Media

DIE BEGIN VAN VOLKSMOORD OP DIE AFRIKANERVOLK

27 APRIL 1994: DIE BEGIN VAN VOLKSMOORD OP DIE AFRIKANERVOLK

 

Freedom Day is an annual celebration of South Africa's first non-racial democratic elections of 1994. Peace, unity, the preservation and the restoration of human dignity hallmarks Freedom Day celebrations on the 27th of April of each year.

Dit is hoe die “Engelse Establishment”   ʼn Bordeel hierbo beskryf !   Op ʼn vraag van wyle mnr. Jaap Marais aan regter Johan Kriegler hoe dit moontlik is dat hy die 1994 verkiesing vry en regverdig kan verklaar as daar een-en-‘n-halfmiljoen meer stemme getel is as waarvoor daar stembriewe gedruk is, was sy antwoord dat daar maar altyd hier en daar ongerymdhede in ʼn verkiesing voorkom. “ ʼn Mens kan nie in ʼn bordeel werk en kuis bly nie” het hy gesê.

Dit is nou bekend gemaak dat die regter ingelig was dat ʼn kuberkraker in die verkiesingsnetwerk ingedring het en die stemtotale van sekere partye aangepas het.   Dat hy ook ingelig was met watter persentasies die totale aangepas is en watter effek dit op die uitslag sou hê.  Die minste wat hieruit afgelei kan word is Kriegler se erkenning dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie se samestelling vergelykbaar was met ʼn bordeel en dat hy en dié wat daar werksaam was nie “kuis” gebly het nie!

 

Die AVP hét reeds ʼn berig hieroor die lig laat sien.   Die betekenis van Peter Harris se bekentenis, nou na sestien jaar, is benewens die feit dat dit skokkend is dat enigiemand so iets kon verswyg en die waarheid wat destyds die potensiaal gehad het om die verraad af te weer, en sodoende die feitlikheid van die totale korrupte geknoei van die de Klerkregering om die blanke kiesers te mislei te openbaar oor die onwettigheid van die swart meerderheidsregering,  was om die minste te sê, gelyk aan hoogverraad! Vir die Engelse en hulle meelopers verteenwoordig dit, “ Peace, unity, the preservation and the restoration of human dignity!”

 Oorweeg weer die wyse waarop die VF+ tot stand gekom het, die ANC se gelatenheid om bedrieg te wees uit hulle tweederde meerderheid wat almal verwag het hulle sou kry, en dan die Broederbond se tagtig/twintig benadering.  Die verbysterende uitslag van die ja en nee-stemme tydens die referendum wat die abdikasie van de Klerk vooraf gegaan het en besef, die bordeel is veel ouer en baie groter en die gebrek aan “kuisheid” veel omvangryker as wat hoegenaamd besef is!

Die Beeldkoerant van 27 April 2012, wy ʼn ¾ blad aan ʼn artikel deur Jan-Jan Joubert, wat hy beskryf as “Pik se paadjie”.  Tereg ook aangesien dit in ware Afrikanerterme, spreekwoordelik ʼn baie kronkelrige paadjie is! Want Jan-Jan se nuutontwerpte skuilwoord vir ʼn verraaier, is “’n vrydenker”

Hy verwys na Botha as ʼn politieke jagter. Dit is egter betekenisvol dat in die buitekamer van Botha se “Stukkie Bosveld”, die koppe van diere wat hy gejag het, teen die mure pryk, maar daar nie sprake is van die duisende Afrikanerkoppe van mans, vrouens en kinders wat sy wanstaltige liberale vrydenkende politiek opgelewer het nie!

Terwyl al hierdie “politiekkundiges” steeds volhou dat hulle optrede nie alternatiewe gehad het nie en dat hulle optrede in belang van die Afrikanervolk se voortbestaan was, spreek elkeen van hulle se toekomsbeskouing, soos hier onder aangehaal, kommer uit oor wat vir ons wag onder dié regeringstelsel wat hulle  deur verraad tot stand gebring het!  Alles waarteen hulle gewaarsku was, by gepleit was om in aanmerking te neem en wat die geskiedenis as onhaalbaar uitgewys het, hang nou soos albatrosse om hulle nekke en niks sal dit ongedaan maak totdat hulle dit in die openbaar erken het nie. Want die afwaartse spiraal gaan nie ophou nie! Vir húlle wat dit begin het en poog om dit teen alle koste te maak werk, is dit onomkeerbaar op pad na die verderf!

Die AVP sal hierdie dag erken en in die toekoms só herdenk, as dié dag toe die Volksmoord op die Afrikanervolk gesanksioneer is! Só sal dit ook in die geskiedenis opgeteken staan waar die Afrikaner se geskiedenis ookal in aanmerking kom. Onvermydelik ook die name van diégene aandadig daaraan!

FW-stigting oor Vryheidsdag

Die 18de herdenking van ons eerste demokratiese algemene verkiesing op 27 April 1994 behoort ‘n geleentheid vir viering te wees. Hierdie jaar egter is die meer gepaste reaksie selfondersoek. Op geen tydstip sedert 1994 was daar meer rede tot kommer oor die toekoms van ons grondwetlike demokrasie as juis nou nie.

