Media

PRAAT, PRAAT,PRAAT,PRAAT!!!....

In die Rapport van 13 Mei 2012 het die onderstaande kommentaar verskyn:

Die AVP haal enkele opmerkings uit beide Flip Buys en Piet Croucamp se kommentare wat reaksie verdien en plaas dit in perspektief in die politieke ontplooiing waarmee ons vandag te make het. Die beklemtoning in hulle kommentare is die AVP S’N.

Kommentaar oor gesprek met ANC

Flip Buys en Piet Croucamp

Verteenwoordigers van verskeie ­Afrikaanse organisasies het Dinsdag met senior ANC-leiers vergader om die gevoel van vervreemding onder minderhede te bespreek. Dien sulke gesprekke enigsins ’n doel? Is dit beter om te swyg of moet ons eerder praat?

FLIP BUYS
Die gesprekke tussen die ANC en verskeie Afrikaner- en Afrikaanse organisasies vroeër die afgelope week het plaasgevind teen die agtergrond van groeiende twyfel oor die ANC se vermoë om die land doeltreffend te bestuur.
1.  In hierdie klimaat van geregverdigde kommer oor die toekoms is dit noodsaaklik dat daar ’n nuwe nasionale dialoog aan die gang kom om oor die knelpunte te praat en gesamentlike oplossings in werking te stel.

2.  Die probleem is egter dat die jare lange gesprekke tussen die ANC en Afrikaner- of Afrikaanse groepe tot dusver vrugteloos was. Beloftes gemaak en ondernemings gegee is net ná die hartlike vergaderings heeltemal vergeet.

3.  Intussen is internasionale politieke wetenskaplikes soos ­Donald Horowitz en Charles Taylor se waarskuwings bewaarheid dat gewone demokrasieë in multi-etniese lande gewoonlik lei tot die strukturele oorheersing en demokratiese uitsluiting van minderhede.

Die ANC se magsposisie het so oorheersend geword dat hy die staat en samelewing op alle vlakke beheer.4.   Ons is steeds demokraties, maar al minder vry.

Ongelukkig het dit gou geblyk dat die jongste uitnodiging tot gesprek met die ANC maar weer dieselfde patroon as die voriges gevolg het en met al die ingeboude foute wat vorige pogings laat misluk het –     5.   die welmenende fasiliteerders ten spyt.

6.  Dit was weer ’n eensydige, ANC-beheerde proses. Geen besonderhede word verskaf nie; geen voorafgesprekke nie; geen raadpleging oor die agenda of die proses nie; en met ’n opsigtelike partypolitieke agenda deurdat ons genooi word deur die bemarkingsafdeling van die ANC.

Ná Rapport se onthulling verlede week dat die ANC se doel met die byeenkoms was om agter geslote deure ’n strategie te ontwikkel om “steun vir die party te werf”, was daar ’n flou ontkenning van die ANC se kant. 7.  Deur Rapport moes ons boonop verneem dat die beplanningsproses waarby Afrikaanse organisasies met net meer as ’n week se kennisgewing betrek is, al ses maande aan die gang is.

Dit het die Solidariteit-familie van organisasies laat besluit om nie Dinsdag se vergadering by te woon nie. Ons gaan nie deelneem aan nog ’n ANC-beeldbou-aksie nie.

8.  Suid-Afrika, Afrikaners en die Afrikaanse gemeenskap se toekoms is te belangrik om ’n herhaling van die vorige mislukkings te bekostig. Gelukkig het baie van die organisasies wat die gesprek bygewoon het hul saak sterk gestel.

Die uitslag van die gesprek tot dusver bevestig net ons vermoede dat die ANC weer met ’n koöpteringsproses besig is.

Die doel van die “inklusiewe struktuur in die ANC-sekretaris-generaal se kantoor” is nie ’n inklusiewe Suid-Afrika nie, maar ’n inklusiewe ANC.

So ’n “inklusiewe struktuur” onder die ANC se partyhoof sal net ’n verdere terugslag vir vryheid en demokrasie wees omdat dit op ANC-terme geskied; met ander groepe as ondergeskikte deelnemers.

Nie eens Lucas Mangope of eerw. Allan Hendrickse sou in die apartheidsera met so min tevrede gewees het nie!

