Media

SKEURMAKER BANG VIR SKEURING?

SKEURMAKER VAN FORMAAT BEKOMMER OOR SKEURING

Dit móét ernstig wees! As in beide die Beeld koerante van 20 en 21 Maart, in albei gevalle op bladsy 3 die toekoms van die NG-Kerk onder die loep geneem word, moet daar bepaald iets groots fout wees.

Die een vet opskrif sê: “NG-Kerk lidmate vrees die toekoms”, terwyl die ander nog vetter letters dit uitbasuin dat Belhar tot ʼn ramp vir die kerk lei! Die twee berigte gaan egter oor twee verskillende oorsake vir enersyds, die vrees oor die toekoms van die kerk en andersyds oor ʼn ramp wat tot moontlike skeuring kan lei. Die NG-Kerk is dus baie duidelik onder beleg!  Hierdie beleëring, interessant genoeg, kom uit die kerk se binnekring!

 Professor Nelus Niemandt, moderator van die NG-Kerk se uitsprake in die bo-vermelde koerant is die sprekende voorbeeld van waarom lidmate besig is om die kerk te verlaat!  “Ons wil nie in ʼn land woon wat oor tien jaar nog onversoen is nie”, sê hy. “Politieke partye of groot besighede gaan dit nie doen nie, dit moet gebeur in die hart van die kerk”.  Aldus Niemandt.  1986 Se skeurmakende verklaring dat apartheid sonde is deur die destydse sinode en Niemandt se onlangse  verklaring dat “versoening” in die hart van die NG-Kerk moet plaasvind, is aanduidend van die rede vir die voortsetting van verlies aan lidmate wat die gevolge van hierdie katastrofale besluite in die top strukture van die kerk, vandag in die praktyk moet beleef!

Dat die liberales rede het om te vrees dat die kerk se toekoms in gedrang is, is op grond van die hardnekkige pogings om ʼn gruwelike vermenging van rasse in die kerk te bewerkstellig wat met versoening niks te make het en dit ook nie sal bevorder nie, meer as gegrond.

Wat nog meer insiggewend as professor Niemandt en syne is, is Constand Viljoen, skeurmaker van formaat, se waarskuwing dat die Belhar belydenis as vierde belydenisskrif tot ‘n groot ramp kan lei wat tot skeuring en verlies aan goeie lidmate van die kerk kan lei. As liberalis kan sy voorstel om albei groepe in die kerk te probeer behou, tw. die wat Belhar aanvaar en die wat daarteen beswaar het, dui op die beginsellose werkswyse  wat daarop gerig is om nie sommige lidmate te verloor wat dan nie meer vir beïnvloeding beskikbaar is om integrasie te aanvaar nie.

Viljoen se aandeel om die Afrikanervolk verskeurd en wantrouig teenoor mekaar te laat, is legendaries en sy dikvelligheid teenoor die minagting wat hy daardeur onder Afrikaners opgewek het, het nie ʼn snars verander sedert sy deelname aan die 94 verkiesing in teenstelling met die wil van die mense wat hy veronderstel was om te dien nie! Met sulke ouderlinge en moderators verdien die kerk om in belang van die Christendom tot niet te gaan as sy lidmate nie daarteen in opstand wil kom nie!