“RASSISME” ʼn KOMMUNISTIESE SKELDTERM
(deur dr. Sydney Gregan)
Die benadering van veral post 1994 politici, akademici, kultuurleiers, sakeleiers en veral kerklui om hulle uiterste pogings aan te wend om polities korrek te wees en tog net nie rassiste genoem te word nie, is dit van kardinale belang dat daar weer perspektief verkry sal word onder veral Afrikanervolksgenote oor die oorsprong van die term en sy bedoelde oogmerk. In die lig daarvan plaas ons opnuut dr. Sydney Gregan se ontleding van hierdie verwringde betekenis.
Inleiding:
Daar word vandag groot gewag gemaak van die begrip “rassisme”. Die Nasionale Konferensie oor “rassisme” (NKR) is vanaf 30 Augustus tot 2 September 2000 te Johannesburg gehou. Thabo Mbeki het in Februarie 2000 gese dat “racism will continue to exist in ou society unless all of us engage this monster consciously and systematically”
.
Die Suid Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) was hierdeur geïnspireer om die “nasie” oor “rassisme” te laat praat. Dit het die MKR tot gevolg gehad met die doel tot “a commitment to building a non-racial, united and reconciled society”. Die uitgangspunt was duidelik: ”rassisme is ʼn feit; dit is ʼn monster en moet uitgeroei word deur een en elk se samewerking. Die woord is gevolglik reeds met soveel negatiewe emosie belaai, dat ʼn aanklag van “rassisme”, ʼn aangeklaagde onmiddellik in ʼn negatiewe en verontregte posisie plaas. Daarom die geskarrel van ʼn ieder en elk om tog net nie as ʼn “rassis” uitgekryt te word nie.
Maar wat sit agter dit alles? Is dit waar? Is “rassisme” werklik die monster in ons samelewing? Dit is dwingend noodsaaklik dat Afrikaners hulle van die ware feite sal vergewis.
WAT IS “RASSISME”?
Dit is interessant dat nóg die MRK, nóg die verslag wat in opdrag van die MRK deur ‘n sekere Claudia Braude opgestel is, die moeite doen om die begrip “rassisme” te definieer. Dit terwyl die MRK gretig is om persone aan te kla van sogenaamde “rassisme”.
Dit is insiggewend dat die 1963-uitgawe van die Verklarende Afrikaanse Woordeboek nie die woord “rassisme” enigsins vermeld nie. Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (1985-uitgawe) omskryf “rassisme” as die veronderstelling dat karakter en bekwaamheid bepaal word deur ras en gaan dan sommer ook verder en stel dat “rassisme” ʼn denkrigting is wat aanneem dat ʼn besondere ras meerderwaardig is en die reg het om ander rasse te oorheers. Volgens die Concise Oxford Dictionary word “rassisme” omskryf as die teorie dat menslike vermoëns bepaal word deur ras. Volgens die Concise Oxford Dictionary beteken “racialism” dat ‘n persoon glo dat sy ras meerderwaardig is.
Tereg wys die politieke redakteur van die Mail & Guardian daarop dat daar ʼn verskil is tussen “racialism” en “racism”. Volgens hom beteken eersgenoemde dat geglo word dat daar verskille tussen rasse bestaan en laasgenoemde dat, aangesien daar verskille bestaan, rasse verskillend hanteer moet word.
Hierdie definisie van “rassisme” verskil aansienlik van die betekenis wat tans in Suid-Afrika aan die woord “rassisme” gegee wil word.
In Suid-Afrika word Blankes, en veral Afrikaners, uitgekryt as die “rassiste” in die samelewing, sonder enige vrees vir teenspraak; of dan minstens dat die Blankes die eintlike of grootste “rassiste” is aangesien die Blankes klaarblyklik neersien op die Swartes. Dit is verder insiggewend dat die kwessie van “rassisme” die Swartes in die besonder pla. ʼn Mens wil vra: Ly hulle dan aan ‘n minderwaardigheidskompleks?