Die ANC het nog altyd gegroei deur koöptering eerder as samewerking. Die inlywing van die NNP by die ANC was ’n goeie voorbeeld. Behalwe dat dit die ANC met die lyk sonder die boedel gelaat het: Die leiers sonder hul ondersteuners.

Daarom misbruik die ANC nou sy oorheersende magsposisie en regeringsmag om Afrikaanse organisasies te probeer lok met die wortel van moont­like inspraak in die party se beleidsformulering. Let wel, nie in die regering nie, maar in die party; net nog ’n voorbeeld van die kommerwekkende magsverskuiwing van die parlement na Luthuli-huis. Die gevaar hiermee is dat dit die land se groot probleem net gaan versterk: Die oorheersing van die ANC. Die strategie is opsigtelik daarop gemik om die DA teen te werk – veral in die Wes-Kaap, waar die ANC bruin steun wil terugwen, en in die Noord-Kaap, waar hy bruin steun wil behou.

Daar is gelukkig ’n alternatief.

Suid-Afrika is immers nie die enigste land wat deur ras, kultuur en taal verdeel word nie.

Die beginpunt kan Indië wees, waar daar ’n ministerie van minderhede in die regering (nie die party nie!) is wat sorg dat hulle toegang het tot die regering en inspraak kry in sake wat hulle raak.9.   So ’n ministerie kan gegrond wees op die Grondwet se bestaande voorsiening vir taal- en kultuurgemeenskappe.

10.  So ’n ministerie sal nie die oplossing vir die probleme van taal- en kultuurgemeenskappe wees nie, maar sal ten minste ’n geloofwaardige struktuur skep om aan oplossings te begin werk. Die roete daarheen kan egter nie deur die ANC alleen bepaal word nie. Dit moet ’n gemeenskaplike proses wees met ’n oop agenda en ’n oop gesprek wat moet uitloop op ’n omvattende opvolgskikking oor ernstige brandpunte.

Flip Buys is uitvoerende hoof van die vakbond Solidariteit en was nie by Dinsdag se vergadering nie.

Die AVP se reaksie op Flip Buys se kommentaar wat ons van 1-10 gemerk en beklemtoon het:

1.  Flip Buys en derhalwe Solidariteit, is steeds van mening dat daar met die ANC gepraat moet word, tenspyte daarvan:

2.  Dat jarelange gesprekke vrugteloos was en ondernemings wat gegee is bloot vergeet word,

3.  En dat  intussen, internasionale politieke wetenskaplikes soos ¬Donald Horowitz en Charles Taylor se waarskuwings bewaarheid is dat gewone demokrasieë in multi-etniese lande gewoonlik lei tot die strukturele oorheersing en demokratiese uitsluiting van minderhede.

Waarskuwings van Afrikanerleiers  soos Genl. Hertzog, dr. Malan, adv. Strydom, dr. Verwoerd, dr. Hertzog, mnre Jaap en Willie Marais is veragtelik deur Flip in die wind geslaan, terwyl hulle beginsel en beleidsbenadering daarop gerig was om te verhoed dat wat Donald Horowitz en Charles Taylor se waarskuwings nou bewaarheid, sou gebeur! Waarom erken hy dit nie?

4. Hier is nie sprake van n demokrasie in Suid Afrika nie!  Dat ons al minder vry is, is ook ‘n erkenning dat die huidige stelsel waartoe Solidariteit ‘n bydrae gemaak het, die Afrikanervolk ernstig benadeel.

5. Flip Buys beskou Piet Croukamp,  Albert Venter en Willie Breytenbach as welmenende fasiliteerders.

6. .  Die eensydige, ANC-beheerde proses van geen besonderhede wat verskaf word nie; geen voorafgesprekke nie; geen raadpleging oor die agenda of die proses nie, is so oud soos Piet Retief se onderhandelings met Dingaan! Dit het só verloop in  Mosambiek, Rhodesie, Angola en Suid Wes Afrika en is nou weer herhaal met genl. Opperman se reëlings om die oorskot van gevalle soldate te gaan opgrawe in Angola en sy span vir hulle moeite toegesluit is, nadat al die reelings getref en toestemmings verkry was. So kry F.W. de Klerk dit ook nou in die nek vir al sy moeite om ons volk op verraderlike wyse uit te verkoop, deur juis die swart meerderheid wat hom dankbaar behoort te wees!

