Media

BEHEERDE ONREGEERBAARHEID

altGestel Groot Kapitaal kan Suid-Afrika en gevolglik ook die Suider-Afrikaanse streek vir die onafsienbare toekoms heeltemal oor die afgrond van onregeerbaarheid help, sal dit so vergesog wees as Groot Kapitaal wat ook die toutjies in die VN trek

Dit was 'n Fransman wat gesê het hoe meer dinge verander hoe meer bly dit dieselfde.

Vir meer as 300 jaar was die amptelike politieke toestand in Suid-Afrika dat hy 'n kolonie is.

Dit was dr. H.F. Verwoerd, die man wie se tragiese dood ons more gedenk, wat hierdie kolonialisme die rug probeer toekeer het toe hy bekend maak na die aandrang dat Suid Afrika afstand moet doen van die beleid van afsonderlike ontwikkeling, dan sal die Republiek van Suid-Afrika wat op 31 Mei 1961 tot stand kom boonop die Britse statebond verlaat.

Die sekerste teken dat 'n land 'n kolonie is, is dat daar 'n pos soos goewerneur of goewerneur-generaal in 'n land se bestuur is.

Ander tekens van koloniale bestuur is dat daar na goed soos kroonkoloniebestuur, mandaathouers, dominiums en moederlande verwys word en dat in die kolonies die betaalmiddel van die moondheid geld. Hierdie lys kan veel langer gemaak word. 'n Ander kenmerk is amptelike programme vir die sogenaamde ontvoogding van die kolonie (hoewel die hand van die moederland agter die skerms steeds op die kolonie rus).

As deel van die Afro-Asiatiese wêreld (met lande wat feitlik sonder uitsondering een of ander tyd as kolonie deur 'n koloniale moondheid regeer is) se feesvieringe was daar in 1994 die nodige fanfare toe die ANC in 1994 amptelik die leisels in ons land oorgeneem het. Daar is plegtig belowe Suid-Afrika se sogenaamde postkoloniale era het toe werklik aangebreek, stroes bob.

Hier teen 2006/2007 kom 'n paar Zoeloes agter die postkoloniale tydvak is toe nooit betree nie. Hier is 'n ding bekend as die sogenaamde 1996-klasseprojek aan die gang waarin die ryk nywerheidsbase van die land en die voormalige koloniale moondhede nie alleen die mineraleskatte vir 'n appel en 'n ei die land uit verskeep nie, hulle is boonop besig om stilletjies agter die skerms te besluit wie van ons regeer die land. 'n “Sagter” vorm van kolonialisme dus.

Toe maak Zuma die Zoeloe 'n plan, 'n plan wat met die volgende leierskapverkiesing in Pietersburg uitgevoer word en Zuma wat nuwe leier van die ANC word. Ja, natuurlik besluit die Zoeloes nou is die land vir die eerste keer onafhanklik en kan daar 'n plan gemaak word met ou bosluis Groot Kapitaal wat nog altyd ater die Nguni-bees se oor sit en die bloed uitsuig.

Drukgang en dipbak toe is al raad met die bees, hierdie drukgang en die dip wat die bosluis se gulsige suigkliere ten minste onder beheer moes bring,... nasionalisering. Ja, in die openbare gesprek was dit vroeg en laat, tydig en ontydig die tema.

Uiteraard was die Anglo/Amerikaanse magswêreld en hul Groot Kapitalistiese borge glad nie gelukkig met hierdie verwikkeling nie en hulle beraam op hul beurt 'n plan.

Vandag is ons vertroud met 'n deel van daardie plan, die hoofoogmerk uiteraard die vervanging van Zuma as die land se staatshoof. Ons weet ook Julias Malema pas êrens by daardie plan in, die nadere besonderhede wat stuk-stuk aan die lig kom.

'n Ander deel van die plan is die opwek van 'n gesprek oor gebrekkige leierskap in die ANC en die land.

