Media

REGS IS NIKS DOEN EN BAIE KLA?

Ene H.J. Bester gebruik dieselfde mantra as Roets, dat “regse” Afrikanergroepe net kla en niks doen nie.

Op 'n internetwerf, een van vele wat soos paddastoele opgeskiet het en in 'n knegverhouding tot die SoliForum-groep staan, skryf 'n SoliForum-jeugleier Ernst Roets vermakerig “regse” groepe kla net en doen niks nie.

Hy gee ook 101 wenke oor hoe om jou self handig te maak in 'n tyd soos hierdie, een daarvan uiteraard om by 'n party soos die DA aan te sluit, een van hierdie farisese voorskrifte vir 'n beter lewe in die nuwe, onverbeterde Azanië wonder bo wonder nie om jou hande te was voor jy gaan eet nie, ook by ander dele van die menslike anatomie kom hy gelukkig nie uit nie.

Hy gooi sy emmer teer wat betref “regse” groepe wat net kla oor ene “Mike” uit op Maroelamedia, een van die ratsaap-werwe in die AfriForum-gekonkel.

 

Wat hierdie klaarblyklike nuweling tot die Suid-Afrikaanse politiek klaarblyklik nie weet nie was dat Solidariteit 'n buite-egtelike verskyning uit die ou Blanke Mynwerkersunie, 'n “regse” organisasie as daar ooit een was, gemaak het.

Roets ken klaarblyklik ook nie die woord “kaap”, of sommer koop nie.

Die hoop beskaam uiteraard dat Roets se mentors hom oor die geskiedenis van die bont Solidariteit se Blanke voorganger sal inlig en hoe Afrikanerleiers soos Albert Hertzog en Piet Meyer die Blanke Mynwerkersunie na 'n titaniese en veelbewoë stryd uit die hande van kommunistiese Jode soos Charles Harris ontworstel en omskep het in daardie effektiewe arbeidsfront in diens van Afrikanerselfbeskikking soos dit nog was onder die leiding van byvoorbeeld 'n Arrie Paulus.

Maar daaroor sal Flip Buys, Kallie Kriel, Dirk Hermann en Danie Langner hom nie inlig nie.

Om kort te gaan: Solidariteit het die Afrikanervolk se arbeidsmag weer onderhorig aan die nukke van Groot Kapitaal en sy Joodse base gemaak.

Daardie onderhorigheid is volkome en Buys, Kriel, Hermann en Langner se voetvalligheid voor  Groot Kapitaal, as Roets hom die moeite troos om daarna te soek, baie swak weggesteek agter Buys en kie se se openlike steun in verkiesings en simposiums aan die Demokratiese Alliansie van Black Sash-lid Helen Zille.

Ene H.J. Bester gebruik dieselfde mantra as Roets, dat “regse” Afrikanergroepe net kla en niks doen nie.

Hierdie holle beskuldiging en stink propaganda is bloot effektief omdat dit herhaal word, inhoud ontbreek. En omdat bruikbare idiote soos Roets en H.J. Bester (is dit dalk die Hennie Bester wat destyds saam met Esther Lategan as van die eerste openlike DA's hul verskyning op die politieke toneel gemaak het?), nie in die Afrikaner se geskiedenis van stryd, stigting en die herstigting van partye, organisasies en bewegings ten einde die afvallige insypelaars in bestaande organisasies te ontkom, belang stel nie. Sonder daardie stigting en herstigting, ter wille van Afrikanernasionalisme, was die Afrikanervolk al meer uitgesterf as die dodo. Dis maar hoe volksoorlewing werk, swaers Roets en Bester.

Die geval Radio Pretoria is 'n aanskouingsles vir die huidige en opkomende geslagte en elkeen wat belang stel in die oorlewing van die Afrikanervolk.

Gaan bestudeer maar daardie eerste verklarings en die ideologiese en emosionele (die Afrikanervolk hoef hom nie vir sy emosies te skaam nie), dryfvere agter die stigting van daardie stasie te velde. Stel u op die hoogte van daardie stasie se veelbewoë ontstaansgeskiedenis, daardie onstaansgeskiedenis soos die gewone Afrikaner dit beleef het (en nie die koverte programme daar agter nie). Hoe gewone Afrikaners van daardie radiomas vingeralleen daar op die Hoëveld met die graaf van loopgrawe en die fisieke bewapening van die stasie 'n haas oninneembare fortifikasie teen FW de Klerk en sy magte gemaak het.

Helaas, die troue Afrikaner het hom weer laat vang, die lesse van die FW de Klerk- en Constand Viljoen-sagas in enkele jare vergeet.

En nou sit 'n Spies-prokureurtjie namens 'n Naspes-direksielid (Flip Buys) en die DA en koning kraai oor 'n mishoop wat hulle uit Radio Pretoria se mas geskep het.

En Roets en Bester wil nou vir ene “Mike” en ander lede van die getroues onder die Afrikanervolk diets maak hulle kla net en doen niks!

Vir Roets en H.J. Bester en die grootknoppe agter hulle daar in SoliForum se ivoortoring wat hulle met die geld wat Afrikaner-arbeid bygedra het gebou het, hulle kan maar net herinner word aan die ou gesegde: Die wiel draai stadig maar seker.

En soos daai wiskunde-onderwyser van my in matriek gemaan het, net voor hy die rottang uit die soutwater getrek het: As ek lag is ek op my gevaarlikste!

Of overgeset synde: Mnre. Roets en Bester en jul grootknop-meesters: As die Afrikanervolk lyk of hy net stilsit en kla: Die broeiende storm sal weldra en op sy tyd losbars. Sorg dan dat julle na veiliger oorde versit het.