DIE GESKIEDENIS IS BESIG OM ‘N GRAFIEK VAN VERSKILLE VAN “GELYKHEID” TE TREK!
Die vernietiging van die enigste moontlikheid vir die swart rasse in Suid Afrika om uit te styg bo die algemene en wêreldwye mening dat swartes nie in staat is tot die opbou en instandhouding van ʼn eerstewêreld ekonomie nie, is veroorsaak deur die NP-Regerings van Vorster, Botha en de Klerk.
Deur toe te gee aan Internasionale eise om magsdeling toe te pas in weerwil van riglyne en waarskuwings uit die geskiedenis en deur politieke leiers dat dit nie gewerk het en nie kan werk nie, in teendeel dat dit in niemand van die inheemse volkere se belang sal wees nie, is meer as ʼn eeu se beplanning en verfyning van beleid wat volke teen mekaar sou beskerm en in staat sou stel om volgens eie aard en behoefte, oor hulleself te regeer en te ontwikkel, in die doofpot gestop.
Soos een ou wyse Basoetoe eendag opgemerk het na aanleiding van 1994 se magsoordrag: “Ek verstaan julle witmense gladnie! Julle dink ʼn mens kan ʼn Jakkalas in die hoenderhok gooi en hy sal nie die hoenders vang nie?”
ʼn Openbaring van nugter politieke insig wat dié van die hele blanke Kabinet van voor 1994 te bowe gaan! ʼn Beter bewys as die huidige Swart Zoeloe “president” wat op 8 Januarie 2012, by hulle 100 jarige feesvierings in Bloemfontein sing: “skiet die Boere, die kabinet gaan die Boere skiet met masjiengewere....” , kan nie bedink word nie! Die kulminasie van onverantwoordelike politieke optrede van ʼn blanke regering wat die demokrasie misbruik het om outokraties op te tree ten koste van hulle volk en terwille van hulle eie voordeel en dié van hulle Internasionale geldbase!
Die geskiedenis is egter genadeloos besig om ʼn grafiek te trek van hoe die rasse se vermoë om te regeer, met mekaar vergelyk. Hoewel die outeurs van die “Hoenderhokbeleid” nou in die media se son baai oor hulle “prestasie”, sal hulle kinders en kleinkinders die smaad moet dra van hulle ouers en grootouers se moedswillige en veragtelike optrede.
Terwyl Marine Le Pen, dogter van die konserwatiewe voormalige President van Frankryk se 20% steun uit hoofsaaklik jong mense in die ouderdom van tussen 18 en 25 jaar kom en daar ʼn wêreldwye groei in Nasionalisme voorkom, is die grafiek wat Afrikaanse koerante in Suid Afrika trek, nie net ʼn klad op die voormalige blanke regering nie, maar veral op die Swart regime wat op eg Afrika patroon sy geskenkte mag vir selfverryking en magsmisbruik aanwend. Ons haal slegs ʼn paar opskrifte uit die Beeldkoerant van enkele weke aan as bewys:
- Oudwag gou Metro se hoof. (Ngobeni was n veiligheidswag in die ou Pretoriaraad en direk van konstabel na direkteur bevorder. Hy moet Ndumiso Jaca, adjunkhoof van Tswane-metropolisie wat ondersoek word vir bedrog, vervang.
- Kinders in hospitaal oor mediese afval
- 2 dood en 2 gearresteer na rooftog. Man sterf na hou met besemstok. Alles in Beeld van 12 Maart 2012.
- 37% van alle misdaad in Suid Afrika is gewelddadig. Dit maak geweld in SA anders as in ander lande.
- Boere in die Wolmaranstad-omgewing in Noordwes is besig om n onbegaanbare provinsiale teerpad in n grondpad te omskep om hulle produkte by die markte te kan kry.
- Wildtuin is n oorlogsone. Skietery in Krugerwildtuin eis twee.
- Geraamtes kan uit E-Tol kas kom. Geraamtes wat moontlik al lank in die E-tolstelsel se kas wegkruip, kan in hersiening van dié stelsel uitkom.
- Adj. President: Motlanthe ontken R104 miljoen omkopery. Mtshali, Motlanthe se “lewensmaat”, sê sy het nog nooit n formele vergadering met 360 Aviation bygewoon nie. Toe die Sunday Times glo egter vir haar n bandopname stuur van die vergadering met haar stem op, wou sy nei verder kommentaar lewer nie.
- Plan teen aanvalle op plase.
10. Myne in vloedvlakte bedreig drinkwater. 35,000 sal dan dors ly.
11. Raadsgebou loop deur onder rowers.
12. Swazi koning kry straler ondanks geldkrisis sodat hy en sy 13 vroue oorsee kan reis. Op sy verjaardag 19 April 2012 het hy n partytjie van R3 miljoen gehou wat gedeeltelik deur die regering betaal is.
13. Polisie kan nie lede oplei om te kan skiet nie. Daar word oorweeg om sowat 27,000 van sy lede te ontwapen wat onbevoeg bevind is om vuurwapens te hanteer.
14. Skoolhoof bekyk oor talle onnies waai, geldsake. Wanbestuur van skoolgeld en 20 personeellede wat bedank het onder Logan Naidoo, skoolhoof se bestuurspraktyke, word ondersoek.
