Media

‘N KULTUS IS N KULTUS, AL KOM DIT IN DIE KERK VOOR.

En vandag besing hy die onsterflike terroris Mandela soos 'n hees Louis Armstrong 'n “wonderful world”.

Daar is 'n heidense ding onder die Afrikaner gaande, so erg dat selfs Allan Boesak daaroor spot.

Dit gaan oor die afgodiese verering van die veroordeelde terroris Nelson Mandela.

Maar dat die kerk, daardie instansie wat veronderstel is om die kerkvolk tot orde te roep wat hierdie afgodery betref, sy werk doen, dit kan maar op die maag geskryf en met die hemp afgevee word.

 

Mandela verjaar mos elke jaar en minstens tot die ANC ophou regeer. Al sou hierdie bejaarde terroris in die komende dae die weg van alle vlees gaan.

Ja, nie eens die kerkleiers roep die Afrikanervolk tot orde nie. Nee, hulle doen lustig daaraan mee. As hierdie skrywer dit reg het was 'n Symington voorsitter van 'n vorige sinode van die NG Kerk. Hierdie selfde Symington is 'n rubriekskrywer in die vrouetydskrif, Rooi Rose.

 

Nou weet hierdie skrywer nie of dit verlede jaar hierdie tyd se Rooi Rose was of dalk 'n vorige jaar s'n nie, hierdie afgodery het al soos die Durbanse July 'n instelling geword. Maar in daardie uitgawe is 'n klompie Afrikaner-glitterati gevra wat gaan hulle in 'n klompie heilige minute wat op 'n bepaalde dag vir Mandela opsy gesit word doen.

Kan nie onthou of Symington gesê het hy gaan in lotusposisie sit en oor al Mandela se weldade, dis nou behalwe die Ellispark-bom-ontploffing, peins nie, feit is dat hy met geesdrif aan die raserny sou deelneem.

Dat Mandela-dag holler as 'n paaseier en Kersfeesvreugde in 'n Jood se winkel is, kwel niemand nie, klaarblyklik ook nie vir Symington nie, laat ons eet, drink en rugby kyk want more sterf ons.

Van rugby en rugbyspelers geskryf...

Die  hoofattraksie in vanjaar se vieringe sal om rugby en rugbyspelers draai. 'n Moslem, ene Joesoef Abramjee van die Mandela-stigting, sê Kobus Wiese, slot in die rugbyspan wat in 1995 die wêreldbeker op Ellispark, seker nie honderd meter van waar die Ellispark-bom wat einste Mandela se ANC geplant het ontplof het nie, gewen het, is deel van die makietie. Wiese is klaarblyklik nog onder die 1995-narkose, die mense wat ek ken daar op Heidelberg (waar Wiese woon), daar langs die sagvloeiende Blesbokspruit, kant en wal van suur mynwater, sê hulle dink nie Wiese sal hom, behalwe uiteraard vir 'n bier of twee, skuldig maak aan die gebruik van narkotiese middels nie.

Nog 'n ou, seker al hierdie tyd gewoond aan Mandela-makieties, wat deel is van die jongste opregte vreugdefees, is Kurt Darren. Nogal groot opgang wat Kurt gemaak het sedert hy en 'n klere-uitruster in 1996 van Radio Pretoria gebruik moes maak om sy sangloopbaan van stapel te laat loop. En vandag besing hy die onsterflike terroris Mandela soos 'n hees Louis Armstrong 'n “wonderful world”.

Rugby en rugbystadions (en seker enige ander sportstadion) is uiteraard die ideale plek om mense tot dweepsiekheid op te sweep, daardie gevorderde klankstelsels en groot TV-skerms sal 'n Pavlov-hondjie binne sekondes maak kwyl.  En as jy eers in daardie stadion is en daar sit, dan sit jy en moet dinge wat hulle daar afspeel jou maar welgeval.

Alles onderworpe aan “stadionbestuur”. Ja, daar is selfs wette en regulasies deur die ANC-regime uitgevaardig wat 'n stadionbesoeker willose zombie maak.

Van daardie wette verbied jou om die vlag van jou keuse die stadion binne te bring. In Europa gaan dit net so erg, as jy jou gesig te veel trek dan voer hulle aan jy gedra jou soos 'n aap en verkleineer sodoende mense uit Afrika.

Hierdie wette, voorskrifte en regulasies vir sport- en in besonder rugbystadions in Suid-Afrika, kom al 'n hele entjie. Dit kan bes moontlik onder die opskrif, Du Plessis, du Plessis en du Plessis verduidelik word.