Op 5 Maart het die ANC sy voorneme aangekondig om met sekere elemente van die histories grondwetlike verdrag waarop ons nie-rassige demokrasie gegrond is en waarop ons toekoms rus, weg te doen. Die ANC het gesê dat die grondwetlike ooreenkomste wat bereik is tussen 1990 en 1994 niks meer as ʼn “eerste oorgang” was nie. Die ANC het gesê dat hierdie eerste oorgang “ʼn toepaslike raamwerk vir politieke emansipasie, naamlik ʼn politieke oorgang was, maar dat dit onvoldoende en onvanpas is vir die maatskaplike en ekonomiese oorgangsfase.”

Blykbaar het voormalige President Nelson Mandela nie die 1996 Grondwet as ʼn oorgangsdokument beskou nie. Op 8 Mei 1996, na die aanvaarding van die nuwe Grondwet, het hy gesê dat die grondliggende beginsels “onveranderlik” was. Hy het die Grondwet beskryf as “ons nasionale siel, ons verdrag met mekaar as landsburgers, ondersteun deur ons hoogste aspirasies en ons diepste vrese”. Hy het ook ‘n belofte gemaak dat “nooit, nooit weer sal die wette van ons land ons mense uitmekaarskeur as landsburgers of hul onderdrukking en verdrukking wettig nie.”
Daar is ook kommerwekkende aanduidings dat die regering daaraan dink om die magte van die howe om die grondwetlikheid van wetgewing en uitvoerende gesagsoptrede te beoordeel, te beperk. Op 8 Julie 2011, het President Zuma gewaarsku dat, “die magte wat aan die howe toegedeel is kan nie belangriker wees as die magte wat ‘n resultaat is van die administratiewe mandaat wat toegeken is deur ‘n algemene verkiesing nie.”

Hy het bygevoeg dat die regering se politieke opponente nie daartoe instaat moet wees om die gewildheid van die verkose regering te ondermyn deur die howe te gebruik om die land “gesamentlik te regeer nie.” Hy het later blatant verklaar dat die regering die magte van die Grondwetlike Hof wou hersien.

Die duidelike oogmerk is om die magte van die howe om wetgewing en uitvoerende gesagoptrede te hersien, te verwyder. In ‘n artikel op 16 April het adv Ramathlodi, Adjunk-Minister van Korrektiewe Dienste en ‘n lid van die Regterlike Dienskommissie , geskryf dat “regterlike inmenging op ander terreine (van regering) moet net in uitsonderlike en beperkte gevalle plaasvind – indien ooit.”

Die eenvoudige realiteit is dat indien die howe hul magte van oorsig verloor, die Grondwet en die Handves van Menseregte tot impotente stukke papier verander sal word wat geen rol sal speel om die magte van die uitvoerende gesag en die meerderheid in die Parlement aan bande te lê nie. Ons sal nie meer ‘n grondwetlike demokrasie wees wat ondergeskik aan regsoewereiniteit is nie…………….”.

AB oor Vryheidsdag

– Stemme van redelikheid moet nou gehoor word

Verklaring deur Pieter Vorster, voorsitter van die Afrikanerbond,

Met die viering van Vryheidsdag op 27 April 2011 het ek in ʼn ope brief aan die ANC gevra dat ons dit ʼn jaar van nasionale dialoog moet maak om mekaar te vind rondom grondwetlike waardes. Ons versoek vir die nasionale dialoog was juis om die gepolariseerde gemeenskappe weer bymekaar te probeer bring en om ʼn vennootskap te sluit tussen die regering en die burgerlike samelewing.

Ons was daarom verbaas toe mnr Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC baie afwysend en verontwaardig gereageer het. Ons verwagting was dat die ANC eerder positief op ʼn versoek vanuit die burgerlike gemeenskap om die grondwetlike waardes opnuut te definieer en net soos in die 1990’s by wyse van onderhandeling, weer inhoud te gee aan die nasionale akkoord, sou reageer. Sedertdien het die leierskap van die ANC egter eksponente van ontkenning en verontwaardiging op kritiese stemme in die samelewing geword.

In die pas afgelope jaar, en ʼn jaar na mnr Mantashe se ontkennings en afwysende standpunte is die indruk dat Suid-Afrika op ʼn verdere glybaan na onbevoegde regering geplaas is met ʼn falende staat as uitkoms, versterk. Die beleidsraamwerk oor grondhervorming, die oproepe tot grondwetwysigings, mediavryheid wat aan bande gelê word deur ʼn beperking te plaas op inligting, eensydige straatnaamveranderinge, ʼn taalwetsontwerp wat Afrikaans beperk, en vele meer het simptomaties geword van ʼn meerderheidsparty wat geen respek vir die Grondwet en die Nasionale Akkoord het nie en doodeenvoudig die burgerlike samelewing probeer oordonder met ongetoetste en ondeurdagte beleidsraamwerke, gegrond op uitgediende ideologieë. Indien konstruktiewe dialoog binne die raamwerk van die Grondwet oor hierdie knel- en kwelpunte met die regering en regerende party moontlik was, sou die toenemende konflik tussen die regering en die burgerlike samelewing vermy kon word. (Ons aksent)

9:05 am | Geskryf deur Herman

Nuuskommentaar: Vryheidsdag: Wie het die vryheid gesteel?