15. Al meer verkrag oor swak dissipline. Verkragting: 3 jonges in hof. Jeug boots na wat hul tuis sien, sê kenners.
16. Bendemoord: Skieter spog met bloedhemp.
17. Minister van sport, Fikile Mbalula se onthaal was geldmors. Dit het pas bekend geword dié onthaal het n verstommende R46 miljoen gekos. Dit was gehou by Sun City vir SA sportsterre.
18. Tugverhore sloer: Spesiale eenheid kom. Die tugverhore sluit in dronkbestuur, diefstal, bedrog, korrupsie, seksuele teistering, ongemagtigde uitgawes, en die oortreding van tenderregulasies deur staatsamptenare.
19. Radebe ontken stemblok in RDK. Hy is nie bewus van ʼn politieke stemblok in die Regterlike Dienskommissie wat aanbevelings vir nuwe regters doen nie.
20. Afslag op vonnisse pla NRO’S. Kommer oor korrekte proses.
21. E-Skyfie trek al R2,400 af. N Pretoriase vrou het skaars haar e-skyfie geregistreer toe sy agterkom haar rekening is verkeerdelik met R2460.05 gedebiteer.
22. Staatstoelaes; Amptenare steel R41 miljoen. 11,567 Staatsamptenare wat met maatskaplike toelaes werk, het bedrog van nagenoegR41 miljoen gepleeg.
23. Welsyn in SA verkeer in krisis.
24. Majola sal moet opdok. Saak ook teen gewese geldhoof van KSA ingestel, se minister. Gerald Majola, die land se geskorste krieketbaas, sal eersdaags sy R2 miljoen se ongemagtigde bonusse aan KSA moet terugbetaal.
25. 4e Senior bestuurder by BLO in maande uit. Die pos van n vierde senior bestuurder van die Burgerlugvaartowerheid sedert die begin van die jaar is in die gedrang nadat die uitvoerende bestuurder van menslike hulpbronne op spesiale verlof geplaas is terwyl interne tugondersoek teen hom aan die gang is
26. Polisie, padvalke pleeg baie misdaad. Lewer van die meeste voorvalle op- Petros. Polisie, Metropolisie en veiligheidsbeamptes wat by misdaad betrokke is, lewer van die meeste misdaadvoorvalle in Gauteng op se Lt. Genl Mzwandile Petros.
27. Geldtrek-rooftogte is ʼn bekommernis.
28. Pasiënte se kos is skraps.
29. Grond gesien as oorlogsbuit.
30. POLISIE BEWAPEN BOEWE. Hope patrone is weg. Die polisie bewapen misdadigers met die grootskaalse diefstal van gewere en patrone wat deur die polisie uitgereik is.
31. Wys die dossier! Anders bly die vrae-regsman. Polisie lankal gemaan oor veiligheid.
32. Valke weet glo nie wát sy familie doen. Mdluli: Hoës sweer saam. Beskuldig senior lede in brief aan Zuma.
33. Drie skuldig aan moord op reservis.
34. Kapers skiet man dood.
35. 12 Bokke in Kruger doodgery.
36. Wiskunde, tale nie op peil. Skoliere se begrip is laag tot swak.
37. Interpol se hulp ingeroep teen renosterstropery.
38. Skurk skiet boukontrakteur in been, buit R30,000 se lone.
Hierdie is slegs een koerant se berigte van Maart 2012 tot in Mei vanjaar. Al hierdie voorvalle van agteruitgang in slegs nagenoeg twee maande! Die leuens oor apartheid het nie alleen die platform waarvandaan die Afrikaners die swart ras met die Evangelie kon bedien verwyder nie, maar ook die strukture wat bestaan het om sy korrupte en gewelddadige aard in toom te hou, vernietig.
Wat uiters tragies is, is die feit dat die kerke hierin aandadig was en dat die media al hulle kragte ingespan het om selfs vandag nog, hierdie dekadente stelsel in plek te hou. Moet u nie verder laat mislei nie! Dit sál nie verbeter nie. Die teendeel is eerder waar. Dit sal aanhou versleg totdat die blanke soos in Rhodesië, ten spyte van die onafwendbare en reeds sigbare verval, uitgedryf is deur verhoogde belastings, onteiening, en toenemende aanvalle, moorde en verkragtings wat met die uiterste wreedheid gepaard sal gaan. Die vrywillige afstanddoening van u eiendom gaan niks daaraan afdoen nie en is glad nie ʼn versekering dat ons hier sal kan aanbly nie!
Kom laat ons laertrek! Vergeet van strooihalms soos volksrade wat in die buiteland en by hierdie regime probeer eis, ( lees pleit) vir ʼn volkstaatjie! Ons heil is by God en nie by ander volke en instansies nie.
Die wagwoord is Nasionalisme en die beleid is die handhawing van eiesoortigheid. Die pad daarheen is geloof en gehoorsaamheid aan God ons Vader wat ons tot hier begelei het en nou deur ons versaak word deur ons afvalligheid en diens aan die sportgod en geldgod en gelatenheid oor die kerke se misleiding waarteen ons nie in opstand kom nie! As dit ook u innerlike oortuiging is, help dan om ons mense bymekaar te bring.
QUO VADIS AFRIKANER?