 7.  Al hierdie gekonkel agter geslote deure was telkens maandelank beplan en bespreek voordat dit bekend geword het.

8.  Hierdie is die sinvolste opmerking wat Flip kwytgeraak het. Die tragiese is die feit dat dit net so waar was toe die proses deur die moord op dr. Verwoerd aan die gang gesit is en elke Afrikaner se weerstand daarteen so nodig was om dit te stuit toe ons kon!

Albei opmerkings in 9 en 10 is die tragiese bevestiging van Flip en derhalwe Solidariteit se onverbiddelike verbondenheid om  gebonde aan die grondwet wat ontwerp is om ons te vernietig, te poog om hierdie wanstaltige “demokrasie” te maak werk! 

Sodat ons vryheid nog verder ingeperk kan word?  Nee, Flip, ons is ook dankbaar vir elke blanke wat julle bystaan en hofsake wat julle wen, maar helaas, deelname,samewerking of gesprek of wat jy dit ookal wil noem, is nie die oplossing nie!  Die wekroep moet wees verset! Verset teen die onreg ons aangedoen! Op die duur sal dit blyk in almal se belang te wees.

PIET CROUCAMP

Enkele maande gelede het die ANC my en kollegas Albert Venter en Willie Breytenbach genader vir ’n mening oor die vervreemding in Suid-Afrika se openbare politieke diskoers.

My politieke instink het ’n weersin in Afrikanerpolitiek en ek het dit van die begin duidelik gemaak dat die term Afrikaner ideologies gelaai is. Ek dink mense wat hulself as Afrikaners beskryf, beskou hulle nie as deel van Suid-Afrika nie en hul doelstellings korrespondeer nie met die Grondwet van die land nie. Wat my betref, is Afrikaners byna per definisie – of op enkele uitsonderings na – onverdraagsaam en waarskynlik ook rassiste.

Ek is oortuig daarvan dat Afrikanerskap so uitgedien is soos ’n rooksein en dat Suid-Afrika beter daaraan toe is sonder Afrikaners, soos die land beter daaraan toe is sonder Julius Malema.

(Wat Piet Croukamp betref, net ‘n enkele opmerking wat betref sy bo-staande en ons  beklemtoonde kommentaar. Piet moet liewer nie dink nie. Sy uitgesproke  “politieke instink” is so primitief soos Afrika self en hoort nie tuis in enige, selfs ongeletterde  Afrikanergeselskap nie, ongeag of hulle rassiste is al dan nie.

 Sy politieke “insig” word illustreer deur sy laaste opmerking:” Ek weet nie of ons hemel en aarde verskuif het nie, maar ek het geen rede om te dink dat Luthuli-huis nie erns met die saak het wat onder meer ook sy eie gebreke beklemtoon nie.” Niemand is so blind soos hy wat nie wil sien of so doof soos hy wat nie wil hoor nie!)

Daarteenoor dink ek die term Afrikaanssprekendes sluit diverse identiteite in en veronderstel geen ideologiese konsensus of selfs noodwendige politieke eiesoortigheid nie.

Mense wat hulself as Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners identifiseer, is oorwegend lojaal aan Suid-Afrika, het vertroue in die Grondwet en gee werklik nie om watter kleur of ras die regering of selfs die staat is nie, solank hy goed en regverdig regeer. Hul stryd is dus om “beter” regering, nie om ’n wit of Afrikaanse regering nie. Onder hulle is Moslems, Christene en Boeddhiste. Die ANC kon nooi wie hy wou na ’n vergadering waar Afrikaanssprekendes die verskynsel van vervreemding sou bespreek, en hulle het.

Op Dinsdag se vergadering was daar groepe wat hulself as Afrikaners identifiseer, maar op enkele uitsondering na was die konsensus dat Afrikaanssprekendes se vervreemding nie eiesoortig is nie en dat swart mense ook die staat, regering en die ANC ervaar as verwyder van die land se werklikhede.

Die politiek het op ’n onverantwoordelike wyse morsig geword; met die intelligensiedienste wat groter vrees inboesem by wetsgehoorsame burgers as by skurke. Die politieke spanning wat werkloosheid, armoede en politieke vervreemding bring, raak byna ondraaglik.