Dink ons dat dit uiteindelik Malema sal wees wat as die stofwolk gaan lê op die rug van die Nguni sal sit, dat hierdie bepaalde scenario die uiteinde van die plan van Groot Kapitaal is?

Wat as die uitslag van die gesprek oor Suid-Afrikaanse leierskap is dat nóg Zuma, nóg Malema, nóg enige ander inskrywing vir die leierskap, die paal gehaal het.

Wat as Groot Kapitaal, steeds die heersende koloniale meester, al klaar besluit het elke moontlikheid van Suid-Afrikaanse leierskap moet faal, dis die enigste wyse waarop ons nie net die Suid-Afrikaanse maar hele Suider-Afrikaanse delfstofskat kan verseker.

Dan is Suid-Afrika mos terug by die situasie waar 'n Jan Smuts in bevel geplaas word van die partypolitieke leisels maar dat die land weer vereer word met 'n goewerneur of goewerneur-generaal.

Die vraag kan dan wees wie hierdie pos sal beklee. 'n Amerikaner, of dalk weer 'n Engelsman?

Sekerlik sal die reaksie op so 'n moontlikheid wees dat dit in hierdie dae van mense- en volkereregte 'n te blatante teruggryp na die koloniale verlede sal wees en dat Groot Kapitaal nooit daarmee sal wegkom nie.

Maar gestel Groot Kapitaal kan Suid-Afrika en gevolglik ook die Suider-Afrikaanse streek vir die onafsienbare toekoms heeltemal oor die afgrond van onregeerbaarheid help, sal dit so vergesog wees as Groot Kapitaal wat ook die toutjies in die VN trek in die naam van een of ander soort gesantskap iets wat net in die naam verskil van goewerneurskap na so 'n staatswanordelike streek te stuur.

In redelik onlangse berigte is genoem dat die Amerikaners sedert die afsetting van Moeammer Ghadaffi in Libië sy soldategetalle en wapentuig in Afrika aansienlik uitgebrei het.

En wat en hoe as Groot Kapitaal dalk in so 'n “goewerneur”-scenario sou besluit dat dié mens, hierdie “goewerneur” en sy stutpersoneel, nie uit die Anglo-Amerikaanse magswêreld sal kom nie, maar van die ander tentakel van die meerkoppige monster wat hy voed, die Ooste?

Dat Suid-Afrika se volgende “goewerneur” 'n Sjinees of 'n Indiër sal wees?

 

BEHEERDE ONREGEERBAARHEID

Die politieke toestand in die land kan bekend staan as beheerde onregeerbaarheid. Of 'n beheerde falende staat.

Die toestand huiwer mos weens die daaglikse gewelddadige Swart populistiese protes op die rand van onregeerbaarheid.

Wat die behoudende Blanke waarnemer betref kan dié toestand elke dag, elke oomblik in onbeheerde (of onbestuurde) onregeerbaarheid oorgaan. Feit is: Daar is magte agter die skerms (ook met Julias Malema onder hul beheer) wat besig is om 'n teenstrydige ekwilibrium te handhaaf wat hierdie “beheerde” onregeerbaarheid betref.

Uiteraard is ons, die behoudende Afrikaner en Blanke, ingesluit by die beplanning van hierdie “bestuurde” onregeerbaarheid. Ons is een van die brieke aan die wegholwa met allerhande defensiewe planne wat beraam is en beraam word sou die wa vorentoe nog skerper afdraandes vat.

Wat verstaan moet word is dat nie net die Swart populis in hul onregeerbaarheid deur die oorhoofse manipuleerder bestuur word nie. Ons Afrikaners en Blankes as deel van die land se middelklas se gedrag word in die proses ook met 'n ysterhand regeer. Hierdie aanslag op ons geskied deur middel van die beheer van die kragte wat ons tot beskikking van 'n teen-rewolusie sal kan monster, - die bestuur van die omwenteling mag nie uit die vingers van die manipuleerders glip nie.

Ons kragte beskikbaar vir 'n teenrewolusie?

In die eerste plek sekerlik georganiseerde wapenmag.

