DIE AARD VAN DIE STRYD
Na 1994 soos na 1900
Weer Verraaiers, Oorgeërs, Vredemakers en Bittereinders
Oor sekere politieke argumente wat in omloop is en wat onsekerheid skep as dit nie effektief beantwoord word nie, moet groter helderheid gegee word, veral in die lig van die verwagte party-politieke verwikkelings in die aanloop tot die 1999-verkiesing, en ook die honderdjarige herdenking van die uitbreek van die Anglo-Boere-oorlog in dieseifde jaar.
Woorde om te bewimpel
Een van die huidige verskynsels is dat sekere politieke partye wegskram van woorde met bekende betekenisse soos "beginsels" en "beleid" en in plaas daarvan praat oor "missie" en "visie", wat vatbaar is vir enige vertolking en amper die indruk gee van 'n voel-voe!-beweging in 'n digte mis. Die nuwe vermomming van die NP se voortgesette politieke verraad is die "Akte van Geloof van Marthinus van Schalkwyk.
So ook, vandat die militere pensioenaris, genl Constand Viljoen, in 1993 op die politieke toneel ontpop het as "die groot strateeg", het dit mode geword in die party-politiek om "strategie en taktiek" in omloop te bring met 'n bykans magiese omgeefdheid, asof net die gebruik van die woorde reeds die oplossing van die probleem is.
"Strategie" is eenvoudig die wyse van na-strewing van die doelstelling — in oorlog die oorwinning oor die vyand. "Taktiek" is die dag-tot-dag tussenspel waarin die vyand uitgelok word tot verkeerde besluite, frontveranderings gemaak word om hom te mislei en verrassingsaksies geioods word om hom te ontmoedig en te verswak. In die dertigerjare het die liberalis Jan Hofmeyr gewys op die verskil tussen die doelwit en wat hy genoem het "the long, slow and painful steps by which it must be reached". Dit laat blyk die onderskeid tussen strategie en taktiek baie duidelik.
Politieke stryd en gewapende stryd
Strategie en taktiek is belangrik in enige stryd, hetsy militêr, ditsy revolusionêr, polities of selfs persoonlik. In die huidige situasie in Suid-Afrika gaan dit om 'n politieke stryd. Maar tussen die politieke en militere stryd is daar 'n smal grens. Soos Carl von Clausewitz gese het: "Beleid is die voortsetting van oorlog met ander middels", en Lenin dit omgedraai het tot: "Oorlog is die voortsetting van beleid met ander middels", kan in die Afrikanergeskiedenis soos in 1881, oorlog die voortsetting van beleid met ander middels word, en soos na 1902, beleid die voortsetting van oorlog met ander middels word.
Om enige strategie en taktiek te bepaal, moet die heersende toestand allereers duidelik en korrek begryp en gedefinieer en die verband tussen dinge ingesien word. Alleen dan kan 'n juiste toekomsbeeld gevorm word op grond van moontlikhede en waarskynlikhede en kan die sterk en swak punte aan weerskante aangedui word vir evaluering. Suksesvolle taktiek en strategie begin by die juiste begrip van die bestaande werklikheid — die sterk en swak punte van die ander kant; die strydmiddels tot beskikking, die persone wat dit kan hanteer, die tyd- en ruimtefaktor en dies meer.
Daar word algemeen erken dat die HNP-leiding se voorspellings byna altyd reg en sy waarskuwings vanpas was. Dit was omdat hy 'n juiste begrip van die waarheid gehad het en die verband tussen dinge ingesien het. Om gevare vooruit te sien en daarteen te waarsku, is om reeds die regte taktiese sin te openbaar — net soos 'n militere leier 'n hinderlaag raaksien en dit vermy, of 'n valse beweging van die vyand eien en daarteen waarsku.
In die verband is dit ter sake om weer die beskouing van CH Douglas, 'n denker van formaat, aan te haal. "Die ware toets van wetenskaplikheid" het hy gese, "is standhoudend juiste voorspellings. Egte profete, waaronder ook staatsmanne, is die wat weens hulle begrip van die waarheid, die gevolge van sekere beleid goed vooruit kan sien as daarmee volhard word". Dit is die verdienste van die HNP-leiding dat hy met akkuraatheid die gevolge van die NP se veranderde beleid vooruitgesien en die moed gehad het om dit in belang van Suid-Afrika en die Blankedom teen te staan.
Die aanslag op die NP se sportbeleid wat in 1967 begin het, met rugby as die gevegsterrein, duur nog voort. En die toegewings wat destyds en daarna gemaak is, het die voorwaarde geskep vir die volskaalse stryd teen die Afrikaanse taal, onderwys en geskiedenis.
