Oor benoude katte, nasionalime en Stalinbos
Siener van Rensburg het mos voorspel dat daar 'n tyd sou aanbreek dat hy weer in die nuus sou wees.
Dat daardie tyd nou is, gedagtig aan al die ruimte wat linkse en regse Afrikaners aan die Boere-profeet afstaan, moet seker aanvaar word.
Daar is egter 'n ander volksprofeet wie se sieninge onverwags vroeg na sy afsterwe nou groot en onontvlugbaar op die tafel lê:
Mnr. Jaap Marais.
En as daar 'n voorspelling is wat gewaag kan word, gedagtig aan die sentrale tema wat apartheid en Afrikanernasionalisme skielik in die heersende debat, ook onder bekende linkse Afrikaners geword het, is dat mnr. Marais se waarnemings – pittig deurdat hy sy aannames gestaaf het met syfers soos dié uit 'n brief van mnr. Marais aan The Citizen wat 'n ander waarnemer op sy webwerf aanwend om 'n punt ten gunste van apartheid te staaf – nie mank gegaan het aan deeglike boekstawing nie.
Een van die redes waarom mnr. Marais en sy verdediging van Afrikanernasionalisme so nou verwant aan ons tyd is, is die al openliker strydlustige agenda van die ANC teenoor die land se Blankes, die Afrikanervolk die hart van die Blankedom in ons land.
Dit moet aanvaar word dat die greep wat die linkse Afrikaners, tot nie te lank terug in die onlangse verlede nog salig met die ANC en FW de Klerk aan die nasiebou en die grondwet “beskerm”, op die Afrikanerdom sal maak, binnekort naarstige proporsies sal aanneem. Want Jacob Zuma is haastig. En sekere linkse én benoude Afrikanerkatte se spronge word al benouder.
Soos die Afrikaner-Broederbond-baas Pieter Vorster wat na afloop van die ANC-beleids- en kohesiekonferensies 'n verdoemende prentjie oor die ANC se doen en late skets, hoewel hy tot nou nog nie wil waag om die onskryfbare dinge uit die oogpunt van linkse Afrikaners te skryf nie: dat die Afrikanervolk en die Blankes van die land op pad is om hulle te pleter te loop teen wat dr. H.F. Verwoerd op 'n Kaaplandse NP-kongres in die Strand verklaar het – dat as jy nie afsonderlike state vir die volke van Suid-Afrika skep nie Suid-Afrika in een troostelose bantoestan sal verander.
Die ander uitweg, die een wat F.W de Klerk so skerp links van weggeswenk het na die linkse voorbereidingswerk deur John Vorster en PW Botha - 'n Afrikanerrepubliek waarin ook daardie Blankes wat hulle vereenselwig met die Afrikanervolk se vryheids- en Christelik-Westerse ideale sal tuis voel.
Daardie uitweg wat, soos dit nou by nabaat blyk, so getrou en hardnekkig deur mnr. Marais vertolk is toe Afrikanernasionalisme geskyn het irrelevant te raak onder die bedwelming van sport en pienk-liberale vryhede wat saamgaan met die land se kontrepsie grondwet.
Mnr. Marais was uiteraard vir diegene wat nuwe-wêreldorde-avonture saam met Nelson Mandela en sy bende wou meemaak 'n steen des aanstoots. Vir diegene wat sy aan sy met mnr. Marais gewerk egter was hy, soos vir mnr. Willie Marais, mnr. Jaap Marais se voorganger, “die grootste eerste minister wat Suid-Afrika nie gehad het nie”.
Hierdie waarheid is algaande besig om deur te breek. Ook die waarheid dat “apartheid nie net boos was nie”.
Dit is 'n waarheid wat die berugte Council on Foreign Relations se medewerker, Herman Giliomee, ook skynbaar onlangs soos 'n donderslag getref het, Giliomee wat gewaag het om hierdie nuutverworwe wysheid in 'n artikel in Rapport te boekstaaf.
Daar was voorbehoudelike waardering vir Giliomee se waarnemings, die prominentste seker in Dan Roodt se artikel op Praag se webwerf.
En vandeesweek in Rapport kom Anton van Niekerk, grootmeester in die etiek van die Universiteit van Stellenbosch, met 'n artikel waarin hy sy oorbekende afgryse in apartheid uitspreek. En ook 'n splinternuwe afgryse. Met Giliomee wat die onskryfbare durf skryf. Baie warm en uit-die-dun-lug afskomstige kritiese “etiek”. Met min feite, regte gogga-maak-vir-baba-bang goed.
