Media

KUBERKRAKERS VAL ONS AAN!

Vir meer as n week het ons weblesers moeilikheid ondervind om toegang tot die AVP se webblad te kry. Na verskeie klagtes het ons dit aangemeld maar was die vaardigheid van die kuber-indringer van so ʼn aard dat dit telkens gelyk het asof die fout by die klaer se rekenaar was. Boodskappe waarmee weblesers gekonfronteer is het verskil met boodskappe soos: “1.Afrikaner Volksparty www.afrikanervolksparty.org/ - Translate this page This site may harm your computer.” “Web page not available”, “OOPS” en dan word jy na een of ander ander plek verplaas.

Wat interessant is, is dat aanvanklik was die webmeester en gereelde amptenare van die AVP nie geraak nie maar slegs ander persone wie se toegang tot die blad versper is. Ons dank u vir u geduld en verseker u dat ons kundige bedienaars het wat ons blad huisves en daarin geslaag het om die webblad van die internet te verwyder om dit te beskerm voordat dit beskadig kon word. Ons dank gaan ook aan hulle wat deurlopend aanslae afweer en ons op die lug hou!

Vriendelike groete,

Redaksie.