Die verontagsaming van private besitreg in Suid-Afrika raak almal
Só sien die landbou-organisasie TLU SA Jacob Zuma se Tweede Oorgang (Vry vertaal uit die TLU SA se Internasionale Bulletin):
Vrese in alle sektore van die SA landskap, borrelend onder die oppervlak, oor die ANC se jongste pogings om Suid-Afrika se landboubedryf feitlik ten gronde te rig, is op die spits gedryf in die onlangse vergadering in Pretoria van die Ad Hoc-Komitee vir die Beskerming van Eiendomsreg. Die Regering se Groenskrif op Grondhervorming en die ontwerp-grondbesitveiligheidswet, 2011, is deur die vergadering bespreek.
Hierdie Ad Hoc-komiteevergadering was nie net 'n stoepgeselsie nie. Dit het gehandel oor 'n Suid-Afrikaanse fundamentele – private eiendomsreg - opnuut onder die aanslag van die ANC.
Die verontagsaming van private besitreg in Suid-Afrika raak almal en terwyl kommersiële boere die wetsaanslag op hul grondregte nou vir etlike jare reeds afgeslaan het, skyn dit dat partye uit alle sektore besef niks is veilig waar die ANC betrokke is nie.
Praatjies van “laat alles genasionaliseer word” deur die National Union of Mineworklers of SA (NUMSA) se hoofsekretaris Irvin Jm kan nie sonder meer afgemaak word nie. Inderdaad, wat die ANC-heethoofde sê word met groot erns beskou deur die naïewe volgelinge in die kommunisties-gegronde proletariaat...
Miljoene werkloses glo dat “die grond” hul redding is; dit is die weerklank van die Freedom Charter se voorskrif dat “die grond behoort aan diegene wat dit bewerk”. (Die Freedom Charter, gerig deur aansienlike kommunistiese invloed, is in 1955 deur die ANC aanvaar).
Twintig jaar van verbreekte beloftes beteken niks vir die menigtes nie. Ná alles: Wie nóg bied sulke beloftes, vry, gratis en verniet?
Hoewel die ANC reeds taamlike sosialistiese winste in die mynbedryf en ander sektore toon met behulp van gewettigde diefstal onder die voorwendsel van Swart Ekonomiese Bemagtiging, blyk dit dat die Regering sy mes veral in het vir die Wit kommersiële boer.
GRONDWET
Artikel 25 van die Grondwet – oor eiendom – is vaag. Vermanings oor hierdie ongerymdheid is geïgnoreer met die skryf van die Grondwet, nou is die teerling gewerp. Daar is talle “asse” en “maars” in Artikel 25, soos die feit dat onteiening uitgevoer kan word weens “openbare belang”, “onderhewig daaraan dat vergoeding 'regverdig en haalbaar' moet wees en 'n ewewig tussen openbare belang en diegene wat daardeur geraak word moet weerspieël.” Hierdie vaagheid reflekteer bloot die wese van die Freedom Charter waarop die ANC se Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) gegrond is.
Dit sal verkeerd wees om dit anders te beskou: Die NDR is die ANC se langtermyn kommunistiese plan en, soos sommige sprekers tydens die Ad Hoc-komitee verklaar het, gaan die land nou die NDR se tweede fase binne.
TLU SA se hoofbestuurder Bennie van Zyl en ander sprekers het dit bevestig: Toe die ANC eers mag bekom het ,het die organisasie geen geheim gemaak van die feit dat die NDR fris en gesond maar bloot in sy vroeë fases is nie. Dit is op televisie gekonstateer deur die ANC-hoofsekretaris, Gwede Mantashe, 'n paar dae voor die komitee byeen gekom het. Die Freedom Charter se beskouings dra nou sy vrugte. Die feit dat die Charter se kommunisties-gestileerde beleide so skouspelagtig in Oos-Europa en meer as maar 'n paar Afrika-lande na onafhanklikheid misluk het, word verontagsaam wanneer ANC-ideologie voor praktiese oorwegings te staan kom.
WET
Die Groenskrif-wet maak onder meer voorsiening vir groter regte binne die reeds bestaande “langtermyn-veiligheid vir eienaarskap”-wetgewing vir Swartes wat woon op Blanke kommersiële plase, ingesluit die verskaffing van “alternatiewe grond” aan afgesette Swartes. Die wet is van toepassing op alle landbougrond behalwe grond bewoon deur “tradisionele gemeenskappe”. “Arbitrêre afsettings” word belet en die regte van mense wat woon op plase is talryk, van die reg om vee te besit en om nie “onredelik uitgesluit te word” van hierdie reg nie, weidingsregte, die reg op oeste, om voetpaadjies te gebruik oral op die plaas, om besoekers te ontvang, om familie op plase te begrawe, op toegang tot sogenaamde voorvaderlike grond op die plaas, “om kultuur te beoefen”, op skoon water en elektrisiteit, kommersieel te boer, tot die reg op onderwys vir die werkers se familie, en meer. Al hierdie regte op iemand anders se eiendom!
As 'n werker vir meer as tien jaar by 'n boer in diens was, kan hy op die grond woon tot sy dood, al het hy afgetree. Na sy dood het sy naasbestaandes minstens 12 maande om ander woonplek te bekom.
