Media

WAAROM NASIONALISME? 2

WAAROM KLOU BEHOUDENDE AFRIKANERS AAN NASIONALISME? WAT ÍS NASIONALISME? (Aflewering twee)

VERNIETIGING VAN NASIONALISME:

Die verpolitisering van nasionalisme veral vanuit die kerke, het sy oorsprong in die mens se strewe om onder God se heerskappy uit te kom.  In die bou van die toring van Babel was die mens se bedoeling om By God se oordeel verby te kom deur sy eie krag wat gesetel het in sy getalle en gesamentlike vermoë.  God het self ingegryp deur die eendragtigheid téén God te verhoed deur taalverwarring en verspreiding van die mens oor die hele aarde.

 GÉNESIS 11:6  En die HERE sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.

Die mens se strewe om onder die heerskappy van God uit te kom, is voortgesit deur die ongelowiges met die Satan as aanvoerder.  Vir sommige bewustelik en vir ander subtiel, diabolies, verraderlik “christelik”! Die belangrikste instrument waarvan hy gebruik maak is die Liberalisme, Kommunisme en die Humanisme. Al drie hierdie –ismes is die natuurlike vyande van die Nasionalisme. Dit wil en moet die grense tussen volke uitwis.

  Dit het, soos in GÉNESIS 11 die strewe om één beskawing, één ras en één universele, raslose Nuwe Wêreld Orde te vestig en waarin die kerk n bondgenoot geword het wat uit die Nuwe Testament van die Bybel regverdig word deur selktiewe tekste daarvoor aan te wend.

Christus sterf vir die hele wêreld.

I JOHANNES 2:2 En Hy is ’n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.

GALÁSIËRS 3:28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.

ROMEINE 10:12 Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep.

Hierdie is die populêre tekste uit die Nuwe Testament wat aangevoer word waarom apartheid verkeerd sou wees.  Dit hef egter nie die  geskape verskeidenheid op nie, net so min as wat dit die geslagtelikheid van man en vrou ophef! Afsonderlikheid of eiesoortigheid of apartheid, as u wil, word gestigmatiseer as sou dit gelowiges van ander rasse benadeel, (Humanisme, menseregte, liberalisme, Kommunisme en die kerk is hierin eens), terwyl die doel is om die volkeverskeidenheid en die skeidingsbeginsel van God daardeur kragteloos te maak.

Nasionalisme=ordelike naasbestaan

Nasionalisme, wat a-ideologies is omdat dit die werklikheid reflekteer, anders as die ander –ismes wat abstrak is en die onwerklikheid aan die mensdom wil opdwing en in teenstelling met die Nasionalisme wat die veelheid van volke aanvaar, rasgrense wil uitvee sodat kulturele identiteit moet vervaag en verval tot die “nierassigheid”, wat Tenspyte daarvan dat dit sigbaar bestaan, geglo moet word dat dit nie so is nie! Daaruit ontstaan dan konflik, wanordelikheid, wetteloosheid wat eindig in anargie en chaos.

In teenstelling daarmee bewaar Nasionalisme dit wat aan en by ʼn volk behoort vir die nageslag.  Erken en glo die Nasionalis dat die bestaande volkereverskeidenheid van God is en probeer nie om dit wat teen alle lewenswette indruis en aangeleer moet word, aan mense opdwing nie.  Die Nasionalis aanvaar God se ordening en glo aan die vreedsame en ordelike naasbestaan van volke volgens vaste lewenswette.  Dit is die aanvaarding van hierdie Godgegewe werklikheid wat die wesentlike versperring vorm teen rasseverbastering wat noodwendig moet lei tot die vernietiging van volksidentiteit.

Die aanval vanuit veral die gereformeerde kerke op apartheid, wat nou op die spoor van die charismatiese bewegings deel vorm van die internasionale en wêreldse poging om rasgrense uit te wis, is behalwe dat dit vreemd aan die Afrikaner se lewensbeskouing is, ook aanduidend van die wêreldgees wat besit van die kerk geneem het.

Volgens mnr. Jaap Marais se ontleding van die verandering wat in die kerke voorkom, kry ʼn mens die indruk van ʼn soort kerklike imperialisme waardeur volke hulle aparte bestaan verkwalik en dan misgun word in ʼn strewe om ʼn onderworpenheid aan kerklike voorskrifte op grond van ʼn ideologie van gelykheid te verkry.

Die beweging van kapitaal en arbeid en goedere word deur die begrensing van taal, kultuur en ras en volk belemmer en die strewe na groter houvas op samelewings deur veral finansiële imperialiste, word dus deur die handhawing van nasionalisme ernstig benadeel. Dat die kerk hierin ʼn bondgenoot van die wêreld geword het en op groot skaal lidmate met hom saamneem, is uiters kommerwekkend en in teenstelling met die bedoeling van kerkwees.

In die derde aflewering sal ons konsentreer op die politieke aanslag op Nasionalisme.