Media

DIE MEDIA OOR LEIERSKAP

altWat bepaal deesdae die Westerling, die Afrikaner daarby ingereken, se groeps- dis ook politieke gedrag?

Daar is al gesê agter elke suksesvolle man staan 'n befoeterde skoonma.  Dis waar die gedagtes maar onvermydelik draai as jy die treflyn dat leierskap ontbreek om die Nuwe (Verbeterde!) Suid-Afrika verder die toekoms in te voer oordink.  Kyk, so ver as my geheue terug kan het ek van leierskapkursusse gehoor.  Wat op sig self nie uit die bose is nie. Daar hét mos al nie te onaardige leierskap na vore getree uit byvoorbeeld daardie Landsdienskampe van destyds nie.  Daar is egter ook leiers wat uit die niet hul buiging gemaak het. Kom die uur (van nood), is die man daar, u ken die Engelse spreekwoord.

Daar is egter ook geleenthede dat “leiers” hul lyf skraal hou. Ek het my al dikwels verwonder oor wat van al die volks- en stadsraadlede van die gewese Konserwatiewe Party geword het, dis nou behalwe Koos van der Merwe (nou IVP), en die gebroeders Mulder en Piet Groenewald (nou VF Positief). Wat het van al die Afrikaner-ideale van daardie veertigstuks volksraadslede geword? Wat my betref is mnr. Clive Derby-Lewis een van die min onder daardie getal om met eer uit die stryd te tree.

Om terug te keer na die ligter noot, suksesvolle manne wat gelyk is aan beproefde leierskap... En laat net een blikskottel waag om te sê goeie leierskap ontbreek omdat daar nie meer befoeterde skoonma's is nie! Hierdie is 'n ernstige saak ook, vra maar vir diegene agter die debat wat woed in die nuusmedia.

Nou die dag, om presies te wees die dag ná die Marikana-mynslagting, kom my dogter by die huis en laat blyk dat 'n bespreking van die slagting om een of ander rede 'n draai in die klaskamer gemaak het. En die onderwyser wat beweer het die Marikana-slagting was weens 'n gebrek aan leierskap.

Toevallig dat 'n onderwyser wat vir Afrikanerkinders klas gee met hierdie antwoord vorendag kom?

Nie as daardie onderwyser lid is van een of ander geheime organisasie wat besig is om die leierskapdebat “te stoot” nie, nė?

Dis ook nie toevallig dat 'n finansieel kragtige organisasie verlede week 'n leierskap-spitsberaad in Sandton aangebied het nie. En nog minder toevallig dat die hoofsprekers by daardie beraad 'n Engelsman (Tony Blair), en 'n Swartman (Desmond Tutu), was nie.

Tref dit u nie ook dat in die bespiegelinge in die Afrikaanse koerante oor hierdie leierskapnood nie een Afrikaner eintlik die paal as 'n moontlike leier haal nie. Selfs Hermann Giliomee, in sy halfgebakte pogings wat ons deesdae kort-kort in die Afrikaanse koerante aantref tot 'n hersiene geskiedenis van die Afrikaner, laat, as jy die kort en die lank van sy redenasies bereken, die Afrikanerleiers van die verlede die toets dop.

Ook die huidiges word in die Afrikanernuusmedia aangebied as karakters sonder leierskapverdienste, dink maar aan 'n onlangse artikel oor vier leiers wat in Rapport verskyn het onder die opskrif, Is Afrikaners rigtingbedonnerd?

Dit bring die waarnemer by die volgende stelling: Daar is by die opkomende geslag Afrikaners nie naastenby 'n besef en gewaarwording dat hy sy eie leiers mag kies en mag hê nie, dit bestaan glad nie in sy denkraamwerk nie.

Voeg daar by die geslag Afrikaners van so 'n 30 jaar en ouer se herinneringe aan die politieke leierskap van byvoorbeeld 'n FW de Klerk of PW Botha. Die huidige en opkomende geslag se keuse vir leierskap wankel dus tussen 'n De Klerk, Botha of 'n Mulder. En dan kies hulle vir Helen Zille.

Die rede vir hierdie noodlottige optrede van Westerling en Afrikaner dat hy nie sy kragte ingooi agter sy eie (biologiese) soort nie, moet dalk veel dieper gesoek word.

En weer is jy terug by ma's - gelukkig darem nie nou skoonma's nie!