Wese van heersende toestand
Geen taktiek en strategie kan suksesvol wees as dit nie gebaseer is nie op 'n juiste definisie van die werklikheid en begrip van die waarheid van waaruit die gevolge van 'n beleid voorsien kan word. So, in die huidige situasie in Suid-Afrika, is die eerste saak wat aangespreek moet word, die definiering van die hedendaagse werklikheid. Daarvan is die wesensaard dat ons ln oorwonne volk is weens bedrog en verraad, dat ons selfrespek daardeur baie erg aangetas is, en dat terwyl ons verdeeld, verswak en verraai is, die vyande voortgaan om, as die veroweraar, ons te vervreem van ons eie, te verdring uit ons erfenis, te verguis oor ons geskiedenis, en ons te verneder voor ons vyande.
Konvensionele stryd verby
Soos elders geskets is, stem die Afrikaners se huidige na-oorlogse posisie in belangrike opsigte ooreen met die van die Boereleers na die beëindiging van die beleg van Ladysmith, Kimberley en Mafeking, die oorgawe van Cronje by Paardeberg, Prinsloo by die Brandwaterkom en die Britse besetting van Bloemfontein en Pretoria. Dit was (op enkele veldslae na) die einde van die konvensioneie militere stryd. Genls Botha en Smuts het aan pres Kruger getelegrafeer dat hy dadelik ten alle koste vrede moes sluit. Pres Steyn het egter ingegryp en in 'n telegram die Transvaalse leiers feitlik van lafhartigheid beskuldig en hulfe opgeroep tot voortsetting van die stryd. Daar is die verdelingslyn getrek tussen die oorgeërs-vredemakers aan die een kant en die Bittereinders aan die ander kant, wat later die grondslag geword het van die Sap/Nat-verdeling, wat onder ander name voortgeieef het, onder andere as Verligtes en Verkramptes, maar eintlik net neerkom op Afrikanernasionaliste teengestaan deur libera-liste, wat be'invloed word deur die Engelstalige magsentrums buite Suid-Afrika.
Net 'n enkele telegram van een leier met integriteit en moed het in daardie stadium 'n dramatiese swaai aan die geskiedenis gegee en die Bittereinders in die brandpunt van die historiese stryd geplaas. Dit het die daad geword wat die sneller getrek het vir die gueriflastryd wat daarna begin het en amper twee jaar lank geduur het. Dit het 'n Boereheldedom opgelewer wat die volk trots en selfrespek gegee het. Cecil Headlam (in The Milner Papers) het hieroor geskryf:
"For eighteen months still these sturdy Dutch farmers, brilliantly fed, fought gallantly on, undeterred by infinite hardships, unshaken by innumerable hairbreath escapes, in a passion of patriotism and hate of British interference, dour, desperate, irreconcilable".
Dit was Afrikanertrots in aksie.
Die guerillastryd was in wese om die Boere se volkstrots en selfrespek te handhaaf. En daarin het die verbete Boerevegters geslaag, hoe onmoontlik dit ook al gelyk het met die vyandige oormag wat tot sowat 400 000 man aangegroei het, teen die kwynende weerstand van uiteindelik 14 000 Bittereinders.
Tegelyk het hulle die grondslag gelê waarop die Bittereinders daarna die politieke stryd gevoer het. Kapt John McCord skryf hieroor in The South African Struggle:
'There had been no acceptance of defeat by the nation, the battle for the homeland had merely shifted to another plane. This strength of purpose, its indomitable courage, endurance and devotion, the will to survive, and the intelligence to know how to meet the bitter reverses, is not surpassed in any land.
"The years of war, a nation decimated, a country devastated, had merely put a tougher steel, a sharper edge to their determination to regain their national rights".
Dit is die nalatenskap van 'n heldegeslag waarop hulle nakomelinge kon steun in die voortgesette vryheidstryd.
Wanneer 'n mens in die toekoms kyk, is al gesê, kan jy net so ver sien as wat jy in die verlede kan terugkyk. Dit bevat 'n groot waarheid. 'n Amerikaanse skrywer sê: "Abraham Lincoln looked as far ahead as he looked back'. Die les van die Afrikaner-geskiedenis is dat wanneer 'n stryd verloor is, dit met ander middels voortgesit word. Die konvensionele politieke stryd in Suid-Afrika is verby na 27 April 1994, net soos die konvensionele militere stryd na 30 Junie 1900 verby was met die Britse inbesitname van Pretoria. Polities is die Afrikaners in 'n soortgeiyke posisie as die Boerevolk militêr gesproke na Junie 1900 was.
