van platinum toeneem (weens beskikbaarheid – skaarsheid - van die kommoditeit) maar die aandele van die platinumprodusente daal (verlangsaming van produksie en die uitkringende uitwerking op die prestasie van die produsent en gevolglike negatiewe winsgrense).

Die sluit van myne (meer as platinummyne is ter sake wat die oorhoofse strategieë van die belanghebbendes betref), kan 'n sleutelskuif of skuiwe wees, alles afhangend van die roete wat die mynbase en Groot Kapitaal as 'n belanghebbende(s) in die ontplooiende stryd volg.

Die opmarse en gepoogde opmarse van die mynwerkers na die platinumsmeltery naby Rustenburg was 'n sleutelskuif van die Malema-faksie (Onthou, dit kan nog nie met sekerheid gesê word presies waar Malema inpas en of hy maar net 'n “patsy” is nie). In die taal van die rewolusie staan so 'n opmars bekend as die Bestorming van die Bastille.

Selfs die staak van so 'n sleutelaanleg (die smelterye) se bedrywighede kan die mynbase (Groot Kapitaal) ten goede kom as dit inpas by die enduitwerking van 'n strategie.

Die amptelike Suid-Afrikaanse geskiedenis is nie so helder oor presies waar Groot Kapitaal in die verlede in die ontplooiing van groot mynwerkerstakings gestaan het nie. Sir Lionel Phillips was Groot Kapitaal (Kamer van Mynwese) se verteenwoordiger. Voor die 1922-mynstaking het Phillips 'n gesprek met Jan Smuts op die skip Saxon onderweg na die Kaap gevoer en daarna het Smuts onverbiddelik op die staking afbeweeg deur onder meer te erklaar hy gaan 'n versperring (op Engels 'n “ring”) om die stakende mynwerkers oprig sodat daardie staking hom kan uitwoed.

Word die naam Smuts genoem, dink die waarnemer uiteraard in terme van 'n regering se rol in sulke stakings en wat 'n regering alles toelaat tydens so 'n staking (soos dat Julias Malema dit vergun is om die land se weermag toe te spreek, “hewige protes” deur die minister van verdediging ten spyt.)

Saterdagoggend het die land verneem dat Jacob Zuma se regime die weermag en polisie op Marikana se stakendes losgelaat het – sonder dat Zuma soos die grondwet vereis die Parlement in die stap geken het.

Die minister van polisie, Nathi Mthetwa, het kort voor die verklaar van 'n amptelike noodtoestand gedraai deur die Wet op Oproerige Byeenkomste ('n sogenaamde apartheidswet), en ook maatreëls oor die dra van sekere kategorieë wapens in die openbaar, in te span. Hy het verwys na Marikana en soortgelyke stakingstonele in die land as “geaffekteeerdee gebiede”.

Gister is Malema weer sonder seremonie deur uitdagende Swart polisie-offisiere van die Marikana-onlustewerf verwilder.

Uiteraard was daar kritiek op Zuma en sy regime se gedrag weens die ongrondwetlikheid daarvan en die feit dat hy 'n klaarblyklike noodtoestand nie by die noodtoestand-naam noem nie.

Takties-strategies was die Zuma-regime se skuiwe egter in die kol.

Marikana se stakende Xhosas was na weke se oproerigheid en die sleur wat so 'n oproerigheid plus daardie 34 dooies meebring Vrydag tam, gedisoriënteer en moeg - toe die polisie en weermag se blitzkrieg daardie nag en die Saterdag. Die veiligheidfsmagte se optrede sedert daardie nag kon hierdie skadelike disoriëntasie net vererger.

En gister word Malema van Marikana af verwilder soos 'n sleg rondloperhond.

Die Malema-kamp se raadgewers moet vanoggend behoorlik skarrel.

En moet nie vergeet om gister se gebeure by COSATU se kongres nie in die oorhoofse scenarrio te verreken nie...

Vir doeleindes van hierdie ontleding word aanvaar dat die COSATU-kongres in Midrand van die begin af, toe die Malema-kamp hul weergawe van die rewolusionêre rooster opgestel het, in die ontplooiing in die oog gehad het.