Die eerste Du Plessis in hierdie vertelling is Michael du Plessis, een van drie broers wat daar in die jare sewentig en tagtig Springbok-rugbyspelers was. Michael kon 'n rugbymiddelveld afslag, of hy nou senter of losskakel gespeel het. Later het Michael se persoonlikheid weens Christelike verdieping meer besadig geword. Maar daar was 'n tyd in sy lewe dat hy nie voor 'n toetswedstryd vir Die Stem (die regte een) op aandag wou staan óf dit sing nie.

Luke Watson se meer onlangse manewales waarin hy op die Springboktrui wou opgooi, was sommer 'n vulletjie teen hierdie vasbeslote Michael du Plessis. In kort: Michael du Plessis was 'n rugbyspeler wat nie met sy oortuigings en beginsels laat mors het nie.

Die tweede Du Plessis is Morné, andersins bekend as Naas Botha se aartsvyand. Morné du Plessis se lyf- en spreektaal was dié van 'n PFP, al doer toe hy nog rugby op Stellenbosch gespeel het.

In 1996 is daar 'n rugbytoets in Bloemfontein gespeel. Morné was by die spanbestuur van die Springbokke betrokke.

Dit was twee jaar na ANC-oorname en die kommuniste en die ou Nasionale Party en Progge se Nuwe Suid-Afrikaanse wittebrood in sy volle glorie. Maar in die ou Vrystaat-stadion het duisende Afrikaners  hul ou Suid-Afrikaanse vlae verwoed en anachronisties gaan rondswaai.

Morné du Plessis was kwaad, hoe durf hulle, wat hy alles gesê het kan ek nie onthou nie.

Ek het toe nog by Radio Pretoria gewerk en besluit ek bel hom.

En is deur 'n heel aangename, toeganklike Du Plessis te woord gestaan; hy het my selfs  'n ligte argument toegelaat.

Of Du Plessis nog so vurig agter die bont nasie staan weet ek nie, ek vermoed maar hy is een van die met so 'n strewe in sy gene. Dit is sy saak.

Die derde Du Plessis in hierdie vertelling is die nimlike Tim.

Tim du Plessis moet maar hierdie Du Plessis, du Plessis en du Plessis-sage verduur. Soos die Mulders die Mulder, Mulder en Mulder-sage deur die Naspesnuuskartel moet sluk.

Laasgenoemde Du Plessis, enigste en enkellid van die Naspesnuuskartel se dinkskrum, is in die nuus oor sy “anders-is-ons-onderdeur”-bekentenis, daardie bekentenis na 'n benoude SOS van hom aan die Nasionale Seereddingsinstituut, die afdeling Burgerlugvaart, ambulanse en brandwere dat die Nuwe Suid-Afrika nie net brand nie, die spulletjie sink ook.

Ek het aan die AVP-leier mnr. Danie Varkevisser laat blyk ek trek gewoonlik nie veel peil op wat Tim du Plessis skryf nie maar ek sal tog maar ter wille van deeglikheid hierdie Naspes-dinkskrum op 'n kenmerkende enkellopie as luisterpos gebruik.

In die naweek se Rapport skryf Tim, lewensgroot agter die deur en onder die opskrif, 'n Party in ontkenning: “'n ANC wat sy regeerplig getrou nakom, sal, om dit bar te stel, sommer vele wit bitterbekke toe regeer. Hulle selfs oorrompel met bewondering, al is dit dan teësinnig...”

Daar het jy dit: Tim du Plessis, die orakel, het gespreek.

Sy SOS nou aan die ANC gerig.

Dit terwyl die enigste oorrompeling in die land aan't gebeur die oorrompeling en doodslag van Afrikaners deur Swart terreurbendes is, dit het jy nou van oorrompeling, Du Plessis, alte dikwels sommer 'n pap baba ingesluit om in sterwensbloed hom of haar dood te roggel.

Maar nou ja, die ÁŃĆ moet nou met 'n reddingsplan vorendag kom, vergete is die brandweer, ambulans, seereddingsinstituut en burgerlugvaart na wie Du Plessis so week of wat gelede uitgereik het in sy “anders-is-ons-onderdeur”-verklaring.

En, lyk dit, soos die moeson vir Indië sy reën bring, so is die ANC slaggereed om te help, Tim.

Omgord jou vir Nelson se verjaardag.

Maar moet nie die gepaardgaande jolyt vergeet nie.

En daardie knalle en ontploffings wat jy tussen daardie rare jolyt deur hoor... Dis nie almal klappers nie.