WILLIE ESTERHUYSE SE BLIK WURMS!
DIE LAASTE BLANKE VERKIESING
Die laaste Blanke verkiesing in Suid-Afrika het op 6 September 1989 plaasgevind. Die slenter was om die sterkste blanke party te kies wat sonder twyfel die verkiesing sou wen, en om daardie party se top leiers se politieke siening te verander. Op daardie wyse was dit onvermydelik dat die blanke kiesers hulle eie ondergang sou bewerk deur daarvoor te stem! Slegs enkele Afrikaners het dit verstaan en daarteen gewaarsku, dog tevergeefs. Die Nasionale Party se momentum wat deur leiers soos dr. Malan, adv. Strydom en dr. Verwoerd opgebou was, was die golf waarmee de Klerk en sy verloopte kabinet die Afrikanervolk oor die afgrond gestoot het.
Die valse NP-propaganda van eie skole, eie woongebiede het die NP weer aan bewind ge- stel sonder dat die kiesers besef het dat die NP klaar onderhandel het om die mag aan die swartes te oorhandig! Dat die NP SY CHRISTELIK-NASIONALE BEGINSELS EN BELEID REEDS VERSAAK HET VIR DIÉ INTEGRASIEBELEID VAN DIE SUID AFRIKAANSE PARTY (SAP),VERENIGDE PARTY (VP), PROGRESIEWE PARTY (PP), PROGRESIEWE FEDERALE PARTY (PFP), DEMOKRATIESE PARTY (DP) WAT NOU DIE DEMOKRATIESE ALLIANSIE (DA) GEWORD HET, WOU EN KON HULLE NIE GLO NIE!
DE KLERK SE ROOI-VRYDAG TOESPRAAK
Op 14 September 1989 is De Klerk as president ingesweer. Sleg 6 maande later, op 2 Februarie 1990, het hy sy berugte "rooi"-Vrydag toespraak in die Parlement gehou en aangekondig dat hy die verbanning van die ANC, PAC en SAKP gaan ophef; Nelson Mandela en alle politieke gevangenes gaan vrylaat en die UDF, die National Education Crisis Committee en nog ander verbanne organisasies gaan wettig.
Hy het verklaar dat hy na die goedkeuring van ʼn onderhandelde grondwet, stemreg aan almal in Suid-Afrika beskikbaar maak, wat sekerlik die aardskuddendste aankondiging was waaraan die Afrikanervolk sedert 1948 blootgestel was. Dit sou die einde van die Afrikaner se seggenskap in sy eie vaderland beteken en in die lig van die swartes se getalle, volgens talle voorspellings, die begin van die einde van die Afrikanervolk. Hierdie aankondigings het de Klerk gemaak, slegs twee jaar en sewe maande sedert en ten spyte van sy “konserwatiewe” uitsprake soos opgeteken in Hansard van 12 Junie 1987, kolom 1464. Dit lui só:
1. 12 JUNIE 1987 Hanzard kolom 1464: met betrekking tot die onderwerp wat eie sake is, ook met betrekking van uitoefening van mag in die politiek, eis ons omstandigdhede van ons dat die wat vryheid het nie in ‘n situasie geplaas sal word waarin daardie vryheid ontneem word nie, hulle is daarop geregtig om te sê “hulle sal nie oorheers word nie”.
Alles wat hierdie party doen (NP) is om daardie verworwe vryheid instand te hou, en te verseker dat oorheersing – deur wie ookal, ongeag hoe enige meerderheid ookal lyk, van diegene wat reeds vryheid het, nie in hierdie land ‘n werklikheid sal word nie.
…….. Kobus beyers vraag: ‘as ons nie daarin slaag nie…dan moet die rewolusie groei…aldus FW……
2. Maandag 27 Julie 1987 Hanzard kolom 2492: (FW) Die agbare lid van Brits Mnr Andrew Gerber het, meen ek, heel korrek as eerste spreker van die KP, sy siening van die party oor die onderwys probeer deurgee, in soverre hy die algemene standpunt gestel het, naamlik dat onderwys volksgebonde en Kultuurgebonde moet wees, is ek bly om te sien dat die KP op dié punt darem nog getrou bly aan die beleid wat hulle gesteun het toe hulle nog in die NP was. Daaroor bestaan daar bloedweinig indien, enige verskil tussen ons……
Die agbare lid (Dr. Ferdie Hartzenberg) se insinuasie dat hierdie kant van die raad beplan om die blanke onderwys te degradeer, tot wat hy noem, blote 3de wêreld standaarde, is van alle waarheid ontbloot……. Hanzard kolom 2502: Oor die kwessie van hoe ‘n mens kan verseker dat een groep nie’n ander groep oorheers nie, Is daar verskillende moontlikhede…….
