Media

ZUMA DIE BRITTE SE CECIL JOHN RHODES?

VAN DIE KAAP TOT KAÏRO.....

Nie sedert Tsjaka se bloedige bewind oor 'n groot deel van Suid-Afrika is die land so deeglik in die greep van 'n Zoeloe nie.

Inderdaad kan die ANC se hoofkierieswaaier Jacob Zuma daarop aanspraak maak dat hy die suksesvolste Zoeloe-politikus nog is om sy verskyning in die land te maak.  Of Zuma se politiek self op welslae aanspraak kan maak is uiteraard 'n perd van 'n ander kleur. Inderdaad is hierdie welslae baie voorwaardelik. Of soos die militêre strateë in die Middeleeue sou maan: Moet nie 'n kasteel of burg inneem as jou magte dit nie met welslae kan verdedig nie. Dit egter eers daar gelaat.

Dat Zuma, en die Zoeloes, se strategie in ander opsigte wel deeglik aan die toets van geslaagdheid voldoen, dit sal nie alleen sy Xhosa- en ander teenstanders in die ANC-sameswering bekend as die drieledige alliansie moet toegee nie, maar ook daardie linkse en liberale blankes wat vir die ontwerp vir Zuma en die Zoeloes se suksesvolle veroweringstog gesorg het.

Ontwerp?

Daardie grondwet wat in 1994 in die World Trade Centre in Kempton Park tot stand gekom, en in 1996 finale beslag in die Parlement gekry het, raar genoeg die grootste teenstander daarvan die Zoeloe Gatsha Buthelezi.

Inderdaad kan Zuma vandag soos watter kapokhaantjie op 'n mishoop (hierdie mishoop is ongelukkig die ander gevolg van daardie grondwetontwerp), koning kraai.

Dit was die Britse raspatriot Cecil John Rhodes wat gedroom het van Afrika, een Engelse kolonie van Kaap na Kaïro te maak. In die ou Suid-Afrikaanse geskiedenisboeke het ons geleer hoe Rhodes dit onder meer met behulp van 'n spoorwegverbintenis tussen die Kaap en Kaïro wou bewerkstellig. Daarby sou Rhodes egter ook sy koloniale amptenare moes inspan ten einde hierdie Britse oorheersing te bewerkstellig.

In hoe verre daar al aan die bou van daardie spoorlyn gevolg gegee is, is nie duidelik nie, of daar al 'n behoorlike spoorlyn verder as die een wat Paul Kruger se ZAR na Lourenço Marques gelê het is, sal die Rooi Chinese dalk kan sê. Maar dat Suid-Afrika se Zoeloe-meester 'n belangrike stap gegee het in die aanbring van 'n Zoeloe as Afrika se politieke hoof, of goewerneur as u wil, toe hy een van die vrouens in sy harem, dit is Nkososana Zuma, as Afrika-Unie-hoof verkies te kry, is ongetwyfeld waar.

Zuma en sy raadgewers, en hier moet wat die land self betref gedink word aan sy Moslem- en Indiërvertroulinge (Mac Maharaj in die Zuma-paleis self maar ook die drie gebroeders Shaik), moes die bekers sorghumbier die afgelope weke baie hoog in Nkandla, die plek van Zuma se hoofkraal, gelig het.

Maar seer sekerlik het Zuma ook 'n paar baie geslepe internasionale raadgewers. Dié moet hoofsaaklik uit die sogenaamde Brics-lande (Brasilië, Rusland, China en Indië) kom. Wanneer Zuma op sy vele buitelande besoeke as hoofkierieswaaier van een van die sogenaamde G20-lande gaan, dan praat en tree hy op as 'n wafferse kaartman, 'n Zoeloekoning wat weet hy kan op gedugte internasionale steun staatmaak.