Maar reent dit toe nie warm pap op die kale hoof van Van Niekerk neer in die reaksie van Rapport se lesers op hierdie hooggeleerde van Stalenbos nie! Die internet-redakteur wat klaarblyklik al sy dae gehad het om ene Blip, een van die min pleitbesorgers vir Van Niekerk se standpunt, te beskerm. O, ja, daar was ook 'n Fredrick Rudolph in die stadium toe ek die gesprek gevolg het, 'n kêrel wat met ongenoemde verse uit die Bybel die Nuwe Suid-Afrika en rasse-integrasie (die ANC-Suid-Afrika uiteraard deel van die pakket) probeer verdedig het.
Oor die internet geskryf...
Wat 'n doeltreffende medium is dit nie vir die voer van die Afrikanervolk se vryheidstryd nie. En nou is dit gepas om met 'n paar gedagtes daarby stil te staan:
Dan Roodt skryf nou die dag, seker maar hoopvol ook, hy glo die propagandastrryd teen die linkses is beklink
Wel, na die apartheid-was-ook-goed-berig van Giliomee en die pak slae wat Van Niekerk gekry het, lyk dit of dit 'n nogal waar stelling is.
Maar nie net wat daardie twee sake, daardie woord en wederwoord , betref nie...
Vrydag beland 'n afstootlike spotprent oor Jacob Zuma deur daardie Joodse Boerehater Zapiro weer in Mail&Guardian, 'n prestige koerant van die linkse Blanke establishment.
Ek glo Karen Roodt van Praag het op die kort kennisgewing wat sy gehad het met 'n artikel vorendag gekom wat van geleerdes soos Van Niekerk en Giliomee dae se navorsing sou verg om te produseer. In die artikel tref sy, tereg, 'n vergelyking met die anti-Moslemspotprente wat in Skandinawiese lande voorgekom het, na my oordeel sake deeglik genoeg beoordeel teen die agtergrond wat druk in 'n nuuskantoor betref.
Sy het nie ongeskonde daarvan afgekom in die kritiek wat op Praag se kletswerf gelewer is nie. Die kletsers, daardie onmisbare amateur én professionele politieke waarnemers van ons dag, het daardie onderwerp in 'n paar uur so deeglik deurtrap en ontleed dat Rapport, wat sekerlik namens alle linkses op Zapiro se jongste obseniteit sou wou kapitaliseer en Zuma se neus in die grond wou smeer, nie 'n woord oor die spotprent sprak nie. Ja, so deeglik ontleed en geledig was dié spotprent-foefie, dit het jou laat dink 'n leë wynpapsak op Sondagaand in 'n alkoholis se huis.
Van al die deurlugtige menings op daardie spotprent-berig op Praag se webwerf bly een vir my uitstaan: Dat daar 'n sameswering tussen Zapiro en Zuma is aangesien sulke openbare vernederings Zuma se aansien onder die swartnasie net 'n verdere hupstoot gee, Zuma wen net statuur daarby as 'n tragiese Afrika-held. Iets wat volmaak by hierdie redenasie aansluit en vir al wat die Afrikanervolk weet by so 'n moontlike onderneming ingesluit kan wees, is dat so 'n “vernedering” net die polarisasie tussen Swart en Wit aanwakker.
In die kommentaar word daar dan ook gewag gemaak van 'n vreemde ontspanning wat na die sogenaamde Spies-skildery wat in die Joodse Goodman-galery in Johannesburg sy verskyning gemaak het, tussen die ANC en die Goodman-galery ingetree het.
Nou ja, sulke verskynsels en vermeende verskynsels sal net deur die toekoms behoorlik verdiskonteer kan word, mits ons soos mnr. Jaap Marais tot op sy bittereinde op ons wagpos bly en ons plig doen.
Ter afsluiting en wat Anton van Niekerk betref: Nadat ene Abel Malan hom hardhandig oor 'n sekere artikel geroskam het, ontvang hy seker glad nie meer gaste in sy kantoor sonder 'n paar stewige uitsmyters om hom te beskerm nie.
En ná die roskam gister in reaksie op sy aanval op apartheid?
Dalk is die taak van die uitsmyters nou uitgebrei en het die kontingent selfs 'n aansienlike klompie bygekry. Deel van die uitsmyters se opdrag dat hulle ook sy hand moet vashou wanneer hy artikels skryf waarin hy apartheid aanval? Maar veral teenwoordig moet wees wanneer die reaksie op sulke artikels begin inkom?
Hoe gaan dié mens se hart dit hou?
Op die ou end gaan nie eens Stalinbos meer veilig wees nie.
Selfs vir 'n Stalinis.