Maar hoe het ons dit in die onderwys gedoen. Allereers deur ‘n onderskeid te tref tussen watter sake daar in die onderwys is, waaroor eie verkose lede van ‘n eie groep alleen besluit en oor watter sake daar gesamentlike besluitneming sal wees……
t.o.v al die oorblywende aspekte het ons volwaardige selfbeskikking vir elke bevolkingsgroep. Daardie agbare lede probeer dit afmaak…………… hulle probeer afmaak dat in die onderwys “par excellence” die eie sakekonsep deur enorme versekering aandag vestig----- ek wil eintlik sê die totale versekering ----- inhou dat elke bevolkingsgroep in beheer van sy eie onderwys is.
HANSARD 2506: Die gebiede (tuislande) het hul eie onderwys departemente en daar die differensia is op grond van ‘n bepaalde behoefte en HUL VOLKSKAP,
Dit is nie net geografies nie; dit hou ook verband met hul volkskap.
Hierdie standpunt is gestel deur FW de Klerk as Minister van Nasionale opvoeding en ook as Voorsitter van die Ministersraad van die Volksraad.
As Minister van Nasionale Opvoeding het FW vir Danie Craven en Louis Luyt so sleg gesê, dat die see hulle nie kan afwas nie omdat hulle met die ANC gaan onderhandel het.
In die lig van bo-vermelde verloop van die verraderlike optrede van de Klerk en sy ewe verwerplike genote, maak Esterhuyse sy blik wurms oop en kruip hulle oor die Afrikanervolk se lyke vir almal om te sien!
WILLIE ESTERHUYSE SE BOEK EINDSTRYD
’n Bitter grap
Berig in Beeld
2012-05-20 21:41
- Rian Malan
As hy in Willie Esterhuyse se skoene gestaan het, sou hy seker nes die professor opgetree het, skryf Rian Malan . Maar as hy vandag die storie sou vertel, sou hy skaars sy lag kon hou.
Eindstryd
Willie Esterhuyse
TAFELBERG, R225
Ek dink ek moet met ’n joernalistieke ontboeseming begin: By die eerste lees het Eindstryd my baie kwaad gemaak, om redes wat ek nie mooi kon peil nie.
Per slot van sake stem ek met prof. Willie Esterhuyse oor feitlik alles saam: Apartheid móés padgee, en die laat 1980’s was die geleë tyd.
As die Nasionale Intelligensiediens (NI) my gevra het om hoogs geheime vredesamesprekings met die ANC te begin, sou ek ja gesê het.
Ek sou miskien selfs geval het vir oudpres. Thabo Mbeki se legendariese sjarme, soos wel met Esterhuyse gebeur het, en strategiese ANC-standpunte gesteun het in die vredesamesprekings wat gevolg het.
Ek sou net graag wou glo dat ek vandag sou getwyfel het oor die uiteindelike uitslag.
Selfs dit is ’n bietjie onbillik teenoor Esterhuyse, want hy erken die ANC-bewind het in belangrike opsigte misluk.
Waarom dan my woede? Ek skat dis omdat Esterhuyse, soos Nadine Gordimer, Max du Preez, Ben Turok en ander hedendaagse bekeerlinge tot skeptisisme nie gebore in staat is om te erken sy afkeer van apartheid het hom verblind vir die ware aard van dié wat dit probeer omverwerp het nie.
Soos almal teen hierdie tyd weet, is Esterhuyse die man wat die NI-hoof Niel Barnard gekies het om die ys te breek met die ANC en die bloedige skaakmat tussen wit en swart te beëindig. Soos al Barnard se skuiwe was dit wys.
Esterhuyse was ’n pilaar van die Afrikaner-establishment, op voornaamterme met senior NP-politici en sakeleiers soos Anton Rupert.
Daarteenoor was hy ’n bekende verligte, wie se boek Afskeid van apartheid in 1978 die Afrikaner-establishment in sy fondament geskud het. Dit het hom vir albei kante minstens gedeeltelik aanvaarbaar gemaak en dus die ideale tussenganger.
En dis hoe dit gekom het dat Esterhuyse in Oktober 1987 na Londen gevlieg het met ’n aktetas vol NI- spioenasie-foefies.
Die ontmoeting
Esterhuyse se sending was om voelers uit te steek na die ANC, wat in daardie stadium ook oor die afgrond gereik het om te sien of daar enigiemand aan die ander kant was om mee te praat.
Volgens hom was die kamerade vasbeslote om uit te vind “what manner of beast” die Boere was.
Esterhuyse was die verkeerde man om te vra, want hy was allesbehalwe ’n “beast”. Hy is ’n fyn beskaafde mens, lief vir goeie wyn en diep gedagtes en was dus ’n maklike prooi vir Mbeki, die ANC se Prince Charming.