In Amerika is daar in die vorige presidentsverkiesing van die land die skouspel beleef dat die meerderheid Blankes hul gewig gewerp het agter 'n persoon wat nóg lyk soos hulle en 'n baie onoortuigende prentjie slaan as die waardes wat hy verteenwoordig in ag geneem word. Ja, Barack Obama is sy party se kandidaat vir 'n tweede presidentstermyn, al is daar hoeveel blyke dat hy oor sy plek van geboorte gelieg en nie Amerikaanse president mag word het.

Wat bepaal deesdae die Westerling, die Afrikaner daarby ingereken, se groeps- dis ook politieke gedrag?

Die feit dat hy, baie nog nie eens peuters nie, by dagmoeders en later by kleuterskole gelaat word? Omdat hulle van jongs af al aan neutrale opvoeding blootgestel word, weg van hul ma's, hierdie ma's net in staat om aan hulle sogenaamde kwaliteitstyd te bied in pleks van 'n paar dekades gelede toe ma's ál hul tyd aan die huis en haar kinders gegee het?

As daar waarde-, kultuur- en politieke oordrag by sulke kleuterskole geskied, watter soort waarde-, kultuur- en politieke oordrag ís dit? Sogenaamde “neutrale” oordrag, iets uit die handboeke van 'n dr. Spock waarin dit nie saak maak wie daardie kind in sy volwasse jare as leier, ook as politieke leier gaan volg nie?

Die Afrikaner moet tog nie vir een oomblik dink dat die ingenieurs van hierdie bonte multikulti gebroedsel waarin hy hom bevind, nie aan hierdie dinge gedink het nie.

In die vrouetydskrif Rooi Rose van Augustus 2012 (bladsy 168) word weer een van daardie vele artikels gevind wat deesdae in Afrikaner-vrouetydskrifte uitslaan waarin 'n “moeder”, 'n alfa- en omega-figuur in, so lyk dit, ook nie-tradisionele ofte wel post-moderne samelewings, besing word.

Onder die opskrif, Moeder van die Nasie, stel die artikelskryfster Ilse Salzwedel vir 'n Albertina Sisulu soos volg voor: “Sy het die meeste leiers en stigters van die demokratiese Suid-Afrika groot gemaak, raad gegee, verpleeg en opgevoed.”

Die artikel is een uitgerekte lofprysing. Soos vele artikels oor kommuniste en ander uit die ANC-damkring, geen vermelding dat hierdie figure nie 'n goeie woord te sê of te doen gehad het wat Afrikaners betref nie, trouens, dat hulle om baie verdienstelike redes deur vorige geslagte Afrikaners verwerp is.

Sondagaand was daar op die SABC-radiodiens ook 'n program oor een van die stigterslede van die ANC. 'n Geskiedkundige van Stellenbosch was een van die stemme op die program.

Op 'n Sondagaand net ná 'n kerkdiens so 'n bewieroking van hierdie slag 'n “vader van die nasie”? Die luisteraar nog in 'n gewyde stemming.

Ook toevallig? Soos die onderwyser in die klaskamer wat beweer dat die Marikana-slagting die gevolg van swak leierskap is?

Dis nie die eerste keer dat die “nuwe Suid-Afrikaane nasie” 'n “moeder”, of “mama wêtoe” kry nie.

Destyds, toe Nelson Mandela vrygelaat is om saam met FW de Klerk vaderskap vir die “nasie” op te eis, is gepoog om aan Winnie Mandela die “eer” van “moederskap” te gee. Maar Winnie het net te veel Stompies doodgedruk, te veel geld in die afrigting van Swart sokkerspanne laat verdwyn, te veel stokke rondgeswaai en te veel vuurhoutjies en skoolgeboue laat vlam vat onder haar aanmoediging en die establishment het haar na een van die Mandela-harem se agterkamers geskuif en Graca Machel tot die hoofslaapkamer bevorder.

Is dit nie tyd dat die Afrikaner vir vrouetydskrifte soos Rooi Rose sê julle “nasiemoeders” is verlep en nie eens goed genoeg vir Soweto se ashoop nie, julle “nasievaders” swart, owerspelig, kommuniste en nooit, maar nooit in staat tot die sorg wat 'n ware volksvader aan die Afrikanervolk moet gee nie.

Om op 'n positiewe noot af te sluit, 'n strofe uit Land van ons Vaders:

   Gee ons die vroue,

eerbaar in al hul wandel,

vroue met Trekkersmoed,

   rein in al hul handel.

Dan bly ons roem bewaar,

dan bly ons volk gespaar,

Dierbaar Suid-Afrika!