Dit is in 'n tyd soos hierdie waar die land se mineralerykdom in die sentrum van 'n moontlike burgeroorlog staan nodig om die die optrede van die mynbase fyn dop te hou.
Sigbaar is die mark- en beursbewegings. Wat dit betref word opgemerk dat die prys van platinum toeneem (weens beskikbaarheid – skaarsheid - van die kommoditeit) maar die aandele van die platinumprodusente daal (verlangsaming van produksie en die uitkringende uitwerking op die prestasie van die produsent en gevolglike negatiewe winsgrense).
Die sluit van myne (meer as platinummyne is ter sake wat die oorhoofse strategieë van die belanghebbendes betref), kan 'n sleutelskuif of skuiwe wees, alles afhangend van die roete wat die mynbase en Groot Kapitaal as 'n belanghebbende(s) in die ontplooiende stryd volg.
Die opmars van die mynwerkers na die platinumsmeltery naby Rustenburg was 'n sleutelskuif van die Malema-faksie (Onthou, dit kan nog nie met sekerheid gesê word presies waar Malema inpas en of hy maar net 'n “patsy” is nie). In die taal van die rewolusie staan so 'n opmars bekend as die Bestorming van die Bastille.
Selfs die staak van so 'n sleutelaanleg (die smelterye) se bedrywighede kan die mynbase (Groot Kapitaal) ten goede kom as dit inpas by die enduitwerking van 'n strategie.
Die amptelike Suid-Afrikaanse geskiedenis is nie so helder oor presies waar Groot Kapitaal in die verlede in die ontplooiing van groot mynwerkerstakings gestaan het nie. Sir Lionel Phillips was Groot Kapitaal se verteenwoordiger (Kamer van Mynwese). Voor die 1922-mynstaking het Phillips 'n gesprek met Jan Smuts op die skip Saxon onderweg na die Kaap gevoer en daarna het Smuts onverbiddelik op die staking afbeweeg.
Word die naam Smuts genoem, dink die waarnemer uiteraard in terme van 'n regering se rol in sulke stakings en wat 'n regering alles toelaat tydens so 'n staking (soos dat Julias Malema dit vergun word om die land se weermag toe te spreek soos gister, “hewige protes” deur die minister van verdediging ten spyt.)
Die optrede van genl. Louis Botha tydens die Tweede Vryheidsoorlog het die geskiedenis ook met groot vrae gelaat. Groot Kapitaal is deur Botha se magte toegelaat om voort te gaan met die bedryf van steenkoolmyne in Noord-Natal, nie ver van waar die Boere- en Engelse magte teenoor mekaar in loopgrawe ingegrawe was nie. Toe Botha van Piet Joubert (Vrymesselaar) in die stryd oorgeneem het, is Groot Kapitaal ook toegelaat om voort te gaan met goudproduksie aan die Witwatersrand.
In sy boek, Was Generaal Botha in 1900 'n Verraaier? (J.H. De Bussy, 1916) ontleed H.D.J. Bodenstein Botha se rol in hierdie verband.
Besprekings getiteld, Weigering om op 28 Februarie de koolmijnen te Elandslaagte te laten vernielen (bl. 9) en Die Slag van 28 en 29 Mei vóór Johannesburg (18) gaan oor Botha se (bedenklike?) optrede.
Laat die geskiedenis na afloop van hierdie mynstakings en hul rol in 'n bloedige magstryd ons nie met sulke vrae en wolke oor die koppe van mense en instansies laat en kom ons hou veral die rol van die mynbase in die eskalasie van die stryd baie goed dop.
