Woeps! G'n politiek in moord op AWB-leier
Die bevinding van die regter in die saak oor die moord op die AWB-leier mnr. Eugene Terre'Blanché, dat daar nie politiek by betrokke was nie, is om die minste te sê baie eienaardig.
In die nuusmedia se verslae oor die verhoor is daar nie gerapporteer dat die Staat of enige ander deelnemer aan die verrigtinge in die hof hulle danig met hierdie aspek, so kenmerkend van die bloedige moorde en misdade waarin Afrikaners in die besonder, en Blankes in die algemeen die slagoffers van Swart aanvallers is, besig gehou het nie.
Die waarnemer sou verwag dat waar 'n mens soos die gewese AWB-leier, aan die spits van 'n politieke beweging wat hom vir Afrikaner-selfbeskikking en beveiliging beywer, daar deur die Staat getuienis aangebied sou word om hierdie aspek (dit is politieke betrokkenheid) in behoorlike perspektief voor 'n hof te bring.
Vir so 'n aanbied van getuienis loop daar mense in die land rond wat hulle as groot kenners aanbied, een so 'n mens ene Johan Burger ('n betaalde ANC-regime-amptenaar), 'n mannetjie wat vroeg en laat deur die nuusmedia aangehaal word asof daar geen politiek nog ooit by hierdie klaarblyklike etniese uitwissingsprogram waaronder die Afrikaner in die land gebuk gaan, betrokke was nie. 'n Ander persoon is genl. André Pruis, 'n polisie-kommissaris wat ook graag verkondig die moordprogram wat Swart op Wit in die land uitvoer, is sommer misdaad.
Maar wat word gister in die uitspraak van John Horn waargeneem? Hy sê daar was geen politiek in die moord op mnr. Terre'Blanché betrokke nie. Woeps!
En nou staan dit daar op 'n Suid-Afrikaanse hofrekord en dié stink uitspraak word die wêreld ingestuur en die Afrikaner is maar weer net die agtelosige burger wat hom self en sy eiendom nie teen misdaad oppas nie.
Almal wat die vordering van die polisie-ondersoek na die moord gevolg het, weet dat dit die grootste verleentheid nog was vir die sistematiese ondersoek van 'n misdaad om die beskaafde wêreld te tref.
Nou hierdie bevinding van Horn, 'n regter met 'n Engelse uitspraak of hy so reg uit Houghton is, só Engels dat 'n mens wonder of hy 'n plakkaat van lord Alfred Milner op die deur van sy stort aangebring het.
Op hierdie webbladsy is destyds na die moord op mnr. Terre'Blanché onder meer verwys na ondersoeke wat 'n organisasie (AKSA) op die moordtoneel self en in die omgewing van die plaas gedoen het. Daardie organisasie se gevolgtrekking was dat daar wel op “gevegstekens”, een van die kenmerke van 'n goed-georkestreerde aanval, en nie sommer 'n misdaad ter wille van Swart skraapsug nie, gevind is.
Soos ander kritici laat blyk het lyk dit met die eerste aanhoor van Horn se uitspraak of hy hom heelwat meer tyd moes gegun het voor hy met sy uitspraak gekom het en miskien 'n deeglikheid aan die dag gelê het soortgelyk aan dié waaraan die beskuldigdes in die Boeremagsaak onderwerp word. So ver dit sy bevinding oor die jeugdige aangaan: Hom skuldig bevind aan diefstal? Hoe dan? Het hy en die hoofbeskuldigde probeer om hul misdaad te verberg, soos wat daar in 'n diefstal verwag word, as hulle die polisie opbel en spog, ha! Ons het die AWB-leier vermoor?!
Nee wat, John Horn, dink weer.
Gordel vas vir Die Dor, Swart Seisoen
Blankes wat klip gooi in optogte waarin Afrikaners saam met Swartes opgevorder word om politieke punte aan te teken en obsene skilderye van 'n Swart beweerde staatshoof wat met verf in 'n kunsgalery betakel word.
Met dié nuwe styl van politiek bedryf in die land.word die gedagtes gedwing om 'n draai te gooi by daardie, so is dit aan almal wat 'n oor gehad het om te hoor vertel, “afstootlike regse radikale politiek” van die 1970's, 80's en vroeë 90's.
Onwillekeurig ook aan een van die voorsangers van daardie deuntjie, Adriaan Vlok, 'n mens wat as minister van polisie destyds die outeursreg op daardie deuntjie gehad het met al die staatinlinligtingsmasjinerie agter hom. Om darem nie te vergeet dat daardie staatsinligtingsmasjinerie dikwels self agter hierdie “radikale, regse politiek” gesit het nie.