As “rassisme” beteken dat ʼn persoon glo dat daar verskille tussen rasse bestaan, dan is elke nasionalis ook ʼn “rassis”. Trouens, om te ontken dat daar verskille bestaan tussen verskillende rasse, is ʼn ontkenning, en maak ʼn bespotting, van die werklikheid. Die “kenners” oor “rassisme” stel verder dat diskriminasie op grond van ras, ook “rassisme” is. Nasionalisme is gebou en erken die reg op voorkeur vir die eie, wat diskriminasie teen die vreemde, die onbekende, veronderstel. Nasionalisme is waarderende diskriminasie van feitelikhede. Om derhalwe toe te gee dat “rassisme” ʼn monster is en jouself van “rassisme”, soos verstaan deur die MRK, te distansieer, is om nasionalisme die rug te keer.
Gegewe die vele betekenisse wat aan die woord “rassisme” gegee word, kan daar van niks anders as ʼn ideologie van “rassisme” gepraat word nie. ʼn Ideologie word deur die Oxford Dictionary beskryf as “fancyful speculation”. Die hele geskarrel rondom die begrip “rassisme” kan as niks anders as ʼn lawwe verbeeldingsvlug (“fancyful speculation) beskou word nie. Enersyds is dit so omdat niemand klaarblyklik weet wat die begrip nou werklik moet beteken nie en andersyds omdat, deur aan te voer dat daar nie onderskeid gemaak word op grond van ras en kleur nie, dit niks anders as “fancyful speculation” is nie. Soos alle ideologieë is die ideologie van “rassisme” ʼn plan om ʼn onwerklikheid op te dwing aan die werklikheid. Daarom sal dit ook lei tot geweld.
IDEOLOGIESE AANVALSWAPEN
Maar waar het “rassisme” sy oorsprong? En wat lê agter dit alles?
Bolshevisme.
In 1922 het die Bolshevik Leier Selenkov in Moskou dit soos volg gestel: “We must create a climate of anti-nationalism and anti-racialism amongst whites. We must reduce patriotism and pride of race to meaningless obstructions and make racialism a dirty word”.
Die gevolgtrekking is duidelik: Die ideologie van “rassisme” is bedink as ʼn teenvoeter vir nasionalisme en rassetrots. Want nasionalisme en rassetrots is die groot teenvoeters en teenstanders van die Kommunisme en hulle liberalistiese meelopers. Die ideologie van “rassisme” rus op haat vir Witmanskap, soos die Kommunis dit verklaar het. Dit verklaar waarom daar klaarblyklik net Blanke “rassiste” kan wees, maar nie ook Swart “rassiste” nie. Dit verklaar ook hoekom ʼn “Black Lawyers Associaton” nie “rassisties” is nie, maar indien enige Blanke organisasie geskep word, dit as “rassisties” beskou word en boonop deur die Handves van Menseregte verbied word.
Hier moet ook onthou word wat BERIA, die Kommunis in 1953 gesê het: “Degradation and conquest are companions. To be conquered, a nation must be degraded......degradation can be accomplished insidiously..... and effectively by consistent and continual defamation... continued and constant degradation of national leaders, national institutions, national practices and national heroes must be systematically carried out”.
So het eers apartheid en nou “rassisme” die skeldwoorde geword waarmee die Afrikaners belaster is (en steeds word) totdat uit eie geledere die aanval voortgesit en verhewig is en die verowering geskied het sonder dat ʼn skoot geskiet is.
So sê Beria sal “a general degraded feeling” ontstaan, en sal die lojaliteite verander en besit geneem word van ʼn volk se waardes. In hierdie proses sal gevestigde instellings vernietig word wat die nodige chaos sal voortbring om ʼn Kommunistiese staat te skep: “(To) create the necessary attitude of chaos, idleness and worthlessness (and) effectively kill the national pride and patriotism of just one generation....we will have won that country...therefore there must be continual propaganda......to undermine the loyalty of the citizens.... By perverting the institutions of a nation and bringing about a general degradation.....a population can be brought psychologically to heel....”.