Verskeie van die afgevaardigdes het by die verteenwoordigers van die ANC gepleit om nie die stryd teen armoede, werkloosheid en swak administrasie alleen aan te pak nie.

Prof. Wannie Carstens (van die Afrikaanse Taalraad), Chris Klopper (SAOU) en Pieter Prinsloo (RKO) – soos talle ander afgevaardigdes – het byna gesmeek dat hul vaardighede gebruik word om die land beter te bestuur.

Dr. Theuns Eloff (NWU) se opsomming van die land se probleme en ’n werkverhouding tussen die staat en die samelewing om dié probleme te oorkom, was niks nuuts nie, maar sy relaas het ’n onaanvegbare konsensus gelaat dat goeie landsbestuur of verantwoordelike politieke administrasie byna alle sektariese belange ook sal takel.

In ’n land wat goed bestuur word, is jou taal nie ’n politieke kwessie nie en doeltreffende staatsadministrasie sal die meeste van ons ekonomiese probleme ook die hoof help bied. Ons hoë werkloosheidsyfer het byna alles met die swak bestuur van die land en die ekonomie te doen en weinig met ons ekonomiese vermoë.

Daar was ’n klompie moerige mense teenwoordig, waarvan Hein Willemse seker die moerigste was, maar daar was nie onredelikes nie. Willemse het, soos talle ander, die ANC daarop gewys dat swak administrasie nie net die ideale van die bevrydingstryd ondermyn nie, maar ook die burgers van die land liederlik in die steek laat.

In die laaste fase van die gesprek is gepoog om ’n werkverhouding te vestig en Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het aangebied dat sy kantoor ’n oudit van die kundigheid teenwoordig doen, maar ook die vermoëns van groepe wat nie Dinsdag daar was nie.

Die grootste pyn is die ontoeganklikheid van die besluitnemingstrukture van die staat, die regering en selfs die ANC.

In sy laaste woord van die dag het Mathews Phosa in sy mooi, poëtiese Afrika-kaans skuld beken en verantwoordelikheid aanvaar vir beloftes van die verlede wat dalk nie nagekom is nie. Kom ons probeer weer, het hy gesê.

Ek het saamgestem, want in ’n verantwoordelike demokrasie durf jy nooit opgee of ophou praat nie. Luthuli-huis het die inisiatief geneem, ’n groepie Afrikaanssprekendes het ’n tree nader gegee en nou is die bal in die ANC se hande om te reageer, terwyl die res van ons dringende, maar verantwoordelike burgers moet en sal wees.
Daar sal maar altyd kritiek teen so ’n inisiatief wees.

Ek weet nie of ons hemel en aarde verskuif het nie, maar ek het geen rede om te dink dat Luthuli-huis nie erns met die saak het wat onder meer ook sy eie gebreke beklemtoon nie.

Dr. Piet Croucamp was die fasiliteerder van die gesprek. Hierdie is sy persoonlike mening en weerspieël nie die posisie van die ANC nie.

Verteenwoordigers van verskeie ­Afrikaanse organisasies het Dinsdag met senior ANC-leiers vergader om die gevoel van vervreemding onder minderhede te bespreek. Dien sulke gesprekke enigsins ’n doel? Is dit beter om te swyg of moet ons eerder praat?

FLIP BUYS

Die gesprekke tussen die ANC en verskeie Afrikaner- en Afrikaanse organisasies vroeër die afgelope week het plaasgevind teen die agtergrond van groeiende twyfel oor die ANC se vermoë om die land doeltreffend te bestuur.

In hierdie klimaat van geregverdigde kommer oor die toekoms is dit noodsaaklik dat daar ’n nuwe nasionale dialoog aan die gang kom om oor die knelpunte te praat en gesamentlike oplossings in werking te stel. Die probleem is egter dat die jare lange gesprekke tussen die ANC en Afrikaner- of Afrikaanse groepe tot dusver vrugteloos was. Beloftes gemaak en ondernemings gegee is net ná die hartlike vergaderings heeltemal vergeet.

Intussen is internasionale politieke wetenskaplikes soos ­Donald Horowitz en Charles Taylor se waarskuwings bewaarheid dat gewone demokrasieë in multi-etniese lande gewoonlik lei tot die strukturele oorheersing en demokratiese uitsluiting van minderhede.

