Media

HY WAT DIE GESKIEDENIS MINAG,...

... IS GEDOEM OM DIE FOUTE VAN DIE VERLEDE OOR TE LEEF!

Is dit nie wonderbaarlik hoe die geskiedenis homself kan herhaal nie ?Wat egter tragies is, is dat ons leiers van 1994 geen lesse uit die verlede geleer het nie.  Kom ons kyk kortliks na die gebeure.

Dingaan en Piet Retief kom ooreen dat indien Piet Retief die gesteelde beeste kan terugbring Dingaan die grond traktaat sal teken wat toe ook inderdaad gebeur het. Dingaan beskou die traktaat egter as ‘n waardelose stukkie papier, sorg dat Piet Retief en sy manne hulle wapens buite die kraal laat en vermoor hulle almal. Daarna volg die moorde op Weenen en Bloukrans. Toe kom die slag van Bloedrivier. Dit is alles feitelike geskiedkundige gebeure.

Future Worries en Mandela kom ooreen om ‘n nuwe Grondwet te aanvaar ( traktaat ) en die veiligheids dienste word op ‘n skinkbord aan die ANC oorhandig. ( Laat die wapens buite die kraal ) Die ANC beskou die Grondwet nou as ‘n waardelose stukkie papier en sedert 1994 is meer as 3 000 blankes vermoor ! ( Weenen en Bloukrans ) Sal die ekwivilent van die slag van Bloedrivier die verwagte plaas/eiendoms besettings wees ?

Die vraag is dus tans of ons die lesse van die geskiedenis ter harte gaan neem en laer gaan trek en die komende aanslag gaan afweer ?  Die finale vraag is dus nie of ons die huidige Grondwet in stand kan hou soos bepleit word nie maar wel of ons die gewapende aanslag sal kan afweer al dan nie.