Onlangs het prof Jurie le Roux, ʼn Ou-Testamentikus aan die Universiteit van Pretoria, geskryf hoe hierdie aanslag ʼn toestand tot gevolg het waar die Afrikaner vandag “tot die dood toe siek” is. Hy noem dit ʼn virus, die “anti-apartheidsteologie”, wat mense se lewens verwoes en vernietigend onder die Afrikaner te werk gaan . Dit het volgens hom die Afrikaner in so ʼn skuldgevoel gedompel dat dit die Afrikaner passiveer; die Afrikaner is so gedemoniseer dan hy te bang is om vir homself te veg. Hy praat van ʼn Afrikaner-volksmoord!!!
Maar terwyl dit ʼn toestand is wat onder baie Afrikaners heers, sê prof. Willem de Klerk op 21 Augustus by die RAU dat predikante moet preek vir vergewing oor die sonde en die misdade van apartheid sodat die Afrikaner tot insig kan kom oor die politieke dwaling. Dit sal volgens hom tot gevolg hê dat Afrikaners nie meer “hond hoef te voel nie” oor apartheid nie. Beria, die Kommunis, kon dit nie beter gestel het nie!!!!
Ons land is die misdaadhoofstad van die wêreld. Mense word vermoor vir R20, ʼn selfoon of ʼn fiets, of nog erger; sonder enige rede uit blote haat en wraaksug!!!! Dit is die chaos waarvan BERIA praat. Dit is die Kommunistiese staat wat FW de Klerk, sy broertjie en sy Broederbondbendetjie op ons afgedwing het deur skaam te word vir apartheid en weg te skram van die beskuldigings van “rassisme” eerder as om op te staan vir die Afrikanervolk en sy Vaderland.
Tydens die Internasionale Simposium oor die Kommunisme wat in 1966 in Pretoria gehou is prof Possony gestel dat die rassefaktor deur die Kommunisme gebruik sal word om ander kwessies te vervang. Rassekonflik en volgehoue propaganda oor beweerde “rassisme” tesame met stelselmatige karaktermoord van ʼn politieke bestel sal vir die Kommunis die geleentheid skep om die Afrikaner in ʼn lokval te lei om van sy reg om hierdie land te regeer, afstand te doen. Volgens hom het die liberale magte wat die Kommunisme dien, nooit ʼn idealistiese of oortuigende doelwit van hulle eie nie, maar skep dit utopiese skynbeelde. Dit benodig desperaat ʼn voorwerp van haat en “rassisme” het hierdie voorwerp van haat geword.
Die aanvalswapen van “rassisme” kom uit die Kommunistiese arsenaal. Wat prof HG van der Westhuizen oor die Kommunisme sê, kan nie genoeg herhaal word nie: Kommunisme is ʼn veelkoppige monster met ʼn sataniese anti-Christelike hart. Dit kom op die Afrikaner aangespoel in vele gedaantes. “Rassisme” is een daarvan. Dit sal die Afrikaner verslind as hy nie waaksaam is nie.
RAS IS ‘N FEIT, AANKLAG VAN “RASSISME” IS ‘N OORLOGSVERKLARING
Ras en rasseverskille is ʼn feit soos ʼn koei. (So slag sommige koeie in hulle agterplase en ander verkies die higiëne van ʼn slagpale). Dawid Welsh, ‘n politieke ontleder, het in Die Burger van 15 Junie 1999, net na die Algemene Verkiesing van 1999 geskryf “Ras was die fundamentele faktor in die verkiesings van 1994 & 1999”.