Daar word ook aanvaar dat Malema se optrede verlede week by die weermag-kamp in Lenasia (glo strategies geleë ten opsigte van belangrike goudmyne) spoed moes gee aan die Malema-weergawe van die Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR hierna genoem die Malema-NDR). Daar reeds het dinge egter ernstig skeef begin loop vir die Malema-NDR: die Zuma-regime het deur 'n houvas op die Malema-leisels te kry 'n wurggreep op die Malema-offensief gekry, sodanig dat wie ook al 'n Malema-agenda op die COSATU-kongres moes dryf, nie in staat was om hul koppe op te lig en die verkiesing van die COSATU-leierskap te beïnvloed nie.

Belangrik wat die COSATU-leierskap betref is dat Joe Vavi weer tot hoofsekretaris verkies is en Dlamini as voorsitter. ('n Vraag wat onwillekeurig onstaan is hoe die familieverwantskap tussen hierdie Dlamini en Zuma se een vrou, Nskososana Dlamini-Zuma, staan.)

In hierdie stadium wurg die Malema-NDR dus, des te meer na Malema se Marikana-verwildering gister.

Hoe gaan Malema en sy raadgewers op hierdie uitdagings, die hoofsaak dat hy van sy ondesteuners, die ontevrede Swart mynwerkers afgesny is, reageer?

Dit lyk in elk geval of die tyd dat die rooi tapyt vir Malema op of naas mynpersele uitgerol is verby is.

As die Malema-offensief na Marikana tot dusver bestempel kon word as 'n hoofsaaklik nywerheidsoffensief waarin Zuma se institusionele kragte (soos COSATU) afgetakel moes word, ontstaan die vraag onwillekeurig of daar nou drastiese veranderinge aan dié offensief aangebring gaan word deur Malema en sy raadgewers.

Gaan die stryd “strate toe”? Gaan die gewone ontevrede Swart gepeupel van die land weer op die NDR-voorgrond tree?

Wie is Malema se raadgewers agter die skerms?

Daar word tereg geggis dat dit die mynbase, Groot Kapitaal, is. Zuma is Groot Kapitaal se vyand. Want Zuma verteenwoordig en beskerm die institusionele omgewing wat dreig om hul myne te nasionaliseer.

Aan die ander kant was daar Malema se besoek tydens die Olimpiese Spele aan Brittanje, sy nuwe Joodse vriende en raadgewers. En die feit dat daar geen Malema-kritiek van die mynbase se kant gekom het sedert Malema met sy offensief begin het nie.

En die mynbase, ou kalante, speel hul kaarte dig teen die bors.

Op die wyse bly vrae in die lug hang.

Dis ook maar die les wat die geskiedenis leer.

Die optrede van genl. Louis Botha tydens die Tweede Vryheidsoorlog het die geskiedenis ook met groot vrae gelaat. Groot Kapitaal is deur Botha se magte toegelaat om voort te gaan met die bedryf van steenkoolmyne in Noord-Natal, nie ver van waar die Boere- en Engelse magte teenoor mekaar te staan gekom het nie. Toe Botha van Piet Joubert (Vrymesselaar) in die stryd oorgeneem het, is Groot Kapitaal ook toegelaat om voort te gaan met goudproduksie aan die Witwatersrand.

In sy boek, Was Generaal Botha in 1900 'n Verrader? (J.H. De Bussy, 1916) ontleed H.D.J. Bodenstein Botha se rol in hierdie verband.

Besprekings getiteld, Weigering om op 28 Februarie de koolmijnen te Elandslaagte te laten vernielen (bl. 9) en Die Slag van 28 en 29 Mei vóór Johannesburg (18) gaan oor Botha se (bedenklike?) optrede.

Laat die geskiedenis na afloop van hierdie mynstakings en hul rol in 'n bloedige magstryd ons nie met sulke vrae en wolke oor die koppe van mense en instansies laat en kom ons hou veral die rol van die mynbase in die eskalasie van die stryd baie goed dop.