. Enige sotte vir Vryheidsdag?” Die volledige artikel is by http://www.dieburger.com/Rubrieke/HenryJeffreys/Enige-sotte-vir-Vryheidsdag-20120425

Die adjunk-redakteur en rubriekskrywer, Willem Jordaan, sluit hierby aan: “Suid-Afrika se demokrasie is … 18 jaar oud. Maar is ons demokrasie gereed om die storm en drang van puberteit agter te laat? … Die vraag oor die volwassenheid van ons demokrasie het immers ten diepste met die gehalte daarvan te make. Ter sprake is kwessies soos die verantwoordbaarheid van ampsdraers, die lewenskragtigheid van demokratiese instellings, die doeltreffendheid van wigte en teenwigte, politieke en ekonomiese stabiliteit en ’n atmosfeer van verdraagsaamheid. En dit is juis hier waar die huidige ANC-leiers baie het om oor verantwoording te doen. Dit is húlle wat die land stelselmatig laat vasval in die Zumakrasie – ’n verwaterde toepassing van die demokratiese beginsels waarvoor talle gesterf het. Hy lys voorts agt kommerwekkende gevalle. Volledige artikel by

http://www.dieburger.com/Rubrieke/WillemJordan/Bly-SA-n-tiener-met-puisies-20120426

Dié selektiewe aanhalings kan maklik die indruk skep dat die skrywers – en daar is baie ander – nou moeite doen om die silwer rand mis te kyk, en hulle aan die donker wolk blind staar. Dis egter duidelik dat by diegene daar eerder ‘n hartseer is oor iets wat was, en wat nou verslons word. Dié waarnemings is egter nie heeltemal sonder inhoud nie.

Baie onlangs het die “Open Society Foundation” ‘n lywige verslag bekend gemaak en die stelling gemaak dat Suid-Afrika nou minder vry is as twee jaar gelede.

Baie ingewikkelde en subjektiewe norme, soos die regering se verbintenis tot die grondwetlike demokrasie, kan beoordeel word.

Daar is enkele min of meer objektiewe norme waarmee elemente van vryheid met twee jaar gelede kan vergelyk. Twee jaar gelede was Suid-Afrika 33ste op Verslaggewers Sonder Grense se persvryheidsindeks, nou 42ste. Ses Afrikalande vaar beter op hierdie indeks as Suid-Afrika, en baie Suid-Afrikaners sal die kop skud dat Tanzanië een van hulle is. In 2003 het Suid-Afrika die 21ste plek beklee en was die mees persvrye land op die kontinent.

Suid-Afrika beklee nou die 64ste plek op die korrupsiepersepsie-indeks. ‘n Jaar gelede was dit nog tien plekke beter daaraan toe. Volgens die Wêreldbank beroof korrupsie ‘n land van sy toekoms, en sonder toekoms is daar immers geen vryheid nie.

Een en twintig jaar na die laaste apartheidswetgewing geskrap is, is die ANC-regering van mening dat dit nog rassediskriminerende praktyke moet verstewig.

Julius Malema is uiteindelik uit die ANC geskop, maar die ANC het nog nie die appèl teen Malema se skuldigbevinding in die gelykheidshof een haatspraak laat vaar nie. Gevolglik is vlakke van polarisasie hoog, maar erger nog, dit lyk nie of dit die ANC-ringkoppe pla nie, soos blyk uit plek- en straatnaamsveranderings terwyl daar ander opsies beskikbaar is.

Deurlopende aanvalle word op die beginsel van grondwetlike demokrasie geloods en dit klink of die ANC ten gunste is van wat die politieke wetenskaplikes die diktatuur van die meerderheid noem.

Solidariteit Beweging eis die instelling van spesialiseenhede om landelike veiligheid te pak

Die Solidariteit Beweging (spesifiek die vakbond Solidariteit, AfriForum, Kraal-Uitgewers en die Solidariteit Navorsingsinstituut) het vandag tydens ’n gesamentlike mediakonferensie ’n tienpunt-aksieplan as deel van die Beweging se veldtog teen plaasaanvalle bekendgestel. Die veldtog se doel is om die regering te dwing om plaasaanvalle as ’n prioriteitsmisdaad te klassifiseer; om toe te sien dat spesialiseenhede vir landelike veiligheid in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ingestel word; en om steun aan gemeenskappe te gee wat deur dié misdaad geraak word.

As dit wat hierbo gelys is rede tot feestigheid is, sal dit beperk wees tot tagtigjariges wat hulle eie heil bo die van hulle volk gestel het, reeds op jeugdige ouderdom met die klem op dom! Want dit is duidelik dat die liberalisme, as dit jou eenmaal besoedel het, jou tot die dood toe beheer!

Redaksie.