Media

SEKS OP SKOOL!

Skole of bordele?

Wanneer naïewe swangerskappe oorweeg word, moet die “provokasie” waaronder liggaamlik ryp jongmense in die land en die wêreld staan, vir 'n oomblik oorweeg word.

Die Swart provinsiale minister wat onderwys in Natal in sy ystergreep het is kastig bekommerd oor die toename in swangerskappe in die provinsie se ANC-skole.

In die reaksie word daar ook, tereg, gewys op die betrokkenheid van volwassenes, die afleiding is dat dit onderwysers is, by hierdie swangerskappe.

Die woord “kastig” word met 'n rede gebruik.

Want op so 'n swangerskap volg 'n kind, volg maatskaplike toelaes. Maatskaplike toelaes wat reeds meer as 15 miljoen ontvangers betrek. Hierdie 15 miljoen, uit 'n bevolking van 50 miljoen, is reeds meer as 'n tiende van die land se bevolking. Hierdie verhouding is so buitengewoon, veral as al die permutasies, soos byvoorbeeld hierdie 15 miljoen se verhouding tot salaristrekkers en getal belastingpligtiges wat die rekening moet vereffen, in ag geneem word, dat hierdie bestel die beskuldiging dat hy 'n welsynstaat is lag-lag slaag.

 As Swede dan die uitvinder van die Westerse welsynstaat is, in Suid-Afrika is dit op sy bisarre Afrika-manier vervolmaak, dis nou as u hierdie skrywer sy onderbeklemtoning vergewe.

In die nuus oor die swangerskappe is daar nie syfers verstrek oor hoeveel daarvan Blank en hoeveel Swart is nie, die verskoning van agter die rassistiese vyeblaar van die ANC-segslui heel moontlik hulle stel nie belang in sulke rasse-persentasies en verteenwoordiging nie - behalwe as daar 'n verbod op Blanke indiensneming deur Johannesburg-stadsraad se Swart base ingestel word..

Wat wel 'n taamlik stellige boodskap is, wat in die tamboerslae wat van die lokasies na die Blanke gebiede oorgewaai het, is dat onder Thabo Mbeki se leierskap daar 'n nie-amptelike Afrika-ontwikkelingsprogram onder die Swartes vaardig was. Buite-egtelike swangerskappe is aangemoedig. Soveel so dat selfs  tienderjariges deur die ouer Swartes verkrag kon word ten einde Swart bevolkingsgroei aan te help.

Dis bekend dat in sowat 52 persent gevalle kinders se pa's nie deel van die huishoudings is nie. Weer eens glo ek nie daar is syfers beskikbaar wat die Afrikaner-deel van die bevolking betref nie. Wat hulle betref kan dit selfs hoër wees. Want die Afrikaner het die slagoffer by uitstek van 'n trekarbeidstelsel geword, in die gemeente waar ek is moes ons juis weer verneem een van die vaders is op pad Rusland toe, dis al plek waar hy 'n werk met 'n behoorlike salaris kan kry. Wat ook al, trekarbeid is trekarbeid, of die vader nou 200 kilometer van sy gesin af moet werk of 12 000 kilometer.

(Terloops: In die laat vyftigs en vroeë sestigs van die vorige eeu het dr. H.F. Verwoerd telkens deurgeloop onder die verwyt sy regering laat die “gehate trekarbeidstelsel” toe. Die verwyters? Die Engelse koerante van die grootste bedrywers van die trekarbeidstelsel, die land se ryk Joodse mynbase! Vandag beoefen hierdie myne steeds die trekarbeidstelsel. Die verwyte het egter stil geraak, die mynbase se politieke doelwit van 'n manipuleerbare Swart regering is bereik.

(Trekarbeid het gelyk geloop met massabehuising bekend as die kampongstelsel. Daar waar ek in die spoorwegdorp Elandsfontein (in Germiston) grootgeword het, was daar langs die spoor na Pretoria ook 'n spoorwegkampong. Dr. Verwoerd het van regeringskant 'n snelle einde probeer bring aan die kampongstelsel en ook Elandsfontein se spoorwegkampong is ontruim. En sodoende is 'n nuwe speelplek vir die jongelinge van Elandsfontein geskep en so vorm 'n leë, stowwerige kampong deel van 'n sorglose jeug!)

Wat die voorkoms van swangerskappe op skool betref, is daar sekerlik die naïewe swangerskappe teenoor die opsetlike swangerskappe. Verwant aan hierdie saak is die swangerskappe wat volg op buitehuwelikse verhoudings wat deur ouers en voogde goedgekeur word. Ek glo syfers oor hierdie saak wat Afrikaners betref, sal enige verantwoordelike Afrikanerinstansie ontstel.

Wanneer naïewe swangerskappe oorweeg word, moet die “provokasie” waaronder liggaamlik ryp jongmense in die land en die wêreld staan, vir 'n oomblik oorweeg word.

Die eerste is die “nie-emosionele” faktor, die vryelike beskikbaarheid van voorbehoedmiddels soos kondome, maar ook die meer gevorderde mediese maatreëls. Sou gratis kondome by 'n skool u goedkeuring wegdra as u 'n ouer van 'n kind op daardie skool wees? En wat van die skool se amptelike en nie-amptelike leerplanne waarvan seksvoorligting 'n deel is. Ek glo reeds met die eerste blyke van sulke voorligting, al daar in die jare vyftig van die vorige eeu, is dit deur die konserwatiewe en verantwoordelike deel van die Westerse kerk geweeg en te lig bevind.

Maar daar is ook die onsigbare seksuele drywers in die samelewing, een van die groot aanwenders daarvan die advertensiewese. Dit lyk of nog net die handelaars in begrafnis- en versekeringspolisse  nie van seksuele drywers of prikkelaars gebruik maak nie. Oordeel maar self wanneer u 'n advertensieflits op die televisie sien in hoeveel gevalle is daar seksuele drywers, soveel so dat die Santam- en Nando-advertensies van die ou wat baie formeel by 'n kroegtoonbank 'n prekie afsteek dadelik aanvaar is as 'n vars briesie in daardie bedryf.

En dan daardie sepies, lankal nie net meer die sepies uit Amerika nie. Dink maar aan die sepies hier gemaak, toegespits op hoofsaaklik Swart kykers en probeer u hulle nimmereindigende verveling voorstel as die skrywers van die reekse verbied sou word om ryk magnate en buitehuwelikse verhoudings uit te beeld.

En met hierdie blootstelling word die jeug in hierdie land, Wit en Swart, daagliks die samelewing ingestuur. Ook skool toe gestuur.

Dink u dat 'n derdewêrelds ANC-kommissar 'n kat se kans het om hierdie saak reg te stel?

Ek hoor nou die oggend op 'n radiostasie hoe 'n slim ou praat oor paradigmas. Daar is die Christelik- Westerse paradigma, op die uittog en aan't vervang deur 'n nuwe algemeen wêreldse, sê maar sekulêre paradigma. Die Swartman is vir 'n groot deel van sy lewe nog onderhorig aan die in-stam-gebonde paradigma waarin voorvadergeeste 'n oorheersende rol speel (vra maar vir Jacob Zuma, hy dreig selfs sy volgelinge met die ontevrede voorvaders), en die algemeen wêreldse paradigma met sy elektronika en televisie en sepies en vrye liefde wat daarmee meeding.

Maar weer die vraag: Dink u dat 'n derdewêreldse Afrikaan en ANC-kommissar 'n kat se kans het om ook u kind of kleinkind die regte leiding te gee wat betref 'n intieme saak soos die seksuele?