Om terug te keer na die ontwerp en gereedskap waarmee Zuma besig is om alle teenstand in sy Zoeloe-impi se pad weg te veeg: die land se sogenaamde grondwet maar ook daardie ander instrumente van liberale politieke gesag, dit is die land se howe, sy akte van menseregte en hulle, die amptenare, wat verantwoordelik is vir die bestuur van die land. Maar ook die werkmetode wat op 'n skinkbord vir hom gegee is, ook deur 'n baie behulpsame buiteland beplan en ontwerp onder die leiding van die voorste geeste van rewolusie soos Karl Marx, Friedrich Engels, Leon Troskie, Wladimir Lenin en Herbert Marcuse. Daardie werksmetode wat vandag bekend staan as die ANC se Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR), en van belang vir ons huidige tydsgewrig, die sogenaamde Tweede Oorgang, u weet mos, daardie fase waarvolgens Zuma Suid-Afrika kamtig wil omskep in 'n sogenaamde ontwikkelingstaat (waarin hy die Afrikanervolk se grond wil konfiskeer).

Zuma moes by die geboorte van die grondwet al breed geglimlag het. Want as 'n Zoeloe, grootgemaak met suurpap, murgbene en beeste se dik, rooi lendestukke, het hy geweet kort voor lank gaan sy vernaamste teenstanders, Xhosas soos Nelson Mandela en Thabo Mbeki, se tande te stomp raak vir die harde etniese politiek van die land. En vandag sit Mbeki en Mandela inderdaad in en om hul aftree-strooise en skuif in die winter al met die son om die stroois en in die somer al met die skaduwee, ou en vergete honde van die ANC-kraal.

EN WAS ZUMA NIE IN DIE KOL NIE.

Die Xhosa-mag is uitgewoed. Mandela is seniel, Mbeki, volgens Gunther Schicklegruber in sy boek Dokument X, 'n ver heen dwelmverslaafde. Met die Xhosa-volk self gaan dit nie veel beter nie. Die Oos-Kaap (ou Cis- en Transkei), het niks gebaat by die Nuwe, Verbeterde Suid-Afrika nie met miljarde se ontwikkelingshulp wat elke begrotingsjaar in die bodemlose put van wan- en korrupte administrasie verdwyn, die enigste uitweg wat die Xhosas het om hul van ondergang te red, om in bus- en treinvragte na die Suid- en Wes-Kaap te versit waar die DA-administrasie van Helen Zille hulle met welsynshulp aan die lewe hou.

Van Helen Zille en die DA geskryf...

Blykbaar glo dié Joods gebaseerde DA ook dat dit nou Zuma en sy Zoeloes se tyd is, en dat dit die Zoeloes se tyd sal bly “tot met die wederkoms”, soos Zuma gesê het. Want is dit nie met die seën van Zille (net 'n eensame stem of twee van protes soos dié van Athol Trollip), dat die DA 'n Zoeloe as parlementêre leier verkies het nie?

Wat 'n meevaller, sou 'n waarnemer daarop kan reageer: Jacob Zuma se onvermoeide pogings om die volledige landsadministrasie, van polisiehoof tot regters en openbare beskermers aan die sorg van Zoeloes toe te vertrou, deur Zille en die DA afgerond.

Ja, so bankrot is die ander etniese volke, en dan in die besonder die Zoeloes se groot uitdager, die Xhosas, in die land aan leierskap dat hulle vir Julius Malema voorberei het om Zuma en die Zoeloes uit te daag.

Hoe Zuma Malema se uitdaging gaan hanteer sal tydens die ANC se Mangaung-leierskapkonferensie einde vanjaar duidelik word. Of, wie weet, dalk vroeër.

Dis gewis nie onmoontlik dat Malema in 'n aanslag op sy lewe kan omkom nie.  Of wat van Zuma? Albei beweer daar was al aanslae op hul lewens.

Een ding is seker. Met 'n Zoeloe as leier op die Suid-Afrikaanse politieke toneel is die situasie plofbaar. Die geskiedenis se lesse, toe Tsjaka en Dingaan op die toneel was, leer dit vir ons.