Afsettingprosedures is lastig. Agt bladsye wetgewing gebied uitvoerig beperkings in die uitsettingsproses, beletsels wat 'n boer ernstig moet laat nadink oor die huur van arbeid! Daar kan geen afsetting wees tensy aan “geskikte proseduriële en wettige veiligheidsmaatreëls”voldoen is wat die werker betref nie. Daar is nog 'n bladsy gevul oor die aangewese afgesetene, ingesluit selfs bepalings oor die verskaf van regshulp aan die afgesetene sodat hy vir hersiening in die hof kan aansoek doen! Afgesetenes mag nie “huisloos” deur 'n afsetting gelaat word, daarom moet die eienaar verseker dat die werker en sy familie 'n ander heenkome het.
ONTEIENING
Die Wet bepaal dat die regering mag óf na ooreenkoms met die boer óf deur middel van die Onteieningswet (63 van 1975) 'n “tydelike reg” op 'n deel van die boer se grond vir hervestigingsdoeleindes vestig. 'n Grondregte-bestuursraad is deur die Wet daargestel, 'n raad wat oor die reg beskik om die grond te mag bestuur vir herverstiging. Hierdie raad word deur die Regering beheer, terwyl die Grondonteieningswet (ook Regergingsbeheerd) nou voorrang het bo 'n landdrosbeslissing in grondgeskille.
ALICE IN WONDERLAND!
Nog 'n voorgestelde maatreël, afkomstig van die Departement van Handel en Nywerheid, 'n sogenaamde gedragskode vir gesonde praktyk vir omvattende Swart bemagtiging in die landbousektor (Kennisgewing 251 van 2012) – is asof uit die Alice in Wonderland-storie! Hierdie voorstel is oënskynlik “om maklike toegang tot die landbou en regverdige deelname daaraan te verseker”. Die wet sluit in moeilike telkaarte, puntestelsels en doelwitte en beslaan 589 bladsye van die gekste eise en voorskrifte vir boere, die boere wat daarvoor 'n heeltydse deskundige sal moet bekom, net om die dubbelsinnige taal sinvol te verklaar vir die praktyk (as sinvol die regte woord is).
Een van die doelwitte is om “volle entrepreneursvaardighede en moontlikhede van swartmense in die landbousektor te onsluit”. (Kritici sal sê Swartes is al vir millennia in Afrika, maar niks het in hierdie verband ontwikkel nie, ook was hulle nie ondernemend genoeg om iets te skep wat neerkom op 'n funksionerende, ontwikkelde samelewing soos Suid-Afrika vandag is nie).
Grondeienaarskap moet “herbestuur” word en die doelwit van die voorgestelde wet “groter deelname en uitgebreider vlakke van beheer deur Swartmense en Swartvroue op raads- en uitvoerende vlak in die landbousektor”. Die landbou-industrie, ingesluit boerdery, moet Swartes bevorder tot “uitvoerende bestuursposte”. (Baie boere bestuur hul plase self. Hulle het nie rade, vergaderings, konferensies en “uitvoerende besuurders” nie.)
Die agri-nywerheid word gevra om gapings te identifiseer wat opleiding betref en bronne toe te deel om te voorsien in opleiding en internskap, en om opleidingsinfrastruktuur daar te stel vir “entrepreneurs, plaasbestuurders en arbeiders”. ('n Ware intrepreneur het nie iets wat vir hom verskaf word nie. Hy is geen entrepreneur as dit gebeur nie!) Boere moet 'n mentorskapprogram daarstel om die vaardigheid van swart werknemers te ontwikkel en van boere word verwag om “Swart werkloses en onder—indiensgestelde bekwames in alle dissiplines” te teiken. Hierdie agri-besighede moet van voorkeur-verskaffers koop. Daarvoor sal punte toegeken word (Of die verskaffer bekwaam en eerlik is, word nie gewaarborg nie!)
Die boer is verantwoordelik vir “ondernemerskapontwikkeling”, omskryf as die “totstandbring, steun en integrasie van Swart ondernemers in die boerdery-besigheid se hoofstroom-prosesse”. Steundienste soos toegang tot finansiering, infrastruktuur, inligting- en kennisstelsels is kernpillare vir volhoubare bemagtigingsinisiatiewe”. Mentorskap (“mentoring”) moet onder meer verskaf word aan Swartes met die oog op toegang tot “insette, krediet, markte, tegnologie en uitbreidingsdienste. Landbougrond moet verhuur word aan Swart entrepreneurs ten einde punte beoog deur die wet te verdien.
Landbou-ondernemings moet onderneem om “by te dra tot die sosio-ekonomiese ontwikkelingsinisiatiewe soos die verskaf van goeie-gehalte behuising, toegang tot water, sanitasie en elektrisiteit, en ook die voorsiening van ontspanningsgeriewe. Nog 'n eis is die verskaffing van gesondheidsprogramme en verbandhoudende dienste met spesiale klem op MI/Vigs. Vervoer moet aan werkers en afhanklikes verskaf word soos na klinieke en hospitale, en die vervoer van werkers se produkte na markte is ook die taak van die boer.
Die verskaf van aftree-, begrafnis- en verwante skemas is die plig van die boer, ook investering in plattelandse skole ten einde voorsiening te maak vir die werker se kinders. Die uitbreiding van geletterdheid is ook 'n plig van die boer. Beursskemas moet daargestel word “ten einde Swartmense se toelating tot tersiêre onderwys te bemoontlik”