Binne enkele minute van hul eerste ontmoeting het Mbeki Esterhuyse laat glo hulle is geesgenote met ’n gedeelde lotsbestemming en boonop ’n gemeenskaplike liefde vir die Engelse digter W.B. Yeats.
Esterhuyse was nie die eerste wat voor Mbeki se liste geswig het nie, maar hy het besonder hard geval. Aan sy NI-kontakte het hy gesê Mbeki is “die soort mens aan wie ek my lewe sal toevertrou” – ’n sentiment wat oortref is deur net Frederik van Zyl Slabbert, wat gesê het: “I would die for this bugger.”
Slabbert het later darem erken Mbeki het hom heeltemal verneuk, maar Esterhuyse het nog nie by daardie punt uitgekom nie.
(Volgens die biografiese aantekeninge in Eindstryd is hy ’n trustee van die Thabo Mbeki-stigting en “samesteller” van twee versamelings van Mbeki se toesprake.)
Wie was Mbeki?
Esterhuyse het besef Mbeki is ’n buitengewoon vaardige manipuleerder wat waarskynlik tydens onderhandelinge kringe om die Afrikaners sou hardloop, maar dit het hom nie gekeer om Mbeki se woord in feitlik elke opsig te aanvaar nie.
Ek kan tientalle voorbeelde hiervan noem, maar die veelseggendste is Esterhuyse se blinde aanvaarding van Mbeki se uitbeelding van homself as ’n eensame duif in ’n organisasie oorheers deur bloeddorstige militantes.
Dit was ’n set wat Mbeki gereeld gebruik het om wit Suid-Afrikaners te laat glo dat, tensy hulle toegewings maak aan ’n gawe kêrel soos hy, Mbeki, hulle op die ou end te doen gaan kry met nare kommuniste soos Joe Slovo en Chris Hani.
Maar Mbeki was self ’n kommunis en op die koop toe ’n seepgladde leuenaar. Volgens Mark Gevisser het hy op ’n keer uit vredesamesprekings met die NP reguit na ’n geheime vergadering met die SAKP gevlieg, waar hy ’n voorstel gesteun het vir ’n “magsoorname” deur “massa-opstand”.
Wie was die ware Mbeki? En watter speletjie het hy gespeel?
Esterhuyse sê Mbeki het onwrikbaar geglo in People’s War , daardie dogma wat die Viëtnamese kommuniste gebruik het om die Amerikaners in 1975 te verslaan.
Maar Gen Giap se dogma is hoegenaamd nie die formule vir vrede deur onderhandelinge wat Esterhuyse beskryf nie. Trouens, dis ’n formule vir verneukery.
Volgens People’s War is onderhandeling slegs ’n metode om die vyand te verdeel en die kans op magsoorname uit te brei.
As ’n mens nou terugkyk, is dit presies wat die ANC in die laat 1980’s en die vroeë 1990’s reggekry het: met die een hand vrede aanbied, maar met die ander die kaders bewapen en sy magsbasis ongenaakbaar uitbrei.
As dit waar is, soos Esterhuyse beweer, dat Mbeki die “hoofargitek” van hierdie People’s War-benadering was, dan het hy daarin geslaag om die hele wêreld te flous, my inkluis.
Ek moet dus liewer my bek hou. As ek langs Mbeki gesit het op die dag toe F.W. de Klerk die inperking van die ANC opgehef het, sou ek my waarskynlik oorgegee het aan gevoelens van “broederskap en kameraderie” – presies soos dié wat Esterhuyse beskryf.
Ek sou dalk selfs die toekomstige president geglo het toe hy sê dat “selfverryking en korrupsie” in ’n vrye Suid-Afrika “tot elke prys vermy moet word”.
Maar as ek vandag die storie sou vertel, sou ek skaars my lag kon hou. Dit sou ’n bitter grap wees, ten koste van myself.
Rian Malan is ’n joernalis en skrywer.

Van links staan oud-pres. Thabo Mbeki, die regsgeleerde Gerhard Erasmus, akademikus Jannie Gagiano en kunstenaar Hardy Botha, saam afgeneem by die baanbrekende eerste Dakar-beraad in Oktober 1987. Foto: Verskaf
Mbeki en Chris Hani, in die vroeë 1990’s afgeneem deur Joe Sefale. Foto: JOHNCOM
Onderhandelinge in die presidensie in Augustus 1990. Die Nasionale Party-lede is van voor: Kobie Coetsee, Pik Botha, F.W. de Klerk en Adriaan Vlok. Die ANC-manne was Joe Modise, Alfred Nzo, Nelson Mandela, Joe Slovo en Mbeki. Foto: Die Burger
Op 2 Februarie 1990, het hy sy berugte "rooi"-Vrydag toespraak in die Parlement gehou en hier sit hulle teenoor die “rooi” Kommunistiese onderhandelaars om ons land te oorhandig!
