DE KLERK SIT AFRIKANER WEER ORE AAN
FW de Klerk het die Afrikanervolk weer ore aangesit.
'n Besoek van dr. Gregory Stanton van Genocide Watch, waartydens die netelige volksuitwissingprogram van die ANC-regime teen die Afrikaner op 'n spits gedryf sou word, is totaal deur De Klerk en sy trawante gekaap vir misbruik ter wille van hul linkse agendas.
Dis met die gekners van tande dat dit toegegee moet word: De Klerk en sy kornuite het vir dr. Stanton 'n gat in die kop gepraat. Hulle het die tafel netjies gedek om in Stanton se kort besoek van drie dae ter wille van broodnodige ter plaatse voorligting oor die volksmoord, Stanton van behoudende Afrikaners se voorligting te weerhou.
De Klerk en sy trawante se, as u wil prestasie, staan minstens op dieselfde vlak as sy beduie-regs-maar-draai-links-aanslag in die grondwetlike onderhandelings met die ANC en die kommuniste, die grootste van sy slenters destyds die belofte dat die onderhandelde grondwet deur Blankes in 'n verkiesing getoets sal word voor die aanvaarding daarvan as nuwe grondwet.
In die verwoede debat wat op 'n internetkletswerf gevolg het ná De Klerk en sy trawante se sege, kraai die Naspes-baas Koos Bekker (onder die skuilnaam “Kosie”), só daaroor: “Dr. Stanton moet darem baie beïnvloedbaar wees volgens jou ('n ander kletser se) redenasie, ha ha ha!”
Ja, die volksmoordswaard wat reeds dwarsdeur deur die Afrikanerlyf steek word 'n liederlike draai gegee. En o ja, daar wás behoudendes wat gemaan het, pas op vir De Klerk, Stanton, wat die volksmoord al tussen fase 6 en 7 – slegs een fase weg van die finale stoot – gestel het, gaan klei in sy hande wees.
Op 25 Julie verklaar 'n skrywer op 'n ander kletswerf: “As die TLU nie al hul skietgoed agtermekaar het nie, sal De Klerk hulle ore aansit. De Klerk sal vir Stanton oortuig dat alles reg is en Stanton sal teruggaan en ons op 'n vlak 1 ipv. vlak 8 van volksmoord plaas. “Stanton was ywerig om verslae te bekyk wat aan hom genoem was. Hy wou nog bewyse insamel maar lyk my sy belangstelling het of afgeneem of organisasies se e-posse word gekaap. Dit gaan my verstand te bowe dat hy nie op e-posse reageer nie.”
Hierdie reaksie vir 'n oomblik ter syde... Jy wonder onwillekeurig wat 'n tannie De Goede, 'n baba Botes (volksmoordslagoffers onlangs van Delmas), en 'n Willemientjie Potgieter, oor 'n klaarblyklik versagte beskouing van Stanton sou sê. Of die meer as 3 000 slagoffers van plaasterreur, verteenwoordig deur 'n eensame parade van wit kruise teen 'n Bosveldbult langs 'n pad na Pietersburg. Uiteraard is daar nou vrae oor hoe De Klerk en sy trawante hul optrede sal verduidelik.
Om te vra waarom, lyk dit, gaan nie eintlik lig op die saak werp nie. 'n Antwoord op hierdie waarom dalk 'n rasionalisasie deur De Klerk en sy medepligtiges oor die uiterste nood van die Afrikanervolk wat gevolg het op De Klerk se onomkeerbare vonnis? Dat “ek, FW de Klerk, tog nooit die Afrikanervolk aan 'n moordveldtog sou uitlewer nie”?
Die vraag, “waartoe” bied dalk 'n potenter antwoord. Een kletser op 'n webwerf het gewaag om te skryf: De Klerk mik deur al sy onsinnighede na 'n “post-ANC-bedeling”.
Een ding is seker van so 'n vermeende “post-ANC-bedeling”: Selfbeskikking vir die Afrikanervolk is nie deel daarvan nie, De Klerk en sy trawante glo 'n getimmer aan die bestaande grondwetkontrepsie kan onaangenaamhede soos die onverpoosde moordtog teen die Afrikanervolk afwend.
