Media

VEELKANTIGHEID VAN TERREUR

Geskiedenisterreur teen Afrikaners.(Pieter Oosthuizen)

Alle terreurdade wat teen Afrikaners gepleeg word in die fisiese wêreld, ontstaan as gevolg van die werksaamhede van bose magte en kragte in die geesteswêreld.

En in Suid-Afrika waar bykans 90 % van die swart bevolking nog die dienste van die toordokters gebruik, is die swart massas se psiges die ideale teiken vir die bose. En uit hierdie psiges spruit terreurdade voort teen die Afrikaners.

 Een van die grootste denkfoute van die Afrikaners en ook myself tot onlangs is om gebeure in die fisiese wêreld te skei van aktiwiteite in die geesteswêreld.

Ons leef in die fisiese wêreld, maar ook in die geesteswêreld tegelykertyd, maar omdat ons net die fisiese wêreld kan sien, is ons geneig om ons denke rakende ons vyand ook net tot die fisiese wêreld te beperk.

 

En dit terwyl die woord van God ons leer, dat ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen bose magte en kragte in die geesteswêreld.

Omdat ons Jesus Christus is wat die Waarheid is aanbid as ons God, is een van die aanslae teen ons dan ook die leuen, ook in die geskiedenis.

Daardeur word daar 'n permanente ideologiese en sielkundige brandstof verskaf waarmee die slagoffer van die leuen, permanent deur die Satan aangemoedig word om uiting te gee aan sy woede oor die ‘ongeregtigheid’ wat hy in die geskiedenis waarneem.

Die sielkundige ongelukkigheid wat deur die leuen bewerkstellig word, dryf die individu om te reageer. Moord word 'n opsie om van die Afrikanerprobleem ontslae te raak. Die permanensie van die verdraaide geskiedenis, veroorsaak 'n onophoudelike moordveldtog teen Afrikaners.

Alle gevolge van die moorde, is uitkomste wat die Satan verlang, naamlik vernietigde gesinne; haat, tronkstraf, polarisasie en verbrokkelende samelewings.

 

En in Suid-Afrika is die meerderheid van die swart massas al onder die invloed van hierdie demoniese geskiedenis.

Selfs die president, Jacob Zuma se verwysingsraamwerk oor die geskiedenis van grondbesit is gebaseer op die leuenagtige skrywer, Sol Plaatjes se verdraaiings.

So pas in die parlement het Zuma die uitlating gemaak: “A calm Zuma said he would not give the Freedom Front Plus MP a lesson on how the land ended up in the hands of the white minority.

"I'm sure the honourable member does not want me to get to the land question, how the land happened to be in the hands of the minority in the country . We are dealing with this matter responsibly. That does not change the facts of history," Zuma said.

Al wat Zuma nou nog moet doen, is om te handel aan die hand van sy  demonies-geïnspireerde persepsies oor die geskiedenis, wat besig is om sy binneste te verteer.

En vir die Satan om Zuma sovêr te kry om gehoor te gee aan hierdie demoniese fluisterstemme wat hom omring, is nie moeilik nie. Sy hele openbare lewe en onsmaaklike hofsake getuig daarvan.

 

Die groot les wat ons dadelik moet begin toepas as Afrikaners, is die wete dat die fisiese wêreld wat ons omring, ineen geweef is met die geesteswêreld. Die terreuraanslag teen ons as kinders van God, het sy oorsprong in die geesteswêreld.

Geloof in Jesus Christus as ons God; en Gebed moet onmiddellik deur ons begin gebruik word om ons te behoed en te bewaar van die invloede van die bose.

En die hoofterreine waarop die Satan en sy handlangers werk om ons en die res van die mensdom te verwoes is die volgende:

  1. Moord;
  2. Die okkulte;
  3. Wellus;
  4. Trots;
  5. Geestesgesondheid;
  6. Onvergewensgesindheid;
  7. Siektes;
  8. Verskillende tipes kwaad, misdade en booshede;
  9. Vals gelowe.

Volgens onlangs bekeerde Sataniste en kundiges is hierdie nege terreine, die hoofterreine waarbinne die Sataniste sowel as die magte en kragte in ons lewens werksaam is. En dit is juis hier wat ons die grootste weerstand moet bied en onsself, ons gesinne en ons volk moet beskerm.

Die ware geskiedenis van Suid-Afrika is deur Thabo Mbeki en sy kabinet vervang met die ‘Turning Points in History’. Dit is 'n populistiese terreurgeskiedenis, wat dien as 'n permanente instrument waarmee Afrikaners gedemoniseer word in Suid-Afrika

En die permanente aard van die ongelukkigheid wat dit gaan meebring onder die swart bevolking, gaan 'n permanente en vrugbare teelaarde skep in die swart bevolking waarbinne Satan en sy demone kan funksioneer. Die probleem is dat sodra die massas hulle ongelukkigheid gaan begin uitleef en daarop reageer, is die Afrikaners klaar gebrandmerk as demone en ge-oormerk as teiken van terreurdade.

Ons stryd is teen bose magte en kragte in die lug en ons moet begin weerstand bied teen die leuen met alle magte en kragte tot ons beskikking, sodat die Satan kan wegvlug van ons af.

En in die proses moet ons ook besef dat die geskiedenisprofessors aan universiteite van die ANC afhanklik is vir hulle salarisse en nie verwronge geskiedenis gaan regstel waarmee ons gedemoniseer word nie. Dit sal buite om die akademie gedoen moet word deur gemotiveerde individue met geld wat boeke kan publiseer.

En ons moet ons Geloof in Jesus Christus daagliks oefen tot die hoogste vlak. En dit beteken nie dat ons maar net moet glo dat Jesus Christus wel bestaan het nie. Ons moet Geloof hê en nie 'n gewone ‘glo’ nie. Ons sal Hom as God moet ontdek en sien waartoe Hy in staat is, deur ons Geloof in Hom te versterk.

En dit vind natuurlik plaas deur die volgende groot ‘G’ in ons lewens, die van Gebed.

(Pieter Oosthuizen is nagraads gekwalifiseer in Nasionale Strategie.