Die ANC se magsposisie het so oorheersend geword dat hy die staat en samelewing op alle vlakke beheer. Ons is steeds demokraties, maar al minder vry.

Ongelukkig het dit gou geblyk dat die jongste uitnodiging tot gesprek met die ANC maar weer dieselfde patroon as die voriges gevolg het en met al die ingeboude foute wat vorige pogings laat misluk het – die welmenende fasiliteerders ten spyt.

Dit was weer ’n eensydige, ANC-beheerde proses. Geen besonderhede word verskaf nie; geen voorafgesprekke nie; geen raadpleging oor die agenda of die proses nie; en met ’n opsigtelike partypolitieke agenda deurdat ons genooi word deur die bemarkingsafdeling van die ANC.

Ná Rapport se onthulling verlede week dat die ANC se doel met die byeenkoms was om agter geslote deure ’n strategie te ontwikkel om “steun vir die party te werf”, was daar ’n flou ontkenning van die ANC se kant. Deur Rapport moes ons boonop verneem dat die beplanningsproses waarby Afrikaanse organisasies met net meer as ’n week se kennisgewing betrek is, al ses maande aan die gang is.

Dit het die Solidariteit-familie van organisasies laat besluit om nie Dinsdag se vergadering by te woon nie. Ons gaan nie deelneem aan nog ’n ANC-beeldbou-aksie nie.

Suid-Afrika, Afrikaners en die Afrikaanse gemeenskap se toekoms is te belangrik om ’n herhaling van die vorige mislukkings te bekostig. Gelukkig het baie van die organisasies wat die gesprek bygewoon het hul saak sterk gestel.

Die uitslag van die gesprek tot dusver bevestig net ons vermoede dat die ANC weer met ’n koöpteringsproses besig is.

Die doel van die “inklusiewe struktuur in die ANC-sekretaris-generaal se kantoor” is nie ’n inklusiewe Suid-Afrika nie, maar ’n inklusiewe ANC.

So ’n “inklusiewe struktuur” onder die ANC se partyhoof sal net ’n verdere terugslag vir vryheid en demokrasie wees omdat dit op ANC-terme geskied; met ander groepe as ondergeskikte deelnemers.

Nie eens Lucas Mangope of eerw. Allan Hendrickse sou in die apartheidsera met so min tevrede gewees het nie!

Die ANC het nog altyd gegroei deur koöptering eerder as samewerking. Die inlywing van die NNP by die ANC was ’n goeie voorbeeld. Behalwe dat dit die ANC met die lyk sonder die boedel gelaat het: Die leiers sonder hul ondersteuners.

Daarom misbruik die ANC nou sy oorheersende magsposisie en regeringsmag om Afrikaanse organisasies te probeer lok met die wortel van moont­like inspraak in die party se beleidsformulering. Let wel, nie in die regering nie, maar in die party; net nog ’n voorbeeld van die kommerwekkende magsverskuiwing van die parlement na Luthuli-huis. Die gevaar hiermee is dat dit die land se groot probleem net gaan versterk: Die oorheersing van die ANC. Die strategie is opsigtelik daarop gemik om die DA teen te werk – veral in die Wes-Kaap, waar die ANC bruin steun wil terugwen, en in die Noord-Kaap, waar hy bruin steun wil behou.

Daar is gelukkig ’n alternatief.

Suid-Afrika is immers nie die enigste land wat deur ras, kultuur en taal verdeel word nie.

Die beginpunt kan Indië wees, waar daar ’n ministerie van minderhede in die regering (nie die party nie!) is wat sorg dat hulle toegang het tot die regering en inspraak kry in sake wat hulle raak. So ’n ministerie kan gegrond wees op die Grondwet se bestaande voorsiening vir taal- en kultuurgemeenskappe.

So ’n ministerie sal nie die oplossing vir die probleme van taal- en kultuurgemeenskappe wees nie, maar sal ten minste ’n geloofwaardige struktuur skep om aan oplossings te begin werk. Die roete daarheen kan egter nie deur die ANC alleen bepaal word nie. Dit moet ’n gemeenskaplike proses wees met ’n oop agenda en ’n oop gesprek wat moet uitloop op ’n omvattende opvolgskikking oor ernstige brandpunte.