Die feit van ras en rasseverskille kan nie wegredeneer word nie en daarom sal rassevoorkeur en rassevooroordeel altyd bestaan. Nasionalisme erken hierdie feit en respekteer hierdie verskille. In ʼn veelrassige samelewing is die ontkenning daarvan ʼn resep vir selfmoord. Welsh voeg betekenisvol by dat as een politieke party ʼn ingeboude meerderheid het danksy ras of etnisiteit, het mens met ʼn “manke demokrasie” te doen. Afrika word gekenmerk deur manke eenpartydemokrasieë.
Deur iemand die kleed van “rassis” om te hang, is ʼn bedenklike metode om so ʼn persoon sy morele spreekreg te ontneem. Dit het inderdaad, soos ʼn Vlaamse Skrywer opmerk, ʼn metode geword om iemand “’n smerige etiketten op te kleven”. Die klaarblyklike oogmerk is om “rassisme” te verhef tot ʼn skeldterm wat die opperste verwerplikheid moet verteenwoordig. ʼn “Rassis” word oor dieselfde kam geskeer as ʼn misdadiger.
Dit is nie alleen intellektueel oneerlik nie, maar getuig ook van ʼn beangste onverdraagsaamheid en asembenewende fundamentalisme. Noem iemand net ʼn rassis en die argument is gewen. Elke ingeligte persoon weet dat die woord “rassisme” die woord is waarmee die Kommuniste hulle nasionalistiese teenstanders aanval om sodoende die offensief teen Kommunisme om te keer.
“Anti-rassisme” het die kodewoord geword van sosialistiese transformasie. As jy die Kommunistiese transformasie in Suid-Afrika teenstaan of selfs net kritiek teen die nuwe bedeling uitspreek, staan jy gevaar om as “rassis” gebrandmerk te word. Vryheid van spraak is dan ook nie gewaarborg vir die teenstanders van die nuwe regime nie.
Aan die voorpunt van hierdie stryd, wat niks anders as ʼn verbloemde aanval teen nasionalisme is nie, is die liberalistiese meelopers van die Kommuniste. Maar soos James Burnham in Suicide of the West gesê het: “die Liberalisme is besmet met die Kommunisme en deel die meeste beginsels van die Kommunisme”. Die liberaliste het sodoende gehelp dat die fiksie van rasloosheid tot ideologie uitgebou en “rassisme” tot skeldterm verhef is.
Die aanklag van “rassisme” teen die Afrikaner is ʼn oorlogsverklaring: Dit verneder die Afrikaner en maak hom skaam vir sy ras en dit gee aan die Swarte vrypas om te roof en te moor, omdat hy opgesweep word deur die emosie wat daardeur opgewek word. Stjepan Mestrovic skryf in sy boek Genocide after Emotion wat handel oor die oorlog in Joegoslawië, dat deur die opwekking van genoeg emosie oor ʼn leuen die saad gesaai is vir ʼn volksmoord! En waar dit dan duidelik is dat die ideologie van “rassisme” nie gebou is op feite, waarhede en werklikhede nie, maar op emosie, skuldgevoelens en ontkenning van werklikhede, is die resultaat vervolging van die Blanke, sogenaamde integrasie en uiteindelik soos Dr. Verwoerd gestel het, die disintegrasie en die vernietiging van die Blankedom!!!
Die aanval op die Afrikaner se rassebasis is ʼn aanval teen Afrikaner-nasionalisme en teen die bestaan van die Afrikaner. Want nasionalisme is rasgebonde. Die MRK moet besef dat hy nie alle Afrikaners so maklik om die bos sal lei met sy aanklag van “rassisme” nie. Die kern van die Afrikanervolk het nie sy selfrespek verloor nie. Hulle sal hulle afsonderlikheid betuig en ander daardeur aanspoor om op te staan teen hierdie misdadige bestel. Om weer Afrikaner en Witman in Afrika te wees.
Sydney Gregan
September 2000.