Die effektiefste middel wat die manipuleerders egter teen ons aanwend is om die gewone, alledaagse middel wat ons kan aanwend om teen-rewolusionêre mag te monster, in te kort. Hierdie gewone, alledaagse middel is geld. Ons besteebare inkomste.

Vandag word brandstof meer as 90 sent/liter duurder. Ons is ook bewus van die astronomiese toename die afgelope paar jaar in kragpryse (beheer deur twee Jode, Bobby Godsell en Helen Joffe). Dit is ons, die gewone Afrikanermiddelklas, wat deur hierdie duurder energie beteuel word.

U sal dalk wil vra, maar wat dan van die brandstof of ru-oliepryse? Niemand kan tog die op-en-af daarvan beheer nie.

Die brandstofprys word bepaal deur die ru-olieprys (buitelands). Op 'n sogenaamde ope mark? Ru-oliepryse het 'n paar gewilde “drywers”, een daarvan oorloë en konflik – meestal gemanipuleerde konflik – in olieproduserende lande.

Die waarde van die rand?

Dit word dan spontaan bepaal? Deur wisselkoersskommelinge?

Die wisselkoers deur die betalingsbalans.

Word die rand se wisselkoers werklik beïnvloed deur dag tot dag verpligtinge van die land?

Of deur termynverpligtinge? Groot uit- en invoere wat maande, selfs jare vooruit bepaal word.

In die geval vind ons die land se tesourie en die Reserwebank (die Jood Gill Marcus) as die eindreguleerders. En wie staan aan die hoof van die Reserwebank en bepaal op watter dag of week of maand die betaling van verpligtinge te gelde gaan?

Neem nou hierdie sake in ag wanneer die som oor wat 'n liter brandstof in ons land gemaak word. En voeg 'n kwantifikasie van “geskepte” burgerlike onrus by in die maak van die som.

 

Kom daar die afkondiging van 'n noodtoestand? Die Zuma-regime is skynbaar in die noute gedryf.

Hoe kan hy die heersende toestand die hoof bied? In die ou dae was daar twee wettige buitengewone middele waarmee grootskeepse burgerlike onrus hanteer is.

In 1986 het die regering van mnr. P.W. Botha 'n noodtoestand in 36 van die land se landdrosdistrikte afgekondig. Dit het aan die polisie en veiligheidsmagte spesiale magte gegee in die teengaan van 'n rewolusie.

Dit lyk of Malema besig is om Marikanas te skep so ver as hy gaan.

As Malema kop-in-een-mus is met Zuma en die ANC se Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR), kan verwag word dat Zuma sal toetree met so 'n maatreël op 'n tydstip wat hom, en nie ons, die teenrewolusionêre magte, sal pas nie.

Maar ook, as Malema 'n ware losloper-mag van die NDR geword het, sal Zuma met sulke maatreëls vorendag tree wanneer dit hom, Zuma, pas.

Daar is egter 'n tweede, veel gevaarliker maatreël vir ons, die Afrikaner en die Blanke, wat al dreigender word.

Die afkondiging van krygswet.

So iets is laas tydens die Smuts-bewind gesien.

Van krygswet het die behoudende Afrikaners van destyds gesê, krygswet is geen wet.

Die wet word dan toevertrou aan die sogenaamde verdedigingsmagte van die land, dis in ons dae Swartes in polisie- en weermaguniforms soos by Marikana gesien. Dit voorspel onheil.

En sou Groot Kapitaal en sy onderhoriges daarvoor 'n gebeurlikheidsplan gereed hê, die aansienlik uitgebreide Amerikaanse mag wat noord van ons land se grense lê en wag?

En tref Rooi China dalk enige voorbereidings vir oorbring van groot getalle soldate na Afrika?

Gaan ons 'n lang en uitgerekte konflik soos in Sirië tegemoet, die Anglo-Amerikaanse magte aan die een kant en die sogenaamde Brics-magte, Sjina en Indië deel daarvan, aan die ander kant wat gereed is om toe tree?