Dit maar net terloops.
Met die aanskoue van Helen Zille van die DA aan die toi-toi en aaklige tonele in die strate waarin Wit en Swart saam slaags raak teen Swartes en die klippe zoei, gaan die gedagtes egter nóg verder terug en wel na die stigtingsdae van die ou Herstigde Nasionale Party. Toe dr. Albert Hertzog en mnr. Jaap Marais se vergaderings deur die gooi van vrot eiers en vrot tamaties ontwrig is. Hierdie ontwrigting, die geel van die eiers wat van die gesigte van die leiers van die voormalige HNP afloop, is dan noukeurig deur John Vorster se koerante op kamera vasgelê. Een van die redes van Vorster en die duister kliek agter hom vir hierdie gewelddadige ontwrigting van vergaderings was om 'n assosiasie van geweld met behoudende Afrikaner-politiek daar te stel.
As Helen Zille se uitsprake bekyk word het die tyd van “radikale liberale politiek”, wat klaarblyklik grootliks sal bestaan uit betogergeweld, aangebreek, die eerste aflewering daarvan die DA se optog na COSATU se kantoorgebou in Johannesburg se middestad verlede week.
Maar:
Daar is 'n belangrike verskil tussen die geweld wat die DA beplan en dié van die geweld wat destyds deur John Vorster en sy trawante op die ou HNP losgelaat is.
Maar net voor u sê, maar natuurlik, oorweeg eers die volgende:
Helen Zille en haar duister trawante doen wat hulle doen bedag en opsetlik. Daar het 'n berekende verandering aan die DA se postuur gekom, Helen Zille wat nie meer net sal toi-toi nie maar dalk weer 'n 'n “struggle”-liedjie of twee wat sy destyds geneurie het saam met die ANC-bomplanters wat sy versteek het, sal opdiep en nou hardop sing.
Want wat hulle klaarblyklik vir die land voorberei het is nie 'n Arabiese Lente soos reeds allerweë voorspel word nie, 'n Arabiese Lente daardie gewelddadige regeringsveranderinge soos onlangs in Egipte, Tunisië, Sirië en Libië gesien is. Op die einde van die dag (soos Naas Botha graag sê) is dit egter dieselfde magte as dié agter die Arabiese Lente wat vir die onstabiliteit in die land verantwoordelik sal wees.
Tog behoort daar weens die besondere kenmerke van die land (dit is nou sy bevolkingsamestelling maar ook die aard van die groot besittersklas in die land (Jode)), 'n duidelike onderskeid tussen die eienaardighede van die rewolusies in noordelike- en Suid-Afrika te tref. Die Suid-Afrikaanse een hoort bekend te staan as Die Dor, Swart Seisoen ('n lente kan dit tog nimmer wees nie).
Wat is die groot en uiteindelike doelwit van Zille en haar trawante soos die Naspes-koerante?
Oënskynlik om die ANC se planne om die nasionalisering van myne, besighede, banke en grond te keer, daarby ingesluit die kroon in Die Geldmag se juwelekis, Die SA Rerserwebank (nee, dit het nog nooit aan die staat behoort nie).
En moet nie dink Julias Malema is vir Die Geldmag die groot kokkedoor wat uit die weg geruim moet word ten einde die nasionaliseringsplanne te stuit nie, nee, dis niemand anders nie as Jacob Zuma.
Zuma, die nimlike hy van wie obsene skilderye toevallig in 'n galery met die Joodse naam Goodman in Johannesburg hang (of gehang het).
Ten slotte 'n boodskap aan daardie bedaarde Boere-oom- en tannie in die ouetehuis wat elke keer deur die DA-verteenwoordiger na die stembus in die lokasie aangery word om sy of haar kruisie vir Helen te trek: Helen se meesters sal nie skroom om hierdie land in bloed te dompel ten einde te verseker dat die ANC en Zuma nie die myne, besighede en banke afvat nie.
O ja, vir die grond, in die verlede grootliks in besit van die Afrikaner, het hulle nie 'n snars omgegee nie, dié grond wat nog nie Swart besitters het nie is flink na hulle op pad - dit gaan oor die mineraleregte. As die mineraleregte eers almal na die Zuma-familie en vriende oorgegaan het, sit Die Geldmag behoorlik in die hek. Wêreldwyd.
