Media

KOOITJIE SE STROOITJIE

Dink ek toe so by myself...

Jacob Zuma sê dat H.F. Verwoerd en Apartheid verantwoordelik is vir die chaos met die handboeke in die skole van die Limpopo Provinsie.

M.A.W.  Indien dr. Verwoerd verantwoordelik was vir die voorsiening van die onderwys handboeke, dan is dr. Verwoerd en Apartheid ook verantwoordelik dat die handboeke in die ander 8 provinsies reg afgelewer en op tyd was.

Dit gee hom 8 uit 9 en dit is 89%. Glad nie ’n slegte vertoning nie!