Nog 'n saak wat nou helder en klaar uitgekristalliseer staan ná die Stanton-debakel is dat AfriSol deel van die De Klerk/Broederbond/NG Kerk/DA-sameswering is. Dis eintlik pynlik om AfriSol se Ernst Roets se uitlatings en doen en late in die volksmoord-aangeleentheid gade te slaan.
Wanneer die De Klerk-alliansie se sege in die Stanton-geval oorweeg word, moet die ander sake wat in hierdie week op die voorgrond was, egter ook onder die loep kom.
Daar was die De Klerk-Stigting se beraad by 'n Johannesburgse gholfbaan oor die ANC-beleidsbesluite oor die sogenaamde Tweede Oorgang in die ANC se Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR), 'n byeenkoms waartydens 'n ander AfriSol-segsman, Kallie Kriel, 'n toespraak sou maak. Ook die Black Sash-lid, Helen Zille van die DA, sou daardie forum deel.
Maar soek nou enige iets, maar enige iets, in die nuus of op 'n webwerf oor wat Kriel en Zille by daardie gholfbaan te sê gehad het. Dit word verswyg. Dit bring die saak van die sensuur van verswyging na vore.
Dit was die Duitse leier Otto von Bismarck wat die waarde van die sensuur van verswyging in 'n propaganda- en diplomatieke stryd gedemonstreer het in die aanloop tot die Frans-Pruisiese Oorlog (19 Julie 1870 tot 10 Mei 1871), toe hy die sogenaamde Verkorte Telegram van Ems bekend gemaak het.
('n Geskiedenisbron verhaal daardie gebeurtenis so: Die direkte aanleiding na die oorlog was die Franse verset teen die aanstaande koning van Spanje: die Duitse prins, Leopold van Hohenzollern. Indien die prins die troon van Spanje sou bestyg, sou Frankryk in die Suide en in die Noordooste deur Van Hohenzollerns begrens word. Frankryk het geëis dat die Pruisiese koning, Wilhelm I, sy steun vir die Pruisiese Prins terugtrek, sodat Spanje nie in Franse hande sou val nie. Wilhelm I het oorspronklik ingestem, maar na Napoleon III 'n afgevaardigde, Graaf Benedetti, na hom toe gestuur het om te eis dat hy nie op sy woord sal teruggaan nie, het Wilhelm I geweier. Wilhelm (op daardie oomblik in die dorp Bad Ems) verklaar sy weiering deur op 13 Julie 1870 'n telegram na Bismarck te stuur. Koning Wilhelm het Bismarck toestemming gegee om die inhoud van die telegram aan die pers te versprei, maar Bismarck het die inhoud van die telegram gewysig om die Pruise se onwilligheid te beklemtoon voor hy dit aan die pers beskikbaar gestel het. Die gevolg was die verklaring van oorlog deur Frankryk teen Pruise: Bismarck se plan was geslaag: Pruise was nou in oorlog met Frankryk sonder dat Pruise die aanvallende party was.)
Wat in hierdie artikel dus aan die hand gedoen word is dat toe De Klerk en sy trawante vandeesweek in Johannesburg op die gholfbaan gedraf het, hulle 'n deeglike wedstrydplan gehad het waarin:
█ Kallie Kriel en Helen Zille se toesprake oor die ANC se grondgrypplanne en die Jacob Zuma se sogenaamde Tweede Oorgang uit die openbare oog gehou sou word. Trouens, behalwe om Nelson Mandela sy gebruiklike verjaarsdaglek op sy agterkant te gee en korrupsie in die DA te verduidelik, is Zille baie stil; of sy nog haar wonde lek na haar mislukte aanslag op COSATU-hoofkantoor in Johannesburg is nie duidelik nie;
█ dat daar uitgebreide “diplomatieke” voorbereidings getref is waarin Stanton se guns vir die De Klerk-kabal se standpunt gewerf is, onder meer met mondelingse en skriftelike voorligting. (Of daar versoeters soos 'n paar bottel vyf-jaar-oud KWV betrokke was, is 'n te lang waagskoot.)
Dat die De Klerk-kabal hom al 'n geruime tyd voorberei om die volksmoord as sommer 'n mindere aanslag af te maak, is al lankal duidelik. Die klaarblyklikste bewys van die voorbereiding het vroeër vanjaar opgeduik toe Leon Wessels, 'n ou De Klerk-medepligtige, uit die museum gaan haal is en as “oud-menseregte-kommissaris” soos volg deur die Naspes-nuuskartel aangehaal is na aanleiding van ʼn asiel aansoek van ʼn blanke Afrikanergesin in Amerika:
“Prof. Leon Wessels, oud-menseregtekommissaris, stem glad nie saam met Van de Graaf (van TLU SA) nie.
“'Hul aansoek sal nie slaag nie.'
“Hy sê in Suid-Afrika is bewys ruimte bestaan vir die Afrikaner om in die politieke wêreld, asook die openbare en private sektore, te presteer.
“'Daar is nie sprake van ’n dreigende volksmoord teen Afrikaners nie.'”
In die oorweging van vandeesweek se scenario voel die waarnemer gedwing om te vra wie by TLU SA in beheer was van dr. Stanton se nuuskonferensie by die TLU SA se hoofkantoor. Is dit toevallig dat 'n TLU SA-woordvoerder soos van de Graaf, bekend daarvoor dat hy die plaasterreur in die land as deel van 'n volksmoord beskou, in hierdie tyd op besoek is aan Europa?
Wie wás in beheer van dr. Stanton se besoek aan die land? Wie by TLU SA was in beheer? Bennie van Zyl? Het die organiseerders van Stanton se besoek billike geleentheid aan alle politieke Afrikaner-instansies gebied om hul insae te gee in die netelige aangeleentheid? Aan watter instansies is kennis gegee van dr. Stanton se besoek? Hoe het hierdie kennisgawe geskied en gelui? Per brief? Telefoon? Faks? Internet? En as sulke uitnodigings gerig is, watter vorm het dit aangeneem?
Agtergrond tot die berig:
24.2.2912, Volksblad
Boere van SA doen aansoek om asiel
Vicus Bürger:
DIE oorweldigende meerderheid van wit mense in Suid-Afrika is steeds bevoorreg. Dit sal dus “moreel onverdedigbaar” wees om wit Suid-Afrikaners op grond van rassediskriminasie in hul tuisland asiel in Amerika te gee.
So sê die bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer Mark Behr, wat tans in Amerika woon, oor ’n wit Afrikaner-familie wat asiel in Amerika soek.
Hy is deur die Amerikaanse prokureursfirma Thomason, Hendrix, Harvey, Johnson & Mitchell, PLLC, genader en gevra of hy kenners ken om bystand te lewer aan die familie wat asiel wil hê. Hulle is glo boere.
Luidens berigte sê die familie hulle sal slagoffers van rassisme wees as hulle na hul tuisland terugkeer.
Dié familie se aansoek om asiel het uiteenlopende reaksie ontlok.
Mnr. van de Graaf, ’n adjunkhoofbestuurder van die landbou-organisasie TLU SA, sê die familie se aansoek is geregverdig in die lig van die baie plaasmoorde in Suid-Afrika.
Van de Graaf sê hy is genooi om sowat drie weke gelede ’n openbare vergadering van die Europese parlement oor plaasmoorde in Brussel by te woon.
Volgens die TLU het plaasmoorde in Suid-Afrika sedert 1990 altesaam 1557 mense se lewens geëis.
Van de Graaf sê selfs van dié Europese parlementslede beskou dié skokkende statistieke as volksmoord.
Prof. Leon Wessels, oud-menseregtekommissaris, stem glad nie saam met Van de Graaf nie. Hy sê:
“Hul aansoek sal nie slaag nie. In Suid-Afrika is bewys ruimte bestaan vir die Afrikaner om in die politieke wêreld, asook die openbare en private sektore, te presteer. Daar is nie sprake van ’n dreigende volksmoord teen Afrikaners nie.”
Behr, skrywer van onder meer Die reuk van appels, is ’n professor aan die Rhodes Kollege in Memphis, Tennessee. Hy bied onder meer kursusse in fiktiewe skryfwerk en Afrika-literatuur aan.
Behr het onder meer op Zastron in die Vrystaat gewoon.
Hy het in ’n e-pos aan Volksblad verduidelik waarom die Afrikaner-familie nie asiel in Amerika behoort te kry nie.
Volgens Behr is die wêreldgeskiedenis belaai met voorbeelde van mense wat onderdruk is en later self onderdrukkers geword het.
Hy sê in Suid-Afrika het egter nog nie genoeg tyd verloop en ekonomiese mag aansienlik verskuif vir dit om eens op ’n amperse beduidende vlak te gebeur nie.
“As hulle (die familie wat asiel soek) enigsins slagoffers van rassisme is, is dit ongelukkig net ’n rassisme wat hulle self in hul eie verstand geskep het...
“Laat ek byvoeg, ek praat as ’n wit Afrikaner van ’n familie van boere; mense wat self hul plase in Afrika verloor het...”
Mnr. Rehim Babaoglu van die familie se prokureursfirma sê die verrigtinge is sensitief en hulle kan nie nou kommentaar lewer nie.
Hy wou ook nie die familie se identiteit bekend maak nie.
'n Ope Brief van Alwyn de Klerk aan Ersnt Roets wat op Praag de webwerf verskyn het:
Die Afrikaanse webwerf Praag het op 9 Julie 2012 in 'n artikel die bewering gemaak dat Mnr. Ernst Roets van AfriForum gesê het dat ras geen rol speel in plaasmoorde nie en daarmee die volksmoord wat teen ons volk gepleeg word misken.
Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika het in reaksie hierop 'n skrywe gerig aan Mnr. Roets op die 18de Julie 2012 waarin verneem is of hy korrek aangehaal is en of Mnr. Roets die Volksmoord teen ons volk erken.
In reaksie hierop het Mnr. Roets die skrywer verwys na AfriForum se webwerf. AfriForum se webwerf maak geen melding oor Mnr. Roets en/of AfriForum se siening oor Volksmoord nie en gevolglik is 'n opvolg skrywe aan Mnr. Roets gerig vir opheldering. Hierdie skrywe is tot op hede nie beantwoord nie.
Die vraag is steeds onbeantwoord: Erken Mnr. Roets en AfriForum dat daar 'n Volksmoord gepleeg word teen die volk?
Aangesien nie Mnr. Roets of Mnr. Kallie Kriel uitvoerende hoof van AfriForum, aan wie die skrywes ook gestuur is, nie die vraag duidelik wil antwoord nie, het dit nodig geword om die vraag in die publiek te vra.
Hierdie vraag is tans uiters relevant aangesien daar verneem word dat die Solidariteitgroep, waarvan AfriForum lid is, onlangs 'n vergadering met Mnr. Gregory Stanton van Genocide Watch gehad het.
Alwyn de Klerk :
Mens kan dus aanvaar dat Afriforum as volksmoord-ontkenners, vir mnr. Stanton sou kritiseer tydens vermelde gesprek.
Stanton het hom op RSG sterk teen die volksmoord op die Afrikaner en die plaasboere uitgespreek, dus kan aanvaar word dat diegene wat steeds die mislukte ANC-regime wil sien slaag, ongemaklik met Stanton se uitspraak sal wees!
My vraag aan mnre Roets, Kriel en andere in die Soliforum hierargie is:
Erken U Afrikaners as 'n volk in eie reg met alles wat dit behels of impliseer of nie ?
Slegs JA of Nee asseblief .
Sarel Roets (Ernst Roets se pa?): Hier is 'n paar vreemde mense met vreemde idees oor volkskap, so ek is versigtig om sommer net Ja te antwoord op jou vraag. Ek weet nie wat jy bedoel met alles wat dit behels of impliseer"
Wat ek wel kan doen is om vir jou te verduidelik hoe ek, Sarel Roets, Afrikanerskap sien. Ek kan nie namens Ernst praat nie, maar ek glo hy sal met my saamstem.
Ek glo dat God (Drie-enig) vooraf bepaal het dat daar volke moet wees. Hy het die Afrikaner vanaf die 17de eeu begin bou om ligdraers in donker Afrika te wees. Hy het ons met 'n protestantse geloof bewapen en uit verskeie volke byeen gebring. Deur die geskiedenis heen (Groot trek, Bloedrivier, 1e & 2e vryheidsoorlog, grensoorlog) tot vandag toe het Hy 'n plan met ons. Wat dit is weet net Hy alleen. Ons kan net in geloof vertrou dat hy ons sal bewaar.
Ek glo ons is een van vele volke in hierdie land wat volk in eie reg is. Ek glo ons het die reg tot Republikeinse vryheid binne ons eie grondgebied. Ek persoonlik is 'n Oraniër. Dit is waar ek daagliks my bydrae lewer.
Ek glo egter nie dat dit jou tevrede sal stel nie. Ek kry die gevoel dat jy ook soos vele ander reeds besluit het wat my standpunt moet wees.
Ek hoop ek is verkeerd.
Net vir interessantheid. Ek was tot laasjaar nog lid van die Verkenners.
Boere groete
Sarel Roets
Klasie skryf:
Graag gee ek 'n kopie van 'n interne debat tussen my, mnr Roets en andere.
Ek stem nie met die sieninge van AfriForum en solidariteit saam nie en verskil ernstig oor gesprekvoering met die vyand. Dink egter dat mnr Roets hom tog in die skrywe uitlaat oor sy gevoel teenoor afrikaners . in die volgende debattering"
\\\\"Uitreksel uit 'n nuusbrief van Praag te verkry by http://praag.tk/?p=119
"Die FW de Klerk-stigting, tesame met die DA en Solidariteit/AfriForum
hou binne die volgende twee weke ʼn konferensie in Johannesburg om die
krisis te bespreek waarin die land hom reeds bevind. Maar ons het al tot vervelens toe die krisis ontleed en is reeds besig met die vind van oplossings, met behulp van skeppende denke en ons onblusbare aktivisme."
Sal graag wil bevestiging verkry by die manne van Afriforum en Solidariteit? Asook 'n verduideliking sou
dit so wees van hoe die sogenaamde arbeiders van die volk hulle vereenselwig en heul met die Satan en sy vyande?
Mnr Roets: "Ek is bewus van die vergadering & ook dat AfriForum dit gaan bywoon. Ek het al om 'n tafel met Malema & Lamola gesit. Daar is selfs 'n foto van ek en Malema wat in 2007 hande skud en ek kan jou waarborg dat dit nie beteken dat ons met mekaar "vereenselwig" nie. Praag se redaksie is alweer besig met samesweringsteorieë wat net verdeeldheid & onmin onder Afrikaners saai. My uitnodiging aan alle Praag lesers bly staan dat hulle welkom is om my te bel of 'n afspraak te maak, sodat ek in detail kan verduidelik presies wat AfriForum doen, waarom ons dit doen & wat ons verhouding met enige organisasie of persoon is. Solank as wat hulle hierdie uitnodiging van die hand wys, maar voortgaan met samesweringsteorieë, dui dit op hul eie moedswilligheid. Ek weet darem jy is billik & ek is seker jy verstaan. Die feit dat jy my hiermee konfronteer is bewyse daarvan. Dankie daarvoor. Groete!
Myself: "Ernst
Dankie vir die terugvoer. Wat Praag betref ek is egter self nie 'n gereelde leser van die groep nie moontlik weens eie vooroordele maar was genoemde slegs onder my aandag gebring. Weens die feit dat daar die laaste tyd 'n onafhanklike debatvoering was tussen vir of teen volksorganisasies het ek bo-genoemde uittreksel geplaas en jou gevra om lig op die onderwerp te plaas.
Ek het jou "gekonfronteer" omrede ek weet dat ek die korrekste inligting vanaf die binnekring van
AfriForum sal kan ontvang. So-doende word beide denkrigtings in die lig gestel en kan elke persoon sy eie mening daarom vorm i.p.v. dat 'n eensydige meningsvorm geskied. EK glo daar is tans 2 kampe van
oortuiging binne die geledere van die volk. 1 Diegene, meestal die akademici en politikusse soos jyself, wat glo dat daar om 'n onderhandelingstafel en regsprosesse bedinging vir die Afrikaner kan
geskied. Die tweede kamp, waarin ek myself bevind, is diegene wat glo dat onderhandelinge en regsproses slegs lei tot 'n vertraging en strategiese verlenging, van die reeds uitgerekte "oorlog", van
uitwissing van ons volksgenote. Hierdie "oorlog" strek al vanaf volksplanting en is my eie mening dat sou ons dit wou beredder dit alleenlik kon geskied voor en tydens die Kodesa onderhandelinge. Ons het
immers nog die mag gehad en was in staat gewees om, sou ons 'n volkstaat verlang het, dit tydens onderhandelinge te kon afdwing. Ons is egter nou in 'n magtelose posisie met 2 fatale referendums wat as getuies teen die Afrikaner volk dien. Hier het hy weens die verblindery en knoeiery van die destydse geheime dienste en latere NP magsoorname sonder skoot aanvaar.
Vir diegene in die 2de kamp blyk dit nou te wees dat die wat ten gunste was van oorname en die volk daartoe gelei het, na 2 dekades wil teruggryp na strooihalms. Die rede hiervoor blyk, dat die sogenaamde rooskleurige vooruitsigte se werklikheid verander het in die rooi kleur van bloeddorstigheid wat ry op die naam van apartheid. Die ironie is dat die sogenaamde groot burgeroorlog wat die land in wanorde sou omskep en tot bloedvloeiing sou lei verander het in 'n eensydige "oorlogvoering" waarvan die bloedvloeiing toe nooit tot 'n einde gekom het nie.
Dit is egter duidelik dat die wat die volk uitverkoop het en ten gunste was van oorgawe nou as bemiddelaars en moontlike redders na vore wil tree. Die vraag is egter: nadat die verraad gesien is wil ons daarmee saamgaan? Sal hierdie volk hom weer so blindelings laat mislei? (Die kans is sekerlik baie goed) Verder sit ons met die probleem van assosiasie en dit is hier waar organisasies soos AfriForum, VF+, Solidariteit en andere hulself die vraag moet afvra? Wil hulle deur die volk gesien word dat hulle hulself assosieer met die vooraf verraaiers en uitverkopers van 'n eens Gelowige Volk? Sodoende bly ons speel in die hande van die ANC en die Britse imperialiste se plan van magsverdeeldheid van die Afrikaner. Soos jyself in bo-genoemde na verwys as moedswillige eie wil wat lei tot verdere verdeling. Of is hulle bereid om alle interaksie met die vorige vyande te laat vaar en daadwerklik die volk te mobiliseer tot eenheid, tot oproep vir verootmoediging tot afsondering van die vreemdes rondom en
dan te mobiliseer tot daadwerklike optrede om sodoende met 'n magsvertoon skikkings af te dwing? Sou laasgenoemde op die tafel geplaas word is die vraag egter of is die volk gereed vir so optrede. Elkeen sal hom dit egter in sy eie binne kamer moet afvra.......
Ernst Roets Niki. Die belangrikste vraag is eerder wat gedoen moet word. Hierdie vraag is so belangrik, dat dit die vraag oor met wie 'n mens moet praat geheel en al oorheers. As ek van menings is dat dit in die belang van ons mense is om vir 'n hele dag lank met wie ookal te praat, dan doen ek dit.
AfriForum vergader binnekort met Pta se burgermeester - beteken dit ons "assosieer" met hom, of met die ANC, of met enige iets wat die ANC gedoen het? Eerlikwaar. Ek wei my hele lewe daaraan om vir Afrikaners 'n toekoms te skep. Dit is 'n keuse wat ek gemaak het en ek is in 'n bevoorregte posisie om daardie keuse te kan uitleef. Ek is keelvol vir verdagmakery onder Afrikaners en is nou op die punt waar ek dit maar net ignoreer en aangaan om my deel te doen vir my mense, ongeag of dit impliseer dat ek soms 'n vertrek met mense moet deel met wie ek nie saamstem nie. Het jy al ooit gesien dat AfriForum gal braak oor enige ander organisasie? Ons doen dit nie, want daar is te veel ander hooi op ons. In 'n land waar, soos jy uitwys, boere weekliks brutaal uitgemoor word, is skinderstories, samesweringsteorieë en dikwels selfs kritiek op ander organisasies 'n luuksheid waaroor ons nie beskik nie. Ongelukkig is daar baie daarbuite wat verkies om hulself met samesweringsteorieë besig te hou, eerder as om uit te gaan en die werk te doen." Ek glo elkeen kan self beoordeel.
Koos Bekker van Naspes: Dr Stanton moet darem baie beinvloedbaar wees volgens jou redenasie, ha ha ha!
SAPA-berig, 9 Julie 2012: Die onlangse moord op die swart plaaswerker, Frans Modisa, 'n 52-jarige van Ventersdorp, is 'n rede waarom plaasmoorde tot 'n prioriteitsmisdaad verklaar moet word, sê Afriforum. Dié organisasie het pres. Zuma se stelling dat plaasmoorde nie rasgedrewe is nie, ondersteun.
AfriForum het 'n beroep op die staatspresident en die minister van polisie gedoen om plaasmoorde soos renosterstropery te prioritiseer.
AfriForum het die moord op die swart Modisa betreur en president Jacob Zuma se kommentaar aan Volksblad beaam dat dit nie net wit boere is wat op plase vermoor word nie.
Roets het bygevoeg dat AfriForum Modisa se moord sal voeg by sy lys van plaasaanvalle wat sedert 1990 in Suid-Afrika plaasgevind het en dat dit as 'n verdere motivering gebruik sal word waarom plaasmoorde tot 'n prioriteitsmisdaad verklaar en spesialiseenhede vir landelike veiligheid ingestel moet word. Kraal Uitgewers het ook bevestig dat Modisa se moord in die volgende uitgawe van die boek Treurgrond, wat in Augustus verskyn, opgeteken sal wees.
Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het nadat hy Zuma se stelling beaam het oor die afwesigheid van ras as 'n motief vir moord, gesê dat indien plaasmoorde as deel van die breër moordstatistiek beskou word, dit "nie gewig sal dra nie".
Op 25 Julie maan 'n internetskrywer: As die TLU nie al hul skietgoed agtermekaar het nie, sal de Klerk hulle ore aansit. de Klerk sal vir Stanton oortuig dat alles reg is en Stanton sal teruggaan en ons op 'n Vlak 1 ipv Vlak 8 van volksmoord plaas.
Stanton was ywerig om verslae te bekyk wat aan hom genoem was. Hy wou nog bewyse insamel maar lyk my sy belangstelling het of afgeneem of organisasies se eposse word gekaap. Dit gaan my verstand te bowe dat hy nie op eposse reageer nie.
AANVALLE OP BOERE IS NÓG NIE VOLKSMOORD, SÊ YANK
By: Sarel van der Walt
2012-07-26 22:24
Daar is nie genoeg bewyse dat geweldsmisdade op wit boere in Suid-Afrika volksmoord is nie, maar daar is tekens dat dit kan gebeur. Só het dr. Gregory Stanton, president van die Amerikaanse organisasie Genocide Watch, gister op ’n byeenkoms van die landbou-organisasie TLU SA in Pretoria gesê. Stanton, wat onder meer betrokke was by die stigting van die internasionale tribunaal oor volksmoorde in Rwanda en Burundi, het voorgestel ’n onafhanklike internasionale organisasie moet ondersoek instel of volksmoord wel aan die gang is of beplan word.
Dr. Johan Burger, ’n oud-polisiegeneraal wat nou aan die Instituut vir Sekerheidstudie verbonde is, het aan Stanton gesê hy is baie skepties oor of geweldsmisdade op plase wel volksmoord is. Hy is wel bekommerd oor die baie plaasaanvalle, maar as polisieman en navorser het hy die afgelope 13 jaar nog geen bewyse gevind dat plaasaanvalle en -moorde inderdaad volksmoord is nie. “Ons het ook nie bewyse gevind dat daar grootskaalse politieke organisasie agter die moorde is nie.” Stanton het hierop gesê: “Ons het nog nooit gesê dat volksmoord hier plaasvind nie omdat ons nog nie bewyse gevind het dat dit (die aanvalle) polities georganiseerd is nie, maar daar is tekens van volksmoord en daar is genoeg vermoede dat dit georganiseer word.”
Stanton, wat die land as gas van TLU SA besoek en met ’n verskeidenheid individue en organisasies gepraat het, het gesê hy sal met invloedryke mense na aan die Amerikaanse regering praat oor wat in Suid-Afrika aan die gang is. Die ANC se Nasionale Demokratiese Revolusie (NDR) kom volgens hom “uit die kommunistiese handboeke wat massamoord op klas-vyande insluit”. Stanton het gesê die belangrikste wapen in die stryd teen volksmoord is plaaslike teenstand. “Gebruik die howe, die politieke stelsel, álles, maar moet om vadersnaam net nie ontwapen nie.” ’n Rasseoorlog moet tot elke prys vermy word. “Ek is nie oortuig dat plaasmoorde ‘net per ongeluk” plaasvind nie. “Ek besef Suid-Afrika het ’n hoë misdaadsyfer, maar wat my verbaas is dat moord op boere drie keer hoër as die res van die gemeenskap is. Plaasmoorde moet soos transito-rooftogte vroeër tot prioriteitsmisdaad